Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21743 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17544 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5974 |
Bostoe | 5431 |
BrianB | 5076 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3206 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2420 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1950 |
Swanie | 1850 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1729 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1661 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1444 |
George | 1197 |
Louvan | 1180 |
RichardJ | 1092 |
Gerden | 1055 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 827 |
JohanMarais | 811 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 658 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 417 |
Andre Smit | 415 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 373 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
1Pierre2 | 327 |
RD | 319 |
Izak | 307 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Oord ratings
Ek doen gereeld my oord ratings. As ek byvoorbeeld by die staanplek afdeling kom, weet ek vooraf hoeveel ek die staanplek as geheel sou rate. Byvoorbeeld as die staanplek vir my oor die algemeen gemiddeld voorgekom, sal ek dit seker n 3/5 wil gradeer. Onder gemiddeld seker dan n 2/5. Maar nou kom daar paar vrae op wat saam besluit wat die punte is wat die staan plek moet kry....soos:
Was staanplek duidelik genommer.....indien dit ja is, moet jou antwoord 5 wees
As jou krag 10m vanaf jou karavaan is wat relatief standaard is, kry dit 5
As jou kraan 10m vanaf jou karavaan is wat ook relatief standaard is, kry dit 5
As jou asblik 10m vanaf jou karavaan is wat ook relatief standaard is, kry dit n 5
As mens nou al hierdie in ag neem, is jou rating se gemiddeld so ver 5/5, maar vir my kan dit misleidend wees as ek opsoek is na n oord en ek sien sy staanplekke word hoog gerate, maar het dit op die ou einde net gekry omdat asblik, kraan en krag naby was......maar die res van staanplek staan my glad nie aan nie. Nou kry jy staanplekke soos Almega wat groot is....automaties is jou asblik, kraan en krag bietjie verder weg......en dan val sy rating miskien na n 4 of selfs n 3. Ek weet dis nie al punte waarop staanplek gerate word nie, maar hierdie klompie vrae maak tog n groot verskil aan eind antwoord. Ek het al by oorde gebly waar ek staanplek beslis nie meer as 3 sal rate nie, dalk nog 2, maar as ek die vrae antwoord kom ek by 4 uit. Dan lieg ek maar bietjie en sê dat krag, asblik en kraan bietjie verder weg was, net om punte af te bring tot daar waar ek glo die plek gerate moet word wat hy oor algemeen werd is.
By ablusies ook.....afstand na ablusies maak invloed op ablusies se punte. Nou kan jy vuil badkamer kry wat 10m vanaf jou is wat 5/5 vir daai vraag kry, maar luukse skoon badkamers wat bietjie verder is miskien 2/5.
Daarom is dit altyd vir my belangrik by n oord rating die skriftelike terugvoering wat hulle vra. As ek n rating soek en daar is net klomp sirkels gevul, beteken dit niks vir my nie, ek wil graag weet hoekom kry iets 5/5 of hoekom kry iets 1/5
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
I agree Geert. If a score is not 5/5, then we must please explain!
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
Wonder as hul dit lees ooit iets doen omtrent dit.
Al weer oppad iewers heen.
Miskien die krag, water en asblik een punt maak, dan gaan dit nie so groot impak op eind resultaat maak nie. Miskien ook nie die punte wat toegeken word koppel aan afstand in meters nie....net vra of dit in gerieflike reikafstand van jou staanplek was of nie en daarvolgens punte toeken.
Dieselfde met afstand na badkamers.....nie punte toeken aan hoeveel meters staanplek vanaf badkamers is nie. Ek is geneig om nie n staanplek te kies tè naby aan badkamers nie.....dit beteken nie dat ek nou verder weg staan staanplek moet swakker rating kry nie. Weereens net vra of dit gerieflike afstand was of nie.
Maar my2c
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ek stem saam met jou Geert. Dit is goed dat sekere vrae gevra word. Maar dit moet nie as 'n "rating" gebruik word nie, Dit moet mens net lei na 'n denke om 'n gepasde antwoord te kan gee.
Ratings waar net die sirkels ingekleur is kan net so wel verwyder word. Beteken baie min want elke persoon se objektiewiteit verskil.
Dus as jy 'n afdeling soos "security" 'n baie hoë of lae rating gee, stel ek belang in die hoekom/verduideliking hoe jy by dit uitkom. So gebruik ek jou motivering en vergelyk dit met my eie "objektiewe" denke. So bepaal ek of ek met dit kan saam lewe al dan nie.
Die motivering van elke afdeling is wat ons forum se "Rating" uniek maak.
- Deur die rating plaas jy die leser in jou eie skoene by daai oord
- Dit is al om beskikbaar vir enige wat oord wil besoek
- Belangrikste dit word gedoen deur die lede wat die oord gebruik en nie deur iemand wat net 'n vraelys daar gaan invul nie.
- Punte wat gedek word is dit wat betrekking het op 'n gebruiker se behoeftes.
- Laaste die oord kry 'n E-pos van CP.com rakende die terugvoer wat jy gegee het.
Dus is dit tot voordeel van die kampeerder/gebruiker:
- Kan sien op wat se standaard is die oord
- Hoe voel die algemene gebruikers oor die fasiliteite
- As daar klagtes was, het die oord iets daaraan gedoen. Met ander woorde hou die klagte steeds aan.
- Is iets wat 'n probleem was uitgesorteer
- Is goed wat puik was nog meer verbeter.
En is dit tot voordeel van die oord eienaar:
- Hy kan dit sien as 'n klom kla kouse wat daar kamp en niks doen nie. Want hy kry die terugvoer.
- Hy kan plan maak en die terugvoer gebruik tot sy voordeel.
- Moontlike sienings en voorstelle gebruik vanaf die gebruiker.
- As ek so oord eienaar is sal ek besoeker aanraai om die rating hier op CP.com te gaan doen.
Ja ek het heelwat geskryf maar dit is belangrik dat as jy 'n rating doen om die motivering gedeelte ook in te vul. Dis tog tot voordeel van jou mede kampeerders.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Een van die ratings wat vir my nie regtig `n plek het is "Resort organized activities". Party plekke soos see kampe, as jy jou self nie kan besig hou nie, ag nee.
Ek en Gonnie het die gesprek gehad, en ekt genoem dat mense so baie verskil en dat die een ou se waarde aan 'n kamp heel anders as die ander sal wees. Dat die een ou bv baie gerieflik ook sal wees teen R40 per nag, maar die oord vir iemand anders ;n krot is, wat eerder dan R1000 per nag sal betaal op ander plek, en dan eers tevrede sal wees.
Die ander kampeerder sal nou weer reken R1000 is mal en hy dink nie dis waarde vir geld nie.
Maar ek dink die stelsel sal self uitsorteer en elke ou moet maar self besluit of hy van die ratings gebruik gaan maak of nie.
Ek verkies maar om maar nie na ander mense te luister nie, want ander het nie dieselfde ervarings of behoeftes of waarde wat hul aan goed toevoeg nie. Mens moet maar self gaan kyk en die oord vir jouself rate. Jy sal slegs 100% seker wees as jy self daar gekamp het of jy dit geniet of nie.
Groot verskil is ook as jy 'n tyd daar kamp wanneer daar net ou mense is, en of daar klomp raasmakers die naweek is, dit alles sal jou rating beinvloed.
Kyk bv na warmbad, jy gaan een naweek verkeerde tyd dan dink jy dis 'n slegte kampplek of oord wat oorweldig word deur dagbesoekers, ek gaan 20x en geniet elke keer en kamp rustig en gemaklik, het meeste fasiliteite vir onsself en dis heerlik. Alles gaan oor timing, en natuurlik n bietjie geluk, en baie met die houding wat jy dinge aanpak.......
Goeie More
Dankie vir die terugvoering, ek geniet dit altyd om te sien wat julle vir ons na vore bring.
Ek sal 'n oog hou oor die gesprek en dit met ons span bespreek voor ek terug kom na julle toe met 'n moontlike oplossing of verduideliking.
Lekker Vrydag vir almal.
The CaravanParks.com Team
Goeie More
Dankie vir die terugvoering, ek geniet dit altyd om te sien wat julle vir ons na vore bring.
Ek sal 'n oog hou oor die gesprek en dit met ons span bespreek voor ek terug kom na julle toe met 'n moontlike oplossing of verduideliking.
Lekker Vrydag vir almal.
Dankie. Ek het dit nie hier geplaas om moun nie....dit is maar my ervaring en het dit hier geplaas om te hoor hoe ander lede dit ervaar en hulle insette deel.As ek die enigste wat dit so ervaar is dit so.....ek geniet steeds die fasiliteite van die rating sisteem en vind dit handig. As meer lede dieselfde voel mag dit dalk help om te dink aan bietjie veranderings.
My grootste wens is dat mense terugvoering skryf wat ek kan lees. Sommige mense gee kort terugvoering.....sommige net 15 woorde, maar is reeds van baie waarde. So dis nie nodig om boeke te skryf nie.
Ek wil nie hê dat sirkels weggehaal moet word nie....as daar klomp ratings is, dan gee sirkels n goeie aanduiding van wat mens kan verwag.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Goeie More
Dankie vir die terugvoering, ek geniet dit altyd om te sien wat julle vir ons na vore bring.
Ek sal 'n oog hou oor die gesprek en dit met ons span bespreek voor ek terug kom na julle toe met 'n moontlike oplossing of verduideliking.
Lekker Vrydag vir almal.
Môre sê Admin.
Welkom op die lug.
Lekker naweek daar vir julle ook.
Al weer oppad iewers heen.
Ek dink dis bitter moeilik om alle parke met mekaar te vergelyk asof onder een kam geskeer. As ek na jou kriteria kyk en dit toepas op die Kruger :
Staanplek genommer : Beslis NIE
Krag 10m naby : Glad nie by Satara nie, somtyds by die ander kampe
Kraan 10m naby : Somtyds, dalk so by meeste kampe
Asblik 10m naby : Net as jy self een nader dra
Die probleem is dat die aanloop na die kamp toe ook 'n rol op die telling gaan hê. Badplaas is 'n lekker kamp, maar bewaar jou siel as jy dit benader via Carolina! Die pad na Mapungubwe en terug is soos 'n horror-movie maar die park is heel aanvaarbaar.
Jy mag dalk al die punte 5/5 tiek, maar dan is die ander faktore (soos by Glen Reenen) so pateties dat jy net wil wegry. Lawaai en/of onveilig en slegte diens deur die personeel.
As ek vinnig dink aan 5 uit 5 kampe op ons afgelope 6-weke toer dan kom kampe soos Tsipise en Die Eiland en die Forever Resort by Keurboomsrivier dadelik in my gedagte op. Hulle is in bykans alle opsigte perfek. Jy mag dalk kla oor bobbejane of apies, maar selfs hulle is verwyder deur permanente wagte.
You'll never never know if you never never go
Dit is lekker om sulke resensies te lees soos Geert (Relaxed Camper) se kommentaar oor Victoriabaai - absoluut deeglik. Nou weet jy wat om te verwag. Nie soos baie "ratings" wat eenvoudig niks beteken nie deurdat daar geen (soos in "ZERO") beskrywende kommentaar by is nie.
Dankie Geert!! Jou ander resensies t.o.v. jou onlangse vakansie is almal deeglik gedoen soos dit moet gedoen word.
Dit is lekker om sulke resensies te lees soos Geert (Relaxed Camper) se kommentaar oor Victoriabaai - absoluut deeglik. Nou weet jy wat om te verwag. Nie soos baie "ratings" wat eenvoudig niks beteken nie deurdat daar geen (soos in "ZERO") beskrywende kommentaar by is nie.
Dankie Geert!! Jou ander resensies t.o.v. jou onlangse vakansie is almal deeglik gedoen soos dit moet gedoen word.
Dankie en plesier Chris, waardeer. Ja....vertellinge sê meer. Fotos saam is natuurlik tops, maar is tydsaam om te laai
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ