Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22084 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17816 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6275 |
Bostoe | 5480 |
BrianB | 5363 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2715 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2152 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1871 |
Nico | 1773 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1690 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1268 |
Gerden | 1260 |
Louvan | 1255 |
RichardJ | 1180 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 857 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Willie54 | 445 |
1Pierre2 | 435 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 367 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 187 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
mplester | 157 |





Kokoriba of is dit Kokoriba??
Na 'n kampplek soektog besluit Vroulief toe op Kokoriba Wildreservaat vir 'n 10 dae kamp.
Alles betaal, "Awol" gepak, gehak aan "Geit" en daar gaan ons.
Vra Joanie: "Jy ken die pad?"
Ek: "Ja, wat N1 dan na N4 Brits Beestekraal"
"Nee, jy bly op die N1" kom die antwoord.
Ek, nou verward (ek het tog na die Google kaarte gekyk) stop by 'n vulstasie op die N1 anderkant Kempton Park, slaan die GPS op die selfoon, en ja .... bly op die N1 (Joanie, soos altyd, altyd reg!)
Ek is steeds verbaas, kan nie glo dat ek so verkeerd kon kyk nie, maar ons ry volgens GPS, so alles reg. Die kilometers loop op, so, daar was seker 'n korter pad, maar wat, ons geniet die rit terdeë! Die oorspronklike vewysing, volgens my, was dat die afstand so 257 km sou wees, maar ..... die kilometers klim en klim maar nou ja, ons ry en ry.
Naderhand by Bela Bela verby, Nylstroom deur (bly om by Weesgerus verby te gaan - al ook daar gekamp) volgens selfoon regs by Vaalwater, en dan links op 'n grondpad. Stop by 'n Omie (Alan de Klerk) op 'n Polaris 4x4 quad, om te vra of ons op die regte pad is na Kokoriba (ons het toe al 392 km gery -kaart was seker baie verkeerd?
Alan sê ja, Kokoriba is so 400 meter verder, maar ........ is ons op pad na die regte Kokoriba, want ons is nou by Kokoroba Game Lodge, en daar is nie 'n karavaanpark nie. Ons moet seker Kokoriba Wildreservaat toe gaan ..... en die is 254 km weg van ons af (praat van verdwaal - as jy doen, dit met mening!!!!!)
Alan reken dit is te laat (dit was toe al 14:30) om nou om te draai, nee wat "slaap oor by my gaste huis - op die huis, geen betaling. God het dit so bestem dat julle hier moet oorbly en dan ry julle more"
WAT 'n PRAGTIGE plek .... aarde, en wat 'n voorreg om daar te kon oorslaap - beslis iets om te waardeer en te onthou vir nie-kampeerders! Alles is daar, selfs braaihout - (wat ek, doodmoeg gery, met graagte aangepak het) diere by die draad - kameelperde, Nyalas, waterbok, die lot - Absoluut pragtige plek
Volgende oggend daar weg en uiteindelik by die regte Kokoriba aangeland ...... verdere kommentaar omtrent hierdie pragtige plek volg!!
Weereens dankie aan Alan, Bianca en andere wat dié onverwagse besoek so 'n uiters aangename ondervindig gemaak het - praat van die geluk by die ongeluk!!
Bly om te hoor alles het reg uitgewerk.
Living the dream

Nico, hoekom het jy nie kontak gemaak nie??
Jou beste vanaf Suid na Kok's toe is eenvoudig.
Roete:
- Vanaf Suid ry N1 North.
- Na Stormvoêl afrit neem afrit Brits/Rustenburg.
- Gaan deur 2x Tolhekke en neem Brits afrit.
- Ry deur hoofstraat van Brits en volg Thabazimbi/Rustenburg.
- Jy kry dan na N paar km's: Drie Berge afdraai op links en dan Klein Paradys op regs.
- Verby Beestpoort so +/- 2km verder kry jy die ingang op regs na Kok's.
Volgens my het jy sekerlik 100km + verder gery.
Geniet dit daar en geniet N Coco-Pine Cocktail by die swembad kroeg.
Daars mos n grap....Ek het nie Google nodig nie, my vrou weet alles. Hierdie geval beide verkeerd....lol
Geniet Kokoriba....2km vanaf hulle is Bush n Buck....ook n heerlike oord
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Daars mos n grap....Ek het nie Google nodig nie, my vrou weet alles. Hierdie geval beide verkeerd....lol
Geniet Kokoriba....2km vanaf hulle is Bush n Buck....ook n heerlike oord

My vrou wys met vingers So en So omrede ek doof is, die tannie op GPS sê so?
Ek neem dan die foon en soos geleer in weermag volg ek dan die pad kaart op Google.
Maklik soos "Pieppie in die Bad".
Die probleem soms is die name wat naby of dieselfde is....en dan nog in dieselfde rigting.
Al paar keer op facebook gelees waar mense dink hulle het bespreking by Klein Paradys Brits gemaak....by aankoms kry hul teleurstelling dat hul bespreking by Klein Paradys in Nylstroom is. Dan kry mens nog karavaan parke in Natal, Vrystaat en Kaap wat ook die naam Klein Paradys dra.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Die probleem soms is die name wat naby of dieselfde is....en dan nog in dieselfde rigting.
Al paar keer op facebook gelees waar mense dink hulle het bespreking by Klein Paradys Brits gemaak....by aankoms kry hul teleurstelling dat hul bespreking by Klein Paradys in Nylstroom is. Dan kry mens nog karavaan parke in Natal, Vrystaat en Kaap wat ook die naam Klein Paradys dra.

Nou die dag plaas iemand foto's van hoe mooi dit is by Ruah. Ek dog toe om bespreking te maak want dit lyk lekker en mooi daar en boonop dit minder as n uur se ry vanaf my huis. Die foto's wat ek toe op website sien lyk verskillend. Toe kom ek agter dis n ander oord. Die plek is toe in die Kaap met die naam Ruah kamp....en die een naby ons is Ruah Park.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Hi Nico
Het julle Kokoriba ook so lekker gevind?
Kyk so klein fout met GPS is altyd moontlik.
Die eerste keer wat ons die Sensation in Kaap se rigting gesleep het, het ons so onderonsie gehad. Ons het Gariep oor af gery na Willows in PE. Daar gestaan vir 3 aande en toe die pad gevat Plet toe.
Maak nie brandstof vol in PE nie want daar behoort mos 'n Ultra City of Engen One Stop op die N2 tussen PE en Plett te wees. Brandstof raak laag en al wat kom is 'n vulstasie. Maklik. Vra GPS naaste vulstasie EN TOE EINDIG ONS IN DIE GRAMADOELAS waar ek amper 'n kilometer agter uit moes terug stoot net om uit die plek te kom.
Kyk Ek was baie trost op daai eerste Ford Ranger Wildtrak se brandstof verbruik. Ons het toe gery tot by die Total Vulstasie net na Storms Rivier. Het op brandstof dampe gery.
Maar ja ek glo nie sommer weer net 'n GPS nie,
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

GPS is probably quite correct however Google / Waze or which ever map app you use will have many of these similar names for places and so one always needs to be sure you have the correct placement on the map by zooming out until you can orientate yourself.
You also need to ensure you selected the various settings to suit your needs like avoid toll gates/gravel roads etc (toll gates don't bother me) even then with gravel roads I always go to street view to check. I usually check and plan my routes a day or two before checking distances between start and end points and if fuel stops are required check the garages on street view to ensure I can easily get in and out with my large rig.
Toe ons afry af Kaap toe....het ons geleer om sodra jy n ordentlike en veilige garage sien, stop en volmaak....al is hy nog oor half, jy weet nie wat vir jou wag voorentoe nie. Op die laaste gedeelte van N12 kan jy nie eers rustig stop in n dorp se garage nie....local bedelaars oorval jou. Selfs toe ons van Addo af terug ry Colesberg toe....gelukkig volgemaak by Addo want tussen dit is nie veel nice plekke om vol te maak nie.....selfs Cradock was vieslik en vol trokke
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Toe ons afry af Kaap toe....het ons geleer om sodra jy n ordentlike en veilige garage sien, stop en volmaak....al is hy nog oor half, jy weet nie wat vir jou wag voorentoe nie. Op die laaste gedeelte van N12 kan jy nie eers rustig stop in n dorp se garage nie....local bedelaars oorval jou. Selfs toe ons van Addo af terug ry Colesberg toe....gelukkig volgemaak by Addo want tussen dit is nie veel nice plekke om vol te maak nie.....selfs Cradock was vieslik en vol trokke

Dis soos jy sê Geert. Dit doen ek normaal weg......................... maar die was 'n hoof roete die N2. Daar moes seker iewers 'n vulstasie wees. Naaste een toe was Storms Rivier.
'n Les wat ek geleer het. Die N2 sal my nie weer so vang nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !


Toe ons afry af Kaap toe....het ons geleer om sodra jy n ordentlike en veilige garage sien, stop en volmaak....al is hy nog oor half, jy weet nie wat vir jou wag voorentoe nie. Op die laaste gedeelte van N12 kan jy nie eers rustig stop in n dorp se garage nie....local bedelaars oorval jou. Selfs toe ons van Addo af terug ry Colesberg toe....gelukkig volgemaak by Addo want tussen dit is nie veel nice plekke om vol te maak nie.....selfs Cradock was vieslik en vol trokke

Our return journey fuel stops were Plett, Addo, Cradock, Gariep and Kroonstad. Did not have any issues at Cradock - maybe we were just lucky there.
We filled up on Northern side of Cradock, from Mountain Zebra at Caltex, station was empty and service excellent and enthusiastic.
Living the dream

Kokoriba is pragtig en ons sal beslis weer hierheen kom ... op die regte pad in die vervolg :=)
Die staanplekke is wel net sand, maar aanvaarbaar weens die area waar die park geleë is, maar ....... die nommer stelsel is bitter moeilik en swak om te sien of te bepaal. Ons staanplek (#8) was langs # 59 geleë! Ons moes talle, talle ander kampeerders help of regwys waar staanplekke is. Die personeel het ook rondgehardlop om dieselfde takie te kon verrig!
Pragtige, redelike groot park (moeilik om te loop, so vroulief en ek het dit net een keer gedoen)_ en die wild was redelik skaars. Ek het egter heelwat kilometers in die park per fiets afgelê en steeds nie veel gesien nie.
Ablusies is goed, maar mag te min wees sou die park vol is. Vir die aantal kampeerders daar - moet erken die park was goed ondersteun deur die ouer garde! - was dit voldoende.
Die restaurant kort 'n spesiale opmerking - FANTASTIES! Ons het die pensionaris buffet ontbyt (teen R65,00 p.p.) uiters goed gevind, en selfs een aand die aandete (eisbein in my geval) uiters goed gevind.
Warm water swembad (onderdak), koue swembad, put-put, dammetjie vir visvang ens. baie oulik.
Beslis die plek om te besoek in die winter!!
Ai mense, ons het ook sulke dinge oor gekom en deesdae ry ons van hoofdorp tot hoofdorp en dan ry ons nie in by op moontlike plekke nie. Ons het eendag plaaslik gery en voor 'n huis beland waar die pad moes wees en ja ons het toe maar omgedraai en die pad gevat na 'n groot gelag. Nee ons het nie gesleep nie, die karavaan was by die huis.
Ja mense kan nie vervooruit op die GPS iets in sit en glo jy gaan dit kry nie.
Ja roete is beplan maar ons sit net hoofdorpe in op 'n slag en ja dit werk, my vrou (my navigator) doen die werk terwyl ek die bestuur werk doen en oe op die hou.
Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.

Izak, ja, Vroulief hier was ook die navigator totdat GPS sy verskyning gemaak het.
Redelik baie oorsese toere met AVIS huurmotors gedoen en Joanie was dan met die padkaart op die skoot toegerus.
Dis laaste paar kere het ek egter Garmin padkaarte vir die Europese lande gekoop en gelaai wat my dan (in Afrikaans nogal) mooi verduidelik het hoe om by die verskillende punte uit te kom ........ tot groot vermaak van passasiers (vriende) wat ons eens moes saam karwei.
