Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21199 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5604 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4786 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 921 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 580 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |





E-toll
Hello julle
Ek kry nerens op die internet 'n duidelike antwoord of die mense wat e-tags het nog betaal vir 'gantries'.
Weet julle.
Ek sien hulle trek nog geld af as ons deur die 'gantries' gaan.
Ons moet ongelukkig nog ons e-tags he, om afslag (konsessie) te kry by ons tol hek af en op die N4 by Cullinan/Rayton.
Groete. Hennie
We create opportunities to go camping.
Hennie
die gesprek gaan oor die Etoll (wit olifant brue) en nie normale tol hek systeem nie
die wat boom het om jou te stop bly
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Hennie,
dit is nog nie finaal nie niks was nog in die Government Gazette nie
Die gesprek gaan net oor die "Etoll" wit olifant gangtys
die hek behoort aan TrAC SANRAL se Etag beheer net die vordering van jou geld
Cullinan |
W ramp |
|
TrAC |
R18,00 |
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Hi Swanie. Korrek, ek weet dit gaan oor die 'wit olifante'.
Ons het etags, en tans trek hulle nog geld af wanneer ons deur die 'wit olifante' ry.
My vraag dus, mag hulle nog geld aftrek wanneer ons deur die 'wit olifante' ry?
Ons het ons etag nodig, sodat ons ons konsessie kan kry by die tol hek.
We create opportunities to go camping.
Dink nie hulle sal sommer stop as daar bereidwilligers is wat nog betaal nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Neewat Hennie, die aftrekkings sal nie sommer net stop nie. Dit is in elkgeval nie duidelik of dit enigsins sal stop nie. Die minister het weereens die besluit teruggegooi na die Gauteng regering wat waarskynlik nie vinnig 'n besluit sal neem nie. Dit lyk my die minister van Finansies het net 'n aanduiding gegee oor hoe die uitstaande skuld hanteer gaan word. Interessant dat OUTA meen die saak is geskik, maar ek sien dit nie.
Soos hierbo genoem, dit gaan net oor die Gauteng se deurpaaie. Ouer nasionale tolpaaie is gladnie genoem nie en sal waarskynlik bly. Niemand het al daaroor betoog nie. Ek hoop die apparaatjie in jou kar sal steeds die hekke oopmaak ook want dit is baie makliker om daarmee deur te gaan as om by elkeen te betaal.
Onthou net, betaal sal ons betaal, dalk nie met tolgeld nie, maar op een of ander manier.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Kan ek nog so tag kry, Wil n sleutel houer vir die huis maak.
Al weer oppad iewers heen.

Dankie Fred. Ja ons sal betaal, dit bly Transvaal.
Dit kos my R 40 'n shot net aan gantries per rit werk toe en terug.
Ek het die etag vandag uit die venster gehaal vir werk toe en terug, en gedink die transaksies sal nie deur gaan, maar wragtig die geld is afgetrek. Lyk as hulle jou registrasie nommer het en die tag is uitgehaal, trek hulle nog lekker geld af.
Ons konsesie by ons tol hek is vir ons 'n groot besparing.
We create opportunities to go camping.
Dis interessant. Hulle het met ander woorde nogal 'n gessofistikeerde rekenaarstelsel. Daar was al sprake dat, indien tol verdwyn, die gantries gebruik kan word vir nommerplaat-erkenning wat dit moontlik sal maak om mense vir gemiddelde spoedoorskreiding en gesteelde voertuie te identifiseer. Die sagteware daarvoor is dus reeds in plek.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Daardie E-tag gantries wat ookal is hier om te bly. Hierdie storie is so afgesaag. Dit kom elke keer op net voor verkiesings. Net na verkiesings loop die storie dood. Gauteng kry nuwe premier en daar is etoll weer ter sprake.
So hou dit al jare aan en sal dit nog vir jare aangaan. Kyk mooi, net voor 2024 verkiesing kom die storie weer op.
At last !!!!

Enigste manier is om gewone tol kontant te betaal en etag nie meer te "top up" nie dan gaan jy met n uitstaande rekening sit soos duisende ander wat weier om te betaal. In my geval sit ek ook met n etol rekening van ons sleepwa wat op sy eie teen 120km per uur deur al hierdie gantries jaag en nie betaal nie. Fotos wys ou model Bantam met ons nommerplaat kry geen hulp van owerhede of tol so rekening hoop maar op.
Aaai tog Leen. As daar 'n plan was het ek hom gebruik. Maar ons het die Tag nodig om ons konsessie by die Tol Hek te kry.
Hierdie is darm 'n unieke land van ons. As dit nie dit is, is dit dat. As dit nie daai kant toe gaan dan moet ons omdraai. En so karring almal aan.
Maar ek bly nog steeds lekker in SA. Ander lande het ook maar hulle uitdagings.
We create opportunities to go camping.
An update:
I called the Diamond Hill Toll Plaza and Sanral and got the same message.
The message '' They are still waiting for Sanral to release a statement on what to do ''
That just says it all. In other words.
Thank you for loyalty, juts keep on paying till after the next elections. We will the continue the saga's with no definite outcome. As long as the money comes in somebody is happy, and that is not me.
At the speed things are happening in this country it takes forever. At least the old saying we had in the military days 'hurry up and wait' was true. At least we got fed and waited not so long. ð¤£
We create opportunities to go camping.

Dis interessant. Hulle het met ander woorde nogal 'n gessofistikeerde rekenaarstelsel. Daar was al sprake dat, indien tol verdwyn, die gantries gebruik kan word vir nommerplaat-erkenning wat dit moontlik sal maak om mense vir gemiddelde spoedoorskreiding en gesteelde voertuie te identifiseer. Die sagteware daarvoor is dus reeds in plek.

Hulle kan ook daai stelsel gebruik om gesteelde karre te volg. Daar word hordes daagliks in Gauteng gesteel en baie jaag weg oor die hoofwee
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

It just surprises me that a lot of people, as well as organisations that should be on top of this, all accept E-Tol has been scrapped while nobody said as much. If is was a deduction from what the minister of finance said, I think it was a very inappropriate instance of wishful thinking. I would have expected much better from OUTA. The fact is E-Tol is not working and needs to be scrapped but everybody in the position to take the decision, just shies away from this and time and again shifts the responsibility to someone else. Now the ball has been placed in the court of the Gauteng government. The Gauteng premier has in the past, expressed himself in favour of scrapping the system. Let's see if he will have the will to do it now. The problem is that another source of income to pay for the upgraded roads has to be found, and clearly nobody wants to anger the people with a decision that is certain to do so. So, as has been said above, perhaps something will happen AFTER the coming election- or more probably, nothing will.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Oor the gesteelde voertuie wat ge-ID word, wonder ek wat gaan daarvan word. Die stelsel sal die kar sien maar hoe gaan hy op die besige Gauteng paaie afgetrek word? Miskien moet hulle iets soos 'n laser kry wat hom sommer dadelik kan zap wanneer die gantry hom opmerkð ð¤«ð¬.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die wet van Transvaal, as jy nie nou betaal nie gaan jou eksekuteur namens jou later betaal.
Ek glo nie agterstallige etol skulde sal ingevorder word nie. Daar is net eenvoudig te veel sulke nie-betalers en pogings om dit in te vorder, het voorheen reeds op niks uitgeloop nie. Ons ry maar so af en toe op Gauteng se etolpaaie, so die etol pla my nie veel nie. Ek betaal dit egter want dit is makliker om op die nasionale paaie vinnig met die ding deur tolhekke te ry. Om daarvan gebruik te maak, moet jou etol ook opbetaal wees en jy moet n voldoende saldo op jou rekening hê. As jy agterstallig is met jou etol, sal jy dus ook nie die gerief by die tolhekke kan gebruik nie. n Mens kan maar net vir die voordeel van die nie betalers hoop die etol skuld sal afgeskryf word sodat hulle ook van die 'tag' by die tolhekke gebruik kan maak. Ek geniet dit telkens as ek by toue voertuie kan verby ry terwyl hulle wag om te betaal. As meeste mense so kan deurry, sal dit ritte in druk tye vir almal aansienlik verkort.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dis baie geriefliker om byvoorbeeld vanaf Pretoria na Durban te ry met tag. Maar om elke dag etol te betaal vir die hele jaar net om 10min vroeer by die see te wees einde die jaar is seker nie die moeite werd nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

As jy al met n einde van die maand naweek van Gauteng na Pietersburg gery het en by elkeen van die vier tolhekke n halfuur of langer in n tou sit, sal jy beslis die waarde van die 'tag' waaadeer. Ongelukkig is dit steeds soms bietjie moeilik om verby die toe tot by die tolhek te kom.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

As jy al met n einde van die maand naweek van Gauteng na Pietersburg gery het en by elkeen van die vier tolhekke n halfuur of langer in n tou sit, sal jy beslis die waarde van die 'tag' waaadeer. Ongelukkig is dit steeds soms bietjie moeilik om verby die toe tot by die tolhek te kom.

We went up to Klein Kariba 21st of last month there was no que at the toll gates on the N1 (it was a Friday around 12h00) - maybe we were just lucky