Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21193 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5601 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4783 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |

Langstaan of Permie kampeerders - wat behels 'n ingeligte besluit?
Ons is nie self in die mark vir die langstaan opsie nie. Die langste wat ek nog kon kamp was vyf weke, en dit het 'n kampeer toer oor landsgrense behels. Na vier weke was ek egter gatvol gekamp, en het ek huis-toe verlang. Oupa het gesê "nooit" is 'n oneindige lang tyd. Ek kan nie sê nooit nie. Sou my vrou my ontval koop ek dalk 'n motohome en vat die pad!
Een van die dinge waarmee ek baie sleg is, is om niks te hê om te doen nie, en die hele dag te hê om dit in te doen. Dit is waarom ek verkies om by viswater te kamp en my fotografie goed saam te neem, asook my fiets. My vrou kan gelukkig elke dag om lees.
Nou wonder ek. Is daar dalk êrens 'n kontrolelys waarvolgens 'n persoon kan bepaal of hulle met 'n langstaan, of nog erger, permanente kampeerdery versoenbaar sal wees?
Op watter stadium is jou langstaan raklewe om, en moet jy of jou wederhefte versorging benodig, en hoe dan gemaak?
Hoe gemaak wanneer die een skielik tot sterwe kom? Watter rugsteun of "terugval fasiliteit" moet vooraf gewaarborg wees, want doodgaan gaan een van julle doen, en die langslewende se lewe gaan baie meer ge-impakteer word as wanneer so iets by 'n permanente woonplek gebeur.
Wat is die finansiele impak van so 'n besluit, en hoe gemaak met "hoog seisoen" tariewe? (Ons maandelikse munisipale rekening is vergelykbar met langstaan maandelikse tariewe.)
Watter spesifieke eienskappe moet 'n langstaaner oor beskik om so 'n leefstyl gelukkig te volvoer?
Wat moet alles oorweeg word, en hoeveel langstaaners het al hulle besluit heroorweeg en vir wattter redes?
Ek vra die vrae omdat dit meestal die langstaaners en permies is wat skynbaar nog oorloop van lewenslus en gesondheid wat gereeld hier van hulle laat hoor, en dit laat my wonder of net die maanskyn en rose kant van dié soort lewenstyl nie dalk hier gepropageer word nie.
Hopelik sal hierdie draad insiggewende terugvoer oplewer.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ek glo Arie sal jou baie goeie terugvoer op die kan gee. Hy en oorlede Petra het die lankstaan/toer gedoen tot sy gediagnoseer was met kanker en hy noodgewonge 'n permanente plek moes kry om naby te staan vir Petra se behandeling, tot en met haar afsterwe. Hy staan inteendeel nog daar vir nou al 2 jaar na haar afsterwe en gaan slegs gedurende die wintermaande kamp by Moreson, maar dan met sy tent. Ek sal hoor of hy dalk hier wil insette lewer. Hy is gladnie meer aktief op die forums nie.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Ja Kanneman, mens besef nie altyd waarvoor jy jou inlaat nie. Ek lees so baie van mense wat huis en alles verkoop en dan besluit om permanent te kamp. Soos jy inderwaarheid noem....is jy nog lus om permanent te kamp as jou wederhelf nie meer daar is nie?
Ek sou indien moontlik tog my permanente huis wil hou. Sou die dag kom dat een van ons vir lang tye behandeling of hospitaliseer moet word, sou ek dit dan vanaf die huis wou doen en nie vanaf n karavaanpark nie.
Sou ek eendag permanent gaan kamp, sal ek areas gaan kies waar ek myself lank besig mee kan hou soos mooi plekke by die see of wildtuin. Ek dink ek sal my begin verveel as ek net in n gewone karavaan park moet sit permanent.
So, vir my sal dit nogals belangrik wees om die opsie te kan hê om weer terug te keer na huidige lewenstyl indien nodig
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Terugvoer vanaf Arie. Hy kan nie op die oomblik aanteken maar het hierdie per epos vir my gestuur.
"Ek en Petra (my oorlede vrou) het vir 12 jaar ons land en buurlande deur getoer.
Na haar afsterwe moes ek à â besluit maak oor die pad vorentoe.
Ek het nog nie kans gesien om in à â baksteen tronk te gaan bly nie. Ek was ook nie meer lus om alleen die wa te sleep en kamp io en af te slaan nie!
Het toe besluit om my wa in à â oord permanent te los met tent opgeslaan. Dit is nou my basis kamp vir 2 en half jaar al.
Het vir my à â sleepwaentjie met tent en lekket groot gazebo aangeskaf. Ys en vrieskas stoele, tafels en al die nodige bygekoop
Eetgerei opslaan kaste en al die nodige kamp gerei. Dit alles bly in die sleepwa, as die lus vir vir à â wegbreek my pak gooi ek net klere in hak die wa en binne 30 min is ek op pad.
Gaan staan vir die 3 koudste maande in Moreson, en gaan tussrn in partykeer vir à â naweek of midweek êrens na toe.
Ja die besluit of dit vir jou gaan werk is à â persoonlike besluit, elke mens is anders.
Ons het so 14 jaar terug besluit om vir à â jaar te gaan kamp, na à â jaar het ons besluit om dit permanent te doen.
Ek het my eiendom gehou, die maandelikse huur gee my à â lekker passiewe inkomste wat aan inflasie gekoppel is. Ek het intussen nog à â eiendom aangekoop en met die twee se huur inkomste dek ek al my maandelikse uitgawawes, dus my pensioen gaan netso in my spaarrekening.
Toe ons begin het ek geld belê wat genoeg sou wees om à â nuwe sleepvoertuig en woonwa te koop indien dit sou nodig word
Ek raak nie aan daai geld of die rente daarop nie, so dit behoort altyd vir my gemoedsrus te gee dat ek rygoed kan koop.
Meubels en alles weggemaak en die res van die geld belê, waar die opbrengs my pensioen ka aanvul indien nodig. Was gelukig nog nooit nodig nie en het ek dus à â gedeelte van daai geld gebruik om à â tweede eiendom kontant te koop.
Ja dasr is uitdagins, soos met alles in die lewe is niks ooit altyd maanskyn en rose nie!
My vrou se siekte was à â redelike uitdaging, maar glad nie onoorkomelik nie. Ons moes wel som bir tot 10 maande op à â oord bly staan as sy behandeling kry.
Gelukig het al ons groot stede goeie privast hospitale en goeie dr's.
Petra was al in Roodepoort, Pretoria, Pietersburg en in Richards Bay in hospitale gewees vir operasies en/of behandeling. In party stede verskeie kere.
Sou die oord te ver van die dorp wees waar sy opgemeem is het ek maar eenvoudig in à â gastehuis ingetrek naby die hospitaal.
Haar leër met al haar mediese verslae, scans en plate was op internet, so indien ons na à â nuwr onkoloog moet gaan was al haar inligting beskikbaar op die net
Die nuwe dr hou dit dan ook weer op datum.
Petra wou nooit terugtrek huis toe nie, selfs die laaste 15 maande wat dit baie sleg gegaan het met haar. Sy kon nie meer loop nie, ek het toe vir haar à â mobility scooter gekoop waarmee sy in die kamp en winkels mee kon rondry. Sy het gevoel in die kamp kan sy lekker buite sit, daar stap gedurig mense verby en meeste stop altyd en sit so rukkie. Sy was altyd deur baie positief en het altyd geglimlag, dus mense wou graag by haar kuier, sy hey nooit oor haar siekte of pyn gepraat nie. Ek sou nooit aanbeveel dat iemand hul huis veroop waneer hulle permanent gaan kamp nie. Baie min goed is ooit permanent, dinge verander in mens se lewe. Dan ook soos al genoem, à â eiendom verskaf mà â lekker pasiewe, inflasie gekopelde inkomste.
Ja dit is baie noodsaaklik dat mes à â stokperdjie het, anders kan dinge baie eentonig raak. Ook à â goeie ding is om à â sport te beoefen, mens kan by enige klub in die land vir à â drie maande of hoe lank dan ook aansluit, praat net vooraf met hulle.
Daar is verskeie sportsoorte wat ideaal geskik is vir permanente kampeerders, ek dink hier aan golf, rolbal, jukskei tennis en nog heelwat ander.
Daar is selfs heelwat oorde wat jukskei bane in die oord het.
Ek vertrou dat dit meeste van jou vrae beantwoord het.
Arie"
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Ek stem volkome saam Arie.
Dit is jou eie besluit???
Ons doen dieselfde as hy, gooi tent ens.. in X-Trail en neem à â wegbreek.
Alle gevalle van siektes kom voor, by beton mure of Permie en dit hang alles af van jou tipe medies waaraan jy behoort.
(Alles het sy eie bedoel)
"Hick-Ups" kom voor by Permie kamp waarvan ons tans gladnie uit of in na al die reen nie, maar dit is à â "Minor".
In my geval van siekte bly ons positief en sien onsself nie meer tussen beton mure nie.
Vyf dae by familie verlang ons plaas en huis toe.

Ek stem volkome saam Arie.
Dit is jou eie besluit???
Ons doen dieselfde as hy, gooi tent ens.. in X-Trail en neem Å„ wegbreek.
Alle gevalle van siektes kom voor, by beton mure of Permie en dit hang alles af van jou tipe medies waaraan jy behoort.
(Alles het sy eie bedoel)
"Hick-Ups" kom voor by Permie kamp waarvan ons tans gladnie uit of in na al die reen nie, maar dit is Å„ "Minor".
In my geval van siekte bly ons positief en sien onsself nie meer tussen beton mure nie.
Vyf dae by familie verlang ons plaas en huis toe.

Gelukkig my vrou, woefie en ek hou ons eenkant.
Ek het nog nooit soveel "Skinderbekke" ontmoet nie (LOL).
Hulle behoort in à â Oue-Tehuis soos hulle aangaan:
My Vader Toggie, laat die een doen wat hy wil en hou op skinder???
If I may I want to define the following.
A "Permie" are campers that do not have a house or flat as alternative accommodation.
A " Longtermer" has alternative accommodation that they can return to, should they wish to do so.
A "Tourer"is almost like a "Longtermer" except they do not stay in one place very long but may be on the move for several years before returning home.
I only have close on 3 years "Tourer" experience. Financially this is the most expensive option taking fuel costs into account. But it has the advantage that one gets to see SA and if planned properly camping at parks that do not have high season rates is possible.
No need to be bored. Explore the area. Visit you church denomination. They are only too happy to welcome you. Fall in with a fitness group such as Parkruns on Saturdays. Attend local events and bazaars. Etc. etc.
We were fortunate to enjoy good health only having to visit the GP and dentist for maintenance.
Unfortunately our tenants bought a house so we decided to return home.
I cannot think of any real issues while touring that would have expedited my returning to home base. Sorry Kanneman.
The Happy Campers.

HM, I was just wondering then what happened to the old description of: Swallows... Swaeltjies...

HM, I was just wondering then what happened to the old description of: Swallows... Swaeltjies...

Swaeltjies verwyss na diegene wat gedurende die wintermaande hul wonings verruil vir oorde in die warmer gedeeltes van ons land.
Moeg geploeg.
Van Swaeltjies gepraat.
Ons het een jaar gedurende Swaeltjie seisoen by Tsipise aangedoen.
Die plek was tot oorlopens toe vol van Swaeltjies. Dit was omtrent 'n belewenis om deur daardie groot kampterrein te loop. Party staanplekke het tydelike omheinings om, en daar word fluks groentetuine aangelê
Aan huishoudelike geriewe is daar ook nie 'n tekort nie. Wasmasjiene, skottelgoed wassers, lugversorgers - jy noem dit en dit is daar.
Wat veral opgeval het was die aangename atmosfeer wat in die kamp heers. Ongelooflik dat jy deur so 'n groot kamp stap, en elke staanplek wat jou raaksien groet jou.
Daar is 'n yslike groot restaurant, en snaaks genoeg, ons was die enigstes daar vir aandete. Bygesê, dit was in die middel van die week, en daar het ook weing braaivleis vuurtjies gebrand - so asof die lewenswyse wat tuis van toepassing is saamgeneem word Tsipise toe.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Baie interrestante onderwerp.
Ons het afgeskaal na 'n klein huis in 'n kompleks met die idee om meer die lank staan / toer ding te doen.
Gaan die "nuwe" huis hou om die permanente "adres" te kan he as die vrou nou nie meer lus is vir my of die karavaan nie - dan kan ons huis toe gaan om reg te maak vir die volgende hak.
Ek hou van HM se name van Permie, Longtimer en Tourer - klink vir my na raak beskrywings
Ons gaan uit huis trek en agter in ons twee slaapkamer woonstel intrek en huis uitverhuur so sal dit ons help met kostes terwyl ons lank kamp en om na plek terug te gang soos benodig
Haak daai wa kamp bly koning

Ons gaan uit huis trek en agter in ons twee slaapkamer woonstel intrek en huis uitverhuur so sal dit ons help met kostes terwyl ons lank kamp en om na plek terug te gang soos benodig

Ek dink daai is baie slim, so jy behou jou eiendom met huur inkomste wat tien teen een die kampkostes gaan dek. Geniet hom

Van Swaeltjies gepraat.
Ons het een jaar gedurende Swaeltjie seisoen by Tsipise aangedoen.
Die plek was tot oorlopens toe vol van Swaeltjies. Dit was omtrent 'n belewenis om deur daardie groot kampterrein te loop. Party staanplekke het tydelike omheinings om, en daar word fluks groentetuine aangelê
Aan huishoudelike geriewe is daar ook nie 'n tekort nie. Wasmasjiene, skottelgoed wassers, lugversorgers - jy noem dit en dit is daar.
Wat veral opgeval het was die aangename atmosfeer wat in die kamp heers. Ongelooflik dat jy deur so 'n groot kamp stap, en elke staanplek wat jou raaksien groet jou.
Daar is 'n yslike groot restaurant, en snaaks genoeg, ons was die enigstes daar vir aandete. Bygesê, dit was in die middel van die week, en daar het ook weing braaivleis vuurtjies gebrand - so asof die lewenswyse wat tuis van toepassing is saamgeneem word Tsipise toe.

Kanneman,
Dit was vir ons duidelik dat Swaeltjies nie in n kampluim is nie. Hulle "bly." Dis hulle huise, so in die kampterreine.
Gevolglik het ons, twee keer, toe ons nog eenmaal per jaar vakansie geneem en by Island Lake so tussen die Swaeltjies moes kampeer, nie baie daarvan gehou nie - omdat hulle nie soos ons in n kampluim was nie. Hulle roetine was ook huisroetine, hulle raas was geraas, en hulle wasmasjiene en draadlose was huisgeraas... en dit het ons vakansiemood gespoil.
Dis hoekom jy ook nie Swaeltjies in die restaurant of met n kampvuur gekry het nie. Eerstens dink ek dis omdat hulle al ouer is en nie eintlik saans eet nie, en tweedens omdat hulle goedkoper leef as die vakansieganger. Ons het byvoorbeeld elke aand groot kampvuur gemaak en of gebraai of pot gemaak en heerlik om die kampvuur gekuier - dis nou vroutjie en ek. En hulle had geen waardering daarvoor gehad nie. Ek dink ons kampvuur en braairook het hulle soms selfs eindeloos geririteer...
Maar andersins was hulle altyd aangename mense, en een of twee het saans oppad toilet toe by ons kampvuur gestop vir n geselsie...
Ons sal dus nie weer tussen Swaeltjies of langstaners kampeer nie.
Jy kry Swaeltjies, Langstaaners en Permies.
Ons persoonlik verkies Permie, maar lewe soos Swaeltjies.
As ons wil wegbreek is dit sonder die wa.
@ Fanie, kampeerders verskil ongeag Swaeltjie, Lank staan of Permie.
Ek "Byvoorbeeld" sal nie "Kak of Kerm" as jy vanaf vroeg oggend deurnag Partie langs my nie.
Jy het betaal vir jou tydperk en ons gun kampeerders daardie tydperk.
Baie kampeerders noem seker "Permies = Low Class".
(Ons glo nie aan tuin maak met groente en blommetjies nie.
Ons lewe soos normale naweek of vakansie kampeerders, slegs met groen gras om ons).
Jammer mense, julle maak à â fout???
Dit is die lewens styl wat ons gekies het en baie beny ons lewens styl.
Voorsorg is getref met ons besluit met à â bedrag "Back-up" om beton mure te bekom as ons nie meer kan of wil voortgaan nie.
Ek vertrou hierdie boodskap is genoeg inligting??
Gerden, tensy ek jou verkeerd verstaan hinder dit jou glad nie indien kampeerders, om jou woordeliks aan te haal - "as jy vanaf vroeg oggend deurnag Partie nie"
'n Beskaafde oord het 'n gedragskode of reels, en daar word dit duidelik gestel hoe laat stilte vereis word.
Ek weier om te kampeer waar mense deurnag party.
Ek is seker die meeste lede op hierdie forum steun so 'n siening.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.

Jy kry Swaeltjies, Langstaaners en Permies.
Ons persoonlik verkies Permie, maar lewe soos Swaeltjies.
As ons wil wegbreek is dit sonder die wa.
@ Fanie, kampeerders verskil ongeag Swaeltjie, Lank staan of Permie.
Ek "Byvoorbeeld" sal nie "Kak of Kerm" as jy vanaf vroeg oggend deurnag Partie langs my nie.
Jy het betaal vir jou tydperk en ons gun kampeerders daardie tydperk.
Baie kampeerders noem seker "Permies = Low Class".
(Ons glo nie aan tuin maak met groente en blommetjies nie.
Ons lewe soos normale naweek of vakansie kampeerders, slegs met groen gras om ons).
Jammer mense, julle maak Å„ fout???
Dit is die lewens styl wat ons gekies het en baie beny ons lewens styl.
Voorsorg is getref met ons besluit met Å„ bedrag "Back-up" om beton mure te bekom as ons nie meer kan of wil voortgaan nie.
Ek vertrou hierdie boodskap is genoeg inligting??

Daar is meer as genoeg om te doen as Permie om heeldag te sit en niks doen nie.
Elke dag is daar à â werkie:
- Wa word elke week gewas asook my voertuig.
- Onderhoud aan wa en voertuig soos normaal.
- Penne word uitgetrek, gewas en inspekteer asook toue ens...
My ideaal , sou ek eendag lank kampeer, is om erens te kampeer waar ek nie behoefte het om elders te kampeer om weg te breek nie. Sou ek genoeg gehad het van n plek, beweeg ek aan na ander oord met nuwe avonture, besienswaardighede en meer
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

My ideaal , sou ek eendag lank kampeer, is om erens te kampeer waar ek nie behoefte het om elders te kampeer om weg te breek nie. Sou ek genoeg gehad het van n plek, beweeg ek aan na ander oord met nuwe avonture, besienswaardighede en meer

Ons het dit gedoen, maar ongelukkig kom daar à â tyd as om te sê:
-Vestig jouself, maar beweeg nogsteeds aan op à â gemaklikke manier.
Onthou net, ons word ouer en nie jonger nie.
Dit is hoekom as ons wegbreek vir 2- weke tot à â maand, het ons à â jongeling wat omsien na my besittings asook bure.

HM, I was just wondering then what happened to the old description of: Swallows... Swaeltjies...

"Swaeltjies" is/was a club that had it's origin at Tsipise. When one joined you received a number that identified you. The number was usually displayed on the rear of your van. For example "Swaeltjie 50" would be my ID and every other "Swaeltjie" would know who I am.
I wonder if the club is still running?

Their facebook page https://www.facebook.com/groups/Swaeltjies