Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17733 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6184 |
Bostoe | 5456 |
BrianB | 5262 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3220 |
mulderpm | 2608 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1997 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1763 |
steamer | 1700 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1243 |
Louvan | 1241 |
Gerden | 1149 |
RichardJ | 1136 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 847 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 774 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 432 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 397 |
LEEN | 383 |
Kamp is Koning | 372 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 183 |
BigG | 182 |
Maurits | 171 |





Jolion
Ek oorweeg dit om n nuwe voertuig te koop wat ook instaat sal wees om ons Oyster te sleep. Ek glo nie aan oordoen nie. Voldoende is genoeg. Die probleem is dat die keuses vir my vereistes min is. Dit moet beskis nie n dubbelkoppelaar of n CVT wees nie. Hulle is beide nie betroubaar nie hoewel die vervaardigers anders beweer. Renault is die enigste vervaardiger wat eerlik is deur te verklaar dat sleep met die CVT nie toegelaat word nie. n Gewone ourydse autokas is verkieslik en n handrat is n slegte tweede keuse. Prys is ook n faktor. Ek kan net twee voertuie kry wat ek dalk kan aanvaar: die 1.4l TrRock wat n outo kas het, n oulike voertuig maar duur, en die handrad Jolion wat n handratkas het. Beide se krag lyk voldoende vir die Oyster.
Ek is skrikkerig vir die Sjinese Haval maar sy specs is absoluut indrukwekkend. Oor die VW het ek geen vrese nie maar soos gesê hy is duur. Hy het die voordeel van vierwielaandrywing maar dis n ingewikkelde stelsel wat dalk weer probleme kan gee.
Nou wil ek hoor of daar lede is wat ondervinding met die Haval het verkieslik die handrat model en veral as iemand dalk met een sleep.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
From what I read Chinese cars have upped their game significantly, and the Haval's are really nice cars. As to towing ability I know not, I am a "the more torque the better" guy and 210Nm looks light for me. Having said which the specs are roughly what my 2.5l VW Microbus were and I towed a Penta with that, struggled a bit at times though.
I have no personal experience though. I think we no longer need to be scared of the established Chinese brands.
One too many wasted sunsets, one too many for the road.
Thanks Andrew. I also regard torque important for towing but it seems to me what you see on paper does not always relate directly with what you actually experience. My 2.1 Kombi only produced 172NM and 82 KW and it towed our Supersport quite well. I am aware that Chinese cars are upcoming but set ideas takes a time to change. When I was a child, if something was inferior we used to say it was made in Japan and look what the situation is at present. I still hope people with experience with the Jolion will share this with me.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Aggenee Fred .... net nie 'n Jolion nie
Praat met 'n eienaar terwyl ek my Jimny se wielsporing en balansering laat nagaan in VDB park. Hy is nie te gelukkig nie, want hy kla sy voertuig "is nie wat hy verwag het nie"
Bloot per toeval loop ek (weer - by 'n bandeplek(!) hier in Parys waar ek navraag doen omtrent bande vir my Audi) nóg 'n Jolion eienaar raak - hy sleep 'n Sprite wat bande kry en hy kla ook dat die Jolion maar sukkel met die karavaantjie. Hy reken die "wringkrag is baie oorskat" so, ek weet nie .... voertuig lyk mooi, maar nou ja, seker maar jou eie keuse.
Dankie Nico, dit help. Weet jy dalk waaroor die ander eienaar ongelukkig was? Ek het 'n ruk gelede 'n toetsrit met die top model Jolion onderneem en daar was 'n paar dinge wat my gepla het. Eerstens is die paneelbord vir my verspot- dit herinner aan die ou Renauld Espace (?) wat destyds al nie mooi was nie. Tweedens moet alles op die rekenaar beheer word. Dis ingewikkeld an nie veilig terwyl jy ry nie. Sommige dinge soos lugreëling werk beter met knoppies. Derdens was die "turbo lack" baie lastig. Een oomblik is daar niks en skielik spring die kar vorentoe. Met my Kuga kom ek dit gladnie agter nie. Miskien maak pertol turbos maar so maar dit het my gepla. Teen sowar 200 duisend rand verskil, baie meer "bells en whistles" maar met 'n swakker aandrywing (2 wiel ipv AWD) is die keuse op papier moeilik. Ek worstel nog met die vraag of ek nie maar met my Kuga moet voortgaan nie. Noudat sy ratkasprobleme uitgesorteer is, is hy eintlik alles wat ek wil hê en op enige ander voertuig gaan ek, behalwe vir die geld, nog heelwat inboet. Hy het 'n dubbelkoppelkaarratkas wat probleme gegee het maar dis herstel. As gevolg daarvan sal ek beslis nie weer so 'n ratkas aanvaar nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred gaan jy nuut of tweedehands koop?
One too many wasted sunsets, one too many for the road.
Waarskynlik nuut maar as ek op die T Rock besluit kan ek dalk na n demo kyk. Maar soos ek gesê het, dalk hou ek maar my diesel Kuga. Hy sleep darem baie lekker.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek sou daai Kuga gehou het as ek jy was. Jy weet wat jy het in die Kuga.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Fred - koop vir jou 'n draadborsel as 'n deel van jou anatomie jeuk. Dit is aansienlik goedkoper as 'n nuwe voertuig.

Fred, ek het nie veel gepraat omtrent die eerste eienaar se ontevredenheid (?) met sy Jolion nie. Ek het kommentaar gelewer dat die motor mooi lyk en waarop hy genoem het dat hy ontevrede was met die Jolion se krag uitsetting - dit was volgens hom "oordrewe". Waaroor hy wél kommentaar gelewer het was die brandstof verbruik "baie hoër as sy Mazda".
Ek kan dus nie verder kommentaar lewer omtrent dit nie.
Myns insiens sou ek egter die kommentaar hierbo onderstreep - hou óf die Kuga of gaan vir jou ander keuse - VW Tiguan. Vriend van my sleep (ouer Jurgens) met sy Tiguan en hy is heel tevrede.
Die Volksies is heel goed, dis net die prys! Chris, goeie een.
My Kuga se dubbelkoppelaarratkas is in Januarie vervang met n herboude een na die dubbelkoppelaar ook n paar jaar gelede vervang is. Toe val die voorwiel amper naby Kimberley in Februarie en nou werk hulle aan n lek op die oorbringkas. Beide is agv swak vakmanskap deur Mayfair in Pretoria en beide word onder waarborg herstel. Daar was aan die begin ook n olielekprobleme wat Ford eers met die derde poging suksesvol kon herstel. Dis n geval dat ek begin onseker voel oor die betroubaarheid van die voertuig. Ons is al bietjie bejaard en ek ys om te dink ons kan op die langpad, wat ons baie ry, gestrand raak. Maar as hy loop, is dit n fantastiese voertuig. Miskien as die huidige lek vandag suksesvol herstel is, sal ek weer vertroue in hom terugkry. Soos gesê, dit gaan my baie geld spaar en n nuwe voertuig, selfs n VW, gaan dalk nie so lekker sleep nie. Hy is mos nie n diesel nie.
En n dubbelkoppelaarratkas sal ek beslis nie weer koop nie. Dis ontwerp om in te gee, en beslis nie net op Fords nie- daar is net te veel wat kan verkeerd gaan. Netso met die CVT, en jy kry amper niks anders as die twee nie. Is dit dalk n poging om motoriste te oriënteer om na elektriese voertuie oor te skakel?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja, die simpele CVT ratkaste.
Na my Suzuki Grand Vitara (regtig 'n fantastiese motor, veral na die "skyfie" waarmee dit opgegradeer was) wou ek met alle geweld 'n Subaru Forester aanskaf, maar toe die verkoopsman hoor van my karavaan, het hy my onmiddelik afgeraai van die Subaru ... baie baie eerbaar van hom, moet ek erken. Die CVT ratkas is nie aan te beveel vir karavaan sleep nie, al sê wie ook wat!!
n Mens waardeer sulke eerlikheid. Renault noem by hulle CTV voertuie dat sleep nie toegelaat word nie. Selfs sommige bakkies het sulke ratkaste wat vir my herltamal onverstaanbaar is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Ek oorweeg dit om n nuwe voertuig te koop wat ook instaat sal wees om ons Oyster te sleep. Ek glo nie aan oordoen nie. Voldoende is genoeg. Die probleem is dat die keuses vir my vereistes min is. Dit moet beskis nie n dubbelkoppelaar of n CVT wees nie. Hulle is beide nie betroubaar nie hoewel die vervaardigers anders beweer. Renault is die enigste vervaardiger wat eerlik is deur te verklaar dat sleep met die CVT nie toegelaat word nie. n Gewone ourydse autokas is verkieslik en n handrat is n slegte tweede keuse. Prys is ook n faktor. Ek kan net twee voertuie kry wat ek dalk kan aanvaar: die 1.4l TrRock wat n outo kas het, n oulike voertuig maar duur, en die handrad Jolion wat n handratkas het. Beide se krag lyk voldoende vir die Oyster.
Ek is skrikkerig vir die Sjinese Haval maar sy specs is absoluut indrukwekkend. Oor die VW het ek geen vrese nie maar soos gesê hy is duur. Hy het die voordeel van vierwielaandrywing maar dis n ingewikkelde stelsel wat dalk weer probleme kan gee.
Nou wil ek hoor of daar lede is wat ondervinding met die Haval het verkieslik die handrat model en veral as iemand dalk met een sleep.

Jy gaan 'n helse surprise kry met die Haval se brandstof verbruik selfs sonder om te sleep. My Seun het een gehad vir twee maande en die ding gaan terug gee net weens die swak brandstof verbruik. Hy het dit nie eers gebruik vir sleep nie. Verder is dit 'n baie lekker voertuig, volgens hom.
Dan weet ek nie wat is jou prysklas nie. Maar doen jou self 'n guns en kyk na die Mahindra 300 of die Scorpio N. Jy gaan verbaas wees oor dit wat jy als kry vir die prys wat jy betaal.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dankie Leon. Ek begin almeer dink die Jolion is dalk nie n goeie keuse nie.
Omdat die Mahidra se bakwerk vir my gladnie mooi is nie, veral hier by die agterwie rond, het ek hom nie oorweeg nie. Hy lyk nie vir my so elegant soos byna al sy mededingers nie. Ek het na baie voertuie gekyk en ek kan nie sy spesifikasies onthou nie. Ek sal weer gaan kyk.
Ek dink egter ek moet vir eers my Kuga hou. As jy nie doodseker is oor n duur kopie nie, moet jy eerder maar die pas makeer. Soos ek gesê het, die Kuga is puik en hopelik sal hy nie weer vinnig probleme gee nie
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred my situasie is ietwat verskillend van joune. Drie jaar gelede moes ek n soortgelyke besluit neem. Om mediese redes moes ek afstand doen van my Fleetline en Fortuner waarmee ek en Susan baie lekker en gereeld, gekamp het. Ons is karavaners sedert 1974.
My mediese toestand is van so n aard dat ek gelukkig is om al my sake in orde te kry sodat Susan nie hoef te sukkel as ek nie meer daar is nie. n Jaar gelede moes ek die besluit neem watter voertuig ek moet aanskaf wat haar kommervry sal oorleef. Soos jy, het ek ook baie voertuie oorweeg. Dit moes outomaties wees en as dit kon sonder n turbo en sulke fieterjasies wees wat groot herstel koste tot gevolg mag he. Susan het haar kop op die nuwe Corolla Cross gesit. Net n1800 masjien.......geen turbo nie.....gewone beproefde Toyota masjien met net bietjie hier en daar opgradering. Maar n CVT ratkas!!!!!!!!!!. Dit het my laat huiwer. Ek wou nie. Anders as by jou was daar nie n beplanning om iets weer te sleep nie. Na baie leeswerk en navrae het ek besef dat meeste sedan voertuie nou na daardie tipe ratkaste beweeg. Wat ek nie geweet het nie is dat verskillende vervaardigers verskillende tipes CTV ratkaste bou. Party blykbaar meer betroubaar as ander. Wie sal regtig weet. Ek het egter vrede gemaak daarmee dat groot vervaardigers nie sulke kanse sal waag en hulle produk skade sal berokken met n ondeurdagte ratkas nie. Ek, of dan nou Susan, beplan nie om ooit te sleep met die motor nie. Sleep is blykbaar? n CVT ratkas se vyand. Ek het hom toe nuut gekoop om vir haar n motorplan en dienswaarborg te kry. Ons ry tans nog baie genotvol.
Ek besef my posisie verskil van joune wat nog sleep. Miskien help my ondervinding iemand anders wat met n soortgelyke probleem worstel. Sterkte met jou besluit. n Nuwe ratkas vir jou Kuga sal minder kos as die BTW op n nuwe voertuig en jy het steeds n baie lekker en goed toegeruste voertuig.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
Dankie vir jou bydrae Piet. Ek glo nie ek sou n CVT koop al sleep ek nie. Dis n relatief eenvoudige ding maar hy kan blykbaar nie maklik herstel word nie, altans nie in ons land nie en word maar vervang as daar probkeme is. Ten spyte van sy eenvoudige ontwerp, is hy glo duur hoewel ek nog nie n prys gehoor het nie.
Waarom my ratkas al twee maal ernstige probleme onywikkel get, weet ek nie. Die Oyster is baie lig, my winderige tyd is lankal verby en ek troetel my voertuie. Ek meen n dubbelkoppelaarratkas kan net sulke harde werk doen as n gewone handrat. Die eerste maal is die dubbelkoppelaar vervang, die tweede keer weet ek nie wat verkeerd was nie. Dit het geklink of die werkswinkelmense ook nie kon vasstel nie en daarom het hulle dit met n herboude eenheid vervang. Met die AWD is daar n verdere vier of dalk vyf koppelare. Dit is net soveel meer dinge wat kan verkeerd loop. Ek het die Kuga nie gekoop omdat hy AWD was nie maar omdat ek dink voorwielaandrywing is nie die beste opsie vir karavaansleep nie. Geen medium grootte SUV het net agterwielaandrywing nie. Dit, met n "limited slip diff"(Afrikaans?) is myns insiens al wat ek nodig het.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Leon, ek het na die Mahindra se specs gaan kyk. Die probleem hy het ook n dubbelkoppelaar of handrat. Ek sal verkieslik een wil hê waar ek nie n koppelaar hoef te trap nie, maar n dubbelkoppelaar is uit. Hy lewer ook 105Kw, ek kan nie die wringkrag onthou nie. Telkens as ek na n voertuig kyk en dit met die Kuga vergelyk, lyk die Kuga beter. Ek sal hom nie weggooi agv die koppelaar nie, maar ek wil nie weer so een hê nie. Die Tiguan het ook n dubbelkoppelaar maar twee van die goedkoper TRocks het regte outydse auto kaste wat die eerste prys is: betroubaar, relatief eenvoudig en ekonomies herstelbaar. Maar ek waardeer jou en ander lede se insette.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het nie n idee wat jul alles hierbo bespreek en vergelyk het nie, maar my opinie - hou daai Kuga, net oor hy n FORD is !!! ð¤£
Ek begin ook do dink Leen.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
En so kom ons, met bespreking en goeie redes, tot 'n aanvaarde besluit!
Lekker man, lekker Fred!
Gaan nou na buite, was jou Fordjie mooi, politoer, stofsuig, gaan vir 'n ete by 'n padkafee (belangrik, want dan "eet" die Kuga mos saam) en geniet jou kar.
Voorspoed!!
NS. PietG, ek het jou insetsel - "die BTW op die nuwe voertuig gaan meer kos as 'n nuwe ratkas vir die Kuga", baie toepaslik gevind! Goeie opmerking, voorwaar!!