Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21201 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17198 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5607 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4788 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1053 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 923 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 654 |
Benkie | 581 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 344 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |





SA nuwe muurprop ook vir woonwaens
Ons moet seker maar bybly by wêreldstandaarde. Dit gaan egter vir nog baie jare n ongerief veroorsaak.
Ek hou nogal hiervan
At last !!!!

Sover ek kon vasstel gaan mens nie los proppe kan kry nie en net die tipe soos ons toerusting koop sal gebruik kan word. So oor jare sal mens of ander gereedskap moet koop om by 'n nuwe perseel in te prop. Hopenlik gaan daar passtukke beskikbaar word vir ons ouer goed.


Solank hy net lekker stewig sit in muurprop. Ek haat die 2-punt weergawe wat maklik skeef trek as aan koord getrek word en dan nie kontak maak nie. Ek dink wel as dit gaan oor veiligheid, daar ander maniere was om dit te behartig soos om die isolasie gedeelte langer te maak op huidige kontak punte
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

I think, having an earth pin is a better idea than the 2 pin Euro Plug.
I know most appliances are double insulated and don't need an earth, but being old fashioned, I prefer that extra safety.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!

Danie, Die nuwe proppe is wel beskikbaar maar lyk my nog nie op groot skaal nie. Ek het van hulle by Builders Warehouse hierby ons gekoop. Ek het ook by Communica van die tweepunt Europroppe gekry en ek vervang lankal die driepuntproppe met hulle waar daar nie 'n aarddraad is nie. Ek het jare gelede al van hulle uit Europa saamgebring. Ek het ook in ons vorige karavaan tweepunt muurproppe aangebring. Ek het al waar prakties, van die nuwe standaarproppe in ons huis aangebring. Interessant dat die muureenhede meer beskikbaar is as die proppe self.
Ek vloek al jare op hierdie belaglike driepuntprop van ons. Die ding is te groot, jy sukkel baiemaal om hom uit die muur te kry en sy ontwerp is so dat jy die kontakpunte kan raakvat as jy dit uittrek, wat jou 'n skok kan gee as die krag nie afgeskakel is nie. Ek vermoed ons het die ontwerp gekies in 'n tyd toe ons nog sterk onder Britse invloed was want die Britte het 'n ewe belaglike driepunt prop.
Ek hou van die nuwe proppe maar ek weet nie of die derde punt werklik nodig was nie. As die Europeërs(en die VSA) daarsonder oor die weg kan kom, is dit werklik nodig? Die rondepuntproppe wat soms ook 'n derde punt het, kom van Oos-Europa af wat beteken dat baie van ons invoere van daar kom. Ons nuwe prop lyk soos die wat in Switserland en Brazilië gebruik word maar ek weet nie of hulle versoenbaar is met mekaar nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred my gevoel is dat die ou muurprop pê mos 'n switch het wat mens afsit voor jy dit uit trek so dan kan dit jou nie skok met die uittrek. Dis jammer ons skep weer ons eie standaard. Frankryk maak gebruik v die 3e pen vir aard en ek glo aan die aard draad vir alles wat nie dubbel geïsoleer is nie. Dis hoekom die ronde 2 pen die gleuwe aan weerskante in het. V d proppe oorsee het daar 'n plaatjie vir 'n aard pen op die sok wat daar indruk. Soveel toerusting kan nie sonder 'n aarde gemaak word nie. Kompressor, sweismasj, saag banke ens.
Tyd sal ook leer of daai dunner pennetjies bv 16A sal kan dra sonder warm konneksies wat 'n groot risiko is. Selfs die ou proppe het warm geword as wasmasjiene en skottelgoedwassers water moes verhit.


Ek hoor jou Danie. Die dunpuntproppe word egter al lank in onder andere Europa gebruik so ek twyfel of dit ongeskik kan wees om die lading te dra waarvoor dit ontwerp is. Ek wonder of die driepuntprop nie dalk warm word as gevolg van 'n swak konneksie nie. Ek haal gereeld die muursokke uitmekaar om die kontakplaatjies toe te buig as hulle deur jare se gebruik nie meer behoorlik kontak maak nie. Ek weet elektrisiteit is jou vak so ek sal dit nie waag om met jou daaroor te stry nie. Dus is jy die regte persoon om te vra: Waarom het sommige apparaat, onder andere die wat jy noem, 'n aard nodig?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Aa ek boor of iets koop snye ek die 2 punt af en sit 3 punt aan.
How great is our GOD

Koop hierdie prop by Valhalla General Dealers. Sien dis 'n 10A. Dalk net die ding om daardie swart ronde EU-prop op die randsnyer en ander gereedskap mee te vervang.


Doen dit ook. Nie nog n ekstra ding wat ek moet soek om te werk nie.
Al weer oppad iewers heen.

Fred die aard is suiwer daar om enige lekkasie van krag direk na aarde te lei want die krag word by die generator ook geaard en wil terug gaan aarde toe. Dus as die aard nie kontak maak is jy die geleier wat dit aarde toe lei. Verder deur met 'n draad dit aarde toe te vat met baie minder weerstand as die mens se lyf het dit tot gevolg dat die aardlek dadelik optel 'n 20mA is nie deur die neatraal draad nie. Die aardlek is altyd in balans en sodra daar krag deur die L vloei en dit kom nie met die N trug nie dan klink die aardlek.
Kyk maar hoeveel keer kry mense iets wat hulle skok op 'n woonwa en 9 uit 10 keer is dit die aard in die 3 pen prop wat af is. Ja dit kan ook aan die oord se kant wees of selfs waar die krag vandaan kom want koper word op groot skaal gesteel by paal transformators. Dit maak die hele stelsel gevaarlik vanaf die transformator om juis via aardlek op te tel as daar 'n lekkasie is. Dus alles sal werk sonder 'n aard en ook as die L en N ongedraai is. So ons het te doen met 'n veiligheids aspek wat mens nie kan sien nie maar graag in plek wil he.
Laastens vandag se goedkoop kontaksokke het die swakste kontakte tussen selfs die groot 3 pen proppe. Mens kry gereeld nuwe multiplugs wat nie eers op die 3 pen werk wat nou nog v d 2 pen. Ek koop dus net die enkel ronde adaptor van 3 na 2 pen vir die ronde sowel as plat proppe. Het nog nooit so een gekry wat nie altyd werk nie.
Die nuwe proppe al kan jy een koop kan nie 2.5 vierk mm draad vat nie. Kyk maar hoeveel aircons gaan nou uitsny as jy bv 'n 80m koord gebruik in KNP met 'n 1.5mm koord.
Nou net 'n goeie voorbeeld van swak kontak. 'n Nuwe 3 rigting adaptor waar ek die karavaan ingeprop het in die huis en dit het so 2 uur gekoppel gewees en my yskas was aan. Met die uittrek kon ek voel die prop is warm. Dit het nie meer as so 3 amp moes voorsien nie.


Danie, Is ek reg as ek meen die aardlekkasie sal ook uitklink met 'n lekkasie op tweedraadkonneksie? Ek is nie so seker die aarddraad beveillig die mens nie. Ek kan nog goed onthou hoe ek in my ouers se huis geskok is jare gelede to aardlekkasieskakelaars nog nie bestaan het nie maar alles 'n aarddraad gehad hett. Ons is toe ook in die skool geleer die derde draad is daar om die verbruikers te beskerm. As jy deesdae per ongeluk aan 'n lewendige draad raak, klink die aardlekkasie so vinnig uit, dat jy amper die bewus is van die skok nie. Ek dink ek volg jou verduideliking oor die rede vir die derde draad by 'n generator, maar my vraag is steeds of 'n aarddraad op meeste apparaat nodig is as jy wel aardlekkasiesekering het. Ek besef dat die aardlekkasiesekering, soos enige apparaat, wel soms kan faal, maar soos ek hierbo genoem het, vermoed ek die derde draad gaan jou nie in so 'n geval beskerm nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred as jou werstand bv 200 000 ohm na aarde toe is gaan min krag deur jou as daar bv 'n aardfout op 'n motor is wat jy wel aan die metaal raak wat aan die motor met boute vasgemaak is. Sou daar 'n aarddraad wees in so geval dan mag die stroom hoog genoeg wees om die MCB op oorstroom te laat klink. Dit is dan 'n kortsluiting. Dit verhoed dat die hele bv wasmasjien se metaal lewendig is. Nou dit hang af van hoe naby aan die L geleier so fout is. As dit naby aan die N punt is mag die stroom te min wees om bv selfs met 'n aarddraad op oorstroom te klink.
Verder as daar bv 'n aarddraad in is en die N raak aan die metaal omhulsel (muise) sal die N stroom verdeel in omtrent gelyke dele tussen die N en aarde. Dit bring mee dat 'n groot deel v d N stroom nie deur die N na die aardlek toe gaan nie en veroorsaak dat daar 'n wanbelans is en die aardlek klink. Sonder die aarddraad sal jy moontlik nie eers weet daar is so fout nie omdat die N aan die toevoerkant wel geaard is.
Ek weet nie of my verduideliking sin maak nie. Ek noem dinge soos ek dit onthou en daarop kan ek nie altyd staatmaak nie.
As ons bv kyk waar mense in 'n woonwa geskok word kan dit herhaaldelike kere gebeur sonder dat die aardlek uitskop. Verder om praktiese redes klink die aardlek eers op 20-30mA. So jy gaan selfs 10mA met 'n lekker gevoel wel voel sonder 'n klink.
Slegs as daar 'n dubbel geisoleerde stuk toerusting ter sprake is waar die elektriese fout glad nie by die metaal kan uitkom nie dan is die aarde nie nodig nie.
Iets wat ek nou die dag vir die 1e keer mee te doen gehad het. Generators (amper almal) en sekere inverters is so gekoppel dat 115V gevind word tussen L en aard en 115V tussen N en aarde. Dis waar die aard die middelpunt is. In hierdie geval gaan die N jou skok dat jy dit weet en daar is 99% v d tyd nie 'n aardlek om te keer deur te klink nie. Jy kan gaan oplees oor die V-0-V manier van koppeling. Ek wonder hoeveel inverters word die aardkoppeling wel aan aarde verbind? Mens prop mos iets in die inverter en die toerusting werk. Nog 'n area is sonpanele wat mens tot 600V kan in serie koppel en die stelsel werk te lekker. As mens sien hoe gelykstroom 'n blywende vlam gooi sonder dat dit ophou as mens nie die opening tussen kontakte groot genoeg maak nie dan besef mens eers watse brand gevaar gelykstroom met verkeerde skakeltuig inhou. Gelykstroom stelsels het 'n deel wat die vlam buig om dit te blus deur 'n 90 grade magneetveld te skep om hiermee te help. Dit was dekades gelede die manier maar ek kan nie se hoe die blus vandag gedoen word nie.


Danie, Dankie vir jou uitvoerige verduideikings. Ek dink ek verstaan dit, maar ek het nie jou agtergrond nie, dus is sekere aspekte nog nie heeltemal duidelik nie. Maar, not to worry- dit was bloot akademiese vrae. Ons kuier bietjie in Pretoria by ons dogter. Hel, maar dis warm hier!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Sjoe, ek dink ons is te vêr weg om die verandering te doen.
Dink bietjie, nou koop mens `n toestel of gereedskap stuk met so plug (hou nogal van die idee). as jy by die huis kom is al die plugs die ou tipe. Wat doen mens dan, vervang al jou huis se plugs of verander die toestel na die ou plug?
as jy die toestel na iemand anders se huis toe vat?
Diddo, Ek dink dit gaan nog lank neem voor die nuwe standaardprop algemeen in gebruik sal wees. Mense is maar geneig om konserwatief te wees en nuwe dinge te vermy deur hulleself wys te maak dat die bestaande beter is, maar almal sal wel leer- soos ons met die Rand en sent en kilometers moes doen.
Daar is egter "adaptors" wat jy in die ou muursok kan gebruik as jy die nuwe driepuntprop het- ek kon 'n paar van hulle koop. Dit is dus nie nodig om gedurig proppe te verander nie, neem maar net die dingetjie saam soos jy seker nou doen om jou selfoon ensovoorts te koppel. Onthou ook dat die bestaande tweepuntprop in die nuwe driepunt sok pas, so baie van jou toerusting is sonder verandering bruikbaar as jy die nuwe standaard gebruik.
Ek persoonlik verwelkom veranderinge wat verbeteringe is, soos ook LED ligte, so ek het al 'n hele paar van ons huissokke vervang met die kombinasie van die ou en nuwe driepunt. Dit sal op hierdie stadium onwys wees om heeltemal weg te doen met die ou driepunt sokke. Bouregulasies vereis ook dat vanaf 2018 nuwe huise mede standaard sokke by elke kragpunt moet hê. Een van die voordele van die nuwe standaard is dat jy tot ses punte by elke muurprop kan hê as jy slegs die nuwe standaard gebruik en drie as jy die twee kombineer. Dit maak die lastige krismisbome wat nou soms by 'n muursok nodig is, oorbodig.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Alle regulasies op op wie van belang.
Wil nog sien of hulle Soweto en die ander plekje inspeksie gaan doen.
Ons bluff ons self om die dam onder die eend te ruk.
Dit sal tog nie in my leeftyd verander nie.
Ek is nie negatief nie maar dink net realisties.
Al weer oppad iewers heen.

Fred ek het nog nie die omskakeling gesien nie. Het ook niks om dit op te gebruik nie maar sal maar seker so iets aanskaf want dit kom wel. Ek dink maar aan sekere goed wat mens wel weg v d huis af gebruik. Mense kan maar laat weet waar hulle so iets sien.
Fred ja dit wil half voorkom asof dit nie op ander plekke wat normaalweg warmer is nie so geraak word soos Pta. Dalk is ek verkeerd.



Alle regulasies op op wie van belang.
Wil nog sien of hulle Soweto en die ander plekje inspeksie gaan doen.
Ons bluff ons self om die dam onder die eend te ruk.
Dit sal tog nie in my leeftyd verander nie.
Ek is nie negatief nie maar dink net realisties.

Ek persoonlik dink hierdie regulasies kom van n minister af wat besig moet lyk en toevallig op n prentjie afgekom van hierdie krag prop. As dit werklik gaan oor veiligheid, moet hulle maar begin by die onwettige eskom konneksies in die townships. Gaan google bietjie fotos op hierdie onderwerp en sien hoeveel ongelukke en lewens verliese is daar....hoeveel fotos is daar nie wat opkom waar n dooie mens aan n kragpaal of dergliks hang nie. Kyk na baie van die laste wat oop lê op die grond waar kinders en publiek loop. Selfs al klomp fotos gesien waar kinders dood lê oor nalatige oop konneksies wat rondlê. Ek praat hier nie van 1 of 2 gevalle nie......maar hordes!
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
