Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5599 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |

N12 tussen Drie Susters en Pretoria (oor Kimberley)
Dis seker ou nuus dat ek graag (as gevolg van minder trok-verkeer) die N12 oor Kimberley verkies as ek vanaf die Kaap Kruger Wildtuin toe reis. Die pad tusse Drie Susters en Klerksdorp is 'n jaar of twee, drie gelede pragtig oorgedoen, maar ek het iewers verneem daar is weer talle "stop & go's" op hierdie pad.
Ons mik juis weer in Julie Wildtuin toe en verneem graag wie het hierdie pad onlangs gery en of die stories wat ek gehoor het enigsens waar is ?

Len.
Ons het begin Februarie terug uit die kaap die N12 gery. Vanaf 3Susters tot by Hopetown mooi pad. Tussen Hopetown en Kimberley heelwat "stop/go" maar padoppervlak goed. Strate deur Kimberley vrot van slaggate. "Stop/go" tussen Wolmeransstad en Klerksdorp maar pad goed. "Stop/go" het ons nie gepla nie, tyd is aan ons kant. Die verkeer tot by Klerksdorp was rustig, daarna besig geraak. Party van die klein dorpe se deurgangsstrate maar vol slaggate maar gelukkig is dit kort ente. Ons het by Westonaria weggedraai na Randfontein en is oor Krugersdorp tot in Pretoria. Die pad tussen Westonaria en Krugersdorp was baie besig en heelwat swaervoertuie. Ek sal weer die N12 ry maar moontlik by Westonaria deurgaan met die N12 na die N1 afhangende watter tyd van die dag dit is.
Ons het 2 nagte by Karoo Nasionale Park, 2 nagte by Riverside Lodge en 1 nag by Club Luico oorgestaan. Aldrie aan te bevele. By Riverside Lodge die Mokala Nasionale Park besoek; 'n juweel van 'n park. Jy kan sien die bestuur daar is vol en aktief in beheer.
Geniet die voorbereiding vir die familiekamp, dit gaan sekerlik 'n onvergeetlike verjaarsdagviering wees.
Groete tuis.
Ons het Maart die pad gery en heelwat stop-en-go plekke gekry veral tussen Hopetown en Drie Susters vir laang ente en lank staan as jy ongelukkig is! Gelukkig het ons baie tyd gehad en het ook by KAMBRO padstal gestop vir heerlike vars springbokpasteitjies. Geniet die tog!
Wie het onlangs die roete gery? Hoe lyk die padtoestande?
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Ons het sowat 'n maand gelede die roete gery maar wes weggedraai by Britstown. Tot daar was die pad heel goed, duidelik nie lank gelede nie herbou, maar op 'n maar plekke was daar duike aan die linkerkant uitgery (nie slaggate nie) deur swaar vragmotors. Dis nie te erg nie en as jy nie op die geel streep ry nie, is dit nie juis 'n probleem nie. Die pad is ook nie baie besig nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Dankie Fred. Hoe lyk die pad deur Potch, Klerskdorp en Wolmaranstad. Laas wat ek daar deur is, was dit maar gehawend.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Neewat, die toestand is heel goed.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ook gedink om hierdie roete te ry na Orania. Is daar n aanbeveelbare oorstaan plek tussen Pretoria en Orania? Ek het geloer na Sandgat by Bloemhof dam, maar kry nie eintlik info nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons het met ons rit by Christiana oorgestaan maar kan dit gladnie aanbeveel nie. Ek vermoed ook met die onlangse vloed in die Vaalrivier kan hulle dalk weer onder water gewees het. Ons het jare gelede na die park by Boemhofdam gekyk maar die ablusies was power so ons het verder gery. Daar is ook 'n kamp van die hengelklub op Bloemhof. Ek weet nie hoe dit lyk en of hulle nie-lede toelaat nie. Di kampplek by die Groot Gat in Kimberley lyk ook nie goed en veilig nie. Rob Ferreira net noord van Christiana was vroeër heel aangenaam maar dis nou 'n aftree-oord. Jy kan wel 'n hut huur maar daar is nie staanplek nie.
Oom Jeep het Riverside ek dink suid van Kimberley sterk aanbeveel. Ons was nog nie daar nie en ek is ook nie seker presies waar dit is nie, maar miskien is dit 'n moontlikheid. Dan is daar ook suid van Kimberley die Mokala'n nasionale park. Nasionale parke is altyd puik en bekostigbaar, so dis dalk die regte plek vir julle. Daar is waarskynlik ook privaat kampplekke in die Kimberley omgewing maar ek het nie kennis van hulle nie. Soek gerus vir kampering in die Kimberley omgewing.

Riverside lyk na n opsie, maar is te naby aan einbestemming....114km
Andersins moet ek N1 via Bloemfontein vat wat meer opsies bied
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Die 3 kere wat ons by Riverside oorgestaan het, was elke keer baie bakgat. Sou jy oorweeg om eerder via Bloemfontein te ry, is Reyneke Park by Bloemfontein heeltemal aanvaarbaar vir oorstaan. Ons het tot 2021 (ons laaste trippie noorde toe) gereeld by Aldam oorgestaan. Ook heeltemal aanvaarbaar.
As jy vir Orania mik, is Sandgat ook maar baie naby - ek dink selfs nader aan jou mikpunt as Riverside.
Lekker beplan!!

Mokala is nie aanbeveelbaar vir 'n pad karavaan nie.
Riverside is net voor die noordelike afdraai na Mokala. Ons het nog nie daar besoek nie.
Living the dream

Die 3 kere wat ons by Riverside oorgestaan het, was elke keer baie bakgat. Sou jy oorweeg om eerder via Bloemfontein te ry, is Reyneke Park by Bloemfontein heeltemal aanvaarbaar vir oorstaan. Ons het tot 2021 (ons laaste trippie noorde toe) gereeld by Aldam oorgestaan. Ook heeltemal aanvaarbaar.
As jy vir Orania mik, is Sandgat ook maar baie naby - ek dink selfs nader aan jou mikpunt as Riverside.
Lekker beplan!!

Jammer Chris, ek het verkeerd getik. Dit moet Sandveld wees en nie Sandgat nie

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Riverside is definitely recommended we stayed there for a couple of nights last October. Also agree with Richard the roads (both of them ) to Mokala are not recommended for a road caravan. Also never camped there we just visited Mokala while were were at Riverside.
How long is the bad road to Mokala and will it be OK for a gravelroader like my Skipper? And Mokala itself? I assume the facilities are on par, but what is the reserve itself like?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
I am not sure if Riverton around Kimberley still exist, just make sure that you pick Riverside and not Riverton. Some years ago, Riverton was taken over by local day visitors - not recommended thus for campers.
We have stopped at Riverside for an overnight many times and it suits the purpose of overnight stop well. We have found campers there who is staying for a short stint as they do fish in the Modder River that forms the boundary of the park.

How long is the bad road to Mokala and will it be OK for a gravelroader like my Skipper? And Mokala itself? I assume the facilities are on par, but what is the reserve itself like?

Fred the access roads are about 20 kms of gravel. Locals drive 'full speed'.
Inside roads have had work done. My first visit the gravel was powdery. I sold my Volvo a number of years later and there were still signs of the dust. That has changed.
We have not camped there but, I have met a Dutch couple who camp there every visit. Private ablutions, only 6 sites and overlooking a water hole.
The park animal list can be seen HERE
It is the rare species breeding park.
Probably the only park where you will see Springbok and Impala, Black and Blue Wildebeest. The Zebra were/are being used to recreate the Kwagga?? Buffalo are disease free.
I had a great 5 days of birding there in June 2021 out of Lillydale camp.
Living the dream

How long is the bad road to Mokala and will it be OK for a gravelroader like my Skipper? And Mokala itself? I assume the facilities are on par, but what is the reserve itself like?

Fred, I would not pull any caravan along those access roads unless that have been scraped since October last year when we were there. The corrugations were really bad. Give them a call and enquire the road condition. In the park the roads were much better. Sorry cannot comment on the campsite as we did not go into them, just drove around the park and went to the bird hide.
Thanks for the update guys.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven