Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21193 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5601 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4782 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





NAMIB-240 FOLDABLE SOLAR PANEL
Goeie dag,
Ek is 'n leek wat sonpanele vir karavane betref en wil graag advies hê asseblief.
Ek kan 'n Flexopower Namib 240 kry teen 'n goeie prys. Het enige iemand dalk kennis van hierdie produk en is dit 'n goeie paneel? Ek beplan om 'n 100ah diep siklus battery in 'n Jurgens Explorer te laai, welke battery krag gee vir 'n 60L Minus 40 yskas en twee LED ligte.
Groete
Dag se Wielie Ek het nie kennis van die Flexopower son paneel nie maar as ek jou raad kan gee moet nie n diep siklus batery gebryk nie eeder n semi diep siklus battery gebryk om rede die diep siklus battery vat te lank om te herlaai
Wielie daai Namib 240 opvou sonpaneel werk soos n bom hy sal krag verskaf soos jy gevra het
Haak daai wa kamp bly koning
Baie dankie vir jul terugvoer hierbo. Vind toe gelukkig uit die goeie aanbod is 'n scam.
Soek nou weer....

Baie dankie vir jul terugvoer hierbo. Vind toe gelukkig uit die goeie aanbod is 'n scam.
Soek nou weer....

Ag tog gelukkig het jy agter gekom
Haak daai wa kamp bly koning
Wielie, ek gebruik al jare FlexoPower panele. Het 'n Kalahari stel en het so week terug die Namib 240 Teflon panele, 2 van met 'n MPPS Charger aangeskaf, al 4 die panele in series "gewire" op die Classique met sy 2kw omsetter en daai goed laai 'n 200ah en 'n 100ah battery in 'n japtrap. Die charger kom ook vanaf FlexoPower en besluit self watter soort batterye jy het en laai hulle.
Groete Frik
More sal self vertel....
Ons het n jurgens exclusive, wil graag weet as ons net panele wil inbring met n inverter om die yskas te hardloop as eskom sy stages hardloop in n kamp, sal dai namib 240 teflon met n inverter die exclusive se battery kan charge en sy yskas hardloop of gaan hy te lig wees?
"..as ons net panele wil inbring met n inverter.."
Die spoed van her-laai hang af van hoeveel en hoe sterk(aantal Watts) die panele is en hoeveel son beskikbaar is en ook of jy die duurder MPPT controler instede van die goedkoper een gekoop het.
Jy kan natuurlik te veel panele aanbeveel word(oorboord gaan), afhangende watter verkoopsman jy mee te doene het.
Sekere controlers kan ook net 'n sekere hoeveelheid Watts paneel/e hanteer.
One is never too old too learn

So, as jy die battery bank in parralel gekoppel het(2x100Ah) en jy het die MPPT-Mini(20), dan kan jy net 250Watt in die controler indruk, en laai die controller dan teen 20Ampere max jou batterye.
One is never too old too learn

So, wees nou versigtig......>>
As/indien jy besluit jy wil gaan vir 2x panele in series(wat slim is), het jy gewoonlik dan 'n 24volt sisteem en moet jy dan 'n 24volt inverter koop , dan kan jy ook 2x250Watt panele in series koppel, wat dunner draad na die controller vereis as die 12volt sisteem.
Ek dink (ek nie seker nie), dan moet die panele ook vir 24volt gekies word(kyk spesifikasie van paneel).
One is never too old too learn

https://www.takealot.com/220w-foldable-portable-solar-panel/PLID92509942
12volt ??
https://www.takealot.com/high-efficient-flexible-solar-panel-150w/PLID91414451
24volt ??
https://www.takealot.com/namib-240-foldable-solar-panel-by-flexopower/PLID72768708
????????(hoeveel volts)
One is never too old too learn

Hier kry ek toe die spesifikasies.
One is never too old too learn

