Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21114 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17169 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5523 |
Bostoe | 5363 |
HM | 4790 |
BrianB | 4745 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2220 |
Lennie | 2153 |
Kanneman | 2100 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1833 |
Swanie | 1819 |
Froggy | 1708 |
Nico | 1659 |
steamer | 1658 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1611 |
Duncan | 1560 |
Neill and MArg | 1452 |
Mars Member | 1000 + |
Dansan | 1448 |
Butts | 1393 |
Louvan | 1113 |
George | 1042 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 973 |
Gerden | 898 |
Chris Centurion | 783 |
JohanMarais | 775 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Photoman Alex | 634 |
snys | 631 |
Benkie | 574 |
Douglas Green | 566 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 442 |
Errol | 440 |
Harv | 416 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 393 |
Elleebee | 388 |
Nabro | 366 |
Willie54 | 361 |
LEEN | 353 |
survivalist | 325 |
Kurper | 296 |
Oumens | 294 |
RD | 273 |






Roeswerende Middels
Ek het nie baie kennis van silicon spray ,maar dit wil vir my lyk ,of dit ook effektief teen roes kan werk, terwyl mens by die see kamp .Is daar dalk iemand van julle ,wat dit al getoets het .Ek wil net nie n middel gebruik wat olierig is ,en ook nie Jeyelsfluid .Ek wil dit op my pale ,stoele en steadies van karavaan gebruik .Ek weet dit sal nie 100% kan beskerming verleen ,maar elke bietjie beskerming sal help .

Volg
Willem, ek bly baie jare naby die see, as jy by die huis kom, was jou kar, tentpale en als wat jy wil beskerm met water en parrafien... so koppie in 20lt water, om my karre te beskerm op die lang termyn gebruik ek Wurth se aerosol bee wax wat ek in die nate spuit en dadelik afvee, die wax nadat dit taai geword het beskerm op die langtermyn in die gleufies.
Sterkte maat..
More sal self vertel....
Frik, dit klink heel logies en jou ondervinding onderstreep dit. Maar ek wonder ook of Willem se idee van silikon spuit, nie dalk ook werk nie. Hopelik sal iemand wat dit wel gebruik het, hierop antwoord. Ons spandeer ook lang tye by die see en dinge roes maar- selfs die gegalvaniseerde dele van die wa en as silikon werk, sal dit 'n maklike oplossing wees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek is ook nuuskierig watter ander rate hier gaan uitkom. Roes bly 'n probleem want 'n see uitsig gaan hand aan hand met see sproei en nat seelug wat alles laat roes.
Shield het n produk "TOOL IN A CAN SILICON SPRAY "As jy sy gebruiks aanwysings lees ,dan is een van hulle dat hy roesbeskerming bied .Die produk is nie duur, ek gaan Febr vir bietjie meer as n maand Rocky Bay toe dan gaan ek dit probeer .

Ek het iets met die naam, maar ek meen die kannetjie sê dis silikonvry, so dis seker nie dieselffe ding nie. Ek is bietjie huiwerig om silikon te spuit ingeval dit nie werk nie en ek dalk later wil oorverf, dan sal die verf waarskynlik nie hou nie. Daarom sou ek graag wil weet hoe mense wat dit al gedoen het, dit vind.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred nee die een wat jy van praat is ook Tool in a Can ,maar hy is dieselfde as Q 20 ek het ook van dit, maar die een wat ek van praat, is net silicon spray niks anders .Daar is verskeie van die produkte op die mark .Ek het n foto van dit ,maar ek sukkel om fotos hier telaai.Julle kan hom gaan Google ook onder Tool in a Can siliconspray.Wat ek eers net beoog, is om dit op my tentpale tespuit ,en my stoele, want dit verf ek nie Ek sal dit ook op die steadies spuit, want hulle skuur ek buitendien voor ek verf.Ek wonder of iemand nie weer vir ons kan mooi verduidelik hoe om fotos suksesvol telaai op die forum .Ek weet Geert ken dit ook baie goed .

Ek gaan dit ook net eers op die voete van tentpale spuit wat nie in aanraking met my seile kom wil eers sien hoe olierig dit is, want soos ek sê ek het geen ondervinding van dit .



Ek het op vorige draad gaan kyk hoe om die fotos telaai .So ja dit is eintlik eenvoudig, moes dit net lankal gedoen het .Dit is mooi beskryf daar .


Ek het nie baie kennis van silicon spray ,maar dit wil vir my lyk ,of dit ook effektief teen roes kan werk, terwyl mens by die see kamp .Is daar dalk iemand van julle ,wat dit al getoets het .Ek wil net nie n middel gebruik wat olierig is ,en ook nie Jeyelsfluid .Ek wil dit op my pale ,stoele en steadies van karavaan gebruik .Ek weet dit sal nie 100% kan beskerming verleen ,maar elke bietjie beskerming sal help .

Ek het altyd my karavaan se pale skoon gemaak met Brasso. Dit het nie net die wit roes daarop bekamp nie maar my wa se pale het na 'n tydjie se skoonmaak mooi geblink.
Mense wat my Penta gekoop het, het gedink die tent het 'n nuwe stel pale
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dankie Leon ja elke bietjie raad kan help ,want daai roes by die see bly vir my n groot kopseer, daarom sal ek ook nooit langer as 1 maand by die see staan .Elke slag as ek terug kom? vat dit my minstens n week na 2 weke om alles weer behoorlik skoon tekry .Daarom gebruik ek ook gladnie my hooftent by die see ,ek staan net met n Rally ,wat ek behoorlik windproof gemaak het ,want anders sal dit dalk n maand vat om alles skoon tekry .

Ouens ek is letterlik NOOIT sonder hierdie twee menere in my arsenaal nie. Ek gebruik die silikoon-sproei rojaal wanneer ek dink dis nodig. Min olie-righeid, en sodra ek by die huis kom en ek het die karavaan gewas maak ek die areas wat ek met silikoon gespuit het met ETER skoon, dieselfde waarmee jy jou kar se remme skoonmaak. Eter se kenmerk is dat dit alles 100% droogmaak, glo my maar, droër gaan jy nie kry nie. As jy iets wil plak, spuit eter. As jy elektriese punte wil las, spuit eter. As jy n battery-pool wil skoonmaak, spuit eter.

You'll never never know if you never never go
Dankie- dis nuttig en wat ek gevra het. Ek aanvaar eter kan net by 'n apteek verkry word? Ek wonder or lakverdunner dalk ook silikon sal oplos? ek sal bietjie eksperimenteer.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons onlangse kampeer bure sê hulle spray omtrent alles met Cook and Spray.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Alhoewel die olie in Q20 en die silicone in die Silicone spray elk hul ding doen pasop vir die aerosol agent wat die olie of silicone SPRAY baar maak. Dit beskadig die water seel element in materiaal van bv 'n tent.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

