Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22038 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17789 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6244 |
Bostoe | 5471 |
BrianB | 5319 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2712 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1262 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1187 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 444 |
Harv | 424 |
1Pierre2 | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 361 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
Andrew | 153 |

GARMIN GPS KABEL
Die kabel van my Garmin Nuvi 2360LT is beskadig. Ek kan 'n nuwe koop vir R1700 maar teen die prys is dit amper sinvoller om 'n nuwe GPS te koop Ek sou egter graag eerder wil aanhou om die oue te gebruik. Ek het 'n ander USB prop probeer aansoldeer maar die kleurkodes van die drade verskil van die standaard kabel en daar word ook meer drade gebruik sodat dit nie moontlik is nie.
Sou daar dalk iemand wees wat so 'n eenheid het wat dalk foutief geraak het en nog die kabel het? Ek sou graag so 'n kabel by hom/haar wou koop. Dit is die tipe met die ontvanger vir verkeersinligting. Ek kan steeds die GPS gebruik met 'n gewone USB kabel maar ek kry dan nie verkeersinligting nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Google die kabel....daar is plekke wat onder R600 vra
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Sien hierdie 2de handse een vir R199....blykbaar battery pap maar kan dan kabel gebruik
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Of R495 in goeie kondisie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dankie Geert. Ongelukkig lyk dit my die oorspronklike kabel is ook beskadig want die een op die foto is die gewone USB kabel wat nie verkeersinligting kan opvang nie. As die GPS werklik werk, is dit 'n baie goeie kopie. In die voertuig is hy deurenttyd aan die krag gekoppel sodat die battery nie juis sal pla nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jou nuwe kar het mos ingeboude skerm vir GPS....kan via Google maps gaan waar ook verkeers info deurgegee word
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Hy het nie 'n ingeboude GPS nie, maar dmv Android Auto kan hy met 'n selfoon koppel en dan gebruik jy Google Maps op die selfoon. Dit verskyn dan op die skerm in die voertuig. Google Maps het sy voordele maar ook nadele. Ek gebruik albei maar ek is gewoond aan die Garmin vir baie jare en verkies dit op die lang pad, nie soseer om te navigeer nie maar vir die inligting soos verwagte tyd van aankoms. Ek meen die selfoon het ook 'n dataverbinding nodig en gebruik dan deurentyd data om te navigeer wat nogal swaar kan wees op sy data.

Daai skerm in kar werk puik via selfoon. Jy kan areas download, dan gebruik hy geen data nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek het dit nie geweet nie, sal bietjie kyk
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, waar is die kabel stukkend? Ek het 'n Youtube gesien waar die man alles los sny en weer soldeer, shrink sleeve op sit en siedaar daar werk die charging kabel weer.
Living the dream

Fred, waar is die kabel stukkend? Ek het 'n Youtube gesien waar die man alles los sny en weer soldeer, shrink sleeve op sit en siedaar daar werk die charging kabel weer.

https://youtu.be/Ilq94nwr-oM?si=tp94omnUbanPYU2E
Living the dream

Fred, kontak Navworld by 012 6650765 of 011 7910204/5 en vra of hulle kan help. Die Nuvi reeks is reeds geruime tyd van die mark af. Dit kan dus 'n probleem wees.
My ou Nuvi 40 met sy Tracks 4 Africa is steeds beter as my Google Maps sodra ek buite stedelik ry.
Ekself verkies my nuwe Garmin 66 ook met T4A bo Google Maps.
Groete

Dankie Richard. Ek waardeer jou inset. Die kabel het gebreek net by die usb prop en daar is net te min draad oor om te kan las. Ek dink dis maar van vibrasie in die voertuig oor jare- die draadjies is baie dun. Ek het die usb prop van n goeie kabel afgesny en probeer aanlas. Die video wys n gewone usb kabel. Die Garmin kabel se kleurkodes is anders, daar is 5 drade en nie 4 soos in die gewone kabel nie en dan is daar n "screen" wat die gewone kabel nie het nie en wat dalk as n sesde draad gebruik word. Na baie probeerslae en netsoveel frustasie het ek tot die gevolgtrekking gekom ek gaan dit nie regkry nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Geert ek sien nie n manier om kaarte op Google Maps af te laai nie. Ek kan gaan oplees hoe om dit te doen, maar dit sal gaaf wees as jy dalk kortliks kan beskryf hoe om dit te doen. Hoe maak ek bv om kaarte af te laai van Pietersburg oor Pretoria na Ballito? Dis ons volgende lang trippie na ons kinders.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred het jy die ou USB prop oop gemaak tot by die soldeering punte, soos op die video? (goes without saying , maak nota van kleure)
Living the dream

Geert ek sien nie n manier om kaarte op Google Maps af te laai nie. Ek kan gaan oplees hoe om dit te doen, maar dit sal gaaf wees as jy dalk kortliks kan beskryf hoe om dit te doen. Hoe maak ek bv om kaarte af te laai van Pietersburg oor Pretoria na Ballito? Dis ons volgende lang trippie na ons kinders.

Gaan in op Google Maps
Bo waar daar staan "Search here"......regs in die hoek is 'n "G" wat in n ronde sirkel is.....druk daarop
Dan kom n menu op....Click op "Offline Maps"
Click dan op "Select your own map"
Dan kies mens area wat afgelaai moet word...kan area groter of kleiner maak
Druk dan op "Download"
As jy nie regkom met my beskrywing nie, laat weet, dan plaas ek screenshot fotos hoe dit stap vir stap gedoen word
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Fankie Geert. Ek dal more probeer en laat weet.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Het jy dalk 'n foto?
life is a journey... not a destination.

Van die kabel?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek probeer 'n foto van die kabel plaas. Die deel in die middel met 'n dun kabeltjie ingeprop, is die ontvanger wat met Netstar kommunikeer om verkeersinligting te ontvang. Die dun draadjie is die antenna.
Geert, Ek het pas jou tweede verwysing naamlik die advertensie in Bloem gesien. Dit het inderdaad die regte kabel maar ek is maar versigtig vir sulke aanbiedings. Ek kan nie 'n emaiul stuur op die wyses wat die adverteerder aanbied nie en sal hom later skakel. Ek hoop steeds 'n lid hier kan dalk help- ek vertrou ons lede. Baie dankie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
life is a journey... not a destination.