Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Fortuner Suspension
Hallo Kampers. Wil bietjie julle raad hoor. Dis as of my fortuner bietjie pap is agter veral as ek nog die wa ook hak.
Het by ons local tyre en sunpension werkswinkel gaan raad vra en hulle het eers aan beveel om die springs in te stuur dan versterk hulle dit met nuwe skokbrekers ook dan, maar my vraag was gaan die voertuig nie dan baie harder ry? Toe noem hulle ook dat airbags ook n opsie is dan kan ek hom self jack soos ek voel nodig. Het enige iemand van die airbags? Enige ander aanbevelings Asseblief...
Ek het kennis van rygenot met airbags, maar ongelukkig is my X-trail nie toegerus daarmee nie.
Ek het al met ? X5 en L/Rover Disco gery wat toegerus is daarmee.
Dit mag ietwat duurder wees as versterkte "coil springs" en "offroad skokbrekers" wat nie lekker rygenot sal wees op grondpad of ongelyke pad nie. Neem ook in ag dat die airbags nie eintlik vir "off-grid" is nie en beskadig makliker as springs en skokbrekers.
Ek weet nie watter model Fortuner jy het nie, maar toe die voertuig soker so 20 jaar gelede eers hier verskyn het, het dit vinnig n reoutasie opgebou as n voertuig met baie swak padhouvermoë. Toyota het toe bietjie getoor met die veestelsel wat die probleem opgelos het. Kan joie dalk een van hulle wees? Indien wel behoort Toyota jou te kan help. Ek het nie maar ek meen die voertuie het nie meer sulke probleme nie. Ek sou in elkgeval die probleem met Toyota bespreek. Ek kan nie dink die verstelsel is te swak nie. Wat presies bedoel jy met bietjie pap voel? Sak hy baie as jy haak?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Kennis van my het die airbags in sy Fortuner en hy is baie gelukkig. Ek het hulle in my Pajero en Everest gehad en het goed gewerk. As jy niks laai of sleep nie blaas jy hulle af na so 0.3 bar en die ry gerief is soos gewoonlik, en wanneer jy laai en sleep dan pomp jy hulle op en die voeryuig se agterstewe hang nie meer nie.
I had the same issue on my Triton, I fitted air bellows on the rear suspension which i pump up to correct the ride height when loaded and the caravan in tow, works perfectly, Gremeltech supply them in kit form for most vehicles , just bolt them on.
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.

Hallo Kampers. Wil bietjie julle raad hoor. Dis as of my fortuner bietjie pap is agter veral as ek nog die wa ook hak.
Het by ons local tyre en sunpension werkswinkel gaan raad vra en hulle het eers aan beveel om die springs in te stuur dan versterk hulle dit met nuwe skokbrekers ook dan, maar my vraag was gaan die voertuig nie dan baie harder ry? Toe noem hulle ook dat airbags ook n opsie is dan kan ek hom self jack soos ek voel nodig. Het enige iemand van die airbags? Enige ander aanbevelings Asseblief...

Ek kan nie praat oor 'n toya nie. Maar daar is vele mense wat met 'n fortuner sleep en dis die eerste klagte wat ek van so iets hoor.
Kyk maar wat sê die manne wat met hom sleep of hulle dieselfde probleem het.
Is dit 'n nuwe voertuig waarmee jy sleep?
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dis n 2011 model. Hy sak vir my meer agter as wat hy was. So asof die springs pap geraak het. Voertuig het 230000Km op en ek weet ook nie of die goed al vervang was nie.
Selfs as ek net 3 volwasse mense agter laai dan ek dit sien.
Miskien moet ek net nuwe skokbrekers doen en die springs en sien of dit verskil maak
Ek dink nie in 2011 het die voertuig nog die padhouprobleem gehad nie. Ek glo nie die vere kon verswak het nie, maar dis die moeite werd om dit te laat toets. Jy kan self ook die spesifikasies van die voertuig soek (handboek of internet) en as dit leeg nog op die regte hoogte loop, kan jy aanvaar die vere is nog reg. Kronkelvere slyt nie maar dit kan moontlik, hoewel onwaarskynlik, verswak deur langdurige oorlading. Skokbrekers sal beslis nie help om die agterkant minder te laat sak nie- dis demp net die gewieg van die voertuig en verseker goeie padhouvermoë.
Onthou ook dat die Fortuner nie 'n bakkie is nie en dus nie gemaak is om soos sy bakkie-stalmaat 'n ton te dra nie. Ek dink hy is ontwerp om 'n totaal van ongeveer 600Kg te dra. Dalk dra jy besonder baie kampgoed saam. Kyk ook hoe swaar die karavaan op die haak lê. Onthou die haak is heel agter op die sleepvoertuig so die gewig op die haak het 'n groot hefvoordeel en kan die agterkant heelwat afdruk.
Is jy nie dalk net bietjie oorgevoelig nie? Ek weet as 'n mens jou oor 'n ding begin kwel, soek jy dalk net bewyse dat jou kwelling waar is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Hahahahaha!!!! Miskien is ek bietjie oorgevoelig, my vrou dink ook so.
Die Fortuner het nie bladvere nie
Hy het "springs" .
Ons het laasjaar saam met vriende met hul 2010 Fortuner op n lang grondpad gery met 4x volwassenes agter in. Die ou het redelik vinnig gery, maar met die geringste dip kon mens voel hoe daai springs heeltemaal deurklap. Ek het gedog sy springs is klaar, maar klink of dit miskien standaard is?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Waarskynlik errder die skokbrekers wat nie meer op standaard was nie Geert.
Ek het mos gesê kronkelvere Shawn(coil springs) . Bladvere kan dalk wel bietjie slyt soos die blaaie teen bekaar skuur maar daar is gewoonlik sagte material tussen die blaaie wat slytasie verminder. By kronkelvere is daar nie kans vir slytasie nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Vra verskoning Fred Nie mooi gelees daar.
@Geert dis presies hoe my Fortuner ook voel Jy kan voel hoe stamp hy deur.
Two points.
The roadholding of the Fortuner was directly related to the use of 16" rims and a high profile tire which caused tire roll and instability. This was fixed with the newer models and a 17" rim with lower profile tire. However, after 5 Fortuners I must confess that they will never go down as my favourite towing vehicle.
On shocks. Most people forget about thier shocks. The Gabriel guy told me that anything you get over 70 000km's should be considered a bonus (just what he said). If you have never changed your shocks, I can almost guarantee you that you will do yourself a favour by changing them. The fact that it seems like the springs are bottoming out points to shock absorbers not doing their job.
One too many wasted sunsets, one too many for the road.
Vriend van my het n nuwe VX Fortuner...sit met selfde probleem. Hy sleep n explorer en as hy hom hak hang Fortuner se gat soos n gekweste jakkals! Hy moes ook die airbags roete gaan!
If its worth doing, its worth doing well.

Ek weet darem nie hoe dit moontlik is nie. Baie mense laai die karavaan eenvoudig te swaar aan die voorkant. Die sleephaak se spesifikasies is gewoonlik n maksimum van 75Kg maar daar is ook al op hierdie Forum genoem dat mense 125Kg en selfs meer op die haak meet. Is dit nie dalk die probleem nie? Dit plaas in elkgeval te veel druk op die karavaan se A-raam wat dan die gevaar laat ontstaan dat dit kan buig of selfs breek. Met n swaarder voertuig soos die Fortuner is die risiko van skade aan die sleepvoertuig moonlik minder as met n sedan voertuig, maar dis altyd maar onwys om die voorgeskrewe perke op enige voertuig te oorskry, nie net op die sleepstang nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek sleep Explorer met Fortuner. Het airbags ingesit, probleem opgelos.
Wat was die kostes daarvan?
One too many wasted sunsets, one too many for the road.
Dit wil vir my almeer lyk, na aanleiding van hierdie gesprek, asof the Fortuner 'n ernstige ontwerpfout het, naamlik dat sy veerstelsel agter te swak is. Dit is 'n groot teleurstelling. Ons het reeds ons derde Corolla en ek het gedink Toyoya's is onpersoonlike, vaal voertuie, maar goed ontwerp en baie betroubaar, maar nou begin ek wonder. SUV's is baie populêre sleepvoertuie en as hulle nie geskik daarvoor in standaard vorm is nie, dink ek nie ek sou so iets oorweeg nie. Ek is heeltemal daarteen gekant om 'n voertuig, wat ek gekoop het, self op standaard probeer bring met allerhande toevoegings nie. Sulke aangehsels verwak myns insien die voertuig. Ek sal ook nooit 'n tweedehandse voertuig oorweeg waarmee gepeuter is, oorweeg nie. Dis of 'n voertuig met inherente foute of die eienaar is 'n windgat en in beide gevalle vertrou ek hom nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek stel voor jy vervang die skokbrekers met verstelbare skokbrekers. Ek sleep tans met my tweede Fortuner, en raak soms bekommerd omdat ek meestal nie weet daar is 'n karavaan agter nie buiten wanneer ek rem en die karavaan rem harder as die voertuig, teen steil bulte en wanneer ek in die spieel kyk. Dit is ongetwyfeld een van die mees betroubare voertuie. Dit is my tweede een en in sestien jaar het ek nog geen uitgawes gehad buiten vir batterye en die standaard dienste nie.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ons ry 'n 2011 Fortuner en het ook die probleem gehad met die suspensie wat deur stamp, veral toe ons Namibia getoer het met 'n Echo 3 gehak die eerste keer. Ook baie gesak met Fleetline gehak. Het die airbags in gesit voor ons tweede Namibia toer en probleem was op gelos. Sleep nou 'n Penta en beheer die hoeveelheid wat die suspensie sak met die druk in die airbag.
uit onkunde vra ek die volgende, is die nie ook n geval van jy verwag om n gemaklike rit te he en ook te kan sleep met die selfde voertuig nie? Hou dan asb in gedagte die klas waarin jou voetuig val, en die doel waarvoor dit gebou is. Ek glo dat n " SUV" n sagter rit het as n bakkie en ek voel dit tussen my Isuzu KB en my vrou se Isuzu MU-X daar is n baie sagter rit in die SUV as in die bakkie.