Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22084 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17816 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6275 |
Bostoe | 5480 |
BrianB | 5363 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2715 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2152 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1871 |
Nico | 1773 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1690 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1268 |
Gerden | 1260 |
Louvan | 1255 |
RichardJ | 1180 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 857 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Willie54 | 445 |
1Pierre2 | 435 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 367 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 187 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
mplester | 157 |





BL in Kgalagadi?
Ek het nou al 'n klomp offroad waens besigtig en navorsing gedoen. Die bush lapa is vir my OCD brein die beste opsie, wat uitleg, setup, pakplek en algemene voorkoms en gevoel aanbetref.
Al wat ek wil weet is, sal 'n bush lapa die Kgalagadi oorleef? As jy 'n BL het en was met hom al Kgalagadi toe, laat weet my bietjie van jou erfaring asseblief
As long as everything goes my way...I'm totally flexible
My opinie : KEEP IT SIMPLE.
You'll never never know if you never never go
Catherine, ons 2 was in Mei 2022 na Kgalagadi en het die kinders se BL Ratel4 geleen. Oorgeslaap by Red Sands, Kanoneiland en Twee Rivieren. In Kgalagadi het ons ook by Rooiputs en Polentswa met net 'n put toilet en droë stort gekamp.
Daarna na Augrabies, Prieska en Mokala. Die een foto is juis geneem op pad na Mokala
Die BL het 2 batterye met die nodige laaier gehad asook koppelings om die batterye met sonkrag en bakkiekrag (in die ry) gelaai te hou. Genoeg ligte en kragproppe. Warm water met gas verhitting vir skottelgoed en stort.
Die 2 dubbelbeddens waarvan een koningin grootte is was beter en breër as ons padwa s'n. Ons het 'n 52L NL yskas in die bakkie en dan die 90l in die wa, was meer as genoeg. Kyk na die uitswaai tent en die klomp panele. Ons het nie al die panele aangeknip nie. Neem egter kennis dat die sak waarin die panele geberg word, 'n gewig het en die word in die wa gebêre met die ry slag. Ons ouderdom het gemaak dat ons dit eerder in die bakkie berg sodat ons nie dit by elke stop eers moet uittel nie.
Sou ons die BL aanbeveel. Beslis.

As jy net by die hoofkampe wil bly, glo ek jou opset sal OK wees. Dis nou Tweerivieren, Matamata en Nossop. Ek weet nie of jou sleepvoertuig 'n 4X4 is nie. Indien wel, sal hy maklik die hoofpaaie kan aanpak. Indien nie, vra maar voor julle van een kamp na die ander vertrek. Daar kan dik sand teen opdraendes wees wat dalk 'n probleem kan wees vir 'n 2X4. Daar is ook wilderniskampe aan die Botswanakant. Ons was nog nie daar nie maar ek het met mense gepraat wat daar was en daar sal jy beslis nie sonder 'n behoorlike 4X4 kan kom nie, ook warskynlik nie toegelaat word om te probeer nie. Die wa sal waarskynlik die pad kan vat maar ek twyfel of dit toelaatbaar is om iets te sleep- doen eerder navrtaag of miskien is daar lede wat kan sê.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Katherine, ek het nie 'n boswa nie, maar my seun het die BushLapa Ratel, 'n vriend van ons het die BL Baobab en nog twee van ons vriende het elk ook 'n BL. Al vier hierdie gesinne kuier gereeld in die Kgalagadi met absoluut geen probleme nie.
Ek kan dit dus met gerustheid aanbeveel.

Was dit aan die Suid Afrikaanse of Botswanakant? Aan on kant soos ek gesê het, is daar nie probleme nie. Dit hang net af hoe onlangs die sand (nie grondpaaie nie) gesleep is of die sinkplaat erg is of nie. Ons het met n gewone Kombi an n Sprite Sport n paar gelede tot by Nossop gery.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie julle, dis al wat ek wou weet.
As long as everything goes my way...I'm totally flexible
Ek het maar Cathrine se vraag beskou as 'n navraag oor die uitleg en bou-sterkte van die BushLapa in Kgalagadi (waar die meerderheid toeriste aan die SA kant kamp), en nie noodwendig aan die Botswana kant nie waar die minderheid toeriste wel kamp.

Ja ek het dit ook verdtaan maar ons het blykbaar vir haar die antwoorde gegee wat sy wou hê.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Was dit aan die Suid Afrikaanse of Botswanakant? Aan on kant soos ek gesê het, is daar nie probleme nie. Dit hang net af hoe onlangs die sand (nie grondpaaie nie) gesleep is of die sinkplaat erg is of nie. Ons het met n gewone Kombi an n Sprite Sport n paar gelede tot by Nossop gery.

Ek het nog altyd gedink dit is net simpel mense wat dít doen toe ek by een of twee geleenthede gewone padwaens in Nossob en Mata Mata gesien het. Maar ek weet jy is nie simpel nie. Dit kan dus gedoen word, maar persoonlik sal ek dit waaragtig nie waag nie. Ek lief my ou Caravette 6B te veel.

Interessant dat ons wa wel so n bietjie skade opgedoen het, eintlik net n kasdeur wat losgekom het. Maar dit was nie binne die park nie maar wel op die laaste 60 kilometer tot by die Tweerivieren ingang. Die pad was nog nie geteer nie en erg sinkplaat wat waarskynlik veroorsaak is deur ouens met bakkies wat kwaai gejaag het. Binne die park waar mense verplig was om stadiger te ry en die park gereeld die paaie gesleep het, was dit heel gangbaar. Daar was ook heelwat pad karavane in beide Tweerivieren en Nossob waar ons oorgestaan het. Ons het vanaf Namibië gekom waar al die grondpaaie puik was, heel anders as ons kant van die grens waar dit power was. Ironies dat n arm land met meestal grondpaaie dit instand kan hou maar ons relatief ryker land kan nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Was in Mei daar. Persoonlik sal ek niks op daai paaie sleep nie. Jy moet ten minste 50kph ry, anders skud jy en jou voertuig aan flarde. 2 Voertuie moes weggesleep word in die 3 dae wat ons daar was.
Dis presies die fout wat mense maak naamlik om te glo as jy vinnig ry, skud die voertuie minder. En dis wat die sandpaaie vernietig. Dit is frustrerend en vervelig om baie stadig op sulke paaie te ry maar dis die manier om so min as moontlik skade aan veral die karavaan te doen.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Dis presies die fout wat mense maak naamlik om te glo as jy vinnig ry, skud die voertuie minder. En dis wat die sandpaaie vernietig. Dit is frustrerend en vervelig om baie stadig op sulke paaie te ry maar dis die manier om so min as moontlik skade aan veral die karavaan te doen.

Maar my ervaring is dat die oorgrote meerderheid van besoekers aan hierdie park hulle agterente aan hierdie versoek van parkbestuur afvee.

