Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21179 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5595 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4778 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1664 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1465 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 983 |
Gerden | 914 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 357 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 286 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Brandstofverbruik
Is daar lede wat van die App Pitstop gebruikmaak? Heel nuttig as jy op paaie ry wat jy nie ken nie en die goedkoopste diesel wil ingooi. Die lastigheid is net dat die ding so goed werk as wat gebruikers pryse by vulstasies invul.. Ek het pas kennis gekry van n nuwe App genaamd MY TANK. Ek het dit vanmiddag gelaai en kon dit nog nie juis toets nie, maar dit lyk goed. As iemand dit dalk beproef, gee asseblief terugvoer.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Toe ek meer as vyftig jaar gelede by 'n karavaan handelaar in stap en gevra word of hulle my kan help wou ek eerstens weet hoe karavaan sleep my destydse Peugeot 404 se brandstof verbruik sou be-invloed.
Ek onthou die antwoord op my vraag naastenby as volg:
"Meneer, as dit jou bekommernis gaan wees wanneer jy 'n karavaan sleep dan moet jy liewer 'n tent koop, want jou kar gaan baie brandstof vreet."
As ek toe geweet het wat ek vandag weet van deesdae se brandstof pryse sou ek seker met 'n Fairlane 500 gesleep het!
Ek wil nie hoor of sien van karavaan sleep brandstof koste nie. Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ons land se brandstof raffinaderye het toegemaak.
Die “meeste” brandstof word nou oorsee gekoop. Nie juis ‘n feit wat die guwament en die petrolmaatskappye adverteer nie.
Sasol myn so min kole dat ek nie glo hulle maak meer hulle eie petrol uit steenkool nie Ek weet dat hulle gas uit Mosambiek gebruik vir dit.
Nou wil ek weet wat is die doel van die handelsname soos Total en die res nog. Hulle het nou verspreiders geword van grootmaat brandstof wat gepomp word van die kus af.
My oorlede skoonpa, wat sy lewe lank vir Total gewerk het as “garage bestuurder” kon lekker lag oor die staaltjie wat hy vertel het van die “reps” wat bottels kleurstof by tenkers bygegooi het om die petrol hulle kleur te gee.
My mening is dat ‘n mens nou kan volmaak waar jy wil en die brandstof wat jy koop is, hopenlik, beter as die vorige ZA produkte.
Fred, om jou vraag te antwoord en nie af te dwaal nie.
Ek het al na die PITSTOP app gekyk, maar soos jy meld, nie alle pryse is aangepas. Sal bietjie kyk na die ander app. Dankie daarvoor.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Apps moet eintlik automaties vukstasies se details afgooi as dit nie opgedateer is na 1ste Woensdag van maand nie. Dit behoort nie n moeilike stelling te wees vir App eienaar nie. Dit kan baie skade aan sy klandisie doen....ek sal nie gelukkig wees as ek verby ander vulstasies moet ry omdat App wys ander stasie se prys is goedkoper en eers by aankoms agter moet kom dat dit foutiewelik n ou prys is nie.
Ek het nog nooit die App afgelaai nie, maar as ek hoor van sulke onopgedateerde foute, stel ek ook nie belang nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Iemand het my gisteraand ingelig Pitstop is blykbaar nie meer aktief nie. Dit was n goeie idee maar dit het gelyk of gebruikers nie pryse gereeld opgegradeer het nie, ek ook nie. Ons is maar lui om iets self te doen.
Die nuwe app verg nie insette van gebruikers nie. Dit kry blykbaar die pryse van een of ander sentrale plek. Dit lyk of meeste groot brandstofgroepe op die app gedek word. Iemand het aan my genoem dat n spesifieke garage waar hy gewoonlik ingooi, nie getoon word nie, so dalk is dit (nog nie) 100% verteenwoordigend nie. Ons moet dit maar op die proef stel. Petrol se prys word beheer maar met diesel bepaal die vulstasie sy eie prys. Ek het op n stadium vergelyk en gevind jy betaal tot n Rand meer vir dieselfde diesel op die N1 net buite n stad teenoor n vulstasie binne die stad
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek dink die vulstasie eienaars kan gerus die data opdateer...dit kan deel van sy bemarking wees. Hy hoef dit slegs 1x per maand te doen en dit is bo dit nog gratis publisiteit vir hom. Eienaars wat nie wil opdateer nie, sal seker meestal die stasies wees wat duurder is wat mens buitendien nie se info sal mis nie aangesien die doel van App is om diesel so goedkoop moontlik te kry.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

My een vriend het my ook bekend gestel aan "Pit Stop". Nooit werklik gebruik nie, want ek gooi Caltex in om die voordeel op my Standardbank kaart te kry (werk nogal goed uit as jy groot hoeveelhede ingooi, en met die Touareg wat 100 liter neem en my Audi met 75 liter ...))
Met 'n kleiner hoeveelheid benodig dink ek toe ek sal dit wél beproef ... soek toe die goedkoopste Diesel op die toep en gaan gooi so 15 liter daar in. Eers daarna van die ander vulstasies se pryse bekyk en besluit dat die besparing nie werklik geld bespaar het nie ... sommige ander was goedkoper - selfs my Caltex garage!ðŸË¬
En dit is nodig om ook die "loyalty" afslag by te werk om te weet wat jy werklik betaal. In die Suidkaap kry jy Total diesel by die kooperasies teen tot R1.30 goedkoper as by ander garages op dieselfde dorp. Maar by die een op Mosselbaai is daar twee Total vulstasies op dieselfde perseel en die een is sowaar bietjie duurder as die ander heen- heeltemal verwarrend. Maar snaaks genoeg, kry jy dit soms ook by nie-koop vulstasies teen dieselfde prys as by die koop. As MyTank werk, sal dit werklik die besluit makliker maak.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Toe ek by Discovery was, moes ek altyd by BP ingooi om terugbetalings te kry, op n tyd was was dit lastig, want BP is nie altyd so volop op die lank pad nie. Soos byvoorbeeld oppad see toe moes ons altyd in Harrismith dorp ry waar daar n vieslike BP was....hul badkamers is n hool. Later het hulle Shell Ultra Cities ook ingesluit. Hier by my huis moes ek altyd verby MBT ry wat omtrent R1.50 goedkoper is per liter om by naaste BP te kom. Dan moet mens nog vir daai rewards program betaal. Ek dink op ou einde het ek nie eers voordeel daaruit getrek nie. Hulle adverteer tot 50% terug op brandstof verbruik, maar ek het maandeliks amper n standaard hoeveelheid geldjie terug gekry....of ek nou R1000 of R5000 ingegooi het. Alhoewel ek op hoogste vlak van rewards op hul App was, was daar nooit sprake van 50% nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ja daardie massiewe terugbeta;ing! Ek het gaan kyk en jy is net daarop geregtig as jy al hulle dienste gebruik en 'n baie hoë uitgawe het. Maar nie niemand kan al die dienste gebruik nie. Dit sluit Islamietiese bankdienste in en jy kan net een of die ander gebruik. Waarom iemand die banke nie al by een of ander liggaam daaroor gaan verkla het nie, weet ek nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek gooi maar in en sleep wat kan n ou doen
Haak daai wa kamp bly koning

Toe ek by Discovery was, moes ek altyd by BP ingooi om terugbetalings te kry, op n tyd was was dit lastig, want BP is nie altyd so volop op die lank pad nie. Soos byvoorbeeld oppad see toe moes ons altyd in Harrismith dorp ry waar daar n vieslike BP was....hul badkamers is n hool. Later het hulle Shell Ultra Cities ook ingesluit. Hier by my huis moes ek altyd verby MBT ry wat omtrent R1.50 goedkoper is per liter om by naaste BP te kom. Dan moet mens nog vir daai rewards program betaal. Ek dink op ou einde het ek nie eers voordeel daaruit getrek nie. Hulle adverteer tot 50% terug op brandstof verbruik, maar ek het maandeliks amper n standaard hoeveelheid geldjie terug gekry....of ek nou R1000 of R5000 ingegooi het. Alhoewel ek op hoogste vlak van rewards op hul App was, was daar nooit sprake van 50% nie

Gelukkig daal diesel prys vanaf môre met ten minste R1.50 / Liter
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek het ook die afgelope 2jr. die Pitstop app gebruik toe ons van die Weskaap noorde toe was, en het ook ondervind dat pryse nie altyd opdateer was nie. Ek sal beslis die MY TANK probeer.
