Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21186 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5595 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4779 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1664 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1465 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 983 |
Gerden | 915 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 357 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 286 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Is daar dan SOVEEL skatryk mense?
Ouens, ons het so pas n heerlike verblyf (weer) by Ebb and Flow op Wildernis gehad. Julle almal kyk ook seker rond na watter sleepgoed die nuwe geslag kampeerders deesdae sleep.
Laat ek vir julle een ding sê : Daar is BAIE skatryk mense deesdae wat karavane sleep.
Ons het nog nooit soveel sleep-kombinasies gesien wat meer as een-en-n-driekwart miljoen rand kos nie. Jislaaik ouens! Mense sleep die duurste goed! En hulle sleep met die duurste voertuie! Ons het, byvoorbeeld, nog nooit soveel Mobi-Lodges in die kamp en op die pad gesien nie. En maklik word n V8 Land Cruiser gebruik. Die ouens kom daai kamp ingery met sleepgoed wat lyk soos iets wat deur Space-X ontwerp is.
Ek verstout my deur te sê dat ek n vermoede het dat daar bitter min van daai duuuuur goed is wat ooit n grondpad sien. Vir al as jy kyk na die duur skoentjies en gemanukileerde-gesiggies en fynbesnaarde kleertjies van die girls wanneer hulle by daai duur karavane uitklim. Die een ou het langs ons kom opslaan en sommer met die kennismaak-slag is ek vertel dat "dit tyd geword het dat ek my eiendom en uitgebreide sakebelange in Gauteng en oarals n slag los en n bietjie toer, ek HET mos n rekenaar en WiFi en als."
En dan sit hy die hele tyd en werk.
Wel, so het elke ou sy eie agenda.
You'll never never know if you never never go
Ja wat, dit is great as mens so geseen is. Hulle moet dit geniet.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek was vir presies een dag 'n miljoener, toe die geld van my huisverkoop in die bank inbetaal is.................
Die volgende dag gaan koop ek toe my Toyota.........
Met die gevolg is ek's weer arm.
One is never too old too learn


Ek was vir presies een dag 'n miljoener, toe die geld van my huisverkoop in die bank inbetaal is.................
Die volgende dag gaan koop ek toe my Toyota.........
Met die gevolg is ek's weer arm.

Dis omdat jy 'n Toyota gekoop het.
ððð¤£
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Julle sal verbaas wees om te sien hoeveel "multi, multi miljoeners" alles verkoop het en is permie kampeerders.
Nie swaeltjies nie, gevestig by een oord en gooi so no en dan hulle tent in voertuig en verdwyn so vir 2-weke.
Ek het kennis gemaak een ou en hy reken:
- Hy betaal eerder R3k/maand voordat hy R10k op sy huis moet betaal.
- Geen bekommernis om grond belasting te betaal nie.
- Water is gratis.
- Ons het pre-paid en gebruik slegs +/- 120 eenhede per maand.
- Geen tuindiens en huishulp word benodig nie.
- Ek benodig nie Å " Mansion" nie. My karavaam is my vrou en my "Mansion".
- Die lewe is rustiger met geen stad rumoer of gejaag van laaities met hulle Golfies nie. Dit is net lekker elke oggend om op te staan en jou dag beplan sonder om jouself oormoeg te werk nie.

Julle sal verbaas wees om te sien hoeveel "multi, multi miljoeners" alles verkoop het en is permie kampeerders.
Nie swaeltjies nie, gevestig by een oord en gooi so no en dan hulle tent in voertuig en verdwyn so vir 2-weke.
Ek het kennis gemaak een ou en hy reken:
- Hy betaal eerder R3k/maand voordat hy R10k op sy huis moet betaal.
- Geen bekommernis om grond belasting te betaal nie.
- Water is gratis.
- Ons het pre-paid en gebruik slegs +/- 120 eenhede per maand.
- Geen tuindiens en huishulp word benodig nie.
- Ek benodig nie Å„ " Mansion" nie. My karavaam is my vrou en my "Mansion".
- Die lewe is rustiger met geen stad rumoer of gejaag van laaities met hulle Golfies nie. Dit is net lekker elke oggend om op te staan en jou dag beplan sonder om jouself oormoeg te werk nie.

"Brag" gat
ðð¤£ð
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Een ding wat ons geleer het:
- Jy raak nie aan die water in die emmer nie, want dan gan jy jou "Gaai" vinnig sien.
- Wees "Money Wise".
- Moet nooit meer as genoeg koop nie. Byvoorbeeld, ons vleis en kruideniers by die huis het ons +/- R7k uit die sak gejaag.
Nou "Budget" ons op maks, R3.5k.
- As daar kos oor bly vries wat ons kan vries, dan doen ons dit.
- Ons koop by Hunters Slaghuis Å "Hamper" teen R610 rand en voed ons meer as 1-maand.
Elke ou kamp soos hy wil met n campmaster tent , boswa RTT karavan ens solank ons net kamp en dis so dit raak duur maar bly lekke
Haak daai wa kamp bly koning

Julle sal verbaas wees om te sien hoeveel "multi, multi miljoeners" alles verkoop het en is permie kampeerders.
Nie swaeltjies nie, gevestig by een oord en gooi so no en dan hulle tent in voertuig en verdwyn so vir 2-weke.
Ek het kennis gemaak een ou en hy reken:
- Hy betaal eerder R3k/maand voordat hy R10k op sy huis moet betaal.
- Geen bekommernis om grond belasting te betaal nie.
- Water is gratis.
- Ons het pre-paid en gebruik slegs +/- 120 eenhede per maand.
- Geen tuindiens en huishulp word benodig nie.
- Ek benodig nie Å„ " Mansion" nie. My karavaam is my vrou en my "Mansion".
- Die lewe is rustiger met geen stad rumoer of gejaag van laaities met hulle Golfies nie. Dit is net lekker elke oggend om op te staan en jou dag beplan sonder om jouself oormoeg te werk nie.

En beste van alles...>As jy die moer in raak vir die buurman se aanhoudende geraas, .....>
Dan trek jy ð
Ek's oor 'n maand ook op pad met vroulief.
One is never too old too learn


LOL, Jou beurt is jou beurt.
Een ding wat ons geleer het:
- Jy raak nie aan die water in die emmer nie, want dan gan jy jou "Gaai" vinnig sien.
- Wees "Money Wise".
- Moet nooit meer as genoeg koop nie. Byvoorbeeld, ons vleis en kruideniers by die huis het ons +/- R7k uit die sak gejaag.
Nou "Budget" ons op maks, R3.5k.
- As daar kos oor bly vries wat ons kan vries, dan doen ons dit.
- Ons koop by Hunters Slaghuis Å„ "Hamper" teen R610 rand en voed ons meer as 1-maand.

Ons vleisrekening is nooit oor R600.00 per maand nie.
Al opgelet hoe jou stoelgang stink as jy vleis aanhoudend eet? ð¤ª
One is never too old too learn

One is never too old too learn

Dansan sê: " Julle almal kyk ook seker rond na watter sleepgoed die nuwe geslag kampeerders deesdae sleep."
Ons filosofie was van die begin af vakansies en kampering mag nie op skuld gebeur nie. Ons het nog nooit op'n karavaan of kampeer goed geskuld nie.
Ek is deel van die ou geslag. Koop kontant, en as ek dit nie kan doen nie dan bly ek daar sonder.
Nou wonder ek net hoeveel word geskuld op die wonderlike rygoed en karavane of boswaens waarna Dansan verwys en waarmee die nuwe geslag graag spog.
Snaaks hoeveel lekkerder 'n ou slaap wanneer hy absoluut geen skud het nie!
Ek het destyds toe die terugbetalingstermyn verleng is tot 6 jaar 'n dame hoor sê " Jippeee! Nou kan ons daardie dubbelwiel karavaan uiteindelik bekostig." ð
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ek voel nes jy Pieter
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Dansan sê: " Julle almal kyk ook seker rond na watter sleepgoed die nuwe geslag kampeerders deesdae sleep."
Ons filosofie was van die begin af vakansies en kampering mag nie op skuld gebeur nie. Ons het nog nooit op'n karavaan of kampeer goed geskuld nie.
Ek is deel van die ou geslag. Koop kontant, en as ek dit nie kan doen nie dan bly ek daar sonder.
Nou wonder ek net hoeveel word geskuld op die wonderlike rygoed en karavane of boswaens waarna Dansan verwys en waarmee die nuwe geslag graag spog.
Snaaks hoeveel lekkerder 'n ou slaap wanneer hy absoluut geen skud het nie!
Ek het destyds toe die terugbetalingstermyn verleng is tot 6 jaar 'n dame hoor sê " Jippeee! Nou kan ons daardie dubbelwiel karavaan uiteindelik bekostig." 👎

So iets?

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Ons vleisrekening is nooit oor R600.00 per maand nie.
Al opgelet hoe jou stoelgang stink as jy vleis aanhoudend eet? 🤪

Ons is pasta en vis mense.
Somtyds gedurende die week word allerlei voor gesit en elkeen bou sy eie toebie of sub.
Ek gaan nou wragies nie my vleis eenkant toe skuif sodat my poef lekker moet ruik nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Ek gaan nou wragies nie my vleis eenkant toe skuif sodat my poef lekker moet ruik nie

ð
Al weer oppad iewers heen.


Ek gaan nou wragies nie my vleis eenkant toe skuif sodat my poef lekker moet ruik nie

Ons byvoorbeeld seel die vleise en ander voedsel wat nie kan afgaan tydens vries tydperk nie en sit dan sommer Å vinnige ete voor met onverwagte gaste en selfs slegs vir ons twee saam as die tyd beknop raak.

Jy kry mense wat hope vleis, halwe skaap boude, roasts ens.. weggooi.
Ons byvoorbeeld seel die vleise en ander voedsel wat nie kan afgaan tydens vries tydperk nie en sit dan sommer Å„ vinnige ete voor met onverwagte gaste en selfs slegs vir ons twee saam as die tyd beknop raak.

In die winter bak my vrou vetkoeke en ek maak dik groente sop.
Ons vries dan die sop in "tupperware" houers en seel die vetkoeke.
Daar en dan het jy alreeds Å voorbereide ete.
Gerden dankie jy laat n ander wereld nou oop vries vannie kos en as jy kamp maak warm en walla bob is my uncle
Haak daai wa kamp bly koning
Danie, ek stem saam, daar is baia duur uitrusting in die kampe. Ek dink ook daar is baia skuld tussen hulle.
Dit was vir ons so snaaks toe ons in die laat negentigs met ons opvou opgeboude 1965 Slipstream in Skukuza kamp n' seuntjie in die badkaamer hoor vir sy Pa sê, "daai mense is seeker baia arm, hulle het so n' klein karavaantjie" En hy wys so met sy vinger na ons Slipstream. Dan so twee weeke terug in die Shingwedzi kamp terein hoor ek n' dogtertjie vir haar Pa sê, "daai mense is seeker baai ryk, kyk net, hulle het so n' baia lang karavaan". Sy wys na ons Exclusive....nou ja...uit die mond van die suigeling.
Kampers spandeer miljoene om soos n' huisloose te woon.
Groete,
Paul