Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22034 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17786 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6242 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5317 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2712 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1262 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1184 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
1Pierre2 | 421 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 361 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
Andrew | 153 |





Brood op die vuur
Ek hou daarvan om n brood op die vuur saam met braaivleis gaar te maak. Wat ek gewoonlik doen is om deeg in die pan te sit en dan bruin suiker bo oor te strooi of marmite bo op te smeer. Het van julle nog lekker idees wat ek kan probeer met die brood?
Daar is soveel idees wat jy met deeg of sells gewone brood op die vuur kan doen dat eke glo dat hierdie spasie te klein gaan wees
Kom ons hoor wat sê die manne en moet nie die dames vergeet nie
Camping is a collection of memories .... make each one count
My eerste gunsteling is ń gewone rooster brooding in ń toeknyp rooster op die vuur
Camping is a collection of memories .... make each one count
Hierdie een is baie lekker, veral vir die kinders wat van Piza hou.
Koop brood deeg by supermark bakafdeling.
Rol deeg uit tot so 2cm dik en so groot soos n dubbel piza.
Smeer tamatie smoor op die basis. strooi stukkies olywe, beacon, oorskiet boerewors,
net wat julle wil. Oreganum. swart peper, Mozerella kaas ens.
As jy klaar is, rol dan die deeg op soos n rolkoek. Sny in skywe en pak die sirkels in n platboom swartpot, maak toe en laat dit rys .
Onthou om die pot se bodem en kante met olie te smeer.
Nadat dit weer lekker gerys het, plaas in die vuur met kole op die deksel.
Onthou om die hitte reg te beheer, anders brand hy.
Ek belowe jou, daar gaan niks oorbly nie
Hou jou voete plat op die aarde

n Braai broodjie is altyd lekker, maar dit gee my n weldige sooibrand.
Drink maar n Black Lable in die brood se plek.
Al weer oppad iewers heen.

Hier is nog een.
Kry van dielelfde brooddeeg.
Rol die deeg in die palm van jou hand tot bolletjies, n bietjie groter as n gholfbal.
Plaas dit in n gesmeerde swart platboom pot. Pak die bolletjies in die rondte, beginnende aan die buitekant en werk na binne toe tot in die middel.
Maak die pot toe en laat dit rys.
Na so 45 min, neem n pakkie potato wedge geurselsout van jou smaak en strooi dit bo oor die deeg. Neem dan n houertjie room (250ml) teen kamer temperatuur en gooi dit oor die deeg.
Plaas dan die pot op die kole met kole op die deksel. Reguleer die hitte en bak tot gaar. Die brood is lekkerder as koek
Hou jou voete plat op die aarde

Laat ek julle vertel. Proteine en stysel verteer verskillende tye en dis ongesond. Moet dit nie saam eet en verwag jy gaan nie sooibrand kry nie.
Met n koue enetjie daarby, dan gis dit behoorlik. Maar wie gee om. Lekkerste ding wat daar is ,,, pap en n vet skapie , ribbrtjie of tjoppie.
Wit brood, eenkant gebotter. Dun uie en appelkooskonfyt. Botterkant buite in n toeklap rooster. Gebraai, probeer gerus.
Ons gaan nie praat van sooibrand nie, dis die "bonus"
I love camping all year round


Kry van dielelfde brooddeeg.
Rol die deeg in die palm van jou hand tot bolletjies, n bietjie groter as n gholfbal.
Plaas dit in n gesmeerde swart platboom pot. Pak die bolletjies in die rondte, beginnende aan die buitekant en werk na binne toe tot in die middel.
Maak die pot toe en laat dit rys.
Na so 45 min, neem n pakkie potato wedge geurselsout van jou smaak en strooi dit bo oor die deeg. Neem dan n houertjie room (250ml) teen kamer temperatuur en gooi dit oor die deeg.
Plaas dan die pot op die kole met kole op die deksel. Reguleer die hitte en bak tot gaar. Die brood is lekkerder as koek

Hierdie klink heerlik...volgende op my lys.....Dankie Pieter!
Brood rolletjies van pieter gaan ek ook traai. Ek lees dis lekker. Wat van n biekie bruinsuiker liggies bo-oor dan die room.
Gaan sommer nou my platboom uithaal en inpak.
I love camping all year round

1) Vat 'n hamburger bun, sny hom deur en hol die deeg uit. Vul die bun helvdes of met creamy mushrooms of sweetcorn en rasper kaas bo oor draai hulle dan in voelie toe en plaas op die rooster. Hou op die rooster tot dat kaas gesmeld het.
2) Maak 'n bakkie uit voelie skep 'n homp magerien in sny ham in .5cm blokies en sit in die voelie sit baby shrimps ook in, kerf gras ui (spring onion) op en voeg by sny tamaties ook in(jy kan eenige souterag heid by voeg) ek sit sout, swart peper, braai spesiry en sweet chilie sous in maak voelie toe en laat dit een kant prut dit maak 'n lekker sous vir brrod , artepels en selfs pap.
"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-

Fred sit Klink lekker gaan proebeer
Camping is a collection of memories .... make each one count
Johan. Ek het al suiker ook gedoen. Net so lekker. Dit hang af of jy wil gaan vir soet of sout. Bietjie gesnipperde uie en knoffel met soutigheid bo op, net so lekker. Dit hang af hoe jy voel die oggend as jy opstaan???!!
Hou jou voete plat op die aarde

Wat vir my ook ń gunsteling is die Jan Braai pizza for die vuur gaan hom die naweek weer by Bloekompoort maak
Camping is a collection of memories .... make each one count
Wat ook baie lekker is, is roosterkoek. Ek maak hom met vetkoek deeg deel dit op in hand grootes en sit hom op die rooster op medium vuur. Hou hulle dop, sodrae hulle begun bruin word draai om. Ek tik met my vinger nael op hulle en hullemaak so 'n klop geluid wannier hy gaar is.
Baie lekker met botter (nie margerien) en appekoos of vye konfyt.
"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-

Ons het by pnp twee pizzas gekoop. N spinasie en n bacon ,, gaan hulle ala jan braai, toebroodjie maak ve die naweek. Ander ontbyt is egte beef boelie beef, nie meat ene nie, hyt runners in. Meng dit metblikkie indian tomato mix. Green peppers in ringe met eier in op die paella pan. Toast en walla.
Maar pieter se beskuitbolletjie broodjie gaan saam met die braai. Kannie wag nie.
I love camping all year round

Geert, ek gaan jou plan probeer die naweek by Thaba Monate.
my eie bed in die vreemde
Pieter se een met die opgerolde deeg in skywe gesny klink baie lekker. Ek wil dit probeer. Pieter, ek neem aan dit moet net 'n enkellaag gepak word. Pas die vol pak deeg op die bodem van 'n groot platboompot? Ek wil dit met spinasie, kaas & baie knoffel vul.
Koop die brooddeeg by die bakker. So n kilogram. Rol dit op soos n swiss roll en sny in wiele. Pak net n enkellaag en laat dit rys. Ek gebruik nie die skilferkors deeg nie. Ek weet nie of jy dit bedoel het nie?
Hou jou voete plat op die aarde

Dankie Pieter. Nee, ek weet dit is die vars deeg wat jy in 'n plastieksak koop. Wou net seker maak of dit net 'n enkellaag moet wees en vul die pak die bodem van jou pot sonder dat daar oorbly?
Yip n Kg deeg genoeg om die boom vol te maak. Druk hom maar in. Hy rys in elkgeval so ineen dat hy aan die einde nie meer soos wiele lyk nie. Jou kombinasie sal ook lekker wees. Baie kaas en knoffel. Geniet dit en laat weet wat julle dink daarvan.
Hou jou voete plat op die aarde

Gelukkig is dit lang naweek...kan sommer altwee van Pieter se resepte probeer😁