Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21834 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17660 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6078 |
Bostoe | 5440 |
BrianB | 5156 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3210 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2502 |
Lennie | 2193 |
Kanneman | 2141 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1978 |
Swanie | 1854 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1747 |
steamer | 1690 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1664 |
Dansan | 1528 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1211 |
Louvan | 1197 |
RichardJ | 1111 |
Gerden | 1093 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 838 |
JohanMarais | 819 |
Fanie | 750 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 661 |
snys | 631 |
Benkie | 588 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Harv | 424 |
Willie54 | 422 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 408 |
LEEN | 379 |
Kamp is Koning | 371 |
1Pierre2 | 355 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Dieter | 265 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Fienie | 230 |
Joos Pretorius | 195 |
Neuswiel probleem
Dag sê mede kampeerders!
My Sprite SW se neuswiel het 'n probleem - buitekant roes maklik en die buitenste pyp lyk asof die materiaal plat vlakke toon. Ook is die slinger aan die kant wat die neuswiel in die lug moet hou soms ontsettent styf en die pyp kom nie maklik los nie. Dit is dus soms baie moeilik om die hele stelsel te laat sak wanneer ons ter kampe kom.
Ek het die probleem al 'n paar keer behandel - die stelsel heeltemal van die A-raam verwyder, die wiggie in die binnekant skoongemaak, geghries, die pyp skoongeskuur, geverf, maar, helaas, die probleem duik sommer vinnig weer op.
Eienaardig genoeg het ek nooit sulke probleme met my vorige karavane gehad nie en ek wonder dus of dié buite pyp nie van 'n swakker materiaal gemaak is nie. Sal ek eerder die hele stelsel moet vervang, of is daar ander raad wat ek kan volg? Die res van die stelsel werk seepglad (neuswiel draai maklik op en af,) die wieletjie is redelik nuut, so, wat reken die kenners??
Nico is daai pyp nie effens gebuig .Ek weet nie of jy movers het, maar as hy vassteek ,as die movers hom stoot, kan hy effens buig .Dit het met een van my karavane gebeur, maar die slegte nuus is vervanging is die enigste genade dan .
Dankie Willem .... nee jong, enigste "movers" wat ek het, is as my vrou help stoot! Gelukkig is die wa nie te swaar nie, en ek twyfel of daardie dun armpies die pyp kon laat buig.
Dem jammer om nou so 'n onkste te moet aangaan, maar sal maar in die daardie rigting neig.
Sal ook dan by die verspreiders verneem (Gibbons is die naaste aan ons) of daar "beter/sterker" neuswiel opsette beskikbaaar is.
Dankie weereens
Kyk gerus by AlKo en die ander soortgelyke verskaffer waarvan ek nie so vinnig die naam kan onthou nie. Hulle produkte is goeie kwaliteit.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Alko is daar in Vereeniging.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Dankie Fred! Ja, ALKO het my vantevore te hulp gesnel ... moes 'n nuwe hak koop vir "Bosapie" jare gelede - selfs aangestuur na die karavaan handelaar (op hulle koste!!) Ons was destyds nog aan die Rand.
Sal by hulle aanklop!
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Dag sê!
Ek het met Al-Ko kontak gehad en bevestig dat neuswiele eers teen volgende week beskikbaar sal wees - hulle verkoop net die volledige stel (R1100,00)
Gibbons het wel die buitenste pyp afsonderlik beskikbaar, asook volledige stelle.
Ek het my neuswiel uitmekaar gehaal, op die draaibank bevestig dat dit nie gebuig is nie, maar tog so effens reggesny (dit is weliswaar net 'n pyp, so, ongelykhede is maar teenwoordig.)
Maar ... die "pokmerke" op die buitenste pyp is tog opmerklik en laat my steeds wonder of die materiaal nie swakker as gewoonlik is nie.
Ek het egter, soos genoem, die pyp 'n tikseltjie kleiner in deursnee gesny (47,95 mm), en dit gly beslis makilker in die houer in. Ek merk toe dat daar inderwaarheid twee (2) plekkies is vir die wiggie(s) wat die pyp, (met die buitenste slinger in werking) moet vasklem. Nou, óf my klemstuk het nie die tweede wiggie gehad nie, wat moontlik die gevolg gehad het dat die pyp skeef gedruk is tydens die vasklem proses, óf daar is nie 'n tweede wiggie nodig nie. Kan iemand moontlik bevestig wat die storie is of moet wees? Weliswaar is die wiggie aan die anderkant geensins vasklembaar soos die een aan die buitekant nie, maar nou ja.
Ek hou in die tussentyd die "nuwe" pyp in gedagte, maar gaan eers weer met die oue eksperimenteer. Wag in spanning vir julle insette
Nico, ek kan nie help nie. My karavaantjie het wel 'n ALKO haak met neuswiel maar daar is nie 'n wiggie as deel van die neuswiel nie. Die ontwerp is seker maar anders as joune. ALKO het 'n katalogus aanlyn (het nie hier die adres nie). Miskien kan jy dit soek en dalk die ontwerp van jou stelsel daar kry. Anders sal ALKO daar by julle jou dalk so een kan wys wat sake sekerlik makliker vir jou sal maak. Laat weet asb hoe jy vorder want dit kan dalk net tot die redding kom van iemand anders wat dieselfde probleem het
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Daar moet net een wiggie wees en jy koop hom by enige karavaan handelaar.
Daar moet net een wiggie wees en jy koop hom by enige karavaan handelaar.
Dankie Riaan
Goed, nou, die pyp is mooi skoongemaak (reeds genoem dat ek die deursnee verklein het) het ek dit met "Hammertone" geverf, alles terug geplaas aan "Awol" en dit lyk heel goed. Gly beslis makliker in en uit, en sal sien hoe die teen-roes effek werk - het al tevore met hierdie verf gewerk en dit is heel doeltreffend om roes te weerhou. Sal maar sien hoe die hele sakie uitwerk
Nico, ek wonder nou skielik waarom die pyp roes. Jy is tog in die Vrystaat, of kom julle gereeld by die see? Sou 'n bietjie smeermiddel op die pyp nie die roes keer nie- verkieslik silikon wat nie so geneigd is om stof te hou nie? Ons karavaantjie bly meestal maar by die kus en roes is nie so 'n groot probleem as met joue nie
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ons is glad nie juis seemense nie, so het nog net een keer (nog met "Pophuis" saam) gaan kamp by Waenhuiskrans
Nie een van my vorige karavaan neuswiele het so geroes nie, maar, dit is ook so dat, alhoewel ons in Parys woon, daar redelik vog (glo dit as jy wil!) in die lug is. Selfs my gereedskap in my garage roes, veral die wat ek nie gereeld gebruik nie. Ek moet gedurig skoonmaak. Mag dus moontlik die eindelike probleem wees, sal maar kyk. Ek sal ook, as die roes weer opkom, jou silikoon raad gebruik.
Dankie!!