Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21834 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17660 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6078 |
Bostoe | 5440 |
BrianB | 5156 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3210 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2502 |
Lennie | 2193 |
Kanneman | 2141 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1978 |
Swanie | 1854 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1747 |
steamer | 1690 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1664 |
Dansan | 1528 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1211 |
Louvan | 1197 |
RichardJ | 1111 |
Gerden | 1093 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 838 |
JohanMarais | 819 |
Fanie | 750 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 661 |
snys | 631 |
Benkie | 588 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Harv | 424 |
Willie54 | 422 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 408 |
LEEN | 379 |
Kamp is Koning | 371 |
1Pierre2 | 355 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Dieter | 265 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Fienie | 230 |
Joos Pretorius | 195 |
KNP 2024
Noudat besprekings oopgemaak het vir Junie Julie....Wie het al vasgemaak in KNP vir 2024?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ons gaan volgende jaar Julie net 3 kampe besoek...gaan begin by Lower Sabie, dan Satara, dan Berg en Dal.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ek is tydens Mei 2024 vir 20 aande (vanaf 12 Mei) in Onder-Sabie bespreek.
In die verlede het ons verskeie kampe vir gemiddeld 7 nagte per kamp oor 'n maand (+) bespreek. Ek raak egter nou luigat vir op- en afslaan.
Omdat ons relatief naby aan KNP woon bespreek ek nie plek lank vooruit nie. Sover was ons gelukkig om op kort kennis plek te kry vir die "midweek" dae by meeste kampe.
Andersins gaan ons gereeld in op 'n dag rit. Gaan volgende jaar my dagritte so beplan dat ek lede kan ontmoet waar hulle kamp. Ek hou die draad dop.
The Happy Campers.
Ons is by Onder-Sabie bespreek vir die hele maand van Mei, sien baie uit...Was seker 13 jaar laas in die park.
A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
Ek kon 9 nagte kamp plek kry net by Berg en Dal vanaf 27 Junie. Wou graag Satara ,Skukuza en dan Berg en Dal, maar kon nie plek kry.
Ons is by Onder-Sabie bespreek vir die hele maand van Mei, sien baie uit...Was seker 13 jaar laas in die park.
Dan kamp ons mekaar waarskynlik raak in Onder-Sabie. Ons is daar bespreek vanaf 12 Mei tot 1 Junie.

Ons kamp gewoonlik Satara en suid en geniet Lower Sabie se mooi afgekordonde klein staanplekke die meeste. Afgelope besoek weer ervaar hoe mense hulself met groot groepe inwurm op een staanplek by ander kampe
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Dan kamp ons mekaar waarskynlik raak in Onder-Sabie. Ons is daar bespreek vanaf 12 Mei tot 1 Junie.
Sal jou graag wou ontmoet Chris, sal kontak maak wanneer ons daar is!
A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
Epos vanaf Flysafair
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Sal jou graag wou ontmoet Chris, sal kontak maak wanneer ons daar is!
My situasie het intussen baie verander. My dogter-hulle (woonagtig in Roemenië) kom saam met Noorweegse vriende SA toe en vlieg met hulle aankom op 21 Maart direk Skukuza toe. Hulle is 9-stuks en huur 'n minibus. Laasgenoemde kan egter nie hulle bagasie akkommodeer nie.
Ons vertrek nou op 15 Maart vanuit die Boland en ontmoet hulle op Skukuza lughawe om as karweier van hul bagasie op te tree. Ons is eers op 19 & 20 Maart op ons eie in Berg-&-Dal en dan saam met hulle vir 3 aande elk in Skukuza en Satara voor 'n laaste aand in Onder-Sabie.
Hulle vlieg dan op 28 Maart direk vanaf Skukuza na Kaapstad (Airlink) terwyl ons 'n laaste aand in Malelane-kamp oorbly voordat ons terugry huistoe.
Gevolglik is my oorspronklike 3 weke in Onder-Sabie daarmee heen. Ons bly gedurende Maart in vaste akkommodasie in die wildtuin - wat aansienlik duurder is - en hierdie ouballie kan nie nóg 'n keer wildtuin toe bekostig nie.
Hi Chris ons is nog hier op Berg-en-dal tot 21 Maart so soek ons graag op, hier in die ver hoek.
Living the dream
Hi Richard - is jy tans in Berg-&-Dal of gaan julle daardie tyd daar wees?
Chris ons is nou hier. Kamp 8 weke hier.
Living the dream
Jissie - dit klink lekker. Geniet dit!
Ons het mekaar laas by die Engen/Wimpy buite Mosselbaai gesien - ook al 'n paar jaar gelede. Ek dink jy't van Nature's Valley af gekom en was op pad Bontebokpark toe???

Dis reg ja, mid Nov 22 ....
Vandag ons 2de BIG 5 dag gehad. 'n leeu se stert tel mos ....
Living the dream
Lucky you!
Seker nou lekker stil en rustig daar?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Lucky you!
Seker nou lekker stil en rustig daar?
Die draad is vol maar baie plek binne oop.
Die paaie ,S25 na Croc bridge was redelik besig. (Al die grond paaie is in baie slegte kondisie, erger as Jo'burg se paaie).
Living the dream
Seker maar om die Johannesburgers te laat voel hulle is "in die bos". Gautengers gaan mos maar na die suidelike deel van die wildtuin. Ek dink die pad tussen Skukuza en Pretoriuskop se naam is juis Eloff Straat! (sommer net laf, moenie aanstoot neem nie)
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Seker maar om die Johannesburgers te laat voel hulle is "in die bos". Gautengers gaan mos maar na die suidelike deel van die wildtuin. Ek dink die pad tussen Skukuza en Pretoriuskop se naam is juis Eloff Straat! (sommer net laf, moenie aanstoot neem nie)
Ek is baie gek oor daardie "Eloffstraat" - veral daar by Vervoerdam (Transport Dam) en een van my gunsteling uitklimplekke in die wildtuin, nou bekend as Mathekenyane maar vroeër algemeen genoem Granokop.