Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21736 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17538 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5963 |
Bostoe | 5431 |
BrianB | 5074 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3206 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2411 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1948 |
Swanie | 1848 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1729 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1660 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1444 |
George | 1196 |
Louvan | 1175 |
RichardJ | 1088 |
Gerden | 1050 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 827 |
JohanMarais | 811 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 657 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 417 |
Andre Smit | 414 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 373 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
1Pierre2 | 324 |
RD | 319 |
Izak | 307 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Boesmanskloof
Ons het vanoggend d by 'n baie skilderagtige vakansie-oord 'n draai gemaak, naamlik Boesmanskloof (Bushmans valley) net buite Prins Albert. Ons het by Olienhof gekamp en toevallig van die plek gehoor en gaan kyk. Dit in 'n rowwe skilderagtige vallei tussen die berge en dit lyk fantasies! Die ablusies is puik en daar is ook hutte. Die karavaanstaanplekke is versprei tussen die rotskoppies met geen gras nie en waarskynlik nie juis toeganklik vir gewone karavane nie. Ons het wel maklik deurgery met die Oyster. Daar is gelukkig een of twee grasbedekte staanplekke onder bome by die hoofgebou waar gewone karavane sal kan kom, maar as jy van rof hou, sal jy eerder op die ander wil staan. Ons kan nie veel inligting gee nie omdat ons nie tyd gehad het om daar te kamp nie, maar ons gaan beslis een of ander tyd dit wel doen veral om die verskeie staproetes wat ons verneem in die berge is, te verken. Hulle webadres is http://www.bushmanvalley.com/. As iemand dalk meer inligting het, sal dit gaaf wees as hulle dit wil deel.
Prins Albert is so terloops 'n juweel. Daar is nie juis nuwe geboue nie maar die talle Karoostyl huise, sommige nou restaurante en ander sake ondernemings, is in 'n puik toestand. Dis ook 'n goeie basis om die Swartbergpas en Die Hel te verken. Ons probeer telkens 'n ander roete tussen Pietersburg en Stilbaai ry en het toe die slag die mooi plekkie besoek.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Daankie Fred vir terug voer
Haak daai wa kamp bly koning
Fred, jy is amper op my agterstoep !!
Ek het so paar keer in die huurhuisies ge- oornag by Boesmanskloof. Moet se die plek het my gladnie beindruk nie, maar seker te gewoond aan die berg, en net die net die tekortkominge raakgesien. Maar glo dat kan werk vir n dag of twee.
Prince Albert het n karakter van sy eie. Van die besighede sluit nog vir etenstyd, bv die hardeware winkel. Smiddags so teen 4 uur raak die strate verlate, voel skoon eienaardig met baie min verkeer.
Saterdag 1 uur sluit die Supermark en die res !! Daar is net een drankwinkel wat tot 5 uur oop bly. Maandae is baie eetplekke toe.
Bale van die ou geboue is herbou, ek was betrokke by die restorasie van heel paar, en somtyds nogal n kopseer om nuut, oud en oorspronklik te laat lyk.
Herman, selfs buite etenstyd en voor 16:00 is die strate maar stil. Ons het by die Lazy Lizard in die hoofstraat op die stoep geëet en tussen drie en vieruur het daar ook maar net so nou en dan 'n voertuig verbygekom. Ek moet sê as die huisies herbou is, is dit baie kundig gedoen want hulle lyk almal heeltemal oorspronklik. Ek kan insien dat die berge jou dalk nie soveel beindruk as ons as jy teen hulle bly nie, maar vir ons is berge, veral die Kaapse berge, net mooi wonderlik.
Toe ons gister deur Oudtshoorn ry het ek aan jou gedink en gewonder waar in die omgewing jy bly.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Herman, stem saam. Ons was in 2011 daar en was ook nie be-indruk nie. Daar was op daardie stadium ook nie kragpunte beskikbaar nie.
Is daar nou kragpunte Fred??
Flip de Wet
Seker bietjie laat dat ek Flip se vraag nou eers sien, maar toe ons daar was, was daar nie krag by die karavaanstaanplekke nie. Ons het nog nie dit reggekry om weer daar aan te doen nie, maar ek is bly die plek is nou weer genoem. Ek sal steeds daar wil uitkom, maar ek weet nie of ons nou meer sal kans sien vir die bergpaatjies nie. Ons sal wel dit nou kan regkry om miskien vir twee daae sonder krag daar te kan staan.
Lanklaas van jou gehoor Fanie. Is julle steeds daar naby Knysna as ek reg onthou?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons het in 1997 my beterhelfte se skool-reünie in Prins Albert gaan bywoon. My een swaer-hulle het in een van die huisies by Boesmankloof tuisgegaan en ons het daar gaan inloer. Die huisies was netjies, maar die kampeerplekke het my glad nie aangestaan nie. Maar dit was 27 jaar gelede.
Seker bietjie laat dat ek Flip se vraag nou eers sien, maar toe ons daar was, was daar nie krag by die karavaanstaanplekke nie. Ons het nog nie dit reggekry om weer daar aan te doen nie, maar ek is bly die plek is nou weer genoem. Ek sal steeds daar wil uitkom, maar ek weet nie of ons nou meer sal kans sien vir die bergpaatjies nie. Ons sal wel dit nou kan regkry om miskien vir twee daae sonder krag daar te kan staan.
Lanklaas van jou gehoor Fanie. Is julle steeds daar naby Knysna as ek reg onthou?
Bly om jou ook weer raak te lees Fred.
Ja, ons woon steeds hier in die Padadys, wat ook maar die afgelope jare sy op- en afgange beleef het... maar ons beskou dit steeds as n voorreg.
Ons beplan om nou in November n ernstige draai te gaan kamp by De Rust se omliggende oorde en al die oorde om Prins Albert. So, ek is bly om jou kommentare te lees oor die oorde om Prins Albert. Ons gaan net so vir twee weke... maar hoop om die plekke intens te kan beleef...
Gaan dit darem goed met julle ook?
Ons het in 1997 my beterhelfte se skool-reünie in Prins Albert gaan bywoon. My een swaer-hulle het in een van die huisies by Boesmankloof tuisgegaan en ons het daar gaan inloer. Die huisies was netjies, maar die kampeerplekke het my glad nie aangestaan nie. Maar dit was 27 jaar gelede.
Dankie Chris vir jou kommentaar... ek sal tog as ons eers weer terug is in Desember probeer onthou om hier n bydrae te lewer oor wat ek kon sien.
Fanie, gaan nog goed met ons. Ons is aan die beplan om permanent Stilbaai toe te trek. Moet net eers hier in Pietersburg verkoop.
Ons het so n paar jaar gelede by n klein kampie in die hoofstraat van De Rust oorgestaan. Was heel netjies. Ek weet nie of dit nog daar is nie. Ek is nie bewus van ander kampplek in die omgewing nie. Hoop jy sal terugvoer gee.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven