Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21772 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17580 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5995 |
Bostoe | 5434 |
BrianB | 5101 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3207 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2452 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1965 |
Swanie | 1850 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1734 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1661 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1448 |
George | 1203 |
Louvan | 1192 |
RichardJ | 1105 |
Gerden | 1068 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 831 |
JohanMarais | 813 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 661 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 419 |
Andre Smit | 415 |
Rare Breed | 404 |
Nabro | 380 |
LEEN | 375 |
survivalist | 351 |
Herman | 336 |
1Pierre2 | 333 |
RD | 319 |
Izak | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Dieter | 265 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
REAList | 230 |
Kerrie kaapse krokidil braai
As jy hierdie krokidil gevang het en jy hanteer hom verkeerd gaan hy jou seer byt
maak eers die marinade
olie vir braai
4 eetlepels appelkoos konfyt
3 eetlepels appelkoos konfyt blatjang
1 ui fyn gekap
knoffel na smaak
2 eetlepels matige kerriepoeier
kwart koppie gesmelte margarine of botter
3 eetlepels suurlemoen sap
braai die ui en knoffel in n pan in die olie tot sag
gooi nou die kerriepoeier by en braai vir nog n minuut of twee
gooi nou die res van die bestanddele by die ui mengsel en kook goed deur
haal af en berei nou die krokidil
vlek die krokidil oop op n rooster
sit n bietjie sout en peper op
knyp die rooster toe en smeer die marinade oor die krokidil en sit op rooster velkant onder en begin braai
draai om en smeer nog marinade op en braai verder
moenie die krokidil oor gaar braai nie moet nog sag en sappig wees met die lekker marinade op
wanneer gaar haal af en geniaardie krokidil
wat is n krokidil een heel gevlekte snoek
Jou resep klink bo-baas!! Dankie.
Ons het ook al die 'krokodil' gebraai en dan Ricoffy korrels (granules) gebruik as marinade - Ja, Ricoffy!! Ek was baie wantrouig, tot ek dit gedoen het en was toe aangenaam verras!!
Nou moet ek net 'n mooi 'krokodil' in die hande kry hier noord van die Vaalrivier......
Dit klink ook lekker weet net nie waar jy daardie vars krokidil gaan kry noord van die vaalrivier koop maar n bevrore een
.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Dalk is ek maar vaal en oninteressant as die kom by seekos. Maar ek verkies my vis, of dit nou snoek, galjoen, harders, steenbras, kabeljou, of watter vis ookal, net met sout - en dalk 'n bietjie gesmelte margarien of botter op die vleiskant om te verhoed dat dit aan die rooster vassit. Ek wil net vis proe.
Maar nou ja, elke ou soen sy vrou op sy manier.
Dalk is ek maar vaal en oninteressant as die kom by seekos. Maar ek verkies my vis, of dit nou snoek, galjoen, harders, steenbras, kabeljou, of watter vis ookal, net met sout - en dalk 'n bietjie gesmelte margarien of botter op die vleiskant om te verhoed dat dit aan die rooster vassit. Ek wil net vis proe.
Maar nou ja, elke ou soen sy vrou op sy manier.
Ek stem 100% met jou saam.
My vleis eet ek op dieselfde manier....geen marinades en souse nie. Dit maak nie saak of dit skaap, bees of vark is nie. Vleis moet ook baie min sout op hë, verkieslik geen sout nie.
Moeg geploeg.
Ek stem elke persoon het baie keer sy eie smaak gee maar net n paar idees as iemand iets anderste wil probeer
Jy kan my nie genoeg betaal nie om krokodil te eet nie. !ððððð
Never too old to have a happy childhood
Maar gelukkig praat Herman darem tong in die kies met sy krokodilresep wat hy hierbo gee. Ek weet egter nie hoe snoek en krokodil bymekaar kom nie (in naam).
Ek is gelukkig net bees, vark en hoender. Vis eet ek net daai I&J boksies by Supermark. Die enigste plek waar ek vis eet is as ons by Houtbaai is...daai restaurant daar. Maar eet dan vir atmosfeer omdat mens by vis dorpie is.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ek is gelukkig net bees, vark en hoender. Vis eet ek net daai I&J boksies by Supermark. Die enigste plek waar ek vis eet is as ons by Houtbaai is...daai restaurant daar. Maar eet dan vir atmosfeer omdat mens by vis dorpie is.
Ek is gelukkig om 'n seun te hê wat gek is oor visvang en my baie van vars vis voorsien. Hy't ook vriende wat oor bote beskik. As hy nie self vars vis het nie, kry ons by sy vriende. Dan is daar ook 'n Portugees wat 'n vis en tjipswinkel in my seun se tuisdorp het. Laasgenoemde bel my gereeld as hy vars vis soos stokvis, snoek, geelbek, geelstert ens gekry het.
Ek het 'n pa gehad wat gek was oor vis. Ek het dus grootgeword in 'n huis waar baie vis geëet is. Daar het o.a. byna pal 'n bossie of meer bokkoms in ons garage gehang. Afgeskilde bokkoms, fyngekap in 'n voedselverwerker tot fyn poeier en dik gestrooi op 'n dikgesmeerde botterbroodjie - ai mens, waar kan jy lekkerder kry. Ek is 'n regte ou visvoet.
Lennie, wat tans saam met my hier in die Karoo Nas Park kamp, skud net sy kop dat ek selfs in die Krugerwildtuin galjoen of snoek braai. Eergisteraand se snoek hier in die Karoo het vorentoe gesmaak. Lennie kon nog vrede maak met my snoek in die Karoo, maar visbraai in die wildtuin klink vir hom vreemd.
Maar ons het darem gisteraand ook lekker lamstjops saamgebraai. Ek, Lennie, Neef Herman en Jan Meyer is vier Kampforumvriende wat hier saamkamp.
Krokodilvleis is BAIE lekker! My werk het vereis dat ek minstens 3 x per jaar Zimbabwe besoek, en dus het ek in Harare se spoghotel tuis gegaan (6 ster ek belowe jou!)
Twee Restaurante gehad - een met 'n buffet ete, ander ala carte.
Die ala carte een is baie spesiaal,verskeie perdeskoen vorm tafels waar 15 mense kan sit, en die vleis word voor jou berei. Bestel wild, vis, ensovoorts en drink jou wyn (en gesels met die ander gaste!) en kyk terwyl dit voorberei word! 'n Baie groot plaaslike dame was by gewoonlik by my voorkeur tafel en het al my smaak geken - twee gebraaide stukke krokodilstert, met die heerlikste spesery gemarineerde bedekking ooit. Die stert het 'n vet kol (soos 'n "murgie") in die middel wat oneetbaar is, maar saam met die vleis voorbrei word.
ABSOLUUT heerlik, sonder om doekies om te draai!
Sou dit beslis aanbeveel .....
Ek laaik hom daai Krok vleis.
Ons is slegs 36km vanaf Libertas krok plaas waar jy ook Krok wors en vleis koop.
Hi Chris dit is maar net humor ding eintlik as jy kyk na n krokodil se tande en n snoek se tande gaan jy baie seer gebyt word as jy die twee nie reg hanteer nie n snoek is baie vinnig met sy bek en as jy hom nie reg vang en sy nek breek kan hy jou lekker bykom
Chris ek moet daardie een probeer van n bokkom fyn verwerk in n voedselverwerker en dit op n lekker sny brood klink baie lekker
Ons is ook Vis mal, maar Hake is uiters skaars en duur hier in Limpopo.
Ek het verlede week n I & J boks met Bass by PnP gekoop teen R48/3 wat redelik groot is, maar as hy gaar is, is hy 2x kleiner.
Mooi Snoek is volop by Cate a Bake in Modimolle.
N vriend van my wat nou oorlede is het eendag hier aangekom met Bokkoms (Bliksem dit was LEKKER).
Mede kampeerders het gese: Nee Dankie en toe loop ek met hulle Loss.
My vrou is van die Weskaap en weet van Snoek maak in n pan of gasbraaier met n "degie" en bedien saam "Aartappel in Jacket of "Potato Bake" of Aartappel skyfies of Aartappel slaai, gesaamentlik is n groen slaai n moet.