Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22034 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17786 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6244 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5318 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2712 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1262 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1184 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
1Pierre2 | 421 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 361 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
Andrew | 153 |





PIT BULLS
Seker nie 'n kamponderwerp nie, maar ek vermoed elke kampeerder het 'n mening oor die saak. Ek praat van die hoeveelste kind wat pas weer deur 'n Amerikaanse Pit Bul hond doodgebyt is. Ek wonder wanneer, indien ooit, die owerhede sal toetree en die honde ten volle verbied. Hoekom het mense met snaakse idees oor diere- ek sê opsetlike nie troeteldiere nie- die reg om sulke goed aan te hou? Hierdie ondiere word geteel om verskriklike kort humeure te hê en as hulle lont eers aangesteek is, is daar geen keer aan hulle nie. So 'n brak het etlike jare gelede, toe ons met ons groot hond aan 'n halsband, verby sy erf gestap het, oor die muur gespring en ons hond aan die keel gegryp. Net die baie breë halsband het haar lewe gered. Ek het niks by my gehad om die hond te keer nie, maar het hom aanhou skop, met absoluut geen effek nie. Die eienaar het uitgekom en hy kon niks doen nie. Toe hy met 'n graaf uitkom met die doel om sy hond dood te kap, het die ding uiteindelik gelos en is sy erf in.
Ek weet nie waarom enige intelligente mens so-iets wil aanhou nie. Dis 'n moorddier finish en klaar. Baie lande het hulle reeds verbied. Die belaglike bewering dat net basterhonde mense aanval, is net so idioties as hulle eienaars. En as dit waar sou wees, waarom sal enige regdenkende mens 'n ding aanhou wat geteel is om ander honde dood te byt. Die mense se koppe kap aan! Terwyl die honde nog wettig hier is, behoort elke eienaar wie se hond 'n mens aanval, van poging tot moord, of minstens strafbare manslag aangekla word indien hy 'n mens dood. Dit geld ook vir eienaarts van ander honde.
Ons stap gereeld vir oefening en ek dra altyd 'n swaar stok saam. As so 'n ding ons aanval, slaan ek hom sowaar dood voor hy my of my vrou beseer. En ek moet net noem, ons is beide hondeliefhebbers, maar dit sluit nie monsters in nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek voel so jammer vir al hierdie slagoffers asook die honde. My hart breek - ek glo en vertrou dat n uitweg baie vinnig gevind sal word om probleem op te los en dat die DBVs wat nou oorval word met die issue n antwoord asook finansies sal kan kry om tydelik te help. Feesseisoen is op pad help asb met kos skenkings aan hierdie instansies wat ons menslike monsters se spore altyd agter ons moet skoonvee. Maak nie saak of jy n Yorkie of Pitty het nie hulle het nie gevra om hier te wees nie. Honde in townships moet gesteriliseer word en daar is goedkoop opsies vir hul beskikbaar ons moet net betrokke raak en mense opvoed oor wat en waar. Wollies en Wetnose hier in PTA doen wonderlike werk.
Hier by ons in die Wes-Kaap is dit sonder twyfel 'n status-simbool onder 'n deel van die bevolking om 'n pitbull te hê. En klaarblyklik word baie gebruik vir hondegevegte. Ek skud maar net my kop.

Asseblief!! Hierdie het niks met die ras te doen nie. Jou worshond kan ernstige skade aan 'n kind doen. Hierdie gaan oor idiotiese honde-eienaars. Maar soos met meeste dinge in ons land vandag, is dit iets (die hond) , of iemand (buurman, baas, regering) se skuld.
Ek dink die feite spreek vanself en dit sê die ras is n ontwerpte moordmasjien.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die vark honde is net so gevaarlik as hulle nie reg groot gemaak is ,en nie geleer is .Ek stem saam die eienaars sal gekeur moet word wat die Pitbulls aanhou .As jy n mens ook leer om net tebaklei sal hy dit ook so doen en moord pleeg as hy die kans kry .So ja keur die eienaars dat die honde behoorlik geleer kan word .Ek kyk gister aand op die nuus daardie voorval waar daai kind weer dood gebyt is, kyk waar is daai hond aangehou dit is gladnie aanvaarbaar .

Ek stem nie saam dat die groot probleem die eienaars is nie- dis miskien 'n deel van die probleem, maar die belangrikste is steeds die ingeteelde karakter van die honde. En dan, hoe stel jy voor die eienaars moet gekeur word? Moet daar 'n wet daarvoor wees? Misdaad soos selfs moord en verkragting kan n ie eers behoorlik gepolisiër word nie, wie gaan hierdie doen? Dit is waar dat meeste honderasse skade kan doen, maar as die hond juis geteel is om dood te maak, wat verwag jy? Om dit te probeer ontken, is om met oogklappe rond te loop. Neewat, pitbulls is maar eintlik 'n skaars ras maar hulle doen by verre die meeste skade, so verbied hulle heeltemal soos in sommige lande al gedoen word.
Ek is ook nie gemaklik met 'n paar ander honderasse nie en sal hulle nie eers oorweeg as troeteldiere nie, maar kyk maar na die feite- pitbulls doen by verre die meeste skade, trouens veroorsaak die meeste dood van kinders. Skok dit ons dan nie? Dit klink vir my baie soos dronkgatte wat mense doodry en dan word hulle jammergekry en hulle word nie van moord aangekla nie en hulle bestuurslisensies word nie teruggetrek nie, want hoe moet die arme man dan by die werk kom?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As jy mooi na die saak kyk, is die eienaars die groot boosdoeners- dis immers hulle wat die honde aanhou, so verbied eienaarskap van die goed.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Pitbulls is oor die algemeen bekend as vicious honde...nie as gevolg van eienaars gedrag nie, dis hond se aangebore geaardheid
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Pitbulls is oor die algemeen bekend as vicious honde...nie as gevolg van eienaars gedrag nie, dis hond se aangebore geaardheid

Stem saam met jou Geert. Of eerder dit is hoe ek ook die honde leer ken het. Mede kolega het die honde ingeskryf vir die een of ander uithou kompetisies.
Goed soos tou hang
Swaar gewigte trek is maar wat ek van dit kan onthou
Daai woefers (Pitbull) was regtig nie die vriendelikste huis hondjies nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !


The Happy Campers.
Gister n aanmerking gesien waar iemand noem dat daar 4 Pitties vir elke plaaseienaar gegee moet word as beskerming teen plaasmoorde. Kan werk.
Mense wat meen hulle kan honde aanhou vir beskerming, maak n reuse fout. Geen hond is intelligent genoeg om te weet wanneer om te byt en wie om te byt nie. Ek vermoed dis een van die redes waarom mense die kwaaiste honde aanhou. Inbrekers systap ook redelik maklik die honde deur hulle bloot te vergif want hulle bly buite die huis. Kry eeder n op en wakker klein hondjie wat binne die huis kan bly en as n alarm dien. Ons klein miniatuur Rotweiler tefie het tweemaal sekerlik inbrake gekeer deur te blaf. Eenmaal was die inbreker besig om diefwering deur n oop venster af te buig en die ander keer het ta reeds n ruit gebreek.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Wat is die rede vir aanhou van enige tipe hond, Vir sommige n honde kind, ander n huis hondjie, ander weer vir beveiliging van eiendom en ander weer vir self beskerming.
Soos met die Pitbul was die Rotweiller en Duitse herders honde ook al geklas as moordenaars o ja en die Bullterrier.
In uitsonderlike gevalle het die hond sonder REDE die mens aangeval. Maar in meeste gevalle was die hond oor n tydperk geterg en seergemaak tot op die dag dat sy lont ook uitgebrand het.
As ons dan nou van die Pitbull ras wil ontslae raak, as gevolg van sy moordenaar status wat dan van die mens met dieselfde geneigdheid. Maak mense mekaar nie meer dood as die pitbul se dan en wan nie. Kyk maar wat gebeur in Ukraine. Moet die hele Russiese ras uitgewis word. En die ergste is, hulle het baie meer wysheid as die Pitbull of enige ander honde ras.
Ek sal dan maar eerder n IDIOTIESE eienaar wees.
Maar die feit is steeds dat Pitbulls vir 'n buitengewone aantal aanvalle verantwoordelik is hoewel hulle nie so volop is soos sommige ander rasse nie. Oor jou derde paragraaf is ek dit met jou eens. Maar in die geval van pitbulls dink ek nie dis die rede waarom hulle meestal aanval nie- hulle doen dit omdat dit in hulle gene ingeteel is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die ENIGSTE probleem is DOM DOM DOM DOM honde-eienaars. Die Strand Buurtwag is so pas aangewys as die BESTE buurtwag in die Kaap. As getroue patrollie-deelnemer, laat EK julle vertel. Die ding wat ons die die moerdste in maak is wanneer n hond (ENIGE hond) blaf dat die bure wil mal word, en ons daar opdaag (want daar is mos nou n aanval, of iets) dan sit daai @###$$%%^ man voor sy TV en hoor nie sy hond blaf nie!
Ek VERPES honde wat onnodig blaf. Sulke eienaars moet n dodelike maagwerking kry as hy nie aandag gee aan sy hond se geblaf nie.
Ek ken mense met Pitbulls, dit is die aangenaamste, liefste en mees-beheerde honde wat daar kan wees. Selfs n chiwawa kan n aanvaller wees as sy baas n @#$#$% is wat nie weet hoe om n hond te hanteer nie.
Dis tragies dat kinders doodgebyt word, die BAAS van so n hond hoort net een plek : vasgebind in die kryt saam met vegter-honde.
You'll never never know if you never never go
Daar is pas weer 'n vrou in die Ooskaap deur honde doodgebyt, weereens Pitbulls. En een van ons eie lede is deur sulke honde beseer. Wanneer gaan die gekheid ophou? Is die reg van mense om diere- nie troeteldiere nie- aan te hou, belangriker as die op veiligheid van bure en verbygangers?
Die gevalle waarvan ons hoor waar Pitbulls, en seker ook ander rasse, skade doen, is waarskynlik maar 'n deel van die hele storie. Ek dink meeste van die gevalle haal nie die nuus nie en ons weet dus nie daar van nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Antwoord op die problem is dalk om alle pitbulls te verplig om n muzzle te dra.
In Europese lamde is dit verpligtend vir honde op straat. Wie gaan dit hier polisieër? Dan ook, die afgelope paar aanvalle was nie van honde op straat nie maar wel van honde wat uit hulle erwe gekom het om aan te val. Jy kan nie 'n hond heeldag in so-iets hou nie- dis wreed. Die antwoord is eenvoudig: Verbied hulle!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Wat wreed is om n kind te sien wat in stukke gebyt is deur n pittbul.
Natuurlik maar kom ons bly maar prakties en redelik. Woedende mense het al n paar honde doodgebrand.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven