Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





I struggle to reverse my caravan. HELP.
I struggle to reverse my caravan when needed, any advice will be appreciated.
REMEMBER!! You live every day, but you only die once.
Presies wat is dit waarmee jy sukkel Lennie. Kan jy meer verduidelik
ðŸÅªï¸ Worry ends where faith begins ðŸÅªï¸Â

Verskoon tog Hennie dat ek jou Lennie noem. Yes jy gaan moet meer verduidelik.
ðŸÅªï¸ Worry ends where faith begins ðŸÅªï¸Â

Karavaanmense het maar almal met die probleem gesukkel. Dis maar 'n ding wat met oefening kom. Daar is nie 'n kort pad nie. En jy het dit nodig. Soms is daar bestuurders wat nie kan lees nie en dan beland hulle in die e-tag alleen-baan by 'n tolhek voor jou. Nou moet jy en die ander voertuie agteruit stoot en as jy dit nie kan doen nie, is dit nogal 'n gemors. Ek het dit al 'n paar keer beleef. By die kampplek of tuis is jy minstens onder minder spanning.
As jy vorentoe ry, kyk jy onbewus na die bokant van die stuurwiel. As jy links wil draai, moet dit links beweeg. As jy agteruit ry, moet jy na die onderkant van die stuurwiel kyk. Dit help as jy die stuurwiel onder vashou. Maar jy het baie meer ruimte nodig as met vorentoe ry, veral aan die begin. Dis maar die beginsel, maar die enigste manier om dit te bemeester, is deur te oefen. As jy dalk 'n groot stil area soos 'n leë parkeerarea op 'n Sondagmiddag, kan kry om te oefen, sal dit werk. As jy agteruit ry, hou die karavaan in die spieëls dop. Probeer om dit nie te ver links of regs te laat swaai nie- korigeer betyds. As dit wel te veel swaai, is dit moeilik om agteruit te korrigeer- ry dan eerder 'n paar tree vorentoe tot the kombinasie weer in lyn is en probeeer weer. Om ook die karavaan deur 90 grade te draai, is effens moeiliker. Hou net moed en oefen- jy sal dit bemeester.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Do you have problems with the brakes that engages while reversing or is it the maneuvering of the caravan into a parking spot?
If its the brakes a bit of explanation there...............! ! !
But if its the maneuvering its actually very easy ..................Turn the steering wheel towards the fault.
Better explained:
If the rear of the caravan is going wrongly to the right turn the steering right (in other words steer towards the problem).
Example: I want to reverse in a straight line
- I look at the side mirrors while reversing.
- If the rear of caravan moves left I steer left.
- If the rear of the caravan moves right I steer right.
TURN STEERING TOWARDS THE FAULT THE CARAVAN IS MAKING
It will then be corrected.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Oefen, oefen, oefen.
Sterkte
Al weer oppad iewers heen.

Hoop dit help

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

40jr terug was dit nie beskikbaar op die plaas nie. Moes maar leer met trekker en seepwa wat nog moeliker was.
Al weer oppad iewers heen.

Al die raad is reeds gegee v d verskillende maniere om na die korrekte kant te draai. Oefen is maar die wagwoord om toe te pas wat gese is.
Wie maak nog hul deur oop en kyk agtertoe sonder om met spieels te beweeg behalwe natuurlik as die wa in die linkerkantse spieel gesien kan word en nie meer regs nie?



40jr terug was dit nie beskikbaar op die plaas nie. Moes maar leer met trekker en seepwa wat nog moeliker was.

Nog noe daai kombinasie bestuur nie, maar ek sukkel die meeste met n Ventertjie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

'n Sleepwa is moeiliker om agteruit te sleep as 'n karavaan, om twee redes: Jy sien hom moeilik en die afstand van die haak na die as is so kort dat hy baie vinnig swenk as die sleepvoertuig effens swenk. 'n Lank karavaan is beslis makliker. Wat help, ook om te weet of the sleepwa nog saamkom, is om 'n paaltjie met 'n vlaggie of so-iets op die sleepwa te monteer wat jy deur die binneste spieël kan sien. Ek het een met 'n rooi liggie aan wat saammet die parkeerligte van die sleepwa werk sodat ek ook in die nag die Ventertjie kan sien.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As ek agteruit stoot met die wa hardloop daardie voertuig soos 'n geelslang. Dis nou agteruit. Nie so vinnig nie, maar dat ek in die spieëls kan sien wat langs die wa aangaan. Nou ja 'n slang stoot nie agteruit nie. Maar net die manier hoe die voertuig moet beweeg.
Hierdie werk ook. Dis net nie my natuurlike posisie van bestuur nie. Ek hou die stuurwiel op plekke 10 voor 2 vas.
As jy dit soos ek vas hou kan jy die terugstoot baie maklik oefen. En die beste om dit mee te doen is 'n klein sleepwaentjie omrede hy so maklik knipmes.
- Haak die waentjie agter 'n groot voertuig soos 'n DC bakkie.
- As alles in reguit lyn is behoort jy NIE die waentjie agter die voertuig te kan sien nie.
- Ry nou agter uit
- Die oomblik wat jy die waentjie in een van die kantspieels gewaar. Draai die stuurwiel na daai spieel toe.
- Die hoeveelheid van stuur om die waentjie weer reguit agter die voertuig te kry gaan jy met tyd agter kom. Dis die oefening waarvan gepraat word.
Laastens stem ek 100% saam met die feit dat dit makliker is om 'n sleepwa terug te stoot waarvan die as op die sleepwa meer nader na agter gemonteer is op die sleep wa as wat hy in die middel van die sleepwa is.
Voorbeeld hiervan is die verskil in aste gemonteer op 'n 6' trailer en die as op 'n boot se sleepwa. Meeste gewig van 'n boot is nader aan agter weens die motors dus word die as omtrent 'n derde van agter gemonteer.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Fred, ek hou van daardie idee van die liggie op die Ventertjie .... baie baie skerp!
Nico, dit het gekom toe ek eenmaal die Ventertjie in die nag agter ons Kombi gesleep het. Seker neuroties, maar ek het aanhoudend gewonder of die sleepwa nog agter die Kombi was. Die paaltjie was net eenvoudiug nie sigbaar nie. Gemoedsrus is baie werd.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Gaan met ma saam op n sondag middag na n winkel sentrum se oop parkeering as dit stil is met die wa en oefen, oefen, oefen ry agteruit deur die parkeer plekke. Oefen net soos al die goeie raad wat almal hierbo gegee het. Pasop net vir die dronk bome en pale.
Sterkte

Hennie Antwoord nie. Ek dink Hy het reg gekom. ðŸ¤â
ðŸÅªï¸ Worry ends where faith begins ðŸÅªï¸Â


Gaan met ma saam op n sondag middag na n winkel sentrum se oop parkeering as dit stil is met die wa en oefen, oefen, oefen ry agteruit deur die parkeer plekke. Oefen net soos al die goeie raad wat almal hierbo gegee het. Pasop net vir die dronk bome en pale.
Sterkte

Jy praat so van bome wat "beweeg" Hierdie kennisgewing by Kokoriba gesien.....

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Nee wat, ou Hennie is reeds met die wal af in die sloot .... hy kom nie terug om te antwoord nie!!!

Nee wat, ou Hennie is reeds met die wal af in die sloot .... hy kom nie terug om te antwoord nie!!!

Nee manne, ek oefen nou elke dag, ek het selfs karavaan spieels gekoop om te help. Dankie vir al die terugvoer,wardeer dit baie.
REMEMBER!! You live every day, but you only die once.
Hallo, raad asb hoe om diy vlagge op 'n ou 1980s sleepwaentjie te monteer?