Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Mosambiek...grenspos
Die kampeerders wat al oor na Mosambiek gegaan het...hoe maklik kom mens oor die grens? Sommige mense vertel dat dit n tydsame proses kan wees. Is dit so erg?
Ek get op een stadium gereeld met 'n ski-boot by Komatipoort oor die grens gery. Die eerste keer was net voor 'n lang naweek . Dit het omtrent 31/2 uur gevat! Daarna het ek altyd gegaan wanneer dit stiller was - nie so erg nie. Dit help as jy van die dienste van 'n "runner" gebruik maak wat die papierwerk vir jou doen. Maar jy moet versigtig wees - die boggers probeer jou altyd verneuk. Persoonlik sien ek nie meer kans daarvoor nie. Ek get gehoor dit dit makliker deur Swaziland is.
Never too old to have a happy childhood
Ek het al n paar keer by Kosi baai oor gegaan wat nie te erg was nie al hoewel ek een keer erg moes belasting betaal vir my extra brandstof wat ek saam geneem het, maar anders nie probleeme gehad nie
The older I get the faster I was
Ek gaan deer die wiltuin het nog nooit probleeme gehad nie so half uur altwee kante SA EN MOZ
How great is our GOD

Die komatie grenspos is meestal maar aan die besig kant. En dit veral tydens vakansie tye en langnaweke. Toe ons deur wou gaan en die lang toue sien kap ons toeSwaziland deur.
Drie karre voor ons by Swaziland grens en 2 karre by die Swaziland Moz grens.
Onder by Kozibaai grenspos kan dit ook besig raak maar as jy vroeg daar is nie sommer 'n probleem nie.
Die res van die grensposte noord ken ek nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dankie vir julle insette...waardeer! Dit sal seker dan oor Desember aanbeveel word om nie Komatipoort te gebruik nie, maar alternatiewe.
Desember was vir ons 'n nagmerrie by Komatipoort- vrek besig. Beveel deur Swaziland aan - Oshoek in en Namaacha uit, baie rustiger en makliker op die senuwees. Daar is blykbaar nou 'n nuwe ringpad om Maputo gebou, ek is nie seker waar jy by die pad aansluit nie, ons het maar deur Maputo gery, dit is ook nie die aangenaamste ervaring nie. Vir ons is die heel beste onder by Ponta do Ouro en Ponta Malongane, was al 'n paar keer daar. Grenspos is 'n "breeze" en jy kuier 'n hond uit 'n bos uit. Geen spietkops met gepaardgaande "bribes" nie. Moet egter 4x4 he.
ââ¬ÅHe was a wise man who invented beer.ââ¬Â ââ¬â Plato


Die komatie grenspos is meestal maar aan die besig kant. En dit veral tydens vakansie tye en langnaweke. Toe ons deur wou gaan en die lang toue sien kap ons toeSwaziland deur.
Drie karre voor ons by Swaziland grens en 2 karre by die Swaziland Moz grens.
Onder by Kozibaai grenspos kan dit ook besig raak maar as jy vroeg daar is nie sommer 'n probleem nie.
Die res van die grensposte noord ken ek nie.

Soos Leon hier noem.
Dit hang af of jy op die regte tyd op die regte plek is. Het al lank gestaan en ander tye was dit gou onder n half uur.
Al weer oppad iewers heen.

Gaan na die Hollard kantoor toe en hulle doen alles vir jou vir so R200,00.
Maar ek self weer in daai plek gaan? Nooit!
My land het mooier plekke sonder nonsense en meer waarde vir geld.
Daai weteloose gemors sien my nie weer nie.
Zuma is 'n ster teen daai gemors.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
Ek wil graag weer n draai daar maak om by Ponta Malongane te kamp, dit is aan die Kosie baai kant, was een keer daar en nie probleme gehad by die grenspos nie. Bygese dat ek saam met n groep wat wat alreeds n paar keer daar was van tevore. Weet iemand of die nuwe pad van Durban na Maputo se kant toeganklik is of hoe werk dit? of gebruik n mens nie die pad as jy na Ponta Malongane toe gaan nie?
Gaan elke 3weke deur Kosibaai grenspos en dit maak eers 8uur oop en dan staan jy in 'n ry. Gaan so na 9uur dan is die ergste verby. Met die nuwe teerpad en brug oor die hawe ingang word die grenspos nogal besig. Vakansie tye maak die pos 7uur oop.

Gaan elke 3weke deur Kosibaai grenspos en dit maak eers 8uur oop en dan staan jy in 'n ry. Gaan so na 9uur dan is die ergste verby. Met die nuwe teerpad en brug oor die hawe ingang word die grenspos nogal besig. Vakansie tye maak die pos 7uur oop.

Dankie Jan, klink nie te erg nie. Wel beter as Komatipoort se grenspos dit is n gemors om daar duer te gaan.
Iemand onlangs in Mosambiek gewees ? Vat mens jou kroniese medikasie net so oor die grens of moet mens n gesertifiseerde afskrif van jou voorskrif he soos met Botswana.
Madelene, ek het dit nog nooit gedoen nie en het nog nooit n' probleem gehad nie. D.w.s vir enige buitelandse reise.
Maak seker jy het jou voortuig se oorspronklike regestrasie by jou en n' brief van die bank.
Groete,
Paul

Iemand onlangs in Mosambiek gewees ? Vat mens jou kroniese medikasie net so oor die grens of moet mens n gesertifiseerde afskrif van jou voorskrif he soos met Botswana.

As mens medikasie tassie saamvat vir noodgevalle en dit daar insit....wonder of grenspos ouens so clever is om te onderskei tussen watter skedules medikasies daar is...hul het nie Dr grade nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Iemand onlangs in Mosambiek gewees ? Vat mens jou kroniese medikasie net so oor die grens of moet mens n gesertifiseerde afskrif van jou voorskrif he soos met Botswana.

It's chronic medication - can you afford to go without it if they confiscate it?
I would take a copy of the script with, we took our original with us when we went to Chile - they never questioned it at any of the borders.
Wat is die rede dat n land soos Botswana jou kroniese medikasie wil vat?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Selfde rede dat jy "drugs" kan smokkel oor die grens. Indien medikasie onbekend is aan hulle of nie in duidelik verseelde gemerkte verpakking nie of skedule medikasie is kan dit konfiskeer word of erger implikasies he. Het met n pasient van ons gebeur in Botswana oor pynpille, hy was opgesluit tot ons n voorskrif deur gefaks het. Op onlangse vlug tussen OR en George is my deodorant in spuitvorm in my handbagasie ook afgevat en in asblik gegooi, seker bang ek spuit woelige ouens in die oog.
Sover ek onthou, is vloeistowwe nie toelaatbaar in die kajuit nie. Jy word soms nie eers toegelaat om n onoopgemaakte bottel water aan boord te neem nie. Waarskynlik is dit omdat brandbare middels of bytende vloeistowwe gebruik kan word vir sabotasie en dit is dalk moeilik om vinnig vas te stel wat die betrokke vloeistof werklik is.
n Klein naelknippertjie is eenmaal van my afgeneem. As ons opstandig word, onthou dat jou veiligheid, werklik jou lewe, beskerm word deur sulke streng reëls. Ek en jy weet ons is nie saboteurs nie, maar die amptenare weet dit nie. As skurke altyd soos skurke gelyk het, was dinge maklik, maar dis ongelukkig nie die geval nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Is so, eerder veilig as jammer party mense doen net hul werk en ons moet dit respekteer.
