Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21114 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17169 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5523 |
Bostoe | 5363 |
HM | 4790 |
BrianB | 4745 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2220 |
Lennie | 2153 |
Kanneman | 2100 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1833 |
Swanie | 1819 |
Froggy | 1708 |
Nico | 1659 |
steamer | 1658 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1611 |
Duncan | 1560 |
Neill and MArg | 1452 |
Mars Member | 1000 + |
Dansan | 1448 |
Butts | 1393 |
Louvan | 1113 |
George | 1042 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 973 |
Gerden | 898 |
Chris Centurion | 783 |
JohanMarais | 775 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Photoman Alex | 634 |
snys | 631 |
Benkie | 574 |
Douglas Green | 566 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 442 |
Errol | 440 |
Harv | 416 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 393 |
Elleebee | 388 |
Nabro | 366 |
Willie54 | 361 |
LEEN | 353 |
survivalist | 325 |
Kurper | 296 |
Oumens | 294 |
RD | 273 |






Koppeling van rugsteun battery
Die Sprite Swift is toegerus met 'n Samson Led DB bord met geen 12v battery nie
220v vir yskas en ander en dan 12v vir ligte
Ek wil 'n 12v battery installeer vir rugsteun tydens beurtkrag
Ek is onseker hoe om die battery te koppel
Dit is die 12v van die DB bord en dan die battery wat my twee toevoere is
Sou ek gebruik kan maak van 'n "change over switch" of is daar 'n ander manier?
Die batterylaaier neem ek aan moet direk op die battery gekoppel word
Enige goeie raad? Fred met al jou raad wat jy gee neem ek aan jy het 'n baie goeie kennis hiervan
Die 12v gedeelte van die krag bron glo ek nie is genoegsaam om die battery te laai nie. Daai is nie 'n laai funksie nie dit verskaf net genoegsame krag vir die 12v ligte. Toets dit eers en bevestig dit wat ek se. Want die konstante toevoer is nie goed vir die battery nie. Die toevoer na die battery moet basies beheer word. As dit gewone 12V funksie is stel ek voor jy doen die volgende:
Ek stel voor jy installeer die battery maar maak gebruik van 'n "Smart charger" wat van die 220V gedeelte van die kragbron af die battery laai.
Plaas dan net 'n adisionele "twee rigting skakelaar" op die positiewe drade van die 12V battery en 12V kragbron af op 'n gemaklike plek wat jy kan oor skakel om die 12V krag na die oorspronklike 12V drade van die ligte in die wa te voor sien.
So het jy dan ligte in die wa van die battery af aan die eenkant van die skakelaar en 12v krag van die kragbron op die ander kant van die skakelaartjie.
Op dieselfde tyd sit jy die krag na die ander kant af en kan die battery bv nie krag in die verkeerde kant van die kragbron in stuur nie.
Dis regtig 'n klein ombouingtjie.
Laastens as jy die battery net vir die ligte gaan gebruik, verander die ligte na LED tipe en die battery kan dan net 'n simpel 12V 7 Amp/h hekmotor battery wees. Die battery kan ook 'n water pompie trek. Ek weet net nie hoe lank die krag so sal hou nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Willem, Leon se voorstel klink vir my ook goed, indien jou karavaan nie uit die fabriek gekom het sonder 'n battery nie. As jy hom dalk tweedehands gekoop het en daar was net nie 'n battery nie, dan glo ek die krageenheid sal instaat wees om die battery te laai want hy sou daarvoior ontwerp gewees het. Volg gerus Leon se raad oor die oorskakeling na LED ligte. Hulle is in alle opsigte beter as die buisligte indien die karavaan met hulle toegerus is. Laat weet hoe jy vorder.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As dit my was was sou ek 'n diep siklus battery installeer met 'n slim laaier en LED ligte direk van die battery af gekoppel. Ek sal terselfdertyd 'n sê maar 750 watt omsetter installeer wat die yskas en tv kan bedien wanneer die krag af is. Dit kan dan ook die yskas aan die gang hou terwyl jy ry.
Ek het myne seker so 15 jaar gelede so omskep. Die gogga het toe gebyt, en ek het op ge-eindig met 'n 12 volt yskas, twee batterye en 'n sonpanele byvoeging. Laasgenoemde was op die voertuig se dak geinstalleer wat krag voorsien het toe ons in Botswana was met 'n tent.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Baie dankie vir almal se raad. waardeer
Dit gee my 'n goeie idee wat die regte roete is om te volg
As jy Pieter (Kanneman) se raad volg oorweeg n lithium battery. Hulle is wel sowat driemaal n loodsuurbattery se prys maar het baie voordele. Hulle is baie ligter as die loodsuurbattery sowat 8kg vir n 100Ah teenoor 25 kg vir n 100Ah loodsuurbattery. In n karavaan maak dit n reuse verskil. Dan het hulle n baie langer leeftheid en jy kan hulle tot amper nil persent van hulle kapasiteit dreineer sonder skade. n "deep cycle" battery verloor vinnig kapasiteit as dit meer as 50% gedreineer word. Dit beteken jy kan dit oorweeg om een met die helfte van die loodsuurbattery se kapasiteit aan te skaf wat maar sowat dubbel die prys van die groter loodbattery is. En jy hoef nie brand te vrees nie. Dit was die Lithium ion battery wat omtrent heeltemal met die veilige lithium iron phosphate tipe ook genoem LifePro4 vervang is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie Fred. waardeer al jou raad
Gaan beslis kyk na Lithium
Fred, ek stem saam met jou. Dit hang egter af hoeveel jare se kampeer nog in jou lyf is. Ek dink nie ek het veel meer as 5 oor nie, dus, as ek nou batterye moet vervang koop ek Varta. My laaste Varta karavaan battery het 9 jaar gehou, en doen nou as afgetredene diens as die huis alarm se kragbron. Hy will nie bo 12.2 volt laai nie, en dit is voldoende.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
As die battery nie swaar is soos n 100ah lood een nie kan hy meerdere take verrig. Wat ek bedoel is my huidige lood battery se 25kg raak my bietjie baas. Ek sou kon doen met n ligte een. Ek gebruik dit vir bystand tydens tyddeel in Ptg en ry hom saam Stilbaai toe. Ek het dit ook al tydens uitkamp gebruik maar die gewig!!!!!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Kanneman jy het my baie laat dink oor die opmerking "dalk nog so 5 jaar se kamp oor"
Ek sien die houtkapper kap deesdae nie net in my bos nie, hy begin nou al in my ry kap
Dit gaan 'n hartseerdag wees as jy daai karavaan so kyk en sê "nou kan ek nie meer nie"
Ons moet maar elke kamp ten volle geniet
Dankie nogmaals vir al julle raad.
Sternberg, die Groot Houtkapper kap nou reg rondom my ook. Hierdie jaar is daar al vyf van die naaste bome aan my gekap - almal my portuur.
Dit laat my dink aan die dominee wat vir die kerkgangers gevra het of daar enige iemand in die kerk is wat eerlik kan sê daar is niemand wat hulle nie van hou nie, nie mee oor die weg kan kom nie en ook nie van jou hou nie. 'n Stokhoring ou tannie steek toe 'n bewende handjie op. Dominee sê toe dit is uitsonderlik, en sy moet asseblief vorentoe kom en vir die gemeente meer daarvan vertel. Sy sukkel toe met haar loopraam tot voor by die mikrofoon, en sê "al die verpeslike ou skinderbekke het al heengegaan".
Daar was 'n tyd toe 'n ou na kampeer toerusting en voertuig advertensies gekyk het met die wete dat jy vorentoe jou toerusting sal wil opdateer. Nou dink "n ou terug aan die goeie tye wat jy met jou ou goed gehad het.
Toe ek destyds 'n Land Rover Defender en 'n vier meter rubber boot gekoop het en my seun my vra of dit regtig nodig is, toe sê ek vir hom as ek eendag op die oue tehuis se stoep sit en die ander ouens spog met hulle beleggings dan sal ek kan terug dink aan die goeie tye wat ons met die goed gehad het. Toe hy die eerste keer 'n fiets van meer as honderd duisend rand koop vra ek vir hom of dit regtig nodig was - hy antwoord toe dat wanneer hy eendag op die ouetehuis se stoep sit............................"
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Willem, ek het ligte binne-in die karavaan aangebring, elkeen met sy eie battery-tjie, die tipe wat jy gebruik by jou huis se sekuriteit. Ek het LED-s aangebring bo die bed, by die eet-tafel en by die kombuis. Dit werk pragtig, ek het nog nooit n pap battery gehad op lang toere nie. Binne-in die kaste het ek somme "cheap" China-liggies vasgeplak.
You'll never never know if you never never go
