Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21193 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5601 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4782 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Hernuwing van Bestuurlisensie
As jy gaan vir hernuwing neem hulle self fotos of moet n mens dit nog vooraf laat neem
Dankie
Tjaart.
Laaste keer het hulle die fotos geneem. Ek neem aan iemand kry n kick-back vir dit.
Eks bly jy praat oor dit.
My en Elma sn moet ook hernu word... Julie maand.
I love camping all year round

Nee Tjaart, die klomp aanvaar dit nie.
Ek het myne laat neem hier by Lambton Spar, maar ek sien die plekkie wat fotos neem het toegemaak.
Die beste en vinnigste vir hernuwing is in Bedfordview.
Ek het my oê laat toets by die oog aarts omrede die ander my altyd "fail".
Kry al jou dokumente reg vooraf en dit neem gewoonlik op die langste 30-minute.
Wadeville, kan jy jou maar regmaak vir heeldag staan.
Ek moet ook gaan
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble

Bedfordview het n outjie buite in n kombi wat fotos vat. Hulle het geen probleem daarmee. Laat jou oe toets by oog arts en vat alle dokumentasie saam
As hulle jou oë toets sal jy moontlik sukkel.
ðŸÅªï¸ Worry ends where faith begins ðŸÅªï¸Â


Bedfordview het n outjie buite in n kombi wat fotos vat. Hulle het geen probleem daarmee. Laat jou oe toets by oog arts en vat alle dokumentasie saam
As hulle jou oë toets sal jy moontlik sukkel.

Dankie dat jy sê van die toets. Het sopas my oë by oogarts laat toets vir n nuwe bril.
I love camping all year round

Ek het laasjaar in Centurion gegaan....daar hoef jy nie fotos saam te neem nie......hulle neem terselfdertyd as jy vingerafdrukke doen.
Al wanneer jy fotos moet saam bring is wanneer jy gaan vir tydelike lisensie {As jou huidige een verval het}
Elke kantoor verskil....nie almal het die nuwe tegnologie al ge-installeer nie.....so jy gaan spesifiek moet vra waar jy beplan om lisensie te hernu, want dit gaan van kantoor tot kantoor verskil
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Ek het laasjaar in Centurion gegaan....daar hoef jy nie fotos saam te neem nie......hulle neem terselfdertyd as jy vingerafdrukke doen.
Al wanneer jy fotos moet saam bring is wanneer jy gaan vir tydelike lisensie {As jou huidige een verval het}
Elke kantoor verskil....nie almal het die nuwe tegnologie al ge-installeer nie.....so jy gaan spesifiek moet vra waar jy beplan om lisensie te hernu, want dit gaan van kantoor tot kantoor verskil

Ek het ook vooraf by Specsavers oogtoets laat doen....dis gratis. By Centurion het hulle ons met oogtoetse voorkeur gegee om tou te "skip"......so dit het lekker vinnig gegaan. Deesdae maak die ouens fisies n afspraak....hoef dan nie in toue te staan nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Bedfordview het n outjie buite in n kombi wat fotos vat. Hulle het geen probleem daarmee. Laat jou oe toets by oog arts en vat alle dokumentasie saam
As hulle jou oë toets sal jy moontlik sukkel.

Vorige keer by Wadeville, "fail" hulle my 2x. Die beampte noem toe, as ek weer druip mag ek nie meer bestuur nie.
Ek gaan toets my oê by die oogarts en vertel hom die storie.
Al wat hy noem was, jou beursie het seker in jou gatsak gebly?
Toe ek teruggaan met die sertifikaat, vra ek: Hoeveel soek jy om my nie te "fail" op vinger afdruk nie????
Ek dink in meeste gevalle sukkel n mens. Hang af hoe broke die mense is wat met jou werk en moet beslis nie arrogant voorkom. Ek groet in die taal wat my help so dink hulle ek verstaan as daar agter af gepraat word. Skandelik moet jy hoop mense is in n goeie bui wat jou help
ðŸÅªï¸ Worry ends where faith begins ðŸÅªï¸Â


Ek dink in meeste gevalle sukkel n mens. Hang af hoe broke die mense is wat met jou werk en moet beslis nie arrogant voorkom. Ek groet in die taal wat my help so dink hulle ek verstaan as daar agter af gepraat word. Skandelik moet jy hoop mense is in n goeie bui wat jou help

Dit is net om geld te maak vir die 2de lunch time.
En die sous tap van die kakebene en hande af. Gross niks anders
ðŸÅªï¸ Worry ends where faith begins ðŸÅªï¸Â

Ek het onlangs myne moes hernu maar ek kon nie n afspraak via internet kry om by Centurion te hernu nie en is toe verwys Langlaagte toe. Ek is toe maar Brits toe wat ook maar n dag uitstappie was. Met die wagtyd om te gaan afhaal was ek gelukkig genoeg om met die 3de probeer slag dit te kry. Mens moet maar geduld aan die dag le om geholpe te raak.

Dame by my vrou se werk het afspraak gemaak online. Afspraak is gekry in Vereniging. Sy het haar self voorberei vir 'n lang storie. Daar gekom is als afgehandel in 30min.
So ja die tyds duur veral verskil van kantoor tot kantoor.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Maar nou se hulle jy kan nie meer afspraak maak vir hernuwing nie
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble

Het twee jaar gelede aansoek gedoen vir hernuwing toe ons lissensies verval het, en alhoewel dit ook so 45min geneem het, het hulle aangedring om self die oogtoetse te doen, al het ek en vroutjie albei sertifikate van oog-arts gehad. Moet bysê, daardie tyd was hulle nie juis arogant nie, en ons was heel tevrede met die afloop van sake.
A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
Ek kry ook nie afspraak gereel nie en myne verval nou in Junie....... So ek weet nie, moet ek maar uitry Brits toe of watter plek waar jy maar kan instap en wag?
Ek het gebel en hulle gese ek moet bedfordveiw toe gaan want hulle vat walk ins
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble

In Pietersburg waar ons woon, is daar altyd lang toue hoewel die mense gewoonlik heel hoflik is. Maar in Riversdal waar ons vakansie hou, is daar nie sulke toue nie, die mense is nie net hoflik nie maar vriendelik, so dis waar ons ons s'n laat doen. Ek het al gehoor selfs in Gauteng is dit beter om na kleiner plekke te gaan waar daar nie sulke lang toue is nie, eerder as in die groter sentrums.
Ek hoor wat julle sê oor die omkopery. Ek moet sê ek het nog nooit enigiemand vir enigiets omgekoop nie. Miskien moet 'n mens maar nie te ywerig wees om voorkeurbehandeling te kry of boetes te ontduik deur omkoopgeld aan te bied is nie. As jy dit doen, is jy netso skelm as die omkoopbare amptenaar en jy versterk daardeur sy geneigdheid om omgekoop te word. Dis myns insiens dieselfde as prostitute wat veroordeel en vervolg word maar die mans wat met hulle sake doen, kom vry. Deur dit te doen, skep ons in werklikheid die "bedryf".
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit is nie nodig om fotos te laat neem en saam te vat, vir hernuwing van jou bestuurslisensie nie.
Tydens die eerste lisensie en -hernuwing neem hulle fotos en daardie foto bly op die stelsel en word automaties op jou hernieude lisensie geplaas.
My en my vrou se hernuwings het nou die "stok-ou" foto wat maar valerig lyk op ons nuwe lisensies. Dit is egter so valerig dat dit jou nie eers jonger laat lyk as wat jy nou is nie..
My vrou het 'n week gelede op die web ingegaan op n Sondagaand en gesien die afsprake (slots op die web) vir Gauteng maak eers op n Maandagoggend vanaf 7:45 oop. Maandag het sy vir 45min gesit en wag. Kon kies tussen Akasia, Waltloo en Centurion. Kalender het opgekom vir die week 21-24 Mei (dis die enigste dae wat afsprake beskikbaar was) en sy het die 24ste gekies. Spesifieke tyd kon ook gekies word. Sy het sommer die eerste beste een (8:40) geneem. Daar is n klomp doks wat benodig word soos 2 ID foto's ens., maar die lastige een is die bewys van woonadres. Ons moet nou SAPS toe gaan en n beëdigde verklaring kry dat sy by my adres bly. Hierdie een is bietjie vreemd, sy sal weer daarna kyk, weet nie of dit 'n vereiste deesdae is vir hernuwings nie. Sy het alreeds die vorms van die web af gedruk, dis nou nog net van dit voltooi en n oogtoets bekom. Alle besonderhede kan gekry word op "RTMC Drivers and Learners Online Portal". Kies opsie DL Card Renewal.
Moeg geploeg.