Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22519 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18208 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6542 |
| BrianB | 5721 |
| Bostoe | 5562 |
Uranus Member | 2600 + |
| mulderpm | 3202 |
Saturn Member | 2000 + |
| Lennie | 2195 |
| Kanneman | 2162 |
| Chris Boucher | 2063 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1895 |
| Nico | 1801 |
| Hennie Botha | 1709 |
| steamer | 1705 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1601 |
| Butts | 1497 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1374 |
| RichardJ | 1318 |
| Louvan | 1295 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 896 |
| JohanMarais | 828 |
| Fanie | 816 |
| Piet Ford | 739 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 671 |
| Benkie | 602 |
| 1Pierre2 | 519 |
| Willie54 | 478 |
Platinum Member | 250 + |
| Rare Breed | 427 |
| LEEN | 405 |
| Oumens | 397 |
| survivalist | 360 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 337 |
| Izak | 332 |
| nyiko81 | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 276 |
| Dieter | 265 |
| Lein | 261 |
Gold Member | 100 + |
| Fienie | 245 |
| Hennie1968 | 240 |
| Trev1 | 225 |
| Bushbaby | 208 |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 192 |
| Maurits | 177 |
| Saalocin | 171 |
| Pontius | 168 |
| Andre Steyn | 166 |
| Wegisons | 155 |
Mabalingwe
Hallo al die mooi mense. Ek wil graag weet wat julle opinies is oor Mabalingwe oor die langnaweek in April, ek dink amper dis paasnaweek? Enige issues wat ek van moet weet voor ek bespreek, of ander plek soek?
Catherine, 1 van my vriende het daar gekamp gedurende Desember en hy het my laat weet dat die plek besonders rustig en mooi is.
okay DK baie dankie. ek wonder dan ook oor die pad soontoe? moet mens maar net baie vroeg die oggend ry of hoe?
Catherine, Dis 'n goeie teerpad tot by die oord vanaf Warmbad (Bele-Bela) en die pad is nie juis besig nie. Baie lekker oord- baie diere, goeie kampplek en ablusies. Ook 'n aantal swembaddens. Toe ons daar was, was daar 'n bosbokrammetjie wat in die kamp rondgeloop het en lekker goed by die kampeerders gesoek het. As jy nie vir hom iets gee nie, wil hy jou rondstoot. Ek en hy het bietjie gestoei- ek hou sy horings vas en ons druk mekaar. Hy was nie agressief nie- net spelerig.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ahh julle dit klink hemels. Ek verjaar in April, toe Pa vra wat wil ek doen vir my bday, was die antwoord baie voor die hand liggend.
So mabelingwe it is, baie dankie vir julle insae
My seun love die buite lewe, so hy sal dit ook baie geniet.
Ons was daar September laas jaar.( Nie gekamp nie, in n Chalet gebly). Dit is n mooi plek, maar was die diere wat ons gesien het, teleurstellend. Al wild wat ons gesien het was rooibokke,koedoes en waterbokke. Ek weet nie of ons maar ongelukkig was nie.
Noord van die kompleks waar jy besprekings doen, is daar n stuk water waar jy altyd seekoeie kry en krokodille op die sandstrook in die dam.
Snys, klink nie vir my sleg nie. 'n Mens gaan daarheen om die natuur te geniet en die diere is deel daarvan. Om sommer net in die natuur te wees, is al genoeg- die diere is 'n bonus.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek stem in n mate saam, Fred. Die plek is pure bosveld en op sigself die moeite werd om te besoek. Ek sal weer daarheen gaan, maar dit is darem lekker om goeie widbesigtiging te he ook. Ek moet byvoeg, ander mense wat Mabilingwe besoek het, het baie meer gesien. Toe ons daar was, was dit baie droog. Miskien het dit iets daarmee te doen gehad.
Onthou net N1 is rof oor paas naweke...ZCC Pietersburg Moriah
Mabalingwe se kamp plek is heel chapperig. Die kamp is naby aan die pad tussen Thabazimbi en Warmbad en as die verkeer baie is kan dit dalk pla.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Catherine
Dis bly vir my 'n baie aangename plek om te kamp en die dorp is nie te ver en wild kan wel min wees maar dit bly lekker om wel te soek en net in die natuur te wees.
Al wat ek kan waarsku is bly weg van die staanplek direk langs die ablusies wat dan tussen die swembad en ablusies is. Die staanplek is onder 'n mooi groot boom en tussen die boom en die swembad is die palmbome.
My Rede. Die ape slaap in daai boom en vroeg oggend - elke oggend het jy net hul getjorts en pee op die wa se dak hoor val. Nogal 'n gemors as jy een wil sien.
Maak seker dat als mooi toegemaak word want die ape skeur maklik selfs skadunet oop as hulle kos ruik.

SJoe dankie vir daai raad Danie, dis wat ek wou hoor. OOk die N1 wat so besig is, sal maar stadig ry en baie geduld aan die dag lê. Ek reken dis te veel om te dink iemand hier weet dalk van 'n lekker staanplek, groot genoeg vir 'n splash en 'n groterige tent, weg van die swembad af, ons het 'n baby wat kruip wat saam gaan so ek wil nie enige tragedies op my naam he nie.
Daar is baie wild in die privaat gedeelte van die "plaas" waar jy nie self mag ry nie. Die wildritte wat deur Mabalingwe aangebied word word hoofsaaklik in hierdie gedeelte gedoen en daar is baie baie wild. Het die olifante en renosters gesien binne die eerste 20 min van so `n rit.
Groetnis
Ons was daar September laas jaar.( Nie gekamp nie, in n Chalet gebly). Dit is n mooi plek, maar was die diere wat ons gesien het, teleurstellend. Al wild wat ons gesien het was rooibokke,koedoes en waterbokke. Ek weet nie of ons maar ongelukkig was nie.
Noord van die kompleks waar jy besprekings doen, is daar n stuk water waar jy altyd seekoeie kry en krokodille op die sandstrook in die dam.
Is daar iemand wat onlangs hier was en meer kan vertel oor hul ervaring van wilds besigtiging?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert: Ek het verlede maand daar gekuier en meer in die noorde n lodge gehad. Ons het game drives gedoen maar soos jy se wild is teleurstellend maar die natuur en die hele plek, alles in en om dit is fantasties mooi. Swembaddens, restaurante is great. Die voer van leeus ens. Was baie goed en dit het op n Sondag gebeur. Die roofdiere is ook apart gehou en is nie soos in Kruger. Die karavaan park is regtig mooi en ablusies is puik. Winkel in die karavaan park is voldoende, baie mooi, ek hou net baie van die plek. Party van die sand paaie het n bakkie nodig en is bietjie rof vir n kar.
Ek is weer daar September en het dan alreeds vir n staanplek begin betaal vir Desember. Dit gaan ek verander, kop staan see toe.
Almal se koppie tee proe nie dieselfde maar Mabelingwe sal my gereeld sien.
ðŸŒªï¸ Worry ends where faith begins 🌪ï¸
Watter staanplek kan jul aanbeveel?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜