Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21972 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17714 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6165 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5260 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3218 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2590 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1996 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1761 |
steamer | 1698 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1242 |
Louvan | 1236 |
RichardJ | 1135 |
Gerden | 1132 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 846 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 768 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 430 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 388 |
LEEN | 382 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 182 |
Trev1 | 182 |





Replacing 13" rims with 14" or 15" rims
I have a 1985 Sprite Musketeer with 13" rims - originals. I'm considering replacing the rims with 14" or 15" rims. My reason: to get a higher ground clearance.
1. Is it advisable?
2. Will the bigger rims fit?
3. If advisable, what rims would be best, the 14" or the 15"?
I would appreciate any advice, suggestions or comments.
Kind regards
Jurie
Kan oorweeg om spacers in te sit. Ek het 60mm op my karavaan gesit
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Most tyre companies have tables on internet that shows height and width of tyres. I would advise you to make your decision based on this rather than depend on our guestimates. Geert's suggestion above surely is something to consider. But 13" tyres seem to be getting difficult to come by so getting 14 or 15 inchers might spare you frustration in future. If you buy new tyres, make sure they are commercials as they are much more suitable to carry the van's weight.
And by the way, your van probably have the coil spring suspension which to my mind is far superior to the rubax suspension most new caravans have. The overall built quality of the oldies are also much more durable, so look well after your van and keep it as long as possible. We had a 1984 Sprite for about 30 years and I am DIY man so I speak of experience.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Just make sure you get rims with the same shape that you have now.
Had a Gypsey Caravette 5 and got same size white mags free. Did not fit into the wheel arch due to the shape.
At last !!!!

Jurie - ek het my 13" vellings met 14" laat vervang op my 1993 Caravette 6B. Ek het dit by SupaQuick laat doen. Uiteraard moes hulle "spacers" insit en die plastiek "trimmings" om die "arches" moes bietjie aangepas word. Laasgenoemde het ek by paneelkloppers laat doen.
Ek wonder (maar mag verkeerd wees) of 15" vellings nie te groot gaan wees nie.

Nog iets Jurie: ek weet nie watter soort bande jy nou op het nie. Commercians, ook genoem bakkiemande of 8 ply, is ek dink gewoonlik 80% profiel terwyl die gewone motorbande (wie se dravermoë eintlik te laag is vir jou karavaan) waarskynlik n laer profiel, moontlik 60% of daar rond, raai ek, is wat beteken hulle is hoër as motorbande. Dit beteken jy sal reeds n bietjie hoogte wen as jy dalk van motor na bakkiebande beweeg. Onthou ook om slegs die helfde van die band se deursnee in ag te neem want dit is die afstand wat die as vanaf die pad sal wees. Ook as jy dalk na n breër band moet gaan om n gewenste hoogte te kry, is daar n moontlikheid dat die kant van die band kan skuur, maar dis maar n klein moontlikheid aangesien daar gewoonlik n redelike spasie horisontaal in die wielruimtes is. Laat ons weet hoe jy die saak hanteer, ons leer hier van mekaar.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Baie dankie vir al jul advies en inligting. Ek waardeer dit. Tans het ek kommersiële bande op my karavaan, 175R13C, 8 ply en is so te sê nog nuut, want ek't dit vroeg in 2023 laat opsit. Die bande moes ek laat kom uit Johannesburg want ek kon nêrens in die Weskaap van die bande in voorraad kry nie! Dis een van die hoofredes waarom ek dit sterk oorweeg om die 13" wielvellings te vervang met 14" vellings. Jul inligting het my op die 14" laat besluit. Ek wil die 13" wiele op my Venter sleepwa sit wat tans 10" wielvellings het. Ek sal beslis die vorm (shape) van die huidige 13" wielvelling deeglik vergelyk met die nuwe vellings om seker te maak dit pas wel. Thank you so much Grumpy, for that valuable piece of advice!
Nogmaals dankie Fred, Chris, Relaxed camper en Grumpy vir jul advies en inligting.
Het vergeet om te sê welkom hier! Ons hoop jy bly hier en deel ook jou ondervindinge met ons hier. Ekself het al heelwat hier van ander lede geleer en mettertyd word ons vriende al sien ons dalk nooit mekaar persoonlik nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ter inligting: ek't my karavaan in 2010 gekoop en sedertdien het ek baie verbeteringe aan die karavaan aangebring, o.a. het ek die hoofbed wat uit twee banke bestaan het, omgebou in 'n oplig dubbelbed met stoorplekke onder die bed (bestaande stoorplekke verander/gewysig om die opligbed te Ondersteun). Ek het ook die dakluik gewysig dat dit nou soos 'n venster oopmaak. Daar is heelwat verbeteringe, wysigings wat ek self doen met verloop van tyd. Ek is 'n Handige Hansie, 'n Doen-dit-Self kêrelð ï¸
Ek is dus van plan om my karavaan lewenslank te behou!
Die 13" bande is bitter skaars! Ek benodig 'n band (155 x 13) vir my Venter se noodwiel, en, aangesien die sleepwaentjie bitter min loop, wil ek nie 'n nuwe band koop nie. Tweedehands is onverkrygbaar, selfs in 165 of 175 groote.
Netjies Jurie- jy is in goeie geselskap want daar is verskeie lede wat ook al hulle ombouings hier genoem het. Is jou nuwe dubbelbed agter in die wa? Ek vra omdat as dit die geval is, kan jy dalk onwetend te veel vrag onder die bed stoor wat die wa se balans ernstig kan versteur en dit potensiël onstabiel maak. Maak maar seker hy het minstens 75 Kg op die haak.
Ons het net ons Sprite Supersport geruil vir die klein Skipper omdat dit ideaal ingepas het by ons veranderde behoeftes- van 'n gesin van vyf na 'n gesin van twee en baie kort wegbreke. Die waentjie sleep en hanteer baie maklik vir ons twee. As dit nie daarvoor was nie, het ons ook die Sprite behou- dit was 'n puik wa.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Hi Jurie.
7 years back we also had the problem of replacing the "13' tyres on our 1989 Gypsy 3 so replaced the rims with "14" white Trail Dusters. 4 stud 100mm centres. Commercial tyres 185 /14 were required due to a caravans pay loading.
We also raised the body with 20 mm spacers off the axle to accommodate the tyres space required in the wheel arches.
Caravan runs like a dream, very stable and has cleared every gravel road obstacle so far.
We have also have installed a 60-litre water tank under the front seating/ bed. (60 kg) and a full-sized electric fridge/ freezer replaced the small original.
That is a lot of extra weight for this very light caravan. Is it still within the limits it can safely carry?
And welcome on this Forum.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het besluit om nie met my karavaan op 'n grondpad te sleep nie, nadat ek redelike skade aan die binnekant van my karavaan opgedoen het. Ek het die karavaan op die grondpad tussen Lambert's Baai en Vredendal gesleep en toe ek op Vredendal stilhou, toe ontdek ek die skade binne die karavaan. Die zinkkas en gasstoof-en-oond was losgeruk van die muur en het in die middel van die karavaan gestaan met al die inhoud gestrooi op die vloer. Die yskas se deur was afgeruk en saam met die yskasinhoud ook op die vloer gestrooi gelê. Nee, nooit weer sleep ek my karavaan op 'n grondpad nie. So, die grondhoogte van my karavaan is voldoende vir die teerpad, so, ek gaan met my 13"bande volstaan. Ek gaan liefs nou my sleepwaentjie se 10"bande vervang met 13"bande want ek gaan liefs met my tent gaan kampeer by plekke waar die toegangspaaie grondpaaie is.
Fred, voor ek vergeet, die dubbelbed is voor in die karavaan. Ek het die bestaande banke voor in die karavaan wat saans omskep kon word in 'n dubbelbed, net omskep in 'n permanente dubbelbed.
Het julle die spoorweë se dienspad gebruik? Ons het so twee jaar gelede die fout begaan. Ek het maar baie stadig gery en gelukkig het die Skipper geen skade opgedoen nie maar die rit was n nagmerrie en dit het gevoel of daar geen einde kom nie. Ek hou van grondpaaie maar sal voortaan eerder omdraai as die pad te swak is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Alle parke waarvan die toegangspad langer as 2 km se gruispad is, is van my lys van parke verwyder. Selfs Bass Lake Lodge (in my opinie 'n 5-ster park) sal nie weer besoek word nie. Ten spyte van stadig ry (amper kruip) op die net meer as 2 km na Maroela in die wildtuin, het my yskas se deur afgekom.
Ek verstaan daar is 'n prag-kampplek naby Aldam (as ek reg onthou is die naam Bundu Lodge) - maar die toegang is meer as 2 km gruispad. Ek bly dus maar Aldam as oornagplek gebruik, ten spyte van die swakker fasiliteite. Dieselfde geld vir Waschbank naby Gariepdam of Sandgat naby Vanderkloofdam. Ek is seker maar vol strooi, maar my ou 1993 model wa is vir my net soveel werd as ander ouens se nuwes.
Ek sien daar word melding gemaak van Tietiesbaai - watter nostalgiese plek! Maar die pad tot daar vanaf Paternoster - nooit gesien nie. Plekke soos Nossob en Mata Mata in Kgalagadi word met 'n tent besoek. Ek kamp amper nét so lekker met my tent, gazebo en afblaasmatras as met my wa.

