Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17733 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6184 |
Bostoe | 5456 |
BrianB | 5262 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3220 |
mulderpm | 2608 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1997 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1763 |
steamer | 1700 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1243 |
Louvan | 1241 |
Gerden | 1149 |
RichardJ | 1136 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 847 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 774 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 432 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 397 |
LEEN | 383 |
Kamp is Koning | 372 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 183 |
BigG | 182 |
Maurits | 171 |





New Ford
Dis deesdae moeilik om 'n rasegter voertuig te koop. Dink maar aan die Nissan-MB, Renauld-Dacia en die Toyota Suzuki. Nou is die nuwe Ford wat duidelik in die plek van die Kuga kom, ook van so 'n gemengde afkoms. Hy heet die Territory maar is gebasseer op 'n Sjinese voertuig. 'n 1500CC weergawe wat in sommige lande beskikbaar is, het darem 'n regte Ford masjien. Ek weet nie wat die oorsprong van die 1800C is wat hier beskikbaar sal wees nie.
Hoe ookal, ek het 'n paar padtoetse gelees en my indruk is dat dit wel 'n baie oulike voertuig is. Dit ontwikkel 138KW en 318NM en die beweerde verbuik lyk goed. Soos met meeste middelgrootte SUV's is die en ook net met voorwielaandrywing toegerus en het 'n 7 spoed dubbelkoppelaarratkas wat dit vir my onaanvaarbaar maak, maar ek is nie in die mark vir 'n nuwe voertuig nie.. Daar is terloops geen verband met die vorige Australiese Territory wat groter en met 'n dorstige 4Liter masjien geloop het nie.
Sjinese voertuie is besig om vinnig te verbeter en die samewerking met Ford sal waarskynlik 'n goeie produk tot gevolg hê. Ek is maar nog effens skepties oor Sjinese voertuie maar ek moet sê uiterlik is elkeen van hulle SUV's besonder aantreklik. Die nuwe Ford het lyne wat nogal sterk trek op my Peugeot 3008.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja, die nuwe karre is geheel en al buite my bereik - eerstens het ek nie daardie kapitaal nie en tweedens is ek heeltemal gerieflik met my voertuigies (VW Touareg 3.0 TDi, Audi S3, Suzuki Jimny en SYM 300i EVO)
Interessant genoeg vra iemand op die Touareg forum, waarvan ek lid is, die man wat aan ons Touregs werk, diens ens. - 'n absolute VW/Audi outariteit op sy gebied - wat sy mening is omtrent die nuwe VW Amarok.
Stephan: (kort en bondig) ..... "Koop 'n Ford Ranger!" Spreek absoluut boekdele!
Werklik jammer dat VW daardie pad geloop het, maar nou ja ......
Wat ek hierbo gesê het, bedoel nie ek is teen die tendens nie. Ek vind dit net interessant. Dit is nie meer soos in die verre verlede dat een vervaardiger 'n beter voertuig as 'n ander vervaardig het nie omdat hy ander tegnologie gebruik het nie. In die Europa,, Japan en Korea lyk dit my tegnologie word maar deur almal gedeel. Die Amerikaners, miskien omdat hulle ander tipe voertuie, verkies (groot, onpraktiese lomp verouderde goed) kan hulle nie juis dieselfde egnologie as die ander lande gebruik nie en die Sjinese lyk dit my, probeer nog dinge op hulle eie manier doen deur "reverse engineering" van ander vervaardigers te gebruik. Daar is egter ook reeds heelwat samewerking met die ander lande so metteryd sal hulle voertuie ook maar uit sieselfde komponente as al die ander bestaan. Die oorgrote meerderheid Europese/Japanese/Koreaanse voertuie ry byvoorbeeld met Jappanese Eisan ratkaste waar Borg-Warner ook 'n hand in het. Enjins is maar meestal net verskillende weergawes van dieselfde ding onder verskillende name. Die verskil is eerder tussen verskillende prysklasse en daar is die verskil eintlik ook maar net die hoeveelheid verfynde eienskappe wat ingebou word of die grootte masjien wat gebruik word. Maar selfs daar krimp die verskille ook maar. Selfs 'n Suzuki Espresso het van die verfynings wat net luukse karre 'n dekade gelede gehad het. Ek dink ons betaal in 'n groot mate meer vir die kenteken op die kar as vir wat werklik binne in hom is. Ek ons is baie bereid om dit te doen en oortuig onsself dat ons voertuie beter is as die ander omdat hulle duurder is. Dis nogal maklik om ons mense enigiets te laat glo wat ons graag wil glo.
Oor die ou se uitlating oor die Amarok en Ranger verstaan ek nie eintlik wat hy bedoel nie. Is die Ranger goedkoper want dis maar dieselfde voertuig onder verskillende name- nie heeltemal Ford nie en nie heeltemal VW nie. Die vorige Amarok dink ek was bietjie meer va 'n individualis omdat dit 'n ouer geslag voertuig was en dus ietwat lank in die tand.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek sien Sjina het Japan verlede jaar verby gesteek as die wereld se grootste motor uitvoerder.
Ek was al baie in china. Bitter min chinese karre word daar verkoop. Jy sien net chanas, maar dit word gebruik om goedere te vervoer. 75% van die karre wat daar ry is vw.
Volgens Google word 88.5% van Sjina se motorproduksie plaaslik in die land verkoop. Dis amper drie miljoen voertuie per jaar en kan darem regtig nie as min gesien word nie. BYD verkoop steeds die meeste voertuie binne Sjina met sowat 12% van die mark met VW tweede teen sowat 10% en Toyota derde met sowat 8%. Dit is verbasend dat buitelanndse vervaardigers so goed doen in Sjina. Is dit dalk 'n mosie van wantroue in die kwaliteit van Sjinese produkte of is dit dalk soos hier by ons, dat mense dink sekere name- nie net wat motors betref nie- laat julle goed lyk? Ek dink die feit dat soveel nie Sjinese voertuie daar verkoop word, sal die Sjinese vervaardigers inspireer om die kwaliteit van hulle voertuie in lyn te kry met die buitelandse name-dis nou as dit steeds werklik swakker is. Hulle sê elkeen se persepsie is sy werklikheid en die persepsie van swakker kwaliteit sal seker maar 'n rukkie neem om te verdwyn.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Chana se markaandeel in Sjina volgens Google is sowat 4.3%
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
VW was die 1ste Westerse fabriek wat jare gelede in China oopgemaak het, en vervaardig baie daar. Omtrent al die taxis is net VW.
Ek weet nie waar verkoop hulle al daai voertuie nie, want dit wat ek in die stede on op snelwee gesien het is nie chinese voertuie nie
Watter VWs word as taxis gebruik?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Passat & Jettas.
Dit word nog daar vervaardig
Interressant.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Toe ek middel verlede jaar my new gen Ranger gekoop het het ek baie tyd amper 3 maande spandeer om die Ranger / Amarok te vergelyk
- Aankoop prys: die Ranger is goedkoper as die Amarok Ja maar hoekom Die Amarok het 'n diens plan Die Ranger nie [opsioneel het jy 'n keuse Diensplan / instandhoudings plan vir km / tydperk]
- Afwerking verskil uitleg verskil jou keuse watter een jou geval
- Assuransie baie duurder vir die Amarok [Ranger 3.0 V6 Wildtrak R1026400.00 exclude Service plan vs Amarok V6 PanAmericana R1037100.00] Ranger R3648.00 vs Amarok R4603.00]
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Dit lyk dus of net die assuransie die Ford voordeliger gemaak het. Verder klink hulle maar baie eenders. Was dit die rede vir jou keuse? Ek wonder waarom die VW as n groter risiko beskou word. Diefstal is een van die faktore maar ek sou verwag het die Ford sou n groter risiko wees omdat vanweë sy groter populariteit dalk makliker op die swartmark verkoop kan word.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Swanie, baie geluk met jou nuwe bakkie. Daar is seker a groot verskil met sleep tussen die 3.2 en die nuwe V6.
Nuwe voertuie raak darem nou duur
Haak daai wa kamp bly koning
Dit wil voorkom asof voertuigpryse vinnig styg, maar as jy dit met historiese pryse vergelyk, vind jy dis nie regtig so erg nie. Soek gerus historiese valuta pryse of so-iets, ek het ongelukkig nie op hierdie rekenaar so 'n adres nie. Dit is heel interessant. Kyk gerus ook wat jou salaris waarmee jy destyds begin het, teen vandag se waardes en jy sal agterkom ons is maar min of meer in dieselfde posisie. Wat voertuie betref, neem ook in ag dat selfs vandag se goedkoopste vertuie baie meer gesofistikeerd is as selfs luukse voertuie so 'n paar dekades gelede so effens hoër prye is te verwagte.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Kyk hier. https://www.inflationtool.com/south-african-rand
My Fiat 125 wat in 1970 R3100 gekos het, sou vandag R265,000 kos. Dis ongever soveel as at jy nou vir 'n kar van die grootte en met meer as die toerusting van destyds sal betaal. Die Fiat het nie eers lugreëling gehad nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het gevinf dat 'n vergelykbare nuwe kar nanegoeg 10% kos van dieselfde huis se prys oor die jare.
In 1974 het ek 'n nuwe huis gekoop in Kaapstad. Die prys was R 27000. In dieselfde jaar het ek 'n nuwe Passat stasiewa gekoop - R 2700.
Ek woon nou in 'n vergelykbare huis in 'n vegelykbare voorstad, ook in Kaapstad, en my huis sal nou vir ongeveer R 4 000 000 verkoop. "n Top van die reeks 1500 cc hand rat kar sonder bybehore sal ook seker nou vir ongeveer R 400 000 verkoop.
Miskien is die vergelyking nie landwyd geldig nie, aangesien huispryse in Kaapstad effens hoër is as in die res van die land. Ek besef daar is dorpe waar jy 'n huis skaars kan weg gee as gevolg van agteruitgang.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.

Swanie, baie geluk met jou nuwe bakkie. Daar is seker a groot verskil met sleep tussen die 3.2 en die nuwe V6.

ek glo sy sal baie bekwaam wees as dit by die sleep kom
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world

Dit lyk dus of net die assuransie die Ford voordeliger gemaak het. Verder klink hulle maar baie eenders. Was dit die rede vir jou keuse? Ek wonder waarom die VW as n groter risiko beskou word. Diefstal is een van die faktore maar ek sou verwag het die Ford sou n groter risiko wees omdat vanweë sy groter populariteit dalk makliker op die swartmark verkoop kan word.

VW het nege maande waglys gehad en nie demo voertuig beskikbaar nie [nie eers 'n 2.0 nie] en twee hadelaar het nie eers na my terug gekom nie.
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Ek wonder of dit dalk deel van die refes is dat die vorige Amarok sleg verkoop het.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
