Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21906 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17689 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6140 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5226 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3215 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2566 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2148 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1990 |
Swanie | 1855 |
Nico | 1758 |
steamer | 1694 |
Hennie Botha | 1670 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1235 |
Louvan | 1228 |
RichardJ | 1131 |
Gerden | 1113 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 844 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 767 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 591 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 426 |
Harv | 424 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 415 |
1Pierre2 | 382 |
LEEN | 381 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Dieter | 265 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 195 |
BigG | 182 |
Trev1 | 181 |
KZN strande
Is dit nog steeds nie 'n goeie idee om enige van jou tone in die water in die see van KZN te sit nie. Ek dink om dalk in April suidkus toe te gaan, maar ek sal graag terugvoering van kampeerders oor"bly weg van ... " voor ek begin om na plekke te soek. Ek hoor stories dat dit net die reviermonde is wat probleme gee en dan weer stories van bly heeltemal weg.
Pieter ek staan in Ballito, in Dolphin Karavaanpark ek is al vir 2 weke hier, gaan nog vir 2 weke staan .See is visueel skoon ,eintlik baie skoon, en ons swem elke dag hier ,geen maag probleme gehad ,of enige probleme .Hier is n heelwat mense in die karavaanpark en hulle swem ook, het ook nog niks gehoor van enige probleme .So ja dit is wat ek jou kan sê.Dolphin is ook n baie nice karavaanpark is wel duur gemeet teenoor ander parke vir Pensionarisse, maar ek sal nerêns anders in Natal gaan staan ,as hier .
Soos ek onthou was die probleem van Durban of noord agv van die heersende seestroom wat noord teen die kus op beweeg. Ek kan nie onthou dat daar onlangs waarskuwings oor die Suidkus was nie. Maar moet nie my mening as evangelie aanvaar nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek volg verskeie kus groepe op facebook...lanklaas gelees van strande wat toe is. Durban is gewoonlik die een wat meeste affekteer word. Noord nie veel probleem nie, Umhlanga was omtrent n jaar terug toe, maar was dreine wat verstop was en oorgeloop het....is vinnig herstel. Nog nooit gehoor dat Ballito gesluit was nie...strome van Natalse kus loop suid, so Durban se riool sal nooit daar uit kom nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ek het gaan seker maak en Geert is reg oor die rigting van die Modambiek seestroom. Pieter beoog egter omaan die Suidkus te kamp en nie in Ballito nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie vir die terugvoering.
Ek gaan gewoontlik na die Kaapse kus, of Cintsa toe en staan nie normaalweg in KZN nie, omrede ek altyd Desember verlof geneem het, maar aangesien ek ook nou al n paar jaar "Retire" het, oorweeg ek ander opsies. Ek het ook 'n klein hondtjie wat saamgaan en nie al die plekke dink hy is oulik nie. Ek beplan ook om vir 'n maand of so te staan en ek dink aan Mac Nicol's Baxley Beach as 'n opsie. Enige voorstelle?
Dis n baie lekker goed bestuurde kamp maar ver van alles af. Die omgewing staan my nie aan nie. Ek sal nie lank daar wil staan nie maar almal voel waarskynlik nie noodwendig soos ek nie. Ek moet byvoeg ons staan nie lank nie so ek weet nie wat langstaners vereis nie.
Ek hou van TO Strand maar ek weet nie of hulle lankstaan toelaat nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Soos ek lees op Facebook wil dit voorkom of oormeerderheid Natalse suidkus oorde lankstaan aanbied....dink dis baie van hulle se oorlewing buite seisoen. So jy moet net n area kies waar jy wil wees en daarvolgens oord kies. Ek sou egter Uvongo uitskakel....hulle is meeste in die nuus oor besoedelde strand....riool wat met rivier instroom
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
En om n oord te vind wat die hondjie sal toelaat gaan n probleem wees. Ons was baie lief vir ons klein hondjies maar toe hulle eindelik aan hulle eindes gekom het, het ons besliit om nie ander te kry nie omdat hulle ons te veel aan bande gelê het.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Willie,
whatsapps vir my op 0813615033, ek wil graag met jou gesels oor Dolphin.
Pieter
Soos ek onthou was die probleem van Durban of noord agv van die heersende seestroom wat noord teen die kus op beweeg. Ek kan nie onthou dat daar onlangs waarskuwings oor die Suidkus was nie. Maar moet nie my mening as evangelie aanvaar nie.
Fred ek praat onder korreksie maar die See Strome in Natal loop van Noord na Suid. Dis die hoof rede waarom die water altyd swembaar warm is selfs in die winter maande.
Maar dit daargelaat. Feit is die mense besoedel die riviere, die riviere loop in die see in en ja die res is seker maar deel van die huidige staats bedeling se geskiedenis.
My voorstel is om maar baie versigtig te wees. Ek glo die bestuur van Dolphin Holiday Resort weet of the water gereeld in die omgewing getoets word en waar die uitslae daarvan te siene gekry kan word.
Jy moet in agneem dat die see water deel uitmaak van Dolphin se manier van "Inkomste". So hulle gaan hul self in die voet skiet as hulle die Slegte tyding van vuilwater moet versprei, mens moet maar gaan soek vir die verslae en informasie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek staan op die oomblik in Dolphin, Ballito .Is al hier vir 3 weke ,gaan nog n week staan ,ons swem feitlik elke dag in die see, en hier is baie ander mense wat ook swem, en ek ken mense in woonstelle hier wat ook swem, en ek het nog nie van een mens gehoor wat siek geword het, so ja ek dink op die oomblik, en vanaf 1 Febr is en was die water gladnie n probleem ."The proof of the pudding is in the eating "
Geniet dit. Ons het vir jare elke April maand daar gaan kamp. Puik oord.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !