Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22082 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17816 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6274 |
Bostoe | 5480 |
BrianB | 5361 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2715 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2152 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1869 |
Nico | 1773 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1690 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1268 |
Louvan | 1255 |
Gerden | 1255 |
RichardJ | 1179 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 857 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Willie54 | 444 |
1Pierre2 | 435 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 367 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 187 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
mplester | 157 |





Kamp ys/frieskas
Ons is binnekort in die mark vir 'n kamp ys/frieskas vir ons kamp trailer.
Tenminste 90 liter.
Ek sien so baie make op die mark.
Watter make is betroubaar / kan julle aanbeveel?
Watse einenskappe moet ek uitkyk voor?
Hooked, now we can go camping.
Engel net die beste
Ons is gelukkig met ons Snomaster. Ek sal nou nie kan sê of dit die beste is nie, want dit was nog nie vir my nodig om die ander te toets nie. Ek dink buitendien daars nie eintlik swak handelsname nie. Nog nie klagtes gehoor oor National Luna, Flex, Campmaster, Engel ensovoorts nie....so glo dit gaan oor persoonlike voorkeur. Vriende van ons het al vir n hele klomp jaar Checkers se Bush Baby....en is 100% tevrede
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Gebalsnseerde kommentaar.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het 'n Waeco (nie meer beskikbaar nie) en 'n Snomaster. Beide gee al vir etlike jare uitstekende diens.


Ek het 'n Waeco (nie meer beskikbaar nie) en 'n Snomaster. Beide gee al vir etlike jare uitstekende diens.

Waeco is nou Dometic
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Uit ondervinding met 2 gevalle, kan ek met graagte SNOMASTER aanbeveel. Alle ys/vrieskaste werk goed ... tot op 'n punt. Dan kom nasorg diens na vore, en dit is dan wanneer Snomaster na vore tree. Absoluut uitstekende diens en ook waarborg.
My Snomaster in my (vorige karavaan) se yskas - (seker 15 jaar oud?) het moeilikheid ... wou nie werk op 12 Volt nie, alhoewel die 220V uiters goed gewerk het. Met kragonderbrekings ens. was die dus 'n probleem. Yskas uitgehaal afgelewer by Snomaster, na 3 dae opgetel, en alhoewel lankal uit waarborg is die bedraggie (dink dit was iets soos R148,00) afgeskryf.
My ysmasjien by die huis het probleme gegee, en ek het dit na Snomaster vervoer. Mannetjie daar kyk na die storie, vertel my die 5 jaar waarborg verval die volgende dag om 12:00!!
Met die woorde van "Jis Oom, oom se timing is goed" word die probleem reggestel en die amper R500 rekening afgeskryf.
Wat wil jy meer hê?
Ons het al 3 NL hehad en was met almal tevreede. Hulle hou net aan werk. Die eerste na 15 jaar na my dogter toe. Het nog 2.
Probeer om n’ dubble onafhanklike eenheid model te koop. So 50 - 60 lieter werk vir ons twee.
Groete,
Paul
Hallo vriende.
Ons is afgelope jaar permanent besig om te kamp langs die oranjerivier af/op.
Ons tuig het die National Luna in en ons hardloop teen minus 15 en positief 3 met geen probleme in hierdie hoge daaglikse temperature nie.
Ek het fout gemaak om die 12volt kabel te lank te maak(15meter), nadat ek die 200ah battery in die kattebak van voertuig geplaas het.
Het kabel nou 7meter lank en die Luna is nou gelukkig.
Groetnis
One is never too old too learn

Naverkoop diens tel verseker baie punte Nico.
Het self ook jare terug probleme met ons Snow Master ys maker gehad.
Deur gery Snow Master toe en 2 dae later 'n nuwe masjien by hulle gekry.
Hooked, now we can go camping.
Al die bogenoemde handels merke is baie goed en betroubaar. Ek verneem hulle het almal Danfoss "Kompressors" in en dis wat die verskil maak ..Ek staan onder korreksie.
Ek het self `n Engel wat al meer as 17 jaar uitstekende diens doen en in die mees haglikste omstandighede en situasies moes werk.
none
Goed om weer van jou te hoor Pierre. Waarom is jy die laaste paar jaar so stil?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Al die bogenoemde handels merke is baie goed en betroubaar. Ek verneem hulle het almal Danfoss "Kompressors" in en dis wat die verskil maak ..Ek staan onder korreksie.
Ek het self `n Engel wat al meer as 17 jaar uitstekende diens doen en in die mees haglikste omstandighede en situasies moes werk.

Die nuwe National Luna "Legacy Smart" dual control yskaste het nou hulle eie (National Luna off-road) komprsessor in. Alle ander NL modele en maake, behalwe Engel, het die Danfoss BD45 kompressor in. NL het hulle eie beheer module met hulle eie sagte waare op om die kompressor te beheer.
Groete,
Paul
Dankie Fred , nee wat heel rustig , spekvet en gesond . Ek sien jy is aktief nog betrokke op die forum...
none
Ek het 2 Campmaster ys/vrieskaste. Die een is in my boswa en so om en by 10jr oud en die ander gaan oral saam met ons, of ons nou in die boswa of met n tent kamp en dit is 12jr oud en ek het geen klagtes oor beide nie. Albei word gebruik met AC of DC wat ons ookal waar kan gebruik.
Ek kan nie iets oor na verkope diens van die Campmasters se nie want ek het nog geen probleme met enige van die twee gehad nie. My vriend wat gereeld saam ons kamp het n Snowmaster en hy is ook baie gelukkig met sy model.

Ek weet nie of Danfoss kompressors beter as ander is nie. Ons 25 jarige yskas se kompressor het twee jaar gelede ingegee. Dit het nog op CFC geloop. 'n Nuwe Danfoss kompressor wat op die nuwe kompressor wat die huidige gas, C134A gebruik, is geïnstalleer. Hy was ietwat hoorbaarder as die een wat vervang is- ek het nie gekyk watter maak dit was nie. Die nuwe kompressor het na drie maande ingegee en is vervang deur 'n ander een onder waarborg. Ek kan ook nie die maak onthou nie en het nie lus om nou te gaan oopmaak om te kyk nie, maar dit was nie 'n Danvoss nie. Die nuwe en loop steeds en dit is skaars hoorbaar.
Ek wil nie hierdeur Danvoss sleg maak nie. Daar is maar suurlemoene (lemons) wat soms in alle produkte voorkom. Ek wil eintlik sê soos motor enjins glo ek nie daar is slegte kompressors nie. As daar was, sou vervaardigers hulle nie gebruik nie. Ek het gaan oplees en Danvoss het 'n goeie reputasie maar so ook al die ander make. As ek 'n yskas wil koop, sal ek kyk na die een wat die naaste aan my behoeftes is en nie watter kompressor hy in het nie. Ek dink 99.9% van mense sal nie.
Yskaste is apparaat wat dekades lank hou en die bostaande kommentare bevestig dit. Karavaanyskaste doen ook baie minder werk as die wat tuis gebruik word en jare aaneen sonder ophou loop en elkeen van hulle sal waarskynlik langer as die karavaan hou.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Glo nie daar is n slegte fabrikaat nie maar my Snowmaster loop soos stroop baie gelukkig met hom sou hy oppak jes dan koop ek weer Snowmaster
Haak daai wa kamp bly koning
Wel buiten die Engel wat ek gebruik is die ander produkte seker ook goed. My Engel 40L yskas gebruik ek sedert 2003 en na 21jaar werk hy steeds puik as 'n yskas of 'n vrieskas.
Was Paasnaweek af Yellowsands toe naby Oos-Londen. 100% gewerk as 'n yskas af kus toe. Daar Vis gekoop en hy het weer 100% gewerk as 'n Vrieskas oppad terug.
Maak net seker as jy koop jy koop een wat met 'n kompressortjie werk nie die "Absorbtion" tipe yskaste nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Na bietjie huiswerk lyk of dit of 2 gaan werk. Nou net om 'n final keuse te maak.
In ag geneem die spasie waarin dit yskas kan pas is daar 2 x modelle op die kies lys.
Ek het ook gaan kyk na ander aanbevole make wat julle gebruik en tevrede is mee. Dankie vir julle insette sover. Nog komentaar is welkom.
Meeste ander 'specs' is min of meer dieselfde. Beide se pryse is baie na aan dieselfde.
1. National Luma Legacy Smart QC (NL90 liter).
Waarvan ek nie hou,
- een deksel vir beide fries en yskas, alhoewel die vries deel 'n eie 'lid' het.
- 3 jaar warranty op 'unit' en 'compressor'
Wat na plus punte lyk
- NL off-road compressor
- 5 mandjies wat verpakking makliker kan maak
- Na verkoop diens is in Gauteng (nie te ver om te ry as daar fout gaan en moet dit invat)
- Minder krag verbruik as die Snomaster.
- Lyk of daar ook 3 x tempratuur settings is
SnoMaster 82 Liter (SMDZ-TR82D)
Waarvan ek nie hou,
- Bietjie minder pak spasie binne as die NL
- Meer krag verbruik as die NL. 70W (nie seker of dit konstant is) vs 40-75 W vir NL
Wat na plus punte lyk,
- 3 x tempratuur settings
- Naverkoop diens ook in Gauteng
- 'n Deksel vir Yskas en 'n deksel vir frieskas
- 3 jaar Warranty op 'unit' en 7 jaar warranty op kompressor
Daar is seker ander dinge wat ek gemis het.
Hooked, now we can go camping.
My Snowmaster kan mens onder andere temperatuur stel deur op of af te gaan in 1â°c intervalle
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


My Snowmaster kan mens onder andere temperatuur stel deur op of af te gaan in 1â°c intervalle

Is die 3x temperatuur settings nie miskien die 3x settings waar yskas af skakel as battery onder sekere volts is nie?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
