Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21201 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17198 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5607 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4788 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1053 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 923 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 654 |
Benkie | 581 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 344 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |





NUWE AMAROK
Die nuwe Amorak is van aanstaande jaar hier. Ek wonder of hy dit gaan maak. Ek dink dis steeds n goeie voertuig, maar ek voorspel hy gaan nie goed verkoop nie selfs stadiger as die huidige model.o Mense is maar "brand loyal" en ons weet dis eintlik maar n Ranger met n VW kenteken. Mense hou nie daarvan nie. Die Ranger is baie populêr, maar nie noodwendig by VW ondersteuners nie. As ek aan myself dink, ek het amper 30 jaar my Kombi gery en ek was gek oor hom, verlang trouens steeds na hom. Maar as hy ander vervaardiger se masjien gehad het, selfs n kragtiger Fird V6 masjien, sou hy sy karakter vir my verloor het. En let wel, ek is nie anti Ford nie, ek ry self een en geniet hom terdeë.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ek is al vir jare 'n erge VW bewonderaar. Talle Kewers gery, 412 Variant, 3 verskillende modelle Karmann Ghias gehad, 'n half brood Kombi, 5 Jetta Cli's, en 1 VR6 Jetta, vir VW tydrenne gery met die eerste Golf GTi, daarna my eie Citi Golf tydren motor gejaag, VW demonstrasies gedoen, ag, en so kan ek voortgaan. Ry tans my Touareg V6TDI, en het, met trane my VW 1600 SP Kewer - met 56000 kilometer, verlede jaar verkoop.
Ai.
Dit is soos jy sê, ek stem ook nie saam met hierdie sg. "badge engineering" nie. Mazda en Ford het jare gelede al die pot mis gesit, Mercedes het die plot verloor met hulle samesmelting met Nissan .....
Ek is dit eens dat baie min onderdele van watter motorfabrikaat ook al, nog "egte" onderdele is - laers, vonkproppe, bande, windskermveërs is maar klein goedjies. Maar as mens by ratkaste, agterste dryfaste (bakkies veral) en sulke komponente kom, dan besef jy hoeveel of hoe min mate daar nog werklik "egtheid" is.
Daarom, wanneer dit by die "hart" van die voertuig kom, die enjin, glo ek dat dit nog steeds die verskil uitmaak tussen vervaardiger A en B. Ek wil 'n Volkswagen koop, ek wil nie 'n Ford hê met 'n VW wapen op nie. Ek voel vere of die bak en/of panele so effens verander is van die een na die ander - dis nie dieselfde nie.
Maar, ek glo ek (en jy?) is seker maar in die minderheid. Kyk nou net hoe blatant Toyota is met sy "Urban Cruiser" .... bloot 'n Suzuki met net die wapentjie verander, en mense val daarvoor???? Ag nee man, dis wanneer ek met reg sê "Ek het ook my trots" Sal seker in die toekoms minder en minder "egte" motors sien, so, gelukkig op my ouderdom, is die kanse uiters skraal dat ek weer 'n motor sal koop!
Nico, ek stem heeltemal met jou saam. As mense die nuwe Amarok verwerp, sal dit nie wees omdat hulle dink die Ford dele van die voertuig is minderwaardig nie- ek dink daar is nie juis minderwaardige enjins, ratkaste en so voort, op die mark nie (weet nie van die Sjineses nie). Ek dink dit sal eerder oor emosie gaan. Dit lyk vir my of Ford, en nou VW, nie die siel van motorryers altyd reg verstaan nie. Dink maar aan die Kugas wat gebrand het. Dis nie die feit dat 'n baie klein aantal gebrand het wat hulle beeld benadeel het nie, dis bloot die manier wat Ford die situasie hanteer het wat mense vertroue laat verloor het.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek is al skoon deurmekaar met al die op-mix-ery van produkte. Selfs die Mercedes 4x4 Nissan Navara. Dis so asof die wêreld soek na oplossings vir die groot Ooste-kompetisie. Korea en die ander eens-klein-lande neem oor met pragtige produkte.
En die nuwe Amakrokko het, na al die getorring, steeds dieselfde (of minder) krag as my stock-standard Fortuner, sekerlik die komminste kar op die pad, maar by vêrre die beste verkoper.
Die mense wat (met groot entoesiasme en geloof) Amakrokko's gekoop het sit nou met n produk wat nie herverkoop kan word nie.
You'll never never know if you never never go
Neewat, hy sal tweedehands nog lank populêr bly want dis n puik voertuig. KW is nie al wat tel nie. Maar jy vergelyk appels met pere.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jy is reg Fred, daar is geen manier hoe jy n LEGENDE kan vergelyk met n laat-inkommer wat so vinnig verdwyn nie. ð
You'll never never know if you never never go
Ek bedoel die een is 'n bakkie, die ander een 'n SUV. ð
En dan, watter een is 'n inkommer? VW en Ford is al op die mark van voor ek daar was, wat lank gelede isð¬. Toyota is sommer van nou die dag af hier- ek kan goed onthou toe die eerste Japanese bakkies- Datsuns, hier aangekom het en Toyota kort na hulle, so in my oë geen legende nie. Let wel, ek is nie anti- Toyota nie- tussen ek en my vrou het ons nou ons derde Corolla en hulle het en gee baie goeie diens. Die Japanese voertuie is goeie betroubare voertuie maar met min karakter. Jy kan hulle kwaliteit waardeer maar ek kan regtig nie sê hulle roer my hartsnare nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek dink hy gaan goed koop veral die 4x4 maar ja die Ford / Mazda nie gewerk Nissan/ Merchedes nie gewerk kom ons sien wat gebeur
Haak daai wa kamp bly koning
Fred, jy praat nou van vervloë se tyd! Dit laat my mos nou terugdink ....
Ek moet erken ek kan nie die presiese tydperk onthou nie, (moontlik 1962/63)? Ons as skoollaaities was verstom - die sogenaamde Vredesteken het op een en almal se skooltasse verskyn, en Mnr. Heyns, onderhoof by Goudrif Hoërskool het elkeen 'n hengse loesing gegee vir die openlike vertoon van die gewaagde, kommunistiese (!ð¬) teken, totdat Vickus kla .... "Maar meneer, die teken is op Sonia se Pa se nuwe kar!"
Skok, waansin, ongeloof, want nie net was Sonia se Pa 'n ouderling nie, maar 'n baie geloofwaardige man. Ons het almal, al 8 of 10 van ons na dié verskynsel gaan kyk ..... en ja, so werklik, hier staan hierdie ligblou Ford Cortina met die VREDESTEKEN (wel omgedraai, maar tog!) op die agterste ligte!
SKOKKEND
Waar gaan die wereld heen? ... Hier kry ons pak en daar is die teenbewys? Verskriklik!
ð¬ð
Ja né! Ons het naby mekaar grootgewird. Ek was in Alberton Hoër. Klink by naastenby kallers van dieselfde jaar.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
