Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21114 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17169 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5523 |
Bostoe | 5363 |
HM | 4790 |
BrianB | 4745 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2220 |
Lennie | 2153 |
Kanneman | 2100 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1833 |
Swanie | 1819 |
Froggy | 1708 |
Nico | 1659 |
steamer | 1658 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1611 |
Duncan | 1560 |
Neill and MArg | 1452 |
Mars Member | 1000 + |
Dansan | 1448 |
Butts | 1393 |
Louvan | 1113 |
George | 1042 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 973 |
Gerden | 898 |
Chris Centurion | 783 |
JohanMarais | 775 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Photoman Alex | 634 |
snys | 631 |
Benkie | 574 |
Douglas Green | 566 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 442 |
Errol | 440 |
Harv | 416 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 393 |
Elleebee | 388 |
Nabro | 366 |
Willie54 | 361 |
LEEN | 353 |
survivalist | 325 |
Kurper | 296 |
Oumens | 294 |
RD | 273 |






Oorde tuinroete omgewing
Ons beplan om Desember n draai te maak in die Kaap en hoofsaaklik die tuinroete area te besoek. Wat is besienswaardighede wat ons nie moet mis nie?
Dan soek ons kampeerplek....verkieslik naby aan die see. Enige voorstelle waar oord nie minimum 21 of 25 dae verwag nie....ons wil bietjie reis en verskillende oorde besoek. Vandaar wil ons noord beweeg....nog bietjie langs kus en dan weer Pretoria toe
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

De Bakke Santos het nog plek oor Desember, maar jy moet minimum 25 nagte bespreek
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Kampplekke dast rond is maar vol Desember so jy mort mast gou maak. Ellensrus in Stilbaai is teg by die strand en Stilbaai is n baie gesellige dorp. Die swemsyrand is seker een van die beste en veiligsye in ons land. Die ander park daar is Jongensfontein, sowat 10km verder, is meer populêr so plekke is dalk al vol. Dis n baie gesellige kamp maar die swemplek is nie wat wonders nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Kampplekke dast rond is maar vol Desember so jy mort mast gou maak. Ellensrus in Stilbaai is teg by die strand en Stilbaai is n baie gesellige dorp. Die swemsyrand is seker een van die beste en veiligsye in ons land. Die ander park daar is Jongensfontein, sowat 10km verder, is meer populêr so plekke is dalk al vol. Dis n baie gesellige kamp maar die swemplek is nie wat wonders nie.

Dankie, sal gaan loer. Ja, ek was verbaas om te sien hoe vol plekke reeds is. Daar is paar wat se besprekings nog moet oopmaak soos Forever Plettenberg baai en Victoria baai
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Forever Plet is baie netjies maar ek sal nie langer as n paar dae daar wil stasn nie, dis amper heeldag in swaar skaduwee. Maar dis n feit dat die deel van ons land baie populêr is in Desember omdat dit mooi is meestal goed versorg, nie juis teën nie en ook nie sou uitputtend warm is nie. Darom word bykans elke staanolek vriep opgeraap. Jy het êrens gevra oor Dibiki. Dis n uiters netjiese oord maar wat my betref, heelte
mal ongeskik vir vakansiehoi. Dit word meestal maar beset deur, sal ons maar sê "upmarket" lankstaners. Daar is geen uitsig nie en jy moet ry na waar jy ook wil wees. Die kamp self is baie veilig maar buite die kamp sal ek nie gaan stap nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie Fred. Dibiki is buitendien ook vol. Weet iemand dalk hoe is dit by Woodbourne in Knysna?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Heel netjies en boomryk met goeie ablusies en dit lyk veilig. Dis op die pad na The Heads. Jy kan ook na die lagune stap daarvandaan maar jy kan dit nie vanuit die oord sien nie. Dit maak nie saak nie want die oord self is heel mooi. Dis n pasr kilos vanaf Knysna middestad.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Leon ek wil ook dit doen amper op pension sal dan al die dinge doen
Haak daai wa kamp bly koning
Enige terugvoering op Monks karavaan park in Knysna?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ken hom ongelukkig nie. Weet jy van Buffelsbaai? Ook heel gesellig en met goeie ablusies, op 'n klein skiereiland in die Knysna omgewing.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons het al by Buffelsbaai gestaan. As ek reg onthou is daar een vlak op die berg en die ander een onder teen die see lyk half soos 'n eiland. Die onderste oord gaan jy nie staanplek kry vanaf Nov tot Jan nie - hier bespreek die manne jare vooruit.
Buite die piek seisoen is die onderste vlak baie mooi - nie bome nie, maar jou braaier staan letterlik op die see. Hierdie was voorwaar 'n belewenis karavaan park. Ek sal nie die een op die kop bo, buiteseisoen verkies nie, want die tyd wat ons daar was, was daar geen ander wa nie - jy kan dalk alleen staan?
Ek gaan Buffelsbaai kontak, miskien is ek gelukkig
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Soos alle parke in die Suidkaap sal die een op die berg waarskynlik Desember vol wees. Lieflike uitsig van daar oor die see en land. Ons het nog nie daar gestaan nie so ek kan nie kommentaar lewer nie, maar die slag wat ons gaan kyk het, was dit ook leeg. Ek dink wind kan dalk n probleem wees. Die een onder behoort aan die munisipaliteit maar word jare al deur privaat mense gehuur en bestuur. Ek weet nie wat die geval met du boonste een is nie. As ek kan kies, sal ek beslis die onderste een weer kies. Ons was al verskeie kere daar. Omdat dit op n nou skiereiland is het jy ook uitsigte na twee kante en baie lang strande op te loop as dit jou ding is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Soos dit wil voorkom is Buffelsbaai onder en Buffelskop bo? Volgens "Resorts" op hierdie website word Buffelskop deur munisipaliteit bestuur
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dalk het dit verander maar toe ons laas daar was, voor C19, het dieselfde privaat mense dit nog bestuur. Bel hulle as jy wil seker maak.
Ja jy is reg met die name, ek het vergeet.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Geert, as jy desperaat raak, kan jy ook Witsand en Arniston (Waenhuiskrans) probeer. Beide is munisipaal maar goed bestuur en sekerlik ook vol of amper so. Dis bietjie eenvoudiger maar ons vind beide heel gesellig. Struisbaai/LaGulhas het twee parke, die groter een op Struibaai. Ons was al verskeie kere op beide maar hulle is wat ons betref, minder aantreklik as die twee wat ek hier genoem het. Beide is munisipaal met ouerige ablusies maar skoon. Beide is ook heeltemal oop maar veiligheid is nie n probleem daar nie. Ook geen skadu nie en wind kan kwaai wees. Daar is verskeie goeie restaurante.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie Fred. Sover is die beplanning om nie verder as Mosselbaai te gaan nie....glo die ander areas behoort my 3weke goed te kan vul?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Daar is ook Gouritzmond net buite Mosselbaai. Dis ongeveer op dieselfde vlak as Waenshuiskraal en Witsand wat ek hier bo genoem het. So 200 meter vanaf die see, mooi swemstrand, baie rustige dorpie en heel veilig. Die kamp is nogal groot en daar is heelwat skadubome.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Omdat ons nie heeltyd op dieselfde oord wil staan nie en bietjie toer, sukkel ek maar om besprekings van oorde wat ons wil besoek te kry. Ons wou graag paar dae by Victoria baai staan, maar hulle bespreking maak môre oop....dan kan jy aansoek vorm invul teen sluitings datum van 28 Februarie. Dan gaan hulle allokasies doen teen 30 April....dan gaan hulle jou eers laat weet in Mei of jy staanplek gekry het of nie, indien nie, plaas hulle jou op waglys. Voorkeur word gegee aan aansoeke van 25dae en meer. Die tyd wat victoria baai jou laat weet jy het nie plek nie, mag dit heel moontlik wees dat ander alternatiewe ook reeds gevul is
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek glo nie wat ons gedoen het, sal nou werk nie. Ons het, toe die kinders nog saam was en toe my vrou nog skoolgehou het, so elke tweede Desember getoer, so stadig suidwaarts tot ons onvermydelik by die see uitgekom het. Ons het nooit plek bespreek nie, behalwe in 1993 net voir die eerste verkiesing. Toe het ons vooraf n paar dae by Stormsriviermond bespreek, maar gevind die kamp was maar net gedeeltelik beset. Baie mense was seker bang vir wat voorlê en het nie gaan vakansie hou nie. Ons het verskeie kere by kampe by die see uitgekom en telkens nog een oop staaplek gekry vir gewoonlik die laaste week van ons toer wat soms oor die week tussen Kersfees en Nuwe Jaar was. Dis maar n waagstuk maar ons was elke keer bereid om bietjie weg van die kus te ry indien nodig. Dit was heerlik om so sonder plan agter ons neuse aan te ry. Ons toere nou wat korter is en streng buite skoolvakansies, doen ons steeds so.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Glentana & Dwarswegstrand oord?