Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Die stryd met veroudering
Ek veronderstel baie van die lede op hierdie forum is reeds verby aftree ouderdom. Afgetredenes gaan as gevolg van veroudering uiteraard ligaamlike agteruitgang ervaar.
Die groot vraag is - hoe hanteer 'n mens dit.
Hoe oud sou jy raai is jy nou as jy nie geweet het wanneer jy gebore is nie? Hierdie vraag is vir baie van ons die sleutel tot ‘n jeugdige oudag.
In Clint Eastwood se mees onlangese fliek getiteld The Mule is ‘n liedjie “Don’t let the Old Man in” met 'n boodskap vir my wat by my onderskrif aansluit.
Ek deel graag die lirieke hier onder.
Don't let the old man in
I wanna leave this alone
Can't leave it up to him
He's knocking on my door
And I knew all of my life
That someday it would end
Get up and go outside
Don't let the old man in
Many moons I have lived
My body's weathered and worn
Ask yourself how would you be
If you didn't know the day you were born
Try to love on your wife
And stay close to your friends
Toast each sundown with wine
Don't let the old man in
Many moons I have lived
My body's weathered and worn
Ask yourself how would you be
If you didn't know the day you were born
When he rides up on his horse
And you feel that cold bitter wind
Look out your window and smile
Don't let the old man in
Look out your window and smile
Don't let the old man in
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Kanneman (Pieter) Ek gaan jou probeer antwoord met my beste Afrikaans
Ek word nou 81 die jaar Ek en my oorlede vrou het al van 1970 al gekamp en Suid Afrika getoer met 4 karafane en 3 motorhomes wat ek besit het van daardie tyd Ons was fiks en gesond en in al die jare nooit oud gevoel nie
Ongelukig 9 jaar gelede het my vrou kanker gekry en is in Desember 2013 oorlede
Ek het aleen aangehou met kamp en toer met my VW Jurgens Autovilla wat ek heeltemaal oor gebou het en n Diesel engine ingebou het Dit het my jonk gehou en glad nie oud gevoel nie N mens moet nie ophou met dit wat jou jonk hou
Ek het ongelukig 8 maande gelede my Autovilla verkoop en nooit weer gekamp nie en dit was die grootste fout wat ek ooit gemaak het
In 8 maande het ek seker 8 jaar verouder When you give up something in life that you enjoy that is when you get OLD and the aches and pains start
Ai Benkie, ek het gewonder wat van jou geword het .... altyd jou insette baie geniet!
Eienaardig genoeg het my Niggie dieselfde gesê - hulle het, toe hulle "oud" word, hulle groot Executive karavaan verkoop, want dit "word te moeilik" en hulle sou in die toekoms eerder B&B's ens. besoek.
Vandag bitter spyt daaroor, want die geld van die karavaan het nie ver gestrek na B&B's toe nie (!!) en verder het hulle die kamp, die samesyn en die vriende baie gemis ...... hulle reken ook dit was by verre die verkeerdste besluit wat hulle ooit geneem het. Hulle moes eerder 'n kleiner karavaan koop en by die kamp storie gebly het .
Spyt kom altyd te laat reken hulle!!
Ek steun die idee van 'n kleiner makliker hanteerbare karavaan as jy aftree- ons het presies dit gedoen. A jy egter beplan om redelik voltyds te kamp en nie lang afstande gaan aflê nie, sal die gerief van 'n groot karavaan seker doed wees, maar dis maar 'n klein aantal mense wat die opsie kies.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja Nico Ek moes nooit na my kinders geluister want PA is nou te oud om aleen te toer en te kamp Wat as Pa siek word en hulp noodig het bla bla bla Wat het gebeer ek word nou sieklik om so by die huis te sit en verlang na die goeie ou dae
My beste toer en kamp plekke was tussen Kaapstad en Oos Londen gewees met die Tuinroete en veral Die Punt op Mosselbaai buite seisoen saam met die ou mense (Swaaltjies) Lekker saam gekuier saam gebraai ens Baie vriende gemaak
Was baie keer Orania oor op pad Bloemfontein toe om van my mense te kuier en op pad terug Gariep Dam oor Terloops ek het 1966 en 1967 2 jaar gewerk as mechanic op die earth moving masjiene gewerk wat deesdaie Hendrick Werwoerd dam genoem was Leker gebly op die dorpie Oranje Krag
Ek sit baie keer en dink of ek nie so kamper agter op my bakkie moet bou probleem is ek het n double cab bakkie en dit gaan te klein en beknop wees en te duur
Ek bly op Melkbosstrand so gelukkig kan ek darem lanks die see gaan loop en sit darem sal ek dan nie so oud voel nie ha ha ha
3 van my kinders is om my die 4de een bly in Australia Ek bly by my een dogter op Melkbosstrand
Jammer vir al die Afrikaans foute maar ek probeer darem
Benkie, ook bly om weer van jou te hoor. My raad is kry sou gou as moontlik n manier om weer te kamp en vat die pad. Ons word nie jonger nie en ons weet nie hoe lank ons nog instaat sal wees om dit te doen nie. Om n voerruig soos n bakkie of SUV in n camper te omskep, is n baie goeie idee. En as jy êrens op toer siek word, so what? Daar sal iemand wees wat jou hospitaal toe sal neem. Hoe is dit beter vir jou om by die huis siek te word? Toe ons SAWA lede was, het n ou kêrel, Oom Louis, altyd naweekkampe saammet ons gedoen in sy karavaan waarin hy ook permanent gewoon het. Een naweek op so n kamp het hy n hartaanval gekry en is oorlede. Ek dink hy het met n glimlag gegroet want die laaste ding wat hy gedoen het, was dit waarvoor hy lief was.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Benkie, baie dankie dat jy die saak van kampering en oudword aangespreek het, want ek en my annerhelfte het nou by 'n punt gekom waar ons ook voortgesette kampering oorweeg. Ons is beide in die sewentigs en karavaan-kamp al vir 54 jaar, vandat ons getroud is. Dit is absoluut ons voorkeur tydverdryf, maar gesondheidsprobleme (en nie ouderdom nie) laat ons iewat bekommerd. Ek spook al vir12 jaar met kanker in my spysverteringkanaal, het nie meer 'n dikderm nie, het ook 1 meter van my dunderm verloor 'n hartaanval gehad en 4 stents in my kroonslagare. Ongelukkig toon my jongste kankertoetse dat kanker weer iewers posgevat het en dit moet nog gevind word. Intussen het my vrou ses weke gelede in die nag tydens beurtkrag geval en haar linkerskouer gebreek, Daarna in die hospitaal 'n hartaanval gehad met niere wat buire werking gegaan het en sy het ook 'n stent in 'n kroonslagaar gekry.
Ons het 'n Exclusive en die hantering van die karavaan is vir ons geen probleem nie - die "mover" maak dit baie maklik om te hanteer. Ons laaste kamp was Meimaand 2022 in die Wildtuin waar ek die laaste drie dae siek geword het en een van my seuns moes van die Kaap af vlieg om ons te help om die 2000 km terug in die Kaap by my dokters uit te kom.
Ons kinders voel ook ons moet miskien maar die karavaan-kampering laat vaar, maar ek byt nog vas en is vol vertoue dat ons twee se gesondheid so sal herstel dat ons nog 'n klompie kampe kan inkry. Jou mededeling versterk nou net my gevoel om nie nou handdoek in te gooi nie.
Benkie, jou Afrikaans is perfek en jy hoef glad nie om verskoning te vra nie.

Hallo.
Die was nou n baie mooi artikel gewees om te lees. Ek is nog n rukkie van aftrede op 65. So 22 jaar as dit die Here se wil is.
Ek stem saam. As kamp die ding is wat mens jonk hou moet mens daarmee aangaan. My karavaan staan nou vir meer as 14 maande na ons laaste kamp in Drakensville.
Kamp op die oomblik is vir my moeilik. Die Here het besluit om ons te seen met n baie laat lam. My ander dogters is 16 en 12 jaar oud. Meeste mense het genoem dat ons laat lammetjie ons jonk gaan hou. Kom ons kyk maar ......
Net so Benkie hou aan om te kamp
Haak daai wa kamp bly koning
Jaco, Laatlammetjie = Lastigelammetjie !

Lekker lag ek nou. Ons "lastige lammetjie" het so 13 en 10 jaar onderskeidelik na ons ander kinders gebeur. Sy is darem nou al 29 maar sal altyd ons kind bly aangesien sy ook Downs is. Ons is as ouers geseënd om haar te hê. Sy hou ook van die kamp ding.
Geniet dit.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Gepraat van kinders Ek het 4 kinders 2 seuns en 2 dogters My jongste seun wat in Australia woon is 51 my oudste seun word 58 en die 2 dogters is tussen in
My grootste wens is om hulle almal in n ouerhuis ( old age home ) te sien voor ek afsterwe ha ha ha Hoe lag ek nou vir myself ( grappie )
Leker kamp almal Ek gaan beslis n plan maak om weer te kamp
En dit laat my dink aan die tannie van 81 jaar oud wat ek by Skukuza raak geloop het. Sy het met haar suster van 84 jaar (in ‘n rystoel) van Punda Maria af getoer. Haar Palma se dak het sy opgetel met ‘n “scissorjack” want die opdruk was te swaar vir haar.
In die Khalagadi het ons laasjaar die “Octogenarians” gekry wat in daktop tente toer. Dit was interessant om te kon waarneem hoe minimalisties hulle begin kamp - daar is lesse te leer aangesien dit op ons wag.
So ouderdom is nie die rede om op te hou kamp nie.
Gepaardgaande met veroudering kom kwale en krankhede - dit is onvermydelik.
Een van die redes waarom ek sal probeer om onafhanklik en uit 'n ouetehuis of versorgingsoord te bly is omdat ek nie daagliks in ander se elendes, smarte en swak gesondheid wil deel nie. Ek stel regtig nie belang in ander se elendes nie. Daar word gesê dat jy die gemiddeld word van die vyf mense waarmee jy meestal omgaan. Dit is waarom ek wye draaie loop om die bure wat alewig kla oor hulle krankhede en elendes. Ek wil nie soos hulle word nie. Ek het ook kwale wat met my ouderdom te make het, maar aangesien ander mense niks daaraan kan doen nie is dit niks van hulle besigheid nie.
Oupa het gedurende sy laaste dae, ongeag hoe sleg dit met hom gegaan het, altyd wanneer jy gevra het hoe dit gaan met moeite gesê "uitgespaar deur die genade, onverdiende guns alleen." Oupa was vir my 'n voorbeeld van hoe om met grasie oud te word.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Hierdie is n teer-sensitiewe tema wat ook deesdae veel-male deel word van n gesprek. Ai, ouderdom is darem nie altyd vriendelik nie. Ek wonder ook somtyds hoe lank hierdie liggaam die dinge gaan doen. Ek is nog jonk (73) en ek bewonder mense wat tien jaar ouer as ek is wat nog sterk staan met hulle kampeerdery.
Ek dink die grootste probleem lê daarin dat ons NIE wil aanvaar dat ons nie meer alles so goed en vinnig kan doen as n paar jaar gelede nie.
Wat die kinders betref, dis jammer om te sê dat die kamp-ding nooit werklik deel geword het van hulle volwasse lewens nie. Hulle horisonne lê op n ander plek.
You'll never never know if you never never go
Gister aand vir Berdien gese ons moet kamp lewe geniet en meer kamp die ouderdom wag vir niemand nie
Haak daai wa kamp bly koning
Ouderdom is nie vir sisies nie.
Groete,
Paul
