Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21752 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17549 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5981 |
Bostoe | 5431 |
BrianB | 5085 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3207 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2420 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1955 |
Swanie | 1850 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1729 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1661 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1445 |
George | 1200 |
Louvan | 1180 |
RichardJ | 1094 |
Gerden | 1056 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 827 |
JohanMarais | 811 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 658 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 417 |
Andre Smit | 415 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 373 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
1Pierre2 | 329 |
RD | 319 |
Herman | 312 |
Izak | 307 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Kampplekke terugvoer Welvanpas, Victoriabaai, Imhoff, Yzerfontein, Tietiesbaai, Elandsbaai
Onlangs toer gedoen met kombi, bietjie terugvoer vir die wat dalk hierheen wil gaan
Welvanpas gasteplaas Middelburg. Uitstekende kampplek en beste geriewe van die hele lot hieronder.
Victoriabaai. Nog steeds fantasties, geriewe puik. Kuylers Vis en chips in George nog die beste kwaliteit en waarde vir geld.
Imhoff Kommetjie. Goeie kampplekke, maar baie plekke maar bietjie wild. Maar genoeg goeie kampplekke, groot met betonblad in private bos. Ablusies goed. Uit die wind, maar jy hoor die see. Baie permanente kampeerders.
Yzerfontein. Goeie park, beskut, bietjie min geriewe vir almal.
Tietiesbaai. Goeie weskus ervaring, kamp teen die see tussen die rotse. Geriewe ok, maar moes maar lou koud stort weens die son geiser. Nie 'n klagte nie, dankbaar die water nie meer yskoud nie. Nie baie mense na die kouefront die vorige nag daardeur is nie.
Elandsbaai: Goeie plek, beskut, op die strand, braai op die strand, met mooiste uitsig op strand en Bobbejaansberg. Geriewe goed, skoon en warm water genoeg. Was op Saterdag van langnaweek daar, plek halfvol.
Oral was ontvangs aan diens, selfs 19:00 by Imhoff Kommetjie. Nerens bespreek nie, en dit was redelike vakansieweek 22 Apr - 2 Mei.
Dankie vir die terugvoer, klink of julle dit geniet het. Ons beplan 'n Weskus kuier. Laat weet asb - Kan 'n mens Elandsbaai bereik met 'n grondpad karavaan en gewone 4x2 bakkie?
ââ¬ÅHe was a wise man who invented beer.ââ¬Â ââ¬â Plato
Lekker,vic baai bly my gunsteling... ai ai... ai ai...
Bietjie fotos dalk van al die plekke?
Al die mooi plekke besoek...dankie vir terugvoering. Is Imhoff redelik veilig?
Dankie vir die terug voer. Ons beplan om in Augustus die Weskus te gaan doen met die karavaan en so bietjie blomme te kyk. Het dit nog nooit met karavaan gedoen nie so ons maak al die inligting bymekaar. Ons moet ons roete uitwerk vanaf Roodepoort. As daar nog iemand is wat nog inligting het sal ek dit waardeer.
Kurper, jy hoef nie grondpad na Elandsbaai te ry nie. Die pad vanaf Velddrif is teer en jy kan nou ook vanaf Piketberg met 'n nuutgeteerde pad oor Redelinghuis na Elandsbaai ry. Ek is nie seker of daar korter paaie is as julle vanaf Gauteng kom nie. Ons deel Vicbay se sentimente oor Elandsbaai en Tietiesbaai
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Paar fotos van die plekke. Ongelukkig nie van Imhoff nie, maar het van Slangkop n foto. Lyk goed langs die vuurtoring. Daar het wragtig 'n ou gestaan, netjiese karavaan en tent, net voor die storm. Daar is beskutte plekkies ook wat goed sou werk, en jy is prakties op die rotse.
Imhoff omgewing baie rustig, nie onveilig gevoel nie. En ek wil nie met een oog oop slaap nie, defeat die purpose.
Soos gese^ paaie na Elandsbaai geteer. Was al 6jaar terug geteer, toe het ek by Vensterklip gestaan - baie goed, met private ablusie, braaiplek, windskerms.
As iemand al by Lambertsbaai karavaanpark was, mis dit ongelukkig altyd, moet nog daar uitkom.
Ons beplan ook om blomme te gaan kyk later vanjaar en dan af te gaan Kaapstad toe en dan terug Krugersdorp toe.
Ons get gedink om by Ou Skip in Melkbosstrand te staan terwyl ons Kaapstad bekyk, was iemand onlangs by Ou Skip en hoe is die geriewe, sekuriteit, ens?
Kamp groete,
Johan
Al weer oppad iewers heen.
Dankie Vicbay. Ons wil ook die blomme in ons trippie inwerk en gaan van Springbok se kant afbeweeg. Aug/Sept
ââ¬ÅHe was a wise man who invented beer.ââ¬Â ââ¬â Plato
Vir die kaap het ek goeie dinge gelees van Van Zyls rus karavaanpark Kuilsrivier waar alles lyk my nog regloop. Maar ek is toe Imhoff toe.1
Vir die blomme, het in aug 2010 baie gesien vanaf Elandsbaai na Velddrif toe. Was 2012 by Strandfontein ook, baie mooi en gerieflik. Maar voel soos spookdorp.
Ek lees Elandsbaai karavaanpark het gister toegemaak
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ek aanvaar jy bedoel die munisipale kamp? Dis geen verlies nie, die plek is maar swak bestuur en die gemeenskap misbruik die ablusies. Ek hoop die klein kampie by die hotel is nog oop want dis 'n heel goeie keuse.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
There were lots of permanent campers there - just seemed to build what ever they wanted to on their sites. The Hotel only had a few sites overlooking the municipal site when we looked in on our way up the coast. Decided not to stay over as I did not want to wake up overlooking that mess below.
Ja dis toe, van die lankstaanders het die hand gevat toe die pinkie aangebied is, en permanente strukture opgerig. So dis nou n skoonmaak deur die munisipaliteit.  Hopelik sodra dit leeg is, hoop ek vir n oor begin.  Net 3 plekke by die hotel, en heeltemal oop na die groot parkeerplek tussen die off sales hotel SAPS en kafee. Te oop vir my.  Vensterklip nog steeds n puik opsie met private ablusie, afskortings etc.. Was daar 2020, en by die karavaanpark laas jaar die tyd, wat goed was.
Het gepost op WESKUS se mooi, en Elandsbaai Info - facebook.Â
Die munisipale park op Elandsbaai is baie goed geleë, so te sê op die strand met net 'n heining wat jou van die strand skei. Ons het tweemaal daar gekampeer. Wat ek sê is dat die plek baie potensiaal het mits dit behoorlik bestuur en toegang beheer word. Die ablusies was voldoende maar swak onderhou. Ek dink nie dit sal onbetaalbaar wees om die nodige verbeteringe aan te bring om dit weer aanvaarbaar te maak nie maar of die plaaslike munisipaliteit selfs sulke geld het, weet ek nie. Die dorpie is maar klein met min handelsondernemings so en twyfel of die sakesektor sal kan help.
Lambertsbaai net 'n endjie noord van Elandsbaai se munisipale park het ook mettertyd erg verval maar die privaatsektor het ingegryp en die plek opgeknap. Ons het 'n paar maande gelede vinnig deurgery en ook na die ablusies gaan kyk en dit is nou weer heel goed sodat 'n mans graag daar sal wil gaan staan. Die dame wat die hek opgepas het, was ook baie vriendelik en het ons onmiddelik laat tuis voel al wou ons net deur ry. Lambertsbaai het baie atmosfeer so ek hou duime vas dat so iets ook daar sal gebeur.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ook nou elders gelees van "lankstaan kampeerders" met onooglike kampeer setups. Ek sal maar nie verder ingaan op onderwerp nie, want daar is sensitiewes hier wat weer gaan vra dat plasings of sommer die hele topic verwyder word {Hoekom weet ek nie}
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ