Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21179 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5595 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4779 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1664 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1465 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 983 |
Gerden | 914 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 357 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 286 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Kampeer in/om Kaapstad, Simonstad, Houtbaai verby Gordonsbaai vanaf laat Februarie 2023
Goeiemiddag vanaf n warm en kurkdroog Knysna, en Rheenendal,
Ons was lanklaas in Kaapstad, die Skiereiland tot verby Gordonsbaai, en beplan so n kamptoer vir twaalf dae vanaf laat Februarie 2023. Maar ek is nie seker of dit n goeie idee is nie, omdat dit dalk te warm gaan wees gedurende daardie tyd van die jaar, en dalk te gevaarlik...
Wat dink jy?
Ons wil regtig weer kwaliteit tyd daar deurbring en veral die Kirstenboschtuine hierdie keer deeglik besoek... en plekke wat jy kan aanbeveel.
As jy nou so n kamptoer moes onderneeem en elke aand in n ander kamp sou wil oornag, waar sou jy gaan, en hoe sou jy dit aanpak? Jou raad word baie waardeer.
G'day Fanie!
Imhoff in Kommetjie or Miller's Point past Simonstown. Penguins, Cape Point, Chapman's Peak, Hout Bay, Waterfront, Table Mountain, Castle, Kirstenbosch and wine farms galore all within reach. Onrus near Hermanus or Strandskloof in Gansbaai for further wine farms, penguins, sharkspotting and general ocean visits. Enjoy!!
Two beauties!

Te veel plekke om te besoek!
As jy van Knysna af kom, draai af by Swellendam, ry Montagu-langs. Daar is heerlike staanplekke daar. Besoek die talle plekke van belang in en op die dorp. Gaan staan by Skurweberg naby Robertson, besoek die kelders. Ry Villiersdorp-langs na Hermanus. (Vir my is Hermanus nie n lekker plek nie, te duur, hopeloos te veel mense.) Ry op die R44 by Kleinmond verby en langs die see. As jy gelukkig is om plek te kry, staan by Bettiesbaai, heerlik. Pragtige strand.
Ry deur Gordonsbaai en die Strand. Jammer, hier is nie staanplekke nie, maar jy gaan n paar dae nodig hê om alles te sien. Lourensford-plaas, Vergelegen, al die pragtige wynkelders, Stellenbosch, heeltemal te veel om te noem.
Om goeie staanplekke te kry enige plek naby Kaapstad gaan lol. Kyk na Harv (hierbo) se lys, maar jy gaan n groot mate van geluk nodig hê, die plekke is vol. Dit sal lekker wees indien jy iemand ken by wie jy jou karavaan kan parkeer. (Dis so bitter jammer die Sea Breeze karavaanpark het toegemaak) As jy n basis kan bewerkstellig en daarvandaan ry is n dag nodig om Kaappunt via Simonstad te besoek en Muisenberg-langs na Kaapstad te ry. n Besoek aan Tafelberg is deesdae n groot missie, jy moet reeds vyfuur in die oggend wikkel en bereid wees om in n lang tou te staan. Die Watrerfront bestaan uit derduisende mense, baie junk om te koop en oorbevolkte eetplekke waar diens nie altyd die geld werd is nie. Glad nie so lekker soos Knsna se mooi Waterfront nie.
Spandeer liewer jou tyd op n besoek aan die Weskus-dorpe, Saldanha, Laaiplek en Paternoster. Daar is verskeie staanplekke op die Wekus.
Jy kom van Knysna, in vergelyking, moenie te veel verwagtinge hê oor Kaapstad nie.
Na alles gesê is : ONS reis weer graag na Knysna, julle is gelukkig om daar te kan woon. (Ons moet dalk eendag huise ruil vir n week.)
Groetnis
You'll never never know if you never never go
Skuus Fanie as ek die draad kap ek hou hier dop want ek en Berdien sal 2024 op pension wees en wil Noord Kaap , Kaap provinsie ook toer
Haak daai wa kamp bly koning
"Jy kom van Knysna, in vergelyking, moenie te veel verwagtinge hê oor Kaapstad nie."
Dankie Dansan, ek dink jy het my hier waardevolle raad gegee!

Skuus Fanie as ek die draad kap ek hou hier dop want ek en Berdien sal 2024 op pension wees en wil Noord Kaap , Kaap provinsie ook toer

Ons het pas teruggekom van n twaalf dae kamptoer, met net ons bakkie en rallytent-aanhangsel van hier af oor Villiersdorp se Theewaterskloofdam, Franschhoek se Hollandsche Molen, die Paarl se Bergrivier Resort, Wellington en natuurlik die lieflike Tweede Tol in die Bainskloofpas... vandaar af terug deur Wellington op tot by Yzerfontein, Paternoster, Velddrif, Lambert's Baai, Clanwilliam oor Algeria Vakansieoord, Ceres se Matroosberg Resort in die dennebos, Guano Caves buite Montagu en terug... alles teen 50kpu... behalwe die terugreis vanaf Montagu oor Oudsthoorn terug teen 90kpu... wat n ongelooflike belewenis...
Hierdien laaste foto was by Algeria Vakansieoord... dit was die enigste dag wat ons gekook het, vandaar die kastrolletjies op die klippe daar om die gasbottel. Ons het hierdie tradisie waar ons eenkeer op elke toer, maalvleis, heerlike klont-kapokaartappels en baaaaaie gebraaide uie saam kook... smul lekker. Dit was baie lekker by Algeria en baie mooi maar ongelooflik warm met n verwoestende wind... maar gelukkig kon ons die tweede dag skuif na n meer beskutte staanplek toe... Gewoonlik staan ons net een nag oor op elke plek, maar oor die naweke staan ons die Saterdag en Sondagnagte saam oor... vir effense rus...
Ons is dankbaar - ons saamgeflanste kamp-kontrepsie werk lekker. Elke ding het sy plek, en opslaan en afslaan is redeleik maklik en baie georganiseerd. So kan ons maklik vir twaalf dae aaneen skoon kamp... iets wat nogal vir ons belangrik is... die bed moet skoon bly en die handdoeke droog en skoon... daarom droog ons ons voetertjies met aparte waslappe af, wat ons daarna uitspoel. Alles word baie vinnig droog agter in die bakkie terwyl ons ry... ons hang alles wat nat is oop oor die kampstoele, wat heel agter in staan...
So, ons wil op hierdie selfde manier in en om die Skiereieland gaan toer... snags erens oorslaap, en bedags opgepak, om en om Kaapstad ry en oral aangaan en kyk, en gebraaide vis eet by Kalkbaai se Kalkies... en soos by Kirstenbos... maar na wat Dansan gese het wonder ek. Ons sal moet goed beplan... dalk kan ons een nag op die gras by die Parlementstuine oorstaan, en daar ons tradisionele maalvliesgereg maak... hmmmm dalk vir Julius oornooi vir tee... lol
Ek wonder wie kan nog die baie ou Afrikaanse fliek onthou, oor die klein seuntjie wat die "Moddermaker" van sy kerk gaan soek het... lol

"Jy kom van Knysna, in vergelyking, moenie te veel verwagtinge hê oor Kaapstad nie."
Dankie Dansan, ek dink jy het my hier waardevolle raad gegee!

Fanie daar is van ons wat jou area eintlik baie goed ken. Ons gaan In Februarie weer vir vyf weke by Ebb n Flow (Wildernis) staan. Dit is nogal bedrywig om alles te sien (weer en weer) vanaf Plet tot by Mosselbaai, jy moet jou gatjie roer. Elke jaar sê ons "ons gaan NIE WEER daai en daai doen nie." En elke jaar doen ons weer "daai en daai." ð
Die Kaap is OK, maar omdat enige ryery deur plakkerskampe, leeglêers en vieslik-vuil areas strek en die hele aarde gebruikmaak van die idee dat Kaapstad die "mees-besoekte plek op aarde" is (ek GLO dit nie, was mense al in Madrid, of in Londen?) en Suid Afrikaners NIE daarin kan slaag om massas mense te hanteer nie word Kaapstad n misbare ellende. Ek soek n plek vir SIELE-rus. Dit is beslis nie Kaapstad nie. Gee my eerder die stilte van Diepwalle, die Prins Albert-pas, Montagu-pas, die mark op Sedgefield, Swartvlei en die pragtig-rustige Mall op George. En nou sluit ek nog nie eens Stormsrivier-mond en die sewe-passe-pad in nie. Te veel om op te noem.
En jy sal nooit weer na die Kaap kom as jy moet sien hoe dit op ons strande lyk op die groot dae nie. Dis nagter as NAG.
Groetnis
You'll never never know if you never never go
Dankie Dansan,
...vir jou helder en duidelike skildering van die prentjie. Dis presies wat ek wou hoor, indien nodig... Nie lekker nie, maar eerder dat ek dit nou hoor as dat ek dit daar gaan berou. Ek dink ons gaan dan eerder net by een of twee plekke soos Imhoff oorstaan en nie vir dae daar rond hang nie... en eerder net weer n slag om die Skiereieland ry en oorgaan vandaar deur Gordonsbaai na Hermanus toe...
Nostalgie, is soos hind sight, n bedrieglike metgesel...
Dankie vir jou inset. Jy laat my dink aan n vriend wat eendag gese het mens moet nooit jou stokperdjie jou werk maak nie! En dis nou presies met ons wat hier in die Paradys woon... waar gaan mens so lekker soos hier vakansie hou. Tweede Tol was darem nou onlangs n fees van n belewenis.
Ons is baie dankbaar om hier in die Paddadys te kan woon. Toe ons meer as sewe jaar gelede hierheen getrek het, het ons onsself maak belowe dat ons nooit gewoond sal raak daaraan om hier te woon nie. Dit bly n sielerusfees.
Mense wees net virsigtig vir Onrus kamplek op Hermanus Ek hoor hulle steel alles wat nie vas gespyker is nie My gunstelling kamp plek is Die Punt Mosselbaai

Mense wees net virsigtig vir Onrus kamplek op Hermanus Ek hoor hulle steel alles wat nie vas gespyker is nie My gunstelling kamp plek is Die Punt Mosselbaai

Die reel vir kampeerders is eenvoudig. Elke oggend word 'n honger leeu in ons land wakker, en elke oggend is daar ook 'n bok as prooi beskikbaar. Die oorlewingspel is eenvoudig. Die een wat die ander een kan uit oorlê wen daardie dag. Die vraag is - wat beteken uit oorlê? Dalk die moeilikste prooi?
Hierdie reel geld ongelukkig ook vir die bewoners/kampeerders in ons land. Ons grootste kampeer diefstal skade het ons nie by die see of waar goeie sekuriteitsbeamptes in plek was ervaar nie, maar in die klein karoo by 'n karavaanpark waar uiters duur sekuriteitsmaatreels in plek was, waar die diewe onder deur 'n elektiese heining deur gegrawe het om toegang te kry. Ons was hout gerus, en het nie soos andersinds elke aand alles buite baie moeilik steelbaar gemaak nie.
Soos ek dit verstaan kan mense wat niks het nie niks het om te verloor nie, en by gevangenisdienste word hulle nie net daagliks gevoed nie, wat nie in die buitelewe altyd gebeur nie, maar word selfs gratis toegang tot televisie programme verskaf.
Hoe het die destydse Nedbank advertensie gelui? "Dit laat mens dink, nie waar nie?"
'n Vriend kamp elke Kersfees by Onrus. Hy het kabels en kettings, en alles buite, insluitende die potjiekos pot en deksel word gekabel en geketting en vas gesluit. Die veiligste voorsorgmaatreel is om jou eiendom die moeilikste bekombaar te maak. Die makliker prooi word altyd eerder uitgesoek.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Tweede Tol? Praat jy van hierdoew plekkie aan die voet van die Montagu-pas, Fanie. EEn van die vele juwele. Pragtig gerestoureer nadat dit afgebrand het.
You'll never never know if you never never go
Dis fantasties! Ek het dit laas gesien na die afgebrand is, so ons sal weer daar moet uitkom. Die Montagu pas self is 'n baie mooi rit. Dit kan met enige voertuig gery word, maar ry versigtig- die pad is smal, so jy wil nie om 'n draai onverwags op 'n ander voertuig afkom nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Tweede Tol? Praat jy van hierdoew plekkie aan die voet van die Montagu-pas, Fanie. EEn van die vele juwele. Pragtig gerestoureer nadat dit afgebrand het.

Nee Dansan,
Die "Tweede Tol Kampeerplek" (...deel van "Cape Nature") waarvan ek praat, is binne in die Bainskloofpas, tussen Wellington en Ceres... reg midde-in die binne deel van die ongelooflike mooi pas, wat onlangs oorgeteer en heeltemal oorgedoen is.
Dis ongelooflik mooi, stil en natuurskoon...
Was jy al daar Dansan?

Dis fantasties! Ek het dit laas gesien na die afgebrand is, so ons sal weer daar moet uitkom. Die Montagu pas self is 'n baie mooi rit. Dit kan met enige voertuig gery word, maar ry versigtig- die pad is smal, so jy wil nie om 'n draai onverwags op 'n ander voertuig afkom nie.

Fred,
Die Montagupas is inderdaad ook ongelooflik mooi... maar dis nie waarna ek hier verwys het nie. Ek praat van die Bainskloofpas...
Was jy al daar?
Die fotos van Danie lyk soos die een in Montagu pas. Ons het so n paar jaar gelede by die kamp in Bainskloofpas ingery en weer uit. Baie mooi en gesellige plek maar sonder krag. Die inwoners het ook gewaarsku dat bobbejane baie lastig is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven