Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Desember 2023
Omdat sekere oorde vinnig uitverkoop vir Desember wegbreke, het ek gister al so bietjie gekyk na opsies. Ons sou graag n keer Hartenbos toe wou gaan, maar is reeds begin November uitverkoop....eerste datum na dit is 7 Januarie 2024
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons is gedurende daai tyd lief vir kusoorde en het na n paar se tariewe geloer. Natalia is vir my te duur wat hulle bied

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dinokeng Resort se tarief van R700 n nag klink nie sleg nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Oorde is regtig duur oor desember maande maar kyk hulle altyd vol vir al jou ATKV oorde
Haak daai wa kamp bly koning
Ons bly maar by die huis, Girl werk en ek speel golf.
Al weer oppad iewers heen.

Jy speel te veel golf, vergeet om te kamp! LOLð¤£
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek stem saam met jou Jin ( Chuck ) Desember is n mal tyd van die jaar Alles is te vol en te duur Better om rustig by die huis te bly en rus of Golf speel
Sedert die kinders uit die skool is het ons nie pyne om Desember weg te gaan nie. Die maatskappy waarvoor ek gewerk het, het in Desember gesluit so dis maar die hoof vakansie tyd vir ons gewees met 'n kort wegbreek hier einde April se kant.
Met die kinders wat toe nie meer saam kamp nie was ons keuse baie wyd waar ons kon gaan kamp en as jy steeds die gewilde oorde wil besoek dan moet jy maar uithaal en wys. Ons het toe 'n paar keer steeds die gewilde vakansie tyd geniet maar teen baie billike tariewe deur minder gewilde oorde te besoek.
So op die ou einde is dit maar jou keuse.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dit is een van die voordele vir afgetredenes ook wat nie meer nodig het om Desember te gaan kamp nie. Staankoste is meestal baie laer, maklik 'n kwart van die koste gedurende piektye en daar is geredelik plek beskibaar. Die besige tye is nie onaangenaam nie, trouens dit is die atmosfeer wat ons in 'n kamp geniet- dit voel soos lewe, maar ek/ons is heeltemal tevrede om die atmosfeer prys te gee vir 'n bekostigbare kort vakansie en die beter beskikbaarheid. Die ou mense wat buite vakansies kamp, veral die wat langer staan, lyk "afgetree" omdat hulle meestal net sit en in die verte staar. Ek misgun diesulkes nie hulle rustigheid nie, maar dis nie vir my nie. Ek hou nie meer daarvan om my lewe lank vooruit te beplan soos jy moet maak as jy hoop om Desember staanplek te kry nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons het ook nie meer kind op skool nie, maar met eie besigheid is dit lekker om oor Desember weg te gaan, want dan verstaan kliente ook as jy nie beskikbaar is nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert.
Ons sal gaan kamp as jy weer werk.....lol
Al weer oppad iewers heen.

As daar die jaar soveel egoli langs die Natalse kus is die jaar wil ek nie weet hoe gaan dit lyk teen Des 2023.
Ai waar gaan ons land heen????????
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Almal wil maar 'n bietjie plesier op die strand hê.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

As daar die jaar soveel egoli langs die Natalse kus is die jaar wil ek nie weet hoe gaan dit lyk teen Des 2023.
Ai waar gaan ons land heen????????

Ek het gister n dokumenter oor hierdie ecoli gesien. Strande moet sluit as telling 500 is.....hulle het by n rivier inloop n lesing gekry van 2miljoen. Net nog n skande van ons patetiese regering op hul lang lys van mislukkings
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ja Geert stem volkome saam met jou klomp onbeholpe patete .My dogter en skoonseun ,en hulle kinders en vriende van hulle ,het so tydjie gelede vir n naweek bietjie gaan ski hier by Van der Bijl Park .Hulle was ongelooflik siek natuurlik van daai Water van Vaalrivier ingekry .Nee die infrastuktuur het totaal ineengestort en die regering sal dit nie kan omdraai .

Ja dis regtig jammer dit gaan so oppie suid kus baie mense maak staat op vakansie tye vir besoekers dan maak hulle n bestaan die regering ja wel wat onderhou hulle
Haak daai wa kamp bly koning
Gelukkig is daar nog Die Strand.
Dis pragtig om die honderde GP-nommerplate op Kusweg te sien. Die orde word verseker met n permanente mobiele SAP-stasie, skoonmakers, buurtwag en Munisipale Wetstoepassers.
Die media berig dat die nuwe riool-aanleg by Macassar is van so n aard dat water wat daaruit in die see gepomp word 80% drinkbaar is.
Ongelukkig is hier nie n posseël-groot plekkie beskikbar vir bykomende besoekers nie.
Dit gaan net so op die Weskus, en ek glo dat die Knysna-Wildernis-Plettenbergbaai-area ook kners onder die besoeker-lading.
Ons gaan gewoonlik na Wildernis se Ebb-n-Flow vir die volle Februarie. Daar is gewoonlik nie meer as tien karavane in die groot kamp nie.
You'll never never know if you never never go
Danie, hierdie tyd van die jaar is 'n groot ekonomiese inspuiting vir julle plaaslike besighede. Die probleem is egter dat pryse ook opgestoot word. Julle as eienaars in die Strand area aanvaar ook maar hierdie ongemak/gerief hierdie tyd van die jaar.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Ek weet dis die algemene wysheid dat pryse by die stranddorpe in Desember opgestoot word, maar ek wonder of dit waar is. Pryse styg in die tyd landswyd om watter redes ookal en ek glo nie dit styg meer by stranddorpe nie. Ons is baiemaal die tyd van die jaar op Stilbaai (vanjaar ongelukkig nie) en ons het nog nooit buitensporige prysverhogings waargeneem nie. Daar is egter twee groot kettingwinkels op die dorp wat dalk aan prysbeleid onderworpe is, miskien maak dit 'n verskil. Kleiner dorpies het soms klein eenmanwinkels en dalk is omstandighede daar anders. 'n Mens sal hulle ook nie regtig kwalik kan neem nie. Die grootste deel van die jaar voer hulle maar 'n sukkelbestaan maar hulle lewer steeds 'n diens vir die klein aantal permanente inwoners en paar vakansiegangers. Dit is sekerlik vir die vakansiegangers meer ekonomies om by hulle te koop as om na die naaste groot dorp te ry. Vraag en aanbod bepaal maar altyd die prys.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek kan in alle eerlikheid sê dat ek ook nog nooit kon agterkom dat pryse van alledaagse artikels (ek dink veral aan kruideniers) hoër is in die seisoentyd hier in Kleinmond as andersins deur die jaar nie. En ons plaaslike Super Spar het vir jare inderwaarheid eintlik 'n monopolie in die dorp gehad. M.a.w. hulle kon pryse lig as hulle wou - maar het dit nog nooit gedoen wat ek kon agterkom nie. Nou het ons ook 'n Shoprite en ek dink die kanse is nog minder dat pryse vir die seisoentyd gelig sal word.


Ek kan in alle eerlikheid sê dat ek ook nog nooit kon agterkom dat pryse van alledaagse artikels (ek dink veral aan kruideniers) hoër is in die seisoentyd hier in Kleinmond as andersins deur die jaar nie. En ons plaaslike Super Spar het vir jare inderwaarheid eintlik 'n monopolie in die dorp gehad. M.a.w. hulle kon pryse lig as hulle wou - maar het dit nog nooit gedoen wat ek kon agterkom nie. Nou het ons ook 'n Shoprite en ek dink die kanse is nog minder dat pryse vir die seisoentyd gelig sal word.

Goed om dit te hoor.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.