Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22028 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17782 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6241 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5314 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2701 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1261 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1183 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
1Pierre2 | 419 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 359 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |





Hoe ver/lank ry julle op ‘n dag?
My dae van 7 of 8 ure op ‘n dag ry is verby. Ek probeer my nou tot 4 oh 41/2 ure beperk - al is my destinasie slegs ‘n paar uur langer van die huis af
Never too old to have a happy childhood
As ons see toe ry, hou ons van oornag...maar terugpad ry ons een slag deur, want dan is opgewondenheid verby.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

For me usually around 400km sometimes a bit more depending on the route. Often less than that so we can explore new towns and areas along the way. There is no rush to get there or back. Back? no there is definitely no rush to get back we like to just keep going :)
As ons sleep so min of meer 500 km per dag.
Interessant. As pensioenaris is daar een ding waarvan Ek genoeg het - tyd. My voorneme is maar om vir ‘n ekstra nag te beplan. En vir diegene van julle wat nou op die pad gaan wees - bly veilig. Geseende Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar.
Never too old to have a happy childhood
Ons sleep ook maks 500km per dag en die neem ook 8 tot 9 ure se sleep met al die stoppe ingewerk.
Ons jaag ook nie meer deesdae van punt A na B nie. Tyd is aan ons kant.
Ek sleep in oormatige hitte = 200km.
Normale temp = 500km.
Erge onweer = Tot waar die weer my sig beinvloed.
Ek probeer ook geensins in die nag / donkerte sleep nie.
Ons staan so op dat ons net so na eerstelig in die pad val.
Aai, dit bly darem maar net lekker.

Interessant. As pensioenaris is daar een ding waarvan Ek genoeg het - tyd. My voorneme is maar om vir ‘n ekstra nag te beplan. En vir diegene van julle wat nou op die pad gaan wees - bly veilig. Geseende Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar.

Ons is ook afgetree en is nie tydgebonde nie.
Ons is Permies met hoofbasis -Modimolle en reis gewoonlik buite seisoen sonder gejaag na A - B.
Vir die afgelope 5-jaar dra ek geen horlosie nie.
Ons hou nie eens meer n kalender in nabyheid nie, slegs selfoon kalender.
Max 6 ure se ry, met of sonder sleep - konsentrasie neem ernstig af na 2 tot 3 ure volgens stats.
As ons ver reis, van Limpopo na die Suidkaap of na Natal, soveel as sewe uur per dag. As ons toer, so kort as moonlik, seker nie langer as so drie uur per dag nie en gewoonlik baie minder. Hoe ons ookal ry, 'n stop vir koffie en beskuit, en so-aan elke twee uur, eet heeltyd lekkernye in plaas van groot etes wat jou vaak maak en dus gevaarlik is, maak die reis gemaklik. Ek dink 'n mens word oor ry-fiks. As jy net so eenmaal per jaar buite jou omgewing reis, is die reis dalk moeilik en word jy moeg. Dit hang ook af hoe jy die reis ervaar: geniet jy dit of is dit net 'n lastigheid wat tusen jou en jou bestemming staan. Ek dink jy doen jouself 'n onguns as laasgenoemde vir jou die geval is- dis heerlik om die langpad te vat, altans dit is vir my. Ek kan net noem dat ek amper sestig jaar by bestuurslisensie het en dit is steeds vir my 'n groot plesier agter die wiel en 'n voertuig, " 'n wonderlike uitvinding van die Engelse." Jy hoef ook nie te dink jy raak te oud om te bestuur nie. 'n Ou vriend wat so 'n paar maade gelede in die Suidkaap oorlede is op 94 jaar, het nog jaarliks lang reise oa na Pretoria en Namibië onderneem en self die meeste van die tyd bestuur, tot 'n paar maande voor sy dood.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons is afgetree en dus is tyd nou uiteindelik ons sin. Ons ry so ver as ons lus kry. Gewoonlik niks meer as 4 uure nie. Wildtuin toe en terug ry ons nog een slag sonder om te oornag maar ek glo ons sal dit ook begin op breek.
As jy net twee weeke verlof het dan spandeer jy so min as moontelik tyd op die pad.
Ek moet ook by se, dit is lekker om nou so maand tuis te spandeer. Omtrent all die to-do dingetjies is klaar maar ons sal seeker eers so mid Januarie weer erens heen gaan?
Die movers moet na EWIKS toe gaan vir nuwe ratkaste en die dak van die woonwa moet nog in die nuwe jaar geseel word.
Groete,
Paul
Met die paaie wat sso sleg is en al die potholes, is dit veiliger vir ons om oor te slaap so halp pad van ons bestemming toe.
Ek sleep 'n aller-maksimum van 500km tussen vertrek- en eindpunt vir die dag. My skofte vir die dag is gewoonlik tussen 1 en 2 uur se rytyd. Dan is dit tyd vir 'n bene-rek-, koffie- of ete-stop. Ek ry geensins in die donker nie. Gevolglik trek ek nie voor 08:00 weg by my vertrekpunt nie (ook by my huis op die eerste dag) - selfs later. En 17:00 (op die laatste) moet my wa ge-"level" staan en al's reg wees vir 'n sondonnertjie. Vir ons is die reis (vanaf die huis of terug huistoe) deel van die vakansie.
My reisplan vir 2025 se wildtuinbesoek behels:
1) Huis tot Hartenbos (4 aande)
2) Hartenbos tot Karoo Nas Park (7 aande)
3) Karoo Nas Park na Forever Gariep (1 aand)
4) Forever Gariep na Aldam (1 aand)
5) Aldam na Klein-Kariba (10 aande)
6) Klein-Kariba na Malelane-kamp (1 aand)
7) Malelane-kamp na Krokodilbrug (28 aande)
8) Krokodilbrug na Kaia Manzi (1 aand)
9) Kaia Manzi na Aldam (1 aand)
10) Aldam na Forever Gariep (1 aand)
11) Forever Gariep na Karoo Nas Park (1 aand)
12) Karoo Nas Park na huis


Met die paaie wat sso sleg is en al die potholes, is dit veiliger vir ons om oor te slaap so halp pad van ons bestemming toe.

Waar kamp jy hier Eben? Scottburgh?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

As ons toer maksimum 4 ure op die pad. Geen haas nie. Af Kaap toe het ons gemiddeld 4 keer oorgeslaap en dan sommer PE omgery kaap toe.
Andersins direk na 'n bestemming nie meer as 450-500km per dag nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

