Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21199 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5604 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4786 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 921 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 580 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |

Karavaan Batterye veilig ?
Ek wil graag 2x batterye in ons toekomstige "huis" inbou, en dan laai met sonpanele.
My vraag is nou: Is Lithium batterye veilig?
Kyk hierdie videos in die skakels wat ek op Bitchute gevind het.......
https://www.bitchute.com/video/G1sBcgfVhOtJ/
https://www.bitchute.com/video/QH54ySHMVei1/
Sal jy Lithium inbou ?
One is never too old too learn

N hele rug terug dit gesien, maar ek dink nie die finale verskag is al uitgereik nie. Daar is miljoene batterye verkoop, en daai lyk vir my ba n uitsondering. Met enige iets is daar altyd n uitsondering. Ek sal bv dit nie onder n bonnet in sit nie agv. Die hitte
Ek het n 200Ah Lithium in ons karavaan ingesit met 4 x 100 wat flexi panels permanent op die dak, en dit werk baie goed

Fienie, ja ek het maar twee links gekopy en paste.
As jy na bitchute webtuiste gaan sal jy sien daars 'n horde meer videos oor die ontploffings gevalle.
Lithium is natuurlik ook my keuse........baie duur, maar as jy kyk na sy siklusse dan vergelyk dit goed/beter as met lood wat jou net soveel gaan kos op die lange-duurt.
Hy is ook 2x so lig(gewig), as lood.
Jy kan hom ook tot op 90% dreineer op 'n slag teenoor 50% van lood.
Moet hom net nie gebruik om hoge ontlading te doen, soos bv. met movers nie, want hy's nie daarvoor ontwerp nie.(verminder sy lewensduurt).
MAAR, ek is skuit bang vir hom.
One is never too old too learn

Ek het toevallig n paar dae gelede hierna gekyk en geraadpleeg. Daar is n tipe lithium batter met n naam soos 4life. Ek kan nie die hele naam onthou nie. Danie SKL wat lank n lid van hierdie forum is, sê hulle is heelwat veiliger as die ander. Hulle is nie so energie effektief as die ander nie, met ander woorde bietjie swaarder vir dieselfde kapasiteit, maar wel aansienlik goedkoper.. Ek het n 200AH een vir sowat R900 op internet in Johannesburg opgespoor. Dis die kapasiteit van die gesamentlike twee battery wat jy beoog maar weeg seker onder 20Kg terwyl twee loodsuurbatterye sowat 50Kg weeg. En dan is dit eintlik heelwat meer. Soos Danie hierbo noem, kan so n battery so te sê heeltemal dreineer sonder skade terwyl n loodsuurbatery vinnig deterioreer as hy te diep dreineer word. Die lithiums het ook n lewensverwagting van baie langer. Ek het op internet gelees hulle kan 15 tot 25 jaar hou. Na 3000 herlaaie het hulle nog n groot kapasiteit, van 50 tot 80%.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

N Freedom won 200ah LifePo4 battery kos R16517.00 ex vat
Daars fout met jou prys van R900
Dit is of nie die regte battery nie, of gesteelde goed
Soos ek dit verstaan werk 'n brandblusser nie op 'n lithium battery wat vlam gevat het nie. Brandblussers versmoor die vuur, d.w.s. dit sny die suurstof af. Blykbaar het 'n lithium battery wat brand nie suurstof nodig om te bly brand nie.
Ek het 'n video gesien van so 'n brand. Die battery bestaan uit 'n klomp klein batterytjies omtrent so groot soos AA batterye, en die goed ontplof en vlieg die wereld vol en versprei so die brand.
Ek het vavaand op TV nuus 'n brand in 'n pakhuis in Frankryk gesien waar lithium batterye gestoor was. Daar is geen manier dat hulle daardie brand gaan blus nie.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
https://www.mygenerator.com.au/blog/caravan-battery-review-agm-vs-lithium/
https://rvbooks.com.au/lithium-batteries-for-caravans-and-motorhomes/
..............................................................................
One is never too old too learn

Oor die prys, lyk hierna:
https://www.electromannsa.com/pages/search-results-page?q=200AH%20lithium%20battery.
Kyk ook na REVOV batterye. As jy wil koop, kontak my dan verwys ek hou na die regte ouens. Jy betaal duidelik te veel. ð
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
n Mens hoor soms van selfoonbatterye wat ontplof. Onlangs toe ons gevlieg het het ek vir die persoon waar ons ingeweeg het, gevra waarom ek nie batterye in my geweegde bagasie mag vervoer nie, maar wel in my handbagasie. Toe sê hy dis presies oor die rede. As n battery in die handbagasie ontplof, sal dit opgemerk word en stappe geneem word. In die ruim bagasie natuurlik nie. Ek dink die lithium batterye het soveel voordele dat dit die moeite werd is om hulle te gebruik. Die persentasie batterye wat ontplof is waarskynlok baie laag. Alles dra maar een of ander risiko en elke persoon moet maar besluit hoeveel risiko hy/sy beteid is om te neem. Die grootste risiko wat ons daagliks neem, is waarskynlik om in n voertuig te ry en ons aanvaar die risiko.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
In ons buurt het n groot litium-battery aan die brand geraak. Nadat die vuur geblus is was die ganse huis se inhoud, en die motors, bedek met n seriously slegte swart roet. Die naby-buurt het die erg reuk ervaar. Ek aanvaar dat n eis vir die vervanging van 100% van die his-inhoud noodsaaklik was.
You'll never never know if you never never go
Ek vermoed die Lithium vure wat onderspeel deur die media. Ek weet brand is die grootste bedreiging indien 'n Tesla in 'n botsing betrokke raak, en blykbaar word dit onder-gerapporteer. Seker maar weer die ou storie waar die media nie groot spandeer adverteerders wil irriteer nie.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ek weet darem nie. Tesla kan nie die hele media onder hulle beheer hê nie!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ek bedoel nie dat Musk die media onder beheer het nie, maar het gelees die Amerikaners maak glad nie 'n bohaai daarvan wanneer 'n Tesla uitbrand nie.
Wat ek bedoel is - het jy al 'n motor joernalis gesien wat sy eerlike opinie oor 'n swakkerige produk gee? Hy weet mos, as hy dit doen kan hy maar ander werk gaan soek, want dan sal hy op 'n "swart lys" kom. Andrew St Pierre White wat die boek A FOUR WHEEL DRIVE IN SOUTH AFRICA geskryf het, is 'n sprekende voorbeeld daarvan. Nadat hy in die woestyn die agterste buffer van 'n Pajero beskadig het as gevolg van die lae vertrek hoek en dit in 'n publikasie genoem het, het die Mitsubishi ouens die vloer met hom gevee. Hy het net vertel wat gebeur het, maar kry nie meer motors om te evalueer nie. Hy woon nou in Australie.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Dis seker moontlik, maar onthou dat dit nie noodwendig motorrubriekskrywers sal wees wat ook batterye wat brand sal skryf nie. As dit 'n gebeurtenis is wat aandag trek, sal enige joernalis en enige nuusmedia dit dek. Ek weet daar was gevalle waar batterye aan die brandgeslaan het, maar ek is eerlik oortuig diut is 'n groot uitsondering. En heel moontlik was daar in die meeste gevalle nie juis ernstige skade nie, dus was dit nie groot nuus nie- ons hou mos van drama!
Dinge loop verkeerd met enigiets, ook tegniese dinge, maar vervaardigers leer daaruit en verbeter gewoonlik daarop. Ons raai beide maar hier, en my raaiskoot is dat dit maar selde gebeur. Onthou ook die lawaai oor die brandende Kugas- dit was eintlik maar 'n baie klein persentasie van hulle, maar dit was groot opgeblaas deur die media. Ek dink werklik dat as daar noemenswaardgie getalle batterye was wat ontplof het, sou ons dit gehoor het. Geen nuus is goeie nuus, glo ek, maar daar kan seker ook geredeneer word dat ons verwag dat iets sal gebeur, en as ons nie daarvan hoor nie, sien ons sameswerings om dit te onderdruk. Ek hoop jy is verkeerd want ek voel baie optimisties oor elektriese voertuie en ek sal nie graag wil sien dat iets ernstig gebeur om hulle vooruitgang te stuit nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Ek het toevallig n paar dae gelede hierna gekyk en geraadpleeg. Daar is n tipe lithium batter met n naam soos 4life. Ek kan nie die hele naam onthou nie. Danie SKL wat lank n lid van hierdie forum is, sê hulle is heelwat veiliger as die ander. Hulle is nie so energie effektief as die ander nie, met ander woorde bietjie swaarder vir dieselfde kapasiteit, maar wel aansienlik goedkoper.. Ek het n 200AH een vir sowat R900 op internet in Johannesburg opgespoor. Dis die kapasiteit van die gesamentlike twee battery wat jy beoog maar weeg seker onder 20Kg terwyl twee loodsuurbatterye sowat 50Kg weeg. En dan is dit eintlik heelwat meer. Soos Danie hierbo noem, kan so n battery so te sê heeltemal dreineer sonder skade terwyl n loodsuurbatery vinnig deterioreer as hy te diep dreineer word. Die lithiums het ook n lewensverwagting van baie langer. Ek het op internet gelees hulle kan 15 tot 25 jaar hou. Na 3000 herlaaie het hulle nog n groot kapasiteit, van 50 tot 80%.

As ek op link kliek kom ek op pryse uit van R4k en R9k.....of kyk ek iets mis? R900 vir 200amp klink te goed om waar te wees
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek weet nie Geert. Dis wat die advertensie sê. REVOV het 'n 10AH een vir R8000. Danie Frey het kennis van die soort batterye, hy sal vir jou meer inligting kan gee. Ek verstaan die ding nie heeltemal nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het so pas 'n Whatsup video ontvang waar 'n persoon sy selfoon op die motorsitplek in die son gelos het, en dit het aan die brand geslaan. Die binnekant van die motor is gedeeltelik verwoes.
My tegnologiese agtergeblewendheid verhoed my egter om die video hier te plaas. Jammer.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ek het gehoor van 'n vrou wat haar doodverstik het aan 'n druiwekorrel wat in haar lugpyp beland het. Dit het gebeur en dit kan weer gebeur, maar dis so seldsaam dat dit my nie gaan beweeg om druiwe te vermy nie. Ek het ook 'n video gesien waar 'n olifant 'n klein karretjie rondgooi. Dit het gebeur en dit kan weer gebeur maar dit is so seldsaam dat dit my nie gaan oorreed om uit KNP weg te bly nie. Netso gaan ek nie my selfoon weggooi nie- gaan jy? Moenie skrik vir koue pampoen nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ek dink die boodskap is bloot dat selfoon batterye nie hitte bestand is nie, en gevolglik nie aan hoë temperature blootgestel moet word nie. Voorkoming is altyd beter as om skade te herstel. Die feit dat Lithium batterye nie in vliegtuig vragruimtes welkom is nie is aanduidend.
Onthou julle die brand in die Helderberg se vragruim?
Ons almal besef daar is risikos in die samelewing. Risiko bestuur is 'n noodsaaklikheid, en dit is vir my waaroor dit gaan.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Stem saam Pieter. Ons hanteer daaglike risiko's en oorweeg dit meestal onbewustelik en neem 'n bessluit daaroor sonder om amper daaroor te dink, soos om 'n straat oor te steek of nie. Lithium batterye en ander sulke dinge kort 'n bietjie meer oorweging, maar uiteindelik is die besluit maar wat die meeste weeg, die voordeel wat ek daaruit sal kry of die moontlike nadeel. Met lithium batterye het ons eintlik nie 'n keuse nie, altans nie wat selfone betref nie.
Ek weet jy maak nie die stelling dat lithium batterye die oorsaak was van die Helderberg ramp nie, maar ek wou jou amper daaroor tergð.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven