Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5599 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Kos pryse - wie is te blameer vir die belaglike pryse?
Ons was nou net by Food Lovers.
R 40 per kilogram vir groenboontjies. Hoe kan ouers hulle kinders van voedsame kos voorsien teen sulke belaglike pryse?
Ja, beurtkrag kry die skuld, maar wanneer jy na betrokke maatskappy se jaarlikse winste kyk lyk dit nie of hulle diesel uitgawes hulle opbrengste enigsins gestrem het nie.
Is iemand nie miskien besig om die verbruiker 'n rat voor die oë te draai nie. Hierdie area se groente kom van die Kaapse Valkte, en meer spesifiek Phillipi af, wat 'n klipgooi van die varsprodukte mark af is. Ons betaal dan nou Gobabis of Kasane pryse vir plaaslike produkte. Ek wonder wie maak die meeste geld uit hierdie vars produkte.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Stem absoluut saam .... gister met 'n boer gepraat wat ons bestelling hoender braaipakke kom aflewer .... die middelman, met basies geen insette, is die een wat die meeste wins maak.
Ek het ook al lankal 'n inherente vete met die feit dat pryse "iewers" gekontrolleer word ....Vergelyk byvoorbeeld vleispryse: Van die Rand deur die Vrystaat tot in die Kaap dieselfde??
En dit, ongeag of die aankope by die slagter of die ketting winkels is?
Onmoontlik!
Manne....ek is in die kos industrie....spesifiek vars produkte...wat wil julle weet?
If its worth doing, its worth doing well.

Wat ons wil weet is .... hoekom die middelman so wen en al die boere so moet sukkel! Ek bly hier in die middel van die landbou deel van ons land. Ons praat met hulle en deel in hulle probleme - arbeid, sekuriteit, skuld en nou nog die water toewysing ... en die middelman stap met die winste weg?
Dit is nie n kort antwoord nie.... voor ek begin...die ding wat die mense altyd se die sogenaamde "middelman" maak die meeste geld is n lot strooi!!!!
Kom ons vat die spesifieke boontjies...dit gaan in Food Lovers SPESIFIEK oor vraag en aanbod...maw hulle wissel hulle pryse gewoonlik soos die markte gaan..vlg week of die week daarna betaal jy dalk weer R30 of R20 per kg....jy behoort nou baie min bv te betaal vir n slaai kop by hulle omdat daar blootweg baie is...so nou kry verbruiker voordeel...hy koop ook nie rerig meer nie..want hy eet net n aantal slaai...boer verloor want hy kry minder vir sy slaai per kop...alhoewel hy baie het..dis hoekom prys laag is..as prys hoog is..is daar gewoonlik n skaarste (tussen seisoene/streke of kwaliteits probleem)..dan kry boer weer meer vir sy produk maar hy het minder agv bogemoemde...die pryse word aangeskuif eindverbruiker toe....as jy dit nodig..sal jy dit koop..indien nie...gaan soek dit elders bv pnp of checkers of ww...hulle pryse is meer vas...(soms nie altyd nie).Waarheid is...niemand wen nie....julle sien hoe pryse en dink iemand boor ons...nie waar nie...daars n rede vir dit. Boer..middelman en eindverbruiker sit met HOE transport kostes..baie hoe krag kostes met Eskom en Loadshedding...boer sit met maandelikse wissel pryse op die brandstof...chemikalee word duur...kunsmis is dubbel die prys...arbeid betaal jy mimimum loon of jyt moeilikheid...ALMAL dra risiko...maar die boer verseker die meeste agv groei tydperk van produkte. Ander ding wat boontjies en bv fine beans BAIE duur maak...dis vreeslik arbeids intensief...want dit word meestal met die hand gepluk..net gevriesde groente se bone word meganies gestroop. Ek kan aangaan en aangaan...maar dis in kort hoekom.
If its worth doing, its worth doing well.

Soos Meyer sê, daar is nie 'n kort antwoord nie hoewel ek weet dat vir elke rand wat ons aan voedsel produseer, die boer maar 'n paar sent ontvang. Die res gaan na die agent, die verpakker, die groothandelaar, die kleinhandelaar en so meer. En dit is nie onregverdig nie. Ons kan tog nie elkeen na 'n boer se plaas ry om 'n hoendertjie of 'n sak meel of aartappels te koop nie, so ons behoeftes en ons samelewing het inderwaarheid al die middelmanne geskep en ons kan nie sonder hulle oor die weg kom nie. En hulle is nie welsynsorganisasies nie- hulle moet wins maak om te kan voortbestaan.
Maar iets wat ons ook gereeld buite rekening laat, is dat maatskappye daar is om winste te maak vir hulle aandeelhouers. En wie is die aandeelhouers? Ek en jy. As ons enigsins beleggings het in onder andere aandelefondse, het ons waarskynlik ook 'n belang in voedselmaatskappye en dan wil ons sien dat hulle goeie opbrengste op ons beleggings maak, En hoe maak hulle dit? Deur voedsel aan ons te verkoop teen meer as wat hulle daarvoor betaal. Moet ons nou gelukkig of ongelukkig wees- dis maar 'n moeilike een nê.
En ek sou nou lieg as ek sê ek skel nie op die winkel as hulle pryse styg nie, al weet ek ook hoe die vurk in die hef steek, dis maar bloot menslik om altyd de beste vir jouself te wil hê- dis die grondbeginsel van die ekonomie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dink ook nie middelman is sondebok nie. Daar is al hoeveel groepe gestig, veral op facebook wat sê "koop direk by die boer " Derduisende lede sluit aan met die hoop om vleis en ander produkte teen n groot afslagprys te kry. Meeste van daai groepe bestaan nie meer nie of is onaktief want daar is nie regtig winskope nie. Meeste van daai produkte wat jy "direk by die boer" koop was duurder as wat ek dit by Spar of Checkers kon kry. Om self aan publiek te wil verskaf verg n infrastruktuur en transport geriewe wat nie goedkoop is nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek behoort eintlik die yskas, let wel, nie koelkamer nie, maar iets baie, baie kouer se produkte te vermy. Ek loop gereeld patas, aartappels, advokados en nog 'n horde ander vars produkte op die genoemde handelaar se rakke raak, dan is die aanvoelbare temperatuur net 'n raps onder vriespunt . As jy dit op daaardie stadium koop en gou-gou in jou yskas kry hou dit nogal lank. Bereik daardie produkte egter kamer temperatuur in die winkel, en dit beland op die groenterak in jou kombuis, kan jy dit binne drie dae afskryf.
Nou waar kom die argument dan vandaan dat winkels hulle pryse aanpas na gelang van vraag en aanbod? Hulle koop as die aanvraag laag is en die pryse nog laer, stoor dit in hulle koelkamers, en wanneer die pryse hemel hoog is kom daardie produkte op die rak, yskoud en teen heersende pryse.
Ons moes al gereeld vars produkte wat lank al nie meer vars is nie weg gooi.
Ek verstaan aartappels word teen lae pryse gekoop, en kan vir tot ses maande teen 3 grade celcius geberg word. Nou wat van die vraag en aanbod prys aanpassing? Ek sê nie dit gebeur nie, maar dit lyk vir my of die waarheid in die meeste gevalle in koelkamers verberg word.
En vir sommige van die ouens wat in daardie omgewing hulle brood verdien, ons onthou ook dat onderdane die deunjie moet sing wat die ou wat die kitaar slaan voorskryf.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Sommige produkte kan nie baie koud bewaar word nie, want dan vries die selle en as dit ontdooi, is dit n pap gemors. Dis oa die geval met avos en piesangs. Ek twyfel ook of aartappels verkoel bewaar word. As jy dit doen, vind daar een of ander natuurlike proses plaas wat n deel van die stysel in suiker omsit. Dis dan blykbaar meer voedsaam maar die soet smaak is duidelik herkenbaar. Ons, of of eerder my vrou, doen dit soms maar ek hou nie van die smaak nie. Ons het ook nog nooit ek herhaal, nog nooit, sulke bewaarde aartappels gekoop nie want daar is net nie sulkes beskilbaar nie.
Ek beweer nie sommige voedsel word nie vir lang tye koud gestoor nie, dis seker waar.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die hoeveelheid boere wat nog verskaf maak seker ook n verskil aan prys.
Byvoorbeeld melk.....slegs 17% van boere wat melk in 1994 verskaf het in Gauteng doen dit vandag nog. Deesdae word alle tekorte aangery vanaf Natal, as mens kyk na vervoerkostes, maak dit groot impak. Treinvervoer is daarmee heen, so dis duur diesel trokke
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek is inderdaad jammer as ek op mense se tone getrap het. Die feit van die saak is dat hierdie winsgrense nie strooi is nie, maar nou ja ....
Ek vind dit egter interessant dat die boer se uitgawes hierbo uiteengesit word, maar dan nie die erkenning gee aan sy lae winsgrens nie?
Ek luister redelik gereeld na die markpryse op Landbou uitsendings, veral wat die vleispryse aanbetref.
Dan is ek ook bevriend met 'n maatskappy wat lewende hawe vervoer na die slagpale toe - en hoor watter pryse hier betaal word.
Ek het 'n buurman werksaam by 'n groot kettingwinkelgroep. Hy behartig die aankope (groente en vleis) en leer by hom die pryse wat hier beding word..
Sonder om verder die saak te ver te voer (ek wil graag vriende bly met julle!!) voel ek steeds dat die boer die agterste tuit suig.
Maar, nou ja, so het ons maar almal ons eie mening!!
Nico, moenie verskoning vra nie. Ons debatteer hier en elkeen is geregtig om sy mening te lig. As almal saamstem oor 'n onderwerp, is dit maar bra vervelig en loop dit gou dood. Soos ek vir Pieter hier leer ken het, is hy beslis nie gevoelig vir menings anders as syne nie en ek vermoed hy begin soms 'n draad juis om reaksie uit te lok.
Net nog iets van my kant af: Ek het reeds genoem dat boere maar 'n klein deel van die winkelprys vir hulle produkte ontvang. Dit is dus vir hulle 'n baie goeie bron van kontant om 'n stalletjie op hulle plaas te bedryf. Hulle pryse daar ding mee met winkelpryse wat beteken dis baie meer as wat hulle deur bemakingskanale ontvang. Ongelukkig is sommige boere nie heeltemal eerlik met sulke stalletjies nie. Ek het al die idee gekry dat die onbemarkbare uitskot so aangebied word teen pryse wat ook nie juis 'n winskopie is nie.
Ek het jare gelede begin kaas maak en het 'n ooreenkoms met 'n klein melkboer buite die dorp aangegaan om weekliks 'n hoeveelheid melk teen 'n billike prys by hom te kry. Hy het egter geleidelik sy pryse opgestoot tot dit uiteindelik, met by vervoerkoste, vir my meer as die winkelprys was. En dan was dit ook ongepasteuriseerde ongehomogeniseerde melk wat dus vir hom koste bespaar het. Dit was egter goed vir my kaasmakery, maar ietwat gulsig van die boer sou ek sê. Die einde het egter gekom toe ek eenmaal na sy melkstal toe moes ry omdat sy winkelstalletjie onbeman was. Toe sien ek toevallig hoe een van sy werkers sommer aan 'n pyp was seker met room verstop geraak het, met sy mond suig om die blokkasie te verwyder voor hy die pyp weer in die houer teruggeplaas het. Dit was die einde van my kaasmakery.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons koop gereeld by die plaaslike mark en daar is 'n gedurige wisseling van pryse. Nou is aartappels R100 per sakkie en 'n maand of twee later, R60. Dit is maar die gevolg van oor of onderpruduksie. Daar is seker kleiner volume produkte wat vir langer tydperke in koelkamers gestoor kan word, maar wat is daarmee verkeerd? Die "middelman" stoor dit vir ons sodat ons oor langer tydperke van die produk kan kry. Ons betaal wel 'n premie daarvoor wat geregverdig is want hy moet sy stoorkoste dek. Alles kan ook nie op die mark deur indiwidue gekoop word nie- dis onprakties om sê 'n krat groenbone te koop. Ons koop egter oa 'n krat avo's op 'n slag en hou meeste van hulle in die groentebak van die yskas. Ons verloor selde eniges. Verbruikers is ook maar kieskeurig. Jy sal nie sommer 'n tweedegraadproduk koop nie hoewel dit gewoonlik heelwat goedkoper is. 'n Ondergraad avo smaak netso lekker en is aansienlik goedkoper.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Vraag en aanbod?
?
Ek boer deeltyds. Eiers.
So as die vraag na eiers toeneem en ek het nie genoeg nie, moet ek die prys opsit om die vraag te verlaag?
Die prys moet afhang van produksie koste van die boer.
Kom ons se my hoenders produseer 50 rakkies eiers n dag, maar ek het aanvraag vir 60. Gaan ek nie my prys opvat om die vraag na eiers laag te kry nie.
Ek dink maar net als in die lewe gaan oor wins gejaag. Maak sin, maar ten koste van wat.
Die feit van die saak is dat kos NIE al fasset van die lewe is wat die lewe duur maak nie. Die mensdom kry swaar en vra die hele tyd hoër salarisse. Dit neem dan die wins weg van produsente, wat dan lei tot duurder produkte. Voeg daarby dat baie van die goed op ons rakke van oorsee af kom dan speel die teenwoordigheid van n Russiese skip in Simonstad n groot rol om ons Rand in sy @#%$& te stuur, en dan gaan pryse net een pad : OP.
Dan : Omdat derduisende mense MINDER koop word produkte wat op die rakke lê VROT. Eskom (Eks-dom) kry minder inkomste en sy prys gaan op om salarisse te betaal. Kyk net wat kos n motor-diens deesdae, seker omdat daar so baie mense is wat (soos ek) my motor na n goeie NIE-agent toe neem.
En dan is daar nog die kwessie van vraag en aanbod. Ek kan NIE glo wat betaal word vir huise in my buurt nie. Ek kan ook nie glo WAARIN (klein) Gautengers kom aftree in die Kaap vir die ongelooflike pryse wat hulle betaal nie.
Die spektrum van pryse wat hoër en hoër word is baie wyd. En dit gaan net moeiliker word. Net een oplossing : skaal af, woon kleiner, hou vas aan afbetaalde goed, al is dit oud, en kry n goeie finans-bestuurder-firma.
You'll never never know if you never never go
Peet, jy sit nie jou pryse op om die vraag te verlaag nie- jy maak gebruik van die tekort om 'n hoër prys te kan vra en jy hoop die aanbod bly lag sodat jy kan aanhou meer vra. Maar as daar groter winste is, tree meer eierboere tot die mark toe wat uiteindelik pryse laat daal omdat daar naderhands 'n ooraanbod is. Op die punt waar die hoeveelheid eiers wat boere wil aanbied, gelyk is aan die aantal eiers wat verbruikers wil hê, is die regte prys op daardie oomblik. Dit is die vraag en aanbod beginsel en dit berus op die strewe van almal, verbruikers en produsente, om die beste moontlike bedeling vir hulleself te bewerkstellig. Dit is die allerbasis van die ekonomie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Aanvraag teen oor beskikbaarheid speel groot rol
Haak daai wa kamp bly koning

Die feit van die saak is dat kos NIE al fasset van die lewe is wat die lewe duur maak nie. Die mensdom kry swaar en vra die hele tyd hoër salarisse. Dit neem dan die wins weg van produsente, wat dan lei tot duurder produkte. Voeg daarby dat baie van die goed op ons rakke van oorsee af kom dan speel die teenwoordigheid van n Russiese skip in Simonstad n groot rol om ons Rand in sy @#%$& te stuur, en dan gaan pryse net een pad : OP.
Dan : Omdat derduisende mense MINDER koop word produkte wat op die rakke lê VROT. Eskom (Eks-dom) kry minder inkomste en sy prys gaan op om salarisse te betaal. Kyk net wat kos n motor-diens deesdae, seker omdat daar so baie mense is wat (soos ek) my motor na n goeie NIE-agent toe neem.
En dan is daar nog die kwessie van vraag en aanbod. Ek kan NIE glo wat betaal word vir huise in my buurt nie. Ek kan ook nie glo WAARIN (klein) Gautengers kom aftree in die Kaap vir die ongelooflike pryse wat hulle betaal nie.
Die spektrum van pryse wat hoër en hoër word is baie wyd. En dit gaan net moeiliker word. Net een oplossing : skaal af, woon kleiner, hou vas aan afbetaalde goed, al is dit oud, en kry n goeie finans-bestuurder-firma.

My X-Trail, 2011 DCi met 248000km op die klok en volle diens rekord gesamentlik met ? 2001 Penta sal ek ry en sleep tot hulle wiele vierkantig is, dan sit ek weer nuwes op.
Ons woon klein en bekostigbaar op ? gaste plaas en ons voel geensins minderwaardig daaroor nie, dit is 120% idiaal vir ons wat afgetree is en ons voel veilig omrede altyd kampeerders teenwoordig is.
Ek neem bv. koue vleis wat onbetaalbaar is, veral kerrie Brawn wat voorheen die arm man se koue vleis was.
Hier op die plaas het jy baie tyd en probeer alles self maak.
Ek maak bv. 3kg Kerrie Brawn en my onkostes beloop R100 vir 3kg wat jy nooit sal kry by die slaghuis of ketting winkels nie.
In ? japtrap kan jy ? lekker dis of slaai voorberei teen minimale kostes.
Party mense hou nie van vark nie, dan word die resep verander na slegs hoender en bees vleis.
Ander koue vleise beoefen ek nog en kom al hoe beter.
Ek stem saam dat ouer mense maar moet afskaal wanneer die uitgawes knyp.
Hoe gemaak met mediese uitgawes? Dit is die ergste waarmee ouer mense se geldjies geroof word.
Dink net. Laas maand kos 'n twintig minute besoek aan 'n uroloog my tot op die sent wat my jaaarlikse salaris was toe ek begin werk het na drie jaar se studies. Over gesegd synde, meer as my eerste motor wat ek nuut gekoop het. En dan hanteer die dokter jou asof hy jou 'n groot guns bewys.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Jy is reg Gerrie. 'n Mens moet net vroegtydig besef jy moet afskaal. As jy probeer om 'n onbekostigbare leefwyse voort te sit tot die wolf voor die deur is, word jy gewoonlik gedwing om baie erger afskaal as wat nodig sou wees as jy betyds vrywillig stappe geneem het. Dit is moeilik om jou lewensstandaard te verlaag maar dit is sekerlik makliker om dit bepland te doen as om dit op jou afgedwing te ervaar. Maar dit klink nie of julle twee julle lewensstandaard verlaag het nie, eerder die teenoorgestelde. Julle s'n is eerder 'n nuwe beter lewe op 'n plaas maar sonder die bekommernisse en gevare wat met die eienaarskap van 'n plaaslewe gepaard gaan. Soms beny ek julle.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Ek stem saam dat ouer mense maar moet afskaal wanneer die uitgawes knyp.
Hoe gemaak met mediese uitgawes? Dit is die ergste waarmee ouer mense se geldjies geroof word.
Dink net. Laas maand kos 'n twintig minute besoek aan 'n uroloog my tot op die sent wat my jaaarlikse salaris was toe ek begin werk het na drie jaar se studies. Over gesegd synde, meer as my eerste motor wat ek nuut gekoop het. En dan hanteer die dokter jou asof hy jou 'n groot guns bewys.

Ons behoort aan Bonitas waarvoor ons 4x bene en arms betaal, maar kry nie juis die diens nie.
Met my insident wat gelei het tot doofheid agv medisie foutering, moes ons m##r baie k's inbetaal.
Ek verwys nie na lae k's nie, maar oor 100's en daarby het hulle voet gesleep en te lank geneem het vir goedkeuring wat veroorsaak het dat my wens na gehoor dmv inplanting te laat is agv van erge skade wat voorkom kon gewees het as die inplanting vroër so plaasvind.
November sal dit een jaar wees.