Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21743 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17544 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5974 |
Bostoe | 5431 |
BrianB | 5076 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3206 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2420 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1950 |
Swanie | 1850 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1729 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1661 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1444 |
George | 1197 |
Louvan | 1180 |
RichardJ | 1092 |
Gerden | 1055 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 827 |
JohanMarais | 811 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 658 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 417 |
Andre Smit | 415 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 373 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
1Pierre2 | 327 |
RD | 319 |
Izak | 307 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Kgalagadi
Ons wonderlike 9 dae in die Kgalagadi kom vandag tot n einde. Ons was in Nossop en Twee Rivieren. Ons het pragtige diere gesien, maar die lekker aande om die vuurtjie was net so fantasties. Ons toertjie het begin deur n paar aande by Leentjiesklip te kamp. Ongelukkig was daar n insident wat nooit opgelos sal word as die kamp nie omhein word nie. Dit opsigself is n onbegonne taak. Die blomme was egter pragtig. Op ons terugtog gaan ons by Ou Skool op Keimoes en Kammieskroon oornag. Groete. Maurits
Ry veilig en geniet dit. Ek hoor daar is nogsteeds baie blomme.
Living the dream
Maurits - nou't jy my nuuskierig oor Leentjiesklip.
Het jy met jou wa tot Nossob gery of die wa by Twee Rivieren gelos?
Hoe't julle die paaie in Kgalagadi gevind.
George het ook laasweek deurgeloop met diefstal by Leentjiesklip
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Chris, ons het ons karavaan vir 2 nagte by Twee Rivieren gelos. Die huisie het ons toe R 1300 per nag gekos. Dit was regtig die moeite werd, want toe kon ons rustig bo rond ry. Ek kan net noem dat die huisie alles in het soos skoon beddegoed, handdoeke en eetgerei. Maurits
Chris, ons was verlede jaar Mei in die Kgalagadi en by Twee Rivieren gestaan. Ander kampers het soos Maurits hul waens in TR gelos en in chalets in Nossob gaan bly. In Nossob self was daar padkaravane. Daai kampers vertel hul blaas bande af en ry stadig. Die paaie word gereeld geskraap; dit is ook meestal sandpaaie.
Groete
Met my ervaring van paaie in die park sal ek dit nooit oorweeg om met my ou padkaravaantjie verder as Twee Rivieren te ry nie.
Ek het ook by geleentheid padkaravane in Nossob gesien en dan gewonder hoe de heng kan jy jou karavaan só straf. Ons het eenkeer teruggekeer van Nossob af en stilgehou by 'n "sighting" toe een van daardie groot Ford-bakkies met 'n padkaravaan agteraan verby ons gejaag kom teen 'n hengse spoed. Ek het aangeneem dat hy sy karavaan eerder oor die sinkplaat laat "glide". Malligheid - as jy my sê.
Daarom wat ek vir Maurits gevra het of hy sy wa in TR gelos het, want ek weet hy sleep ook 'n padwa.
Ons het so 20 jaar gelede ons Sprite Supersport met 'n Kombi tot by Nossob gesleep. Toe was die laaste 60 km tot by die Tweerivieren hek nog ongeteer en vieslik sinkplaat wat effense skade aan die karavaan veroorsaak het. Binne die kamp was die paaie nie so erg nie en behalwe dat ons naby Nossob, by die afdraai na Marie se gat teen 'n opdraende in die sand vasgeval het, het ons maklik gesleep. Maar dit was met 'n 1984 karavaan. Ek glo nie vandag se pieperige karavane behoort dit te waag nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven