Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21111 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17166 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5518 |
Bostoe | 5363 |
HM | 4790 |
BrianB | 4744 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2218 |
Lennie | 2153 |
Kanneman | 2100 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1833 |
Swanie | 1819 |
Froggy | 1708 |
Nico | 1658 |
steamer | 1658 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1611 |
Duncan | 1560 |
Neill and MArg | 1452 |
Mars Member | 1000 + |
Dansan | 1448 |
Butts | 1393 |
Louvan | 1113 |
George | 1042 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 973 |
Gerden | 898 |
Chris Centurion | 782 |
JohanMarais | 775 |
Titanium Member | 450 + |
Paddyandpaul | 679 |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Photoman Alex | 634 |
snys | 631 |
Benkie | 574 |
Douglas Green | 566 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 442 |
Errol | 440 |
Harv | 416 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 393 |
Elleebee | 388 |
Nabro | 366 |
Willie54 | 360 |
LEEN | 353 |
survivalist | 325 |
Kurper | 296 |
Oumens | 284 |






Kragdag 2015
Sien hulle hou weer ń Kragdag 26 tot 27 Junie naby Klein fontfontein
Camping is a collection of memories .... make each one count
Die kragdag gaan nie oor wie die sterkste of wie die grootste vragmotor kan rond sleep
Dit gaan oor waar ons so baie skryf alles hoe ons krag kan bespaar alle krag gadgets daar is ń paar mense wat met baie slim idees voorendag kom dis iets wat ek defnetief gaan by woon
Camping is a collection of memories .... make each one count
Chameleon. Klink interesant! Waar is Kleinfontein?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

As jy met die n4 ry die afdraai pad Rayton toe voor die toll hek draai jy regs oor die snelweg dan sit Klein fontein aan jou regter kant dis waar die wit afrikaaner ń bestaan proebeer voer ry vir by hulle dan sal jy die borde kry vir die Kragdag.
Kan hulle ook Google kragdag .com
Camping is a collection of memories .... make each one count
Baie intresant dankie sal dalk oog wys
"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"

Om eerlik te wees, ekt lekker worsbroodjies daar gaan eet, maar daar is basies paar sonpanele wat uitgestal word, paar windlaaiers, paar ouens wat LED ligte verkoop, een jaar het ek so vinnig na die selfverdedigsdemonstrasie gekyk... ja ok, die kragdag ding is goeie bewusmaking, maar ek kan ongelukkig nie weer gaan nie, ek dink ekbraai net so lekker by die huis.. ;)
My punt is, as jy energiedoeltreffend wil wees, gaan jy op een of ander manier iets inboet, of jou luukshede, of jou geld..
Dis vir my asof die expis en die skoue net jaarliks vir paar mense n oplewing in spandering veroorsaak?? Ek ondersteun enoge ou wat iets ordentlik en effektief bou, maar ai, die omie met sy hout windmeultjie en paar draadjies in n coil gespin?? Ai man.. dis vir my regtig te hartseer om na dit te kyk.. ek sal eerder die omie n werkie wou gee wat hy kan gebruik om iets werklik te bereik, maar jong, hardekwas en knorrig as jy hom wil help en iets leer, want hoe kan n laaitie hom nou iets leer?
Die probleem wat ek het is dat ek begin van die jaar baie geld gespandeer het om al my 50w downlighters....ek het baie...te vervang met 4w led's...alle ander ligte ook met led's....swembadpomp met 3 ure per dag te verminder. Met dit en al die beurtkrag het my maandelikse rekening nog nie gesak nie...dan wonder mens of dit al die moeite en geld werd was?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert
Eishkom, het al my ligte lank terug vervang met daai energy saver ligte en op die geyser en swembad timers op gesit (die swembad het een gehad maar was stukkend) en ja ons het ook geen besparing gesien nie ?
Oppad na die volgende kamp.

Geert, ek het ook al my down lights met die 4w LED down lights vervang, en is tans besig om ook al die "energy safers" ook te vervang. My swembad se pomp verminder na 1 uur per dag.(net in die winter) Die gieser het ek ook vervang met solar gieser, aanvanglik het my krag (in rande) verminder, maar met die stygings is dit nie meer so nie.
Ek het gaan kyk na solar elektrisiteit, maar dit sou my R85 000.00+ kos, op my ouderdom beten dit, ek gaan nie die vrugte daarvan pluk nie, maar my dogter wel.
Die geld in die bank se rente is vir my meer werd as die besparing op elektrisiteit. Nog 5 maande dan gaan ek finaal op pension, vir my het die solar dus te duur uit gewerk.
Miskien kan die slim elektrisiens my somme uitwerk, R85K nou teen plus minus 500.00 eenhede per maand net aan elektriesiteit. Ek betaal so rapsie oor R1.00 per eenheid. (R500 gee my 480 eenhede)
Die wat gaan en iets goeds raakloop. Plaas dit maar hier vir die wat nie kan gaan nie.

Dankie, sal dit n mis gee.
Al weer oppad iewers heen.

Dit bly altyd interresant om al die voor en nadele van alternatiewe krag teen mekaar op te weeg. In rand waarde is die redenasie wat my betref korrek dat ons ouer garde dit nie meer in ons leeftyd ekonomies kan doen nie. Al besliste voordeel sal wees dat as die netwerk totaal in duie stort sal jy jou gerief behou. Werk nou maar self jou somme uit en wat vir jou die belangrikste is.Ek het matriek nog met parafien lampe geskryf en het met n parafien yskas grootgeword....ek glo ek sal regkom,maar ek weet nie van die jonger garde nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
Neewat Piet, ek dink die ouer bene bewe deesdae vinniger in die koue... bom! Ok, net om die jonger gatde gou te verdedig, ons vry lekker in die donker, verwag n goeie bevolkingsontploffing in die nabye toekoms, hehe!
Dink nie dit gaan oor jonger of ouer nie.. meeste jong mense is oop vir alternatiewe idees, ouer mense bly meestal konserwatief.. ek dink jonger mense pas makliker aan op die stadium...
Pieter, jy is op din ys wat smelt, trek maar net jou been hare, ons ou toppies is BAIE taaier as julle
Darem nie bedoel om die jongeres aan te vat nie. Wou net se die oueres sal oorleef sonder elektrisiteit en dat op ons ouderdom ons nie meer ekonomies sal kan oorskakel na alternatiewe krag nie. Brommer jy gee my darem n idee om my warm te hou teen die koue........maar die ou tannie , ai man ek weetie!!!!!!!! maar n man kan try!!!!!!!
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
ek het ook by my n paar krag sny opsies uitgevoer vir my pa se woonstel n Gas Geayser en stoof in gesit, volgende plan is om ook my geyser en stoof met gas te vervang
"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"

Hehe, ek stem wel uit ekonomiese oogpunt dit net werk na 8 tot 10 jaar.. maar, ekt so bietjie veranderinge gedoen, nie net om my kragrekening af te kry nie, maar om dan dit wat nodig is om sonstelsel te gebruik, goedkoper te maak.. ek is nou op R400pm kragrekening, wat my sonstelsel huidiglik na R95k to bring, wat steeds baie is, maar beter as oorspronklike R150k.. daar is wel nog verbeteringe wat ek wel kan doen, maar alles kos maar geld, maar dit maak ook onderhoud in toekoms makliker en goedkoper... ekt tans al 6 x 250W panele gekoop, en het ook al 6 batterye vir noodkrag, maar sonpanele gaan eers weer werk sodra al ons dakke klaar is.. ek sal nog 4 sonpanele benodig, dan is ek van grid af 90% van die tyd
Ek is nie 'n groot kenner van die sonpaneel stelsel nie, maar wonder hoe ekonomies dit regtig op die ou einde gaan wees. Hoeveel jare gaan dit neem om die son paneel stelsel vergelykbaar met eskom elektrisiteits voorsiening te dek. As ons praat van R95K...is dit omtrent 14-15 jaar. Intussen glo ek dat die sonpaneel stelsel maintenance gaan kos....kan nie glo dat die stelsel ononderbroke sonder probleme vir so 'n lang tydperk sal werk nie. Dink maar net aan die batterye wat vervang moet word.....daai batterye kos der duisende rande. Deesdae se arbeid is ook nie goedkoop nie....sou jy kontrakteur moet kry om maintenace op stelsel te doen. Hoeveel kos versekering op die stelsel?
Dis hoe ek die storie sien....ek mag verkeerd wees
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Het jy verhogings in krag ook in ag geneem? Dit gaan nie vir my oor geld spaar nie, dit gaan oor ek het kragvoorsiening vir myself.. as dit gaan oor die uiterse minimum te kan gebruik, dan het ek n R30k stelsel ingesit..
Ek gebruik batterye met 12 tot 15 jaar diens verwagting.. as dit gaan oor geld spaar, dan sit jy net meer sonpanele op, met kleiner batterybank, dan spaar jy krag, maar ek soek staankrag in reen ook, ek sal net vasbrand met 5 dae reen, dan voeg stelsel outomaties eskom by om my te help...
As jy uit geldspaar oogpunt kyk, het jy basies net minimum battery nodig vir ligte, die res moet jy dan loop op sontyd, yskas, geyser, wasmasjien, skottelgoedwasser ens, dan gaan jy baie krag spaar en is betaaltyd binne 5 tot 7 jaar...
Vir my is R95k beter as R150k.. ek neem net versekering op panele uit wat aan weer en wind uitgelewer word, nie die hele stelsel nie..
Vir sommige is dit soos om n merc te koop, hoekom koop jy so duur voertuig en nie n klein goedkoop stadskarretjie nie? Alles kan nie net om ekonomies gaan nie, dit moet ook gaan oor betroubaarheid en gemak vir jouself..
My sonstel gaan reeds groter wees as wat ek benodig, maar ek begroot reeds vir addisionele kinders indien hulle kom, so 1 of 2 hopelik, en dan vir uitbreiding sou dit wees
Maontrnance sal basies batterye wees, maar inverters kan ook breek, laaiers ook, ag selfs sonpanele kan iets oorkom... baie manne koop 3.2d fords waar hulle met die 2.2 kon regkom... en wat nog van die wildtrak? Als gaan darem nie net oor die geld nie, vir die wat kan, mooi, die wat nie kan nie, vasbyt, hopelik is daar iets in die pyplyne wat gaan help, en die wat iets tussen in soek, daar is ook opsies, ek spaar en beplan al n rukkie aan die storie, en koop kort kort ietsie vir die stelsel by, dan voel jy nie die onmiddelike koste so kwaai nie
@ Geert, dis ook hoe ek uit gewerk het, maar my uitkyk is: Ek is verby sestig, so as die stel eendag vir my ekonomies gaan vrugte werp, is ek 80, dan worrie ek nie meer nie
As die goed 10 jaar vroeer beskikbaar was, was dit heel ander saak.
Daar is egter nou 'n nuwe stelsel wat glo die helfte gaan kos, en ook baie kleiner panele is, ek gaan dus maar wag en kyk.
@ Pieter, jy is nog baie jonk, as ek in jou skoene was, sou ek beslis voluit vir sonkrag gegaan het, jy gaan vorentoe die goeie vrugte pluk van wat jy nou saai. Jy los 'n kleiner karbon voetdruk as ek. Ek ondersteun jou 100%
Dus, as ek dink aan die rente verdien in goeie beleging, vs besparing op krag, is die sekuriteit in die bank, nou vir my 'n beter opsie. Ek hoop maar net dit byt my nie eendag in die haakskeen nie.