Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21975 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17715 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6174 |
Bostoe | 5456 |
BrianB | 5260 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3220 |
mulderpm | 2603 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1996 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1762 |
steamer | 1698 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1454 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1242 |
Louvan | 1237 |
RichardJ | 1135 |
Gerden | 1135 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 847 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 771 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 432 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 393 |
LEEN | 382 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 183 |
BigG | 182 |





Knott-Trekstang
Manne, goeie dag aan jul almal.
Op die knott trekstang is daar 'n "indicator", met drie kondisies, ....
'N rooi negatief
N' groen
N' rooi positief
Kan jul my asseblief verduidelik waarvoor daar drie kondisies is, en nie net twee nie?
N' persoon se^ vir my dit is bloot 'n aanduiding dat die knop gehaak is, maar het die indikasie nie ook betrekking met/op die gewig nie?
Groot waardering vir hulp/invormasie.
One is never too old too learn

Hier is die stang. Daardie pers met die plus is eintlik groen op my stang.

One is never too old too learn

Ek bespiegel maar. As die koppeling in ander lande gebruik word sal dit verseker 'n implikasie hê.
In ander lande kry jy verskillende grootes sleep hake (ronde balle). Die stang op die wa is ontwerp vir 'n seker groote sleep bal.
Sou die sleep voertuig (in 'n ander land) 'n kleiner ball op het sal die aanduiding dan gaan tot in die rooi. Moontlikheid bestaan dan seker dat die wa kan los kom tydens die sleep en is die dan 'n waarskuwing.
Ek weet van die verskillende grootes sleep balle want ek het die in Europa gesien en in UAE asook Oman en Saudi.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek glo darem nie 'n towbar(Ball) sal so slyt hier in SA dat die tweede rooi dan 'n waarskuwing kan wees nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Baie dankie manne, vir jul insette....ek waardeer werklik.
One is never too old too learn

Manne, daars 'n aanduiding van 100kg op die neusplaatjie.
Is dit die maksimum gewig op die neus, toelaatbaar?
One is never too old too learn

Waarskynlik ja. Maar daar is ook n maksimum wat jou sleepvoertuig op sy haak veilig kan hanteer. Ek meen jou bakkie sal waarskynlik aansienlik meer as 100kg kan hanteer so die beperking is die vermoë van die karavaan se disselboom wat 100kg is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Waarskynlik ja. Maar daar is ook n maksimum wat jou sleepvoertuig op sy haak veilig kan hanteer. Ek meen jou bakkie sal waarskynlik aansienlik meer as 100kg kan hanteer so die beperking is die vermoë van die karavaan se disselboom wat 100kg is.

Dankie, Fred....
Ek is besig om die extra battery na heel agter in die karavaan te skuif(verleng elektriese kabel).
Die battery word dan geskuif wanneer ons na 'n volgende bestemming vertrek.
Ook gaan ons vanmore die 2x diesel houers agter op wa , vol maak.
Sal dan weer weeg wat gewig op voertuigknop is.
Hoop ons kry dit af na 100kg.
🙂
One is never too old too learn

Om gewig agter in karavaan te plaas kan die stabiliteit van die wa negatief beïnvloed en hom laat swaai so wees versigtig daarmee. Die aspek is al op hierdie Forum bespreek maar en kan jou nie daarna verwys nie. Miskien is daar lede wat kan.
Ek sou sê probeer eerder swaar artikels na die sleepvoertuig verskuif en indien dit nie prakties is nie probeer dit naastenby bo die karavaan se as dra. Oorweeg ook maar die dravermoë van die wa, jy wil nie die wa struktureel beskadig deur oorlading nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek stem saam met Fred se terugvoer hierbo, dit is nie ‘n goeie idee om gewig na die agterkant van die karavaan te skuif nie, dit gaan die stabiliteit negatief beïnvloed.
Kyk ook gerus na hierdie videos:
Dankie Johan dis baie insiggewend. Terloops die advertensie oor gratis kragopwekking in die tweede vidio is blote bullshit. Ek het n paar dee gelede toevallig daarop afgekom. Na die kêrel jou lank verveel het met herhaling blyk dit hy wil net probeer om n boek met die "geheim" aan jou te verkoop. Daar is eenvoudig nie n manier om dit te doen nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Manne, ek toe gister 15meter kabel gekoop en gaan nou die dem battery op/oor die wiele van die bakkie monteer.
Klaar die kabel met sy quick connectors in bakkie gemonteer.
Dis nou net 'n kwessie van die lang kabel aan die kontroleerder te koppel binne in neus van karavaan.
Ek gebruik dieselfde quick-connectors as wat vir die sonpanele gebruik word.
Bietjie bekommerd oor die addisionele weerstand(in ohms), wat bygedra word tot interne battery weerstand, maar gaan hom toets en sal terugvoer gee.
Dankie weereens vir jul bydrae, manne.
One is never too old too learn

Ongelukkig het ons koppeling vir die karavaan net 8 punte. In Europa gebruik hulle n 13 punt prop wat dus genoeg punte het vir sulke ekstra drade. Dit is by Takealot beskikbaar indien jy dalk belangstel. My Peugeot en vorige Kuga het sulke koppelstukke en n 'adaptor' wat dit aanpas vir ons 8 punt prop.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Ongelukkig het ons koppeling vir die karavaan net 8 punte. In Europa gebruik hulle n 13 punt prop wat dus genoeg punte het vir sulke ekstra drade. Dit is by Takealot beskikbaar indien jy dalk belangstel. My Peugeot en vorige Kuga het sulke koppelstukke en n 'adaptor' wat dit aanpas vir ons 8 punt prop.

Fred, ek dink ek gaan by kabel bly, .......
Ek 2.5mm gekoop, juis om ekstra ampere te kan hanteer.
Ook, hoe dukker die kabel, hoe minder weerstand(ohms).
Sal more sien hoe dinge uitwerk.
One is never too old too learn

Hy werk goed, Fred !
Die bietjie xtra moeite om kabel te koppel, wanneer ons verskuif, is gladnie 'n probleem nie.
Nou kan ons ook die voertuig parkeer op skaduryke area as son 'n probleem is.
One is never too old too learn

Geniet julle toer Bob.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
