Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21198 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5604 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4785 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 918 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 579 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |





Krag trip by die DB (Earth Leakage) na loadshedding verby is en Eskom se krag is weer aan
Hierdie is nou nie die gepaste forum vir die onderwerp, maar julle raad word wardeer.
Hierdie is die enigste forum waaraan ek behoort.
Hierdie probleem is vantoepassing op my huis.
Ek wil ook net noem dat my kennis van elektrisiteit beperk is en ek verstaan nie all die 'high tech talk'
Net vinnige agtergrond van wat ek het:
Ek het 'n Solar stelsel 5 KVA Deye Hybrid Inverter en 14 kW battery, asook dan sonpanele. Die stelsel loop al sedert September 2021 sonder probleme.
Die probleem:
Wanneer loadshedding begin, skakel alles foutloos oor en ons werk af die stelsel.
Dan, sodra Eskom se krag terugkom as loadshedding verby is, dan trip my krag by die Earth Leakage.
Dit gebeur 'random' met enige loadshedding tyd. Dus dan ook in die aand wanneer daar min krag getrek word.
Wat het ek al probeer:
1. Ek het al alles by die DB gaan afsit en al die switches stadig terug gebring. Dit wil bleik of dit gewerk het. Die krag het toe nie getrip nie na loadshedding, maar toe trip die Earth Leakage daarna weer met die volgende loadshedding.
2. Ek het die inverter afgesit en weer aangesit. Dit het ook gewerk vir die eerste keer na ek dit gedoen het dat die krag na loadshedding nie getrip het nie. Maar die daarop volgende keer het dit maar weer getrip.
3. Ek het 'n woonstel agter in die erf waar my ma bly. Sy het Desember 2022, 'n klein inverter en battery gekoppel wat outomaties oorskakel oor en terug skakel wanneer daar loadshedding is. Ons het die stelsel ook al ontkoppel om te probeer vasstel of die probleem van daar is. My krag het toe nie getrip. Maar dit was ook van korte duur toe trip my krag weer terwyl haar stelsel ontkoppel was. Bygese vanaf sy die setup het het ek nie die probleem gehad dat my krag trip. Dit is die laaste 2 weke wat ek my probleem ervaar.
Al my eliminasies (fout soeke) het gewerk, maar wil voorkom dit maar net 'luck' was dat my krag nie getrip het nie.
4. Ek het al 'n setting op die inverter gaan tick 'Signal Island Mode' maar dit het ook nie gewerk. Dit gedoen soos per die maatskappy wat my setup kom installeer het.
5. Ek het al gaan Google, maar kry niks soortgelyk. Dalk weet ek nie waarvoor om te gaan soek.
Van wat ek gelees het stel hulle voor om die Earth Leakage met 'n nuwe ene te vervang. Ek verstaan nie die tegniese rede daar agter. As dit kan help doen ek dit!
Wat dink ek om volgende te doen:
1. Die Inverter en battery alles af te sit en weer aan te sit. Ek is wel nie seker watter volgorde om dit te doen.
2. 'n Elektrisian te kry om te kom toets wat hy kan.
3. Verander die Earth Leakage.
Enige raad of idees sal help asseblief. Ek is seker dit is iets klein wat moet verander op die inverter of iets wat vervang moet word, soos die earth leakage. Dankie byvoorbaat.
We create opportunities to go camping.
Dag Hennie.
My voorstel is ook om 'n elektrisien te kry om te toets. Na alles wat jy al probeer het, raai ek die skakelaar is besig om die gees te gee.
The Happy Campers.
Hi Hendrick and all
I have called the electrician whom I normally use.
He will swing by and have a look. I will keep you all updated on his finding and I trust solution to the problem.
He mentioned what it possibly can be, but first see what he finds.
We create opportunities to go camping.
Dankie hiervoor, ek het al geruime tyd n vermoede dat my earth leakage die probleem is.
You'll never never know if you never never go
Bietjie van jou onderwerp af, maar ek dink 'n mens moet probeer om enige apparaat of stelsel wat jy aanskaf, te probeer verstaan. Niemand word met kennis gebore nie- ons verwerf dit maar soos ons dit nodig kry, as ons bereid is om dit te doen. Telkens as ek iets nuuts aanskaf, lyk dit vir my baie verwarrend tot ek vasstel hoe dit werk. Soms is dit nodig om so iets uitmekaar te haal om te sien hoe dit werk. (sal nie vir almal aanbeveel nie), maar as jy dit eers vasgestel het, verdwyn die vrees daarvoor en jy gebruik dit korrek en met meer selfvertroue. Ek sê nie elke persoon moet 'n deskundige word nie, net maar dat hy/sy soveel kennis as moontlik moet inwin sodat hy/sy die ding waarmee gewerk word, soveel verstaan dat hy/sy sonder hulp dit reg kan gebruik. Hoeveel mense is daar wat waarskynlik geen idee het waarom 'n voertuig 'n ratkas het nie, veral as dit outomaties oorskakel, en daarom moontlik die ratkas uit onkunde beskadig. Of waaarom motors 'n koppelaar het en dat dit nie 'n plaasvervanger vir remme by 'n robot is nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Danie ek het min of meer n soortgelyke probleem gehad. Na baie toetse is die earth leakage vervang en alle probleme op n end. Sterkte.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
Die elektrisiën vermoed ook dit is die Earth Leakage. Ons sal die vervang en kyk wat gebeur dan. Ek wil glo dit gaan die probleem oplos. Alles het gewerk en skielik nie.
Hy noem wel ook van 'n Neutral Earth Bonding Relay wat by die DB boks van die Solar moet inkom. Dit sal stap 2 wees om by te sit.
We create opportunities to go camping.
Hi Danie
By my ook so 'n probleem gehad wat wys Unsafe op die Ecolec prepaid box - krag trip ook soms.
Solar man se dat die probleem van te veel Earth is wanneer die Eskom / Solar inskop - is gelink aan die OU model Ecolec prepaid meter.
Die probleem is nou die munisipaliteit om my OU ECOLEC met 'n nuwe een te vervang - ek is nou op 'n waglys geplaas.

Die elektrisiën vermoed ook dit is die Earth Leakage. Ons sal die vervang en kyk wat gebeur dan. Ek wil glo dit gaan die probleem oplos. Alles het gewerk en skielik nie.
Hy noem wel ook van 'n Neutral Earth Bonding Relay wat by die DB boks van die Solar moet inkom. Dit sal stap 2 wees om by te sit.

Naand Hennie.Deye en Sunsynk inverter is een en dieselfde inverter,en in die manual sê dit duidelik vir jou dat die bonding relay gewire moet word.
Wire dit eers in en kyk dan.Sonder hom het ons al gekry n voltage van 110v tussen aarde en neutraal,wat verkeerd is,en tydens oorskakeling trip jou aardlek.
Jou aarlek se sensitiwiteit kan daarmee wees en vroër trip,maar wire daai relay in.

Naand Hennie.Deye en Sunsynk inverter is een en dieselfde inverter,en in die manual sê dit duidelik vir jou dat die bonding relay gewire moet word.
Wire dit eers in en kyk dan.Sonder hom het ons al gekry n voltage van 110v tussen aarde en neutraal,wat verkeerd is,en tydens oorskakeling trip jou aardlek.
Jou aarlek se sensitiwiteit kan daarmee wees en vroër trip,maar wire daai relay in.

Dankie Riaan vir die terugvoer. Ek gee die boodskap so deur aan die elektrisiën.
Dit wat ek gelees het gee my goedsrus, dat die bonding relay die probleem sal oplos.
Ek verstaan net nie dat alles reg gewerk het en skielik is daar fout. Kan jy dalk verduidelik hoekom asb.?
We create opportunities to go camping.
Baie vreemd. Wie kan verklaar?
Gisteraand na die 20h00 se loadshedding het die earth leakage nie getrip, en na vanoggend se 02h00 loadshedding het die earth leakage nie getrip. Kom ons sien wat gebeur na 10h00 vanoggend.
We create opportunities to go camping.
Hennie ek nie na komentaar gelees nie ek glo jou earth leakage het opgepak myne selfde gedoen nou geen probleem sterkte
Haak daai wa kamp bly koning
Ons het die Earth Leakage vervang met 'n nuwe ene. Hy het weer getrip na loadshedding.
We create opportunities to go camping.

Ons het die Earth Leakage vervang met 'n nuwe ene. Hy het weer getrip na loadshedding.

Het julle die bonding relay in gewire.
Hi Riaan. Ons het nog nie die bonding relay gedoen. Die elketrisien sal eers volgende week daarby kan uitko,.
We create opportunities to go camping.
Eish sterkte
Haak daai wa kamp bly koning
Die soek gaan aan.
31 Jan:
Vervang Earth Leakage.
Na 1st loadshedding daarna = alles ok
1 Feb:
Deye update die firmware laat middag.
2 Feb:
na 10h30 loadshedding = alles ok,
na 16h30 loadshedding = trip Earth Leakage (EL)
na 00h30 loadshedding = trip EL
3 Feb:
na 8h30 loadshedding = alles ok
kom ons sien na 16h30 loadshedding wat gebeur.
Solar Advise by wie ek aangekoop het stuur 8 Feb om te kom ondersoek instel en hooplik te fix. Die Neutral earth bonding relay dan ook te doen. As ek sien na 'n vriend se stelsel soortgelyk aan myne lyk sy dinge anders as myne (ek wil glo syne is op standaard).
We create opportunities to go camping.
3 Februarie, vroeg middag skakel ek by die Solar DB die Eskom krag AF.
Sederdien na ek die Eskom krag afgesit het by die Soalr se DB het die Earth Leakage nog nie weer getrip na loadshedding verby was, nou dat ek 100% af die son en batterye werk.
Maar daar is nog steeds, die probleem dat die Earth Leakage gaan/kan trip na loadshedding.
Ek laat weet wat hulle Woensdag gedoen het.
We create opportunities to go camping.
Vroeër vanmiddag het hulle 'n Modular Contactor ingesit in die Inverter.
Die Contactor kombineer die Inverter se Neutral en Earth.
Na die ingesit is, het die krag nie getrip na loadshedding ook vroeër vanmiddag.
Op die Inverter moet die 'Island mode' aan wees.
Ek sal monitor en sien wat gebeur.
We create opportunities to go camping.

Vroeër vanmiddag het hulle 'n Modular Contactor ingesit in die Inverter.
Die Contactor kombineer die Inverter se Neutral en Earth.
Na die ingesit is, het die krag nie getrip na loadshedding ook vroeër vanmiddag.
Op die Inverter moet die 'Island mode' aan wees.
Ek sal monitor en sien wat gebeur.

Is dit iets buite die inverter of binne die boks.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Dit is binne die boks, gekoppel aan die adner elektriese punte.
We create opportunities to go camping.