Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21199 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5604 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4786 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 921 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 580 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |





Dinokeng - gaan dit werk?
Ek moes eers bietjie afkoel voor ek kommentaar lewer, anders het ek nou weer lelike dinge kwytgeraak. Ons was die afgelope naweek in De Rust en gister op n wild-rit deur die reservaat. Wat tot op daardie stadium n genotvolle ondervinding was, het egter vinnig versuur. In die reservaat is daar op n plek( by baken 304 vir verwysing) woon-eenhede wat lyk asof dit moontlik deur werknemers bewoon word. Net voor hierdie woon-eenhede sien ons n rooibok wat siek lyk. Toe ons nader ry, sien ek dat daar n draad strik om die dier se nek is. Dit was duidelik dat die arme dier in erge lyding was en het ek sommer siek gevoel.
Dinokeng is gestig in oorleg met die die plaaslike gemeenskap en dra hulle geldelik by tot die plaaslike bevolking. Hulle is ook betrokke by talle opheffings-projekte. As hierdie gemeenskap nie waarde daarin sien nie en die Dinokeng as spens wil gebruik om hulle self te voer en seker ook geld te maak uit die verkoop van die vleis van diere, kan hulle maar die reservaat se hekke sluit.
Ek weet die apologete sal weer n manier kry om die blaam terug te plaas op ander, maar dit is heeltemal n ander saak. Die feit is dat geen redelose dier behoort te ly vir ander se gewin nie( ek sal byvoorbeeld graag wil sien dat eienaars van geblikte leeu-jag ondernemings op dieselfde manier geblik en gejag word). Dinokeng se bestuur moes die moontlikheid van sulke praktyke voorsien het, en as hulle dit nie kan bestuur nie, ontbind die reservaat. Ek sal NIE die lyding van diere goedpraat as bydraend tot n beter groter doel nie. So, nee, as die plaaslike bevolking nie waardering het vir die projek nie, verskuif die wild en laat hulle maar hulle eie heil uitwerk.

Ag nee...dis nou baie jammer om te hoor! Ek het al vermoed dat sulke gedrag heel moontlik kan wees....maar dis nou bevestigð
Mens moet eintlik hierdie tipe gedrag onder die eienaars van die lodges in Dinokeng bring...hulle besighede is afhanklik van die sukses van Dinokeng. As ons sou kla by Dinokeng self...is die moontlikheid dat dit op dooie ore sal val en klag eenkant geskuif sal word....lodge eienaars sal seker faait vir aksie.
Riaan het julle self deur die reservaat gery en op die bok afgekom of was dit 'n gereelde wildsrit saam met die oord?
Ek sou dadelik hek toe gery het en die insident geraporteer het. Of dit selfs aan die boere gemeenskap iewers geraporteer het.
Hoop daar is 'n proses in plek om so iets te kan raporteer.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Leon, ons het self deur die reservaat gery en het ek dit by die hoofhek gerapporteer. Ek is reeds besig om n skrywe aan hulle op te stel en n paar vrae te vra. Daar gaan nog n paar harde woorde val voor ek die ding gaan los.

Ek hoop maar dinge gaan nie agteruit daar nie. Ek het so 2jaar terug daar begin kamp. Dié tyd as jy deur die oord gery het, het jy gereeld op werknemers afgekom wat beheer uitge oefen het soos om byvoorbeeld jou permitte na te gaan. Ek was hierdie jaar nou al 3x daar en het nie een voertuig of werknemer opgemerk van Dinokeng nie. Laas was ons by Tshikwalo lodge gewees...baie van die mense het selfdrives gaan doen sonder permitte....en het niks oorgekom nie want daars niemand gewees om permitte na te gaan nie. Ek dink ook die oorde moet die reels bietjie duideliker oordra aan hul gaste....daai mense wat sonder permitte gery het, het dit nie opsetlik gedoen nie....hulle het nie geweet jy het n permit nodig om selfdrives te doen nie.
Laas toe ek by Dinokeng resort was, was daar n stalletjie in die oord gewees om voluntary rangers te werf. Laaste keer heelwat minder bokke gesien as 2jaar terug....hoop maar ek het hulle mis gekyk en is elders in die veld en nie alreeds deur bevolking opge-eet nie
Die enigste werknemers wat ons teegekom het, was by die hoofhek waar jy ook betaal vir die permit. Ons was vir vyf ure in die reservaat en het ons n groot gedeelte daarvan deurkruis.Nie n teken van enige voertuig of werknemers van die reservaat nie.

Riaan, ek is bly jy neem die saak verder, hoop jy het fotos as bewysse geneem. Al is dit siek om so iets te sien, sal fotos verseker meer waarde toevoeg tot jou klagte.
My oorlede pa het jare terug op 'n duiker op die plaas af gekom wat so in 'n draad struk gevang was, ons het die Duikertjie los gemaak en sy been behandel. My pa het die arbeiders omtrend "af geslag" tot hy die skuldige gekry het en hom sumier af gedank.
Stetkte met jou geldige klagte!!!
Nee, Johann ek het eers na die tyd daaraan gedink. Maar baklei het ek reeds begin baklei en sal ek aangaan tot ek bevredigende antwoorde gekry het. Die wat kennis dra van hierdie draadstrikke sal bewus wees van die marteling wat n dier ondergaan voordat hy uiteindelik doodwurg. Onverskoonbaar en onaanvaarbaar.

Riaan...jy moet ons op hoogte hou asb....sal graag wil hoor hoe hanteer hulle hierdie saak
Sterkte Riaan hou ons op hoogte asb en sterkte
Haak daai wa kamp bly koning
Snys, Oor hierdie onderwerp stem ek 100% met jou saam. Ek kan dit nie vat as diere ly nie en mense wat dit toelaat, behoort vervolg te word, maar nou ja, dis Suid-Afrika.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het terugvoering gekry. Hulle het 8 anti-poaching personeellede wat daar werksaam is en ook die rangers. n Veearts van Onderstepoort ook blykbaar permanent op bystand. Hulle werk oor n gebied van 21 000 hektaar, waarvan die self-drive slegs n gedeelte vorm. Die grensdraad word voortdurend gepatroleer en strikke ook verwyder. Dit blyk asof hulle op die plaaslike bevolking se samewerking steun, waar volgens my die probleem begin.
Ek het my mening gegee dat die spesifieke poaching vanuit die wernemers- village gedoen is, aangesien die beseerde dier langs die village aangetref is. Die onderneming is ten minste gegee dat hulle ondersoek in hierdie village gaan instel.
So, dit blyk asof hulle ten minste pogings aanwend om die situasie te beheer. Ek staan egter by my punt, dat as die plaaslike bevolking nie die pogings tot opheffing en geldelike bystand wil he nie, vat dit weg en laat hulle op hulle eie stoom aankarring. Geen dier verdien om te ly agv n mislukte sosiale eksperiment nie. Ek klink miskien negatief, maar so n gesig van n dier in totaal onverdiende lyding wil ek nie weer sien nie.

My opinie :-
Die vang van wild deur die stel van strikke is 'n uiters wrede manier van kos op die tafel sit. Dit hoort beslis nie tuis in 'n beskaafde omgewing nie.
Die realiteite van die dag is werklose, honger mense redeneer nie soos ons nie, hulle is desperaat om nie self 'n honger-lyding in die gesig te staar nie. 'n Persoon in so 'n situasie dink nie aan wildbewaring en die lyding van wild nie, net om iets te eet.
Alle wildbewaringareas loop deur onder stropers met vangstrikke. In Zimbabwe waar ek gewoon het, is daar nie 'n wildpark wat nie teen hierdie onaanvaarbare gebruik van strik-stelling veg nie. Om nie eens van die Kruger Wildtuin te praat nie. Besoek gerus die SanParke se museums om voorbeelde van die verskillende tipe strikke wat oor dekades heen gebruik is, te sien. Dis beslis nie vandag se ding nie, dit kom al vir jare aan.
Om 'n reservaat te sluit of die wild te verskuif as strafmaatreël is geen oplossing nie, dis bloot 'n verskuiwing van die probleem van strik-stelling na elders. Nasionale parke en ander wildreservate het soos in enige ander bedryf of besigheid vrotkolle in hulle midde as werknemers, maar dit maak nie alle personeel aandadig of sleg nie. (Kyk maar in die Kruger Wildtuin hoe lede van die teen-renoster-stropers eenheid self betrokke was by stropings). Netsoos wat dit nie billik is om die hele plaaslike bevolking rondom die Kruger Wildtuin te blameer vir renoster stropery nie, so is dit ook nie billik om die hele gemeenskap rondom Dinokeng vir die wrede stel van srikke te blameer nie.
Omdat die stel van wild-strikke al vir dekades 'n wêreldwye probleem is, sal dit nie oornag opgelos word nie. Trouens, ek is van mening dit sal nooit opgelos word nie. Ek is van mening indien werkloosheid drasties sou kon afneem, mag daar dalk mettertyd 'n afname in die stel van strikke waargeneem kan word. Die enigste ander werkbare metode om die stel van strikke onder beheer te hou, is presies wat Dinokeng in hul antwoord hierbo wel doen.

Dit gebeur in die wildtuin ook en sal seker oral gebeur. November maand het hulle oor die 1000 strikke verwyder in suide van KNP.....wys jou hoe besig is dit met onwettige aktiwiteite daar binne in wildtuin terwyl ons rustig wildsbesigtings doen
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert dit is rof wonder hoeveel poutchers al gevang en ge eet deur leeus en ander katte wat niemand van weetð¬
Haak daai wa kamp bly koning
