Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21199 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5604 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4786 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 921 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 580 |
Douglas Green | 566 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |

KNP Weer
In twee weke se tyd is ek by Krokodilbrug vir ‘n aand dan Onder Sabie vir ‘week en Satara Satara vir ‘n week. Ek sien die temperature daar bereik tot 40 grade. Eina! Blykbaar is dit nog baie droog. Hoop ons kry so bietjie reen...
Never too old to have a happy childhood
Dit het twee weke terug 40mm by Komatipoort gereën.
Krokedilbrug is 10km weg hulle het dit ook gekry.
As jy bang is vir die hitte sal ek in jou plek gaan.
Al weer oppad iewers heen.

Dankie Jin, maar ek sien uit daarna! Ten minste het bride Onder Sabie en Satara lekker swembaddens...ð
Never too old to have a happy childhood
Ons het 'n week gelede by Skukuza midweek gekamp. Ja, dit is baie droog en temperature het soms 40 grade bereik.
Plekke is die veld swak en die vlakke van die damme laag. Die Sand rivier staan. Die Sabie rivier loop darem nog.
Jy kan goeie wildbesigtings te wagte wees. Geniet!
The Happy Campers.

In twee weke se tyd is ek by Krokodilbrug vir ‘n aand dan Onder Sabie vir ‘week en Satara Satara vir ‘n week. Ek sien die temperature daar bereik tot 40 grade. Eina! Blykbaar is dit nog baie droog. Hoop ons kry so bietjie reen...

Ons was Sondag vir die dag in by Krokodilbrug en uit Malelane via Skukuza.
Daar is tekens van effense groenigheid by Krokodilbrug omgewing. Maar dis meer die onkruid. As dit nie opvolgreën hierdie week gaan kry nie, gaan dit doodbrand. Die temperature bou op weer na 40+ toe. Was Sondag 40°C by Laer Sabie, Skukuza en Malelane. So hele suidelike area.
Dis baie droog. Mens sien dit ook aan die troppe diere wat om water als opgevreet het en doodtrap. Daar is nie kos by die water nie en nie water by die kos in die veld nie. Rooibokkies begin ribbes wys.
Ons het bv 'n trop van ongeveer 600+ zebras by die Sabierivier gekry net na hulle klaar gedrink het. Eerste keer in 34 jaar wat ons gereëld in die wildtuin kom, dat ons so groot trop zebras bymekaar sien.
Ook die olifante breek erg aan bome. Iets wat hulle normaalweg in droogte doen. Dis egter nou baie meer wyd as enige vorige jaar.
Manne reken dis die ergste droogte in SA in 120 jaar!
Díe wie weet sê dis jaar 4 in 10 jaar droogte siklus.
Malelane kry sy water uit die Krokodilrivier. Ek het Sondagmiddag gestaan en kyk hoe loop die kolganse kniediep deur die diepste dele van die rivier, en dit is scary!
Dis droog, maar jy gaan baie diere by waterdrinkpunte sien. Sommer groot troppe! Hulle kloek saam vir veiligheid.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23

O ja, die krokodille in die Krokodilrivier lê nie meer onder die water met kop uit nie, die hele lyf wys bo die water hier in die rivier. Selfs die vis is min, dan lê daar 13 krokodille om 'n poel, nugter weet waarvan leef hulle met die min vis.

Het julle enige seekoeie gesien.
Dis ook n dier wat heeldag bedek word deur water wat al het hy n dik vel baie sensetief is vir die son.
Al weer oppad iewers heen.

Verder is paartyd amper verby.
En hou die vroulike dier terug tot na die reën voor sy kalf.
Al weer oppad iewers heen.

Ai, klink nie goed nie! Kry die diere jammer. Hoop maar vir bietjie reen.
Never too old to have a happy childhood
My Kinders is tans by Marloth Park. Die fotos wat hulle stuur kan mens sien die veld is baie droog en die diere kry swaar.
Hulle moan vreeslik oor die hitte daar. Temperature hoog in die dertig en begin 40 grade.
Hoop maar die liewe Heer sien die diere se nood raak. My dogter se hart raak baie seer as sy sien hoe sukkel die diere.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Het julle enige seekoeie gesien.
Dis ook n dier wat heeldag bedek word deur water wat al het hy n dik vel baie sensetief is vir die son.

Jin
Seekoeie bondel na dieper water.
Daar waar ek die krokodille en kolganse gesien het, by Malelane hek se brug, was daar nie seekoeie nie. Selfs in die tradisionele poel voor die klipbank waar hulle normaalweg voorkom, was daar geen koeie nie. Ons hoor ook nie tans die seekoeie hier regoor die dorp nie. Iets wat normaal is in normale jare.
Het wel seekoeie in die Sabierivier gesien, binne en buite die water in die 40° hitte. Die wat in vlakker water was se rûe het uitgesteek. Die in dieper poele was nog toe onder water. Maar nie al die seekoeie was toe onder water nie en nie almal het bo die water uitgesteek nie. Daar is egter minder wat nog diep genoeg poele (meestal by keerwalle) onder water kon staan.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23

Nou net terug van Kruger besoek: Tzendze (38 grade), Satara (37 grade), Skukuza (45 grade). Drie dae by elke kamp. Die hitte was skrikwekkend! Het bietjie gereen by Tzendze en toe weer by Skukuza en Onder Sabie. Baie fyn, sagte reen wat glad nie die hitte gebreek het nie. Daar is baie meer nodig. Baie diere gesien, beide noord en suid in die park. Eerste besoek in Oktober, sal dit nooit weer doen nie.

Kinders is terug van hul kuiertjie by Marloth park. Hulle het vrek warm gekry daar. Het ook baie diere gesien en ook gepraat van die fyn reëntjie.
Hulle het darem die Aircons in die huis gehad vir 'n laafenisie. Ook genoem dat dit baie droog is. Hoop maar van die beste vir die kommende reen seisoen.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek sien n persoon op fb wat vandag die lug temperatuur by Phalaborwa gemeet het....amper 53*
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek sien n persoon op fb wat vandag die lug temperatuur by Phalaborwa gemeet het....amper 53*

Kyk daar kan dit warm word. Het baadjie gedra as dit onder 30 is.
Dis hoekom ek vandag nog hitte kan hanteer en nie nie koue nie.
Al weer oppad iewers heen.

Volgens weerberig is daar Donderdag tot 100% kans op reën by Skukuza. Dit sal fantasties wees.....

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

In twee weke se tyd is ek by Krokodilbrug vir ‘n aand dan Onder Sabie vir ‘week en Satara Satara vir ‘n week. Ek sien die temperature daar bereik tot 40 grade. Eina! Blykbaar is dit nog baie droog. Hoop ons kry so bietjie reen...

Volgens weerberig is daar Donderdag tot 100% kans op reën by Skukuza. Dit sal fantasties wees.....

So jy kan lekker weer dalk verwag.
Geniet dit.
Al weer oppad iewers heen.

Oor die jare heen het ek verskeie droogtes in die Kruger Wildtuin gesien wat maar die natuur se manier is om alles in balans te hou. Maar elke keer het die natuur weer herstel, selfs na erge storms en vloede wat gewoonlik in Januarie/Februarie voorkom.
Ek is vol vertroue dat die huidige droogte weer omskep sal word in 'n natuur-paradys wat ons hopelik in Meimaand met ons maandlange besoek gaan ervaar.

Ai ek bid maar elke aand vir die droogte in ons land. Hoop die liewe Vader sal sy reen gee en alles weer in hul pragtige glorie laat pryk.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Het netnou met my Nig in Komatipoort gepraat.
Dis lekker warm daar.
Op noorde in die wildtuin nog warmer.
Al weer oppad iewers heen.

Volgens weerberig is daar Donderdag tot 100% kans op reën by Skukuza. Dit sal fantasties wees.....

Wonder of dit toe gerealiseer het? Weet iemand miskien?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ