Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21201 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17198 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5607 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4788 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1053 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 923 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 654 |
Benkie | 581 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 344 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |





"Long-Drop" Toilet
Hi guys and dolls.......
May be, you have read the confusing definitions on this forum about "black-water", "grey-water" and all sorts of ways to dispose of human waste at camp-sites ?
Well, as you know, in "olden-days", on the farm, people referred to the outside toilet as a long-drop toilet or as the pit-toilet.
This got me searching for an easy-built , long-drop toilet system that would not cost an arm or a leg. (Andrew, that means ...>a cheap system).
This system that I discovered is so easy to operate, that any two year old can do it.
Here are the links:
https://www.youtube.com/watch?v=IIjBQAWPvg8
https://www.youtube.com/watch?v=ybs4IMUkxAM
https://www.youtube.com/watch?v=RdJvn0_X0sg
I prefer the last video method, as it is VERY cost effective for pensioners. ð
Hope you guys enjoy.
Old man
One is never too old too learn

One is never too old too learn

Oumens, toe ek klein was het my oupa hulle 'n soortgelyke gedoente in hulle slaapkamer gehad. Die ding was bekend as 'n slopemmer. Daar was ook 'n pot met 'n oor (handvatsel) onder die bed. Die se naam was Koos. Die neukery het in die oggend begin wanneer die inhoud van die nag se ongerief na die long-drop toe gekarwy moes word.
Dit maak nie vir my sin om met die beslommernis van 'n emmer besigheid te sukkel terwyl daar 'n Porta-Potti is wat klein genoeg is om onder 'n eiland bed te pas en 5 nagte se inhoud vir twee volwassenes reukloos kan stoor nie.
Die leegmaak is bloot die dra van jou "akte tassie" na die ablusie blok en die oopskroef van 'n prop, 60 ml Aqua Kem en jy is reg vir nog 5 nagte.
Ons sin is die kleinste Thetford model wat jy kry, is nou 36 jaar oud en so goed soos nuut. Ons het met ons tent getoer waas 'n karavaan nie tuis hoort nie, en pottie word langs die frieskas agter in die kar vasgemaak, en slaap elke aand by ons in die tent. Sekerlik een van die beter geriefsprodukte wat die kampeer ouens nog ontwikkel het.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Terloops, Thetford, wat die oorspronklike en ook die duurder maak is se prys begin by ongeveer R1700. Twee tenks diesel.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.

Terloops, Thetford, wat die oorspronklike en ook die duurder maak is se prys begin by ongeveer R1700. Twee tenks diesel.

Kanneman, Kanneman, ja ek hoor/lees jou...ð
Ek weer verkies om met vaste stowwe te werk en terloops dit is elke Vrydag my werk om die swart-sakke straat toe te dra, hier by die gastehuis. ð (Doen dit al 20 jaar vir al die toeriste).
Dit was nouiedag so hitte-te, of ek moes 'n weermag long-drop grou in die tuin toe die dorp se water vir 5dae wegraak. Kan jy jou indink as ek die gaste se emmers moes "leegmaak" ? Nee, o wetter, ek word naar net aan die dink daaraan.ð¤¢
Hierdie goedkoop manier met pine-korrels absorbeer al die urine en die hele paket is "environment-friendly" boonop. Belemmer nie die "french-drains" se bakterie nie.
Ek dink die vroutjie innie video se^ dat hulle 'n hele naweek "gegaan" het sonder om leeg te maak.
Wel, al bly ek in 'n Exclusive eendag , gaan ek homse pottie convert na 'n korrel put, om te sie hoe dit werk.
Dankie vir jou inset.
Bob.
One is never too old too learn

Daar is 'n weermag storie wat ek nog moet vertel oor 'n vriend wat se gathare en boude heeltemal geskroei/verbrand is, in so 'n mate dat hy moes uitklaar met 'n handoek om sy lyf....ð
Maar vir anner tyd, voordat ouens my aanvat dat ek my eigend draad kortwiek.ð
One is never too old too learn

Daar word mos gesê indien jy verkeerd verstaan kan word sal jy verkeerd verstaan word!
Bob, ek het jou heeltemal verkeerd verstaan. Ek was salig onder die indruk dat jy van 'n aan-boord toilet fasiliteit vir 'n karavaan praat, en het gevolglik dienooreenkomstig gereageer.
Ek is bewus dat kompos toilette deur sommige kampeer-wa eienaars verkies word, maar die feit dat die vaste en voeibare stowwe apart hanteer word in die eenheid staan my nie aan nie, nog minder die skoonmaak/diens daarvan in 'n oord.
Terloops, hoe nader 'n mens aan tagtig kom hoe gerusstellender is dit om 'n potti in jou karavaan te hê wanneer jy vêr sleep. Ek vertrou jy verstaan waarna ek verwys - die groot nood wat soos 'n dief in die nag vir jou op die lang pad kan bekruip! ð¤¢
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ek stem saam Pieter. Ons het een soos jy beskryf. Dit sou goed wees as alle karavane ontwerp word met n bêreplek vir die geriefie. Daarsonder is dit n lastigheid om in die dag "weg te steek" want dis nie juis die soort ding wat jy wil uitstal nie. Ons Skipper het so n kassie wat n keuse is as jy die waentjie bestel
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Ek stem saam Pieter. Ons het een soos jy beskryf. Dit sou goed wees as alle karavane ontwerp word met n bêreplek vir die geriefie. Daarsonder is dit n lastigheid om in die dag "weg te steek" want dis nie juis die soort ding wat jy wil uitstal nie. Ons Skipper het so n kassie wat n keuse is as jy die waentjie bestel

Stem beslis saam Fred, ons Sprite SW het ook so 'n kassie/bêreplek onder die bed vir die storie.
Maar, op dieselfde onderwerp, net effens gewysig as ek mag .......
1. Ons was nou al by 'n paar kamppleke waar daar nie porta-pottie fasiliteite is nie. Ek glo dat so 'n toevoeging tot 'n karavaanpark verpligtend moet wees. Baie bly om te sien dat die karavaanpark waar ons laas was, wel so 'n toevoeging gemaak het.
2. Ek het dit nogsteeds teen kampeerders (veral die langstaners) wat swartwater uit storte en wasmasjiene (!) edm. sommer laat uitloop by die staanplek. Word 'n uiterste gemors om die minste te sê (soos gevind gedurende ons laaste kamp). Jy moet behoorlik spring om oor die swartwater dele te kom of andersins lang draaie te moet loop. Weereens sou ek karavaankampe wou verplig om ordentlike fasiliteite te verskaf waar die water kan dreineer, óf dan die kampeerder verplig om die water in 'n drom op te vang wat dan so by 'n drein leeggemaak kan word.
Nico ek stem saam jou
Haak daai wa kamp bly koning
Nico sê: "Ek het dit nogsteeds teen kampeerders (veral die langstaners) wat swartwater uit storte en wasmasjiene (!) edm. sommer laat uitloop by die staanplek. Word 'n uiterste gemors om die minste te sê (soos gevind gedurende ons laaste kamp). Jy moet behoorlik spring om oor die swartwater dele te kom of andersins lang draaie te moet loop. Weereens sou ek karavaankampe wou verplig om ordentlike fasiliteite te verskaf waar die water kan dreineer,"
Ek stem volkome saam. Die probleem lê egter in die koste van die infrastruktuur gegewe die skamele maandelikse tarief wat vir langstaaners gehef word. Indien gesondheids regulasies af gedwing sou word sal min langstaaners sekerlik die toepaslike tariewe om vir langstaan infrastruktuur staanplekke te vergoed wou by bring. Ons ervaring - dieselfde staanplek waar 'n langstaaner gedurende November R100 per nag betaal het kos in Desember en paas naweek R500 per nag, en nou praat ek van 'n munisipale oord. Oestyd, wanneer die langstaaner elders 'n heenkome moet gaan soek of moet op dok.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Kanneman, ek stem saam dat koste 'n besliste rol - beide vir die kamp bestuurder/eienaar en kampeerder - sal speel.
'n Redelike goedkoop oplossing mag wees om slegs sekere staanplekke toe te wys as "langstaan kampeerplekke" i.pv. diesulke kampeerders toe te laat om te staan waar hulle wil. Hierdie staanplekke kan dan toegerus word met 'n sg. spoelklippie drein. Hierdie drein is slegs so 500 mm tot 1 meter diep, en gevul met klippies - regtig nie vreeslike duur proses nie.
Die alternatief is dan om kampeerders - langstaners of nie - te verplig om 'n emmer te gebruik vir dié doel. Diesulke emmers kan dan in spesifieke dreineringsputte leeggemaak word.
Ek is jammer dat ek so hamer op hierdie onderwerp, maar glo regtig dat die kwessie ernstig aangespreek moet word - ons laaste kampondervinding met hierdie probleem was nie lekker nie.
Nico, ek is seker die oorgrote meerderheid van kampeerders sal met ons saamstem. Die vraag is net - hoe gaan jy die oord eienaars so vêr kry om so iets te doen. Hulle marges is alreeds onder druk.
Terloops, ek lees vanoggend 'n Amerikaanse studie het aangetoon dat 58% van persone wat stort onder die stort piepie. Dit maak stortwater dus nie meer gryswater nie maar swartwater, en moet dus as riool hanteer word, wat wel die geval is in Amerikaanse RV oorde.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Manne, ek vra: wat maak die Boere met hul hoenders se skuit, of varke se skuit, of beeste se skuit ?
Kan ons nie maar ook oorslaan na so 'n droee sisteem(geen chemikalie), nie?
Daar is honderde videos op you-tube wat presies wys hoe boere hul pottie/longdrop afval hanteer.
'n gebied word afgebaken en gebruik om daaruit kompos te maak, en so kan die kampeer-eienaar 'n wins maak , instede van 'n verlies, deur om hierdie kompos te verkoop.
https://104homestead.com/urine-in-compost/
ð
One is never too old too learn

ð¤

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

One is never too old too learn

“My Old Father was a Front Puller in the Big Pull”. Waarvan die direkte translering waarskynlik as volg sal lui: “My Oupa was ‘n Voortrekker in die Groot Trek”.
Nou wat het dit met die onderwerp van hierdie draad te make?
Wanneer laas het jy die word “hurk” of “gehurk” in die konteks van ablusie behoeftes gehoor?
Ek was gedurende die tweede wereld oorlog gebore. My Ma het tou gestaan om vir my babakos te bekom. Buite ons huis was ‘n “kleinhuisie”, oftewel ‘n long drop.
Toe het die munisipaliteitjie ons opgegradeer na die emmerstelsel. Die nagwa wat deur muile getrek was het na-nag sy rondtes gedoen om leë emmers te ruil vir, sê maar, meer gewigtiges.
Later was ons op gegradeer na die ketting stelsel. Jy trek ‘n ketting en die gedoentes spoel weg.
Tot vandag toe vra die ouer garde (soos ek) nog steeds vir die kleingoed: “het jy die toilet getrek?”
Om terug te kom na die Groot Trek. Of my geheue is baie swakker as wat ek vermoed, of ek het die periodes waar dit destyds op skool behandel was “ge-bank”, wat nie uitsonderlik was vir my gekiedenis klas bywoningsregister nie.
Nogtans, ek kan my nie herinner dat die ablusie geriewe of fasiliteite van die voortyd ooit met ons bespreek, gedeel of ge-eksamineer was nie.
Tog verstommend hoe ons deesdae ta-boe onderwerpe van die voortyd as heel normale gespreksonderwerpe kan hanteer. Dit laat my dink dat ons beslis aan vooruitgang blootgestel was, amper soos om die evolusie leer te ondersteun! ð ð
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Kanneman, ek wonder of vandag se kinders weet van "skool bank", wat sal hulle dink bedoel die oom?
My gat is behoorlik gebrei asgevolg van hierdie "vak", wat ek op skool gehad het.ð
Nog 'n se^-ding.........>>"van die os op die jas" ........> Waar dink jy kom die gesegde vadaan?
ð¤ª
One is never too old too learn

