Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17725 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6184 |
Bostoe | 5456 |
BrianB | 5262 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3220 |
mulderpm | 2608 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1997 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1763 |
steamer | 1700 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1243 |
Louvan | 1241 |
Gerden | 1149 |
RichardJ | 1136 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 847 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 774 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 432 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 397 |
LEEN | 383 |
Kamp is Koning | 372 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 183 |
BigG | 182 |
Maurits | 171 |





BALLIO SE PAAIE
Ons was ongelukkig genoeg om die hele November in Ballito te moes deurbring. Dit was nie vir vakansie nie maar om kinders op te pas. Ek wil nie sommer vinnig weer daar kom nie, nie omdat ons nie die tyd saammet die kleinkinders geniet het nie maar oor die toestand van die plek se paaie. Behalwe vir die kwaai op en afdraendes wat jou laat voel jy klim berg, het ek lanklaas 'n oënskynlike ryk dorp gesien met sulke slegte paaie. Dit lyk of daar geen aandag gegee word aan die regmaak van slaggate, waarvan daar baie is nie. En dan is die plek vol spoedbulte. Die ken ons ook hier in Pietersburg, maar hier kan jy teen 'n spoed van 30 tot 40k/u oorry. In Ballito moet jy telkens so te sê by die goed tot stilstand kom of jou onderstel breek. Ek weet nie wie dit gebou het nie, maar beslis nie mense wat self motor bestuur nie. Sommiges is van baksteen gebou, twee skuinsvlakke, 'n plat middeldeel met 'n sloot aan die begin en einde daarvan wat jou skud dat jou valstande amper uitval. Ek het werklik met groot hartseer my nuwe voertuig daaglik skole toe en terug oor die paaie bestuur., Ek het nog nie soveel 4X4 voertuie op een plek gesien nie- word die paaie dalk in die toestand om die mense die geleentheid te gee om te glo hulle het reg gekoop?
Ek ruil sonder al die dinge in elkgeval nie Stilbaai vir Ballito vir 'n aftreeplek nie- heeltemal te besig en maar derderangse strande.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek staan op die oomblik vir n maand hier in Ballito, Dolphin Karavaanpark, het in 2023 ook hier gestaan met die karavaan .Dit is n baie nice karavaanpark baie stil met goeie reëls .Dit is goed beskerm deur baie bome kry nie see mis en sproei op jou karavaan en voetuig .Jy kry ook geen sterk wind hier, bome keer dit af .Ek het net n rally op en staan heelgemaklik so.Die Ablusie blokke is baie ,baie netjies .Ek is n drawwer so ek hou van die bulte is goeie oefening .Ek draf en ry elke dag die paaie hier is spoedbulte, met die Toyota dubbel kajuit is dit nie n probleem .Ek het ook nie hier waar ons is potholes gesien met die draf en die ry .Ek is dalk tegewoond aan die groot potholes van die Vrystaat .Die karavaanpark is so 300 meter van die strand .Die water hier is mooi skoon ons swem elke dag en die water is warm .Swemstrand ook veilig lewensredders opdiens .Dit is nie goedkoop om hier testaan, dit kan ek wel sê,,maar kamp het duur geword .

Ons kinders bly in 'n kompleks nie ver van Dolphin nie in Ocean Road naby Thompson's Beach en ons ken die dorp goed want ons kom gereeld daar. Ek stem saam julle park is baie mooi en die dorp is nogal gesellig, maar die paaie! As jy nie baie slaggate sien nie, het hulle dalk begin herstel, maar toe ons daar was, het die inwoners hard daaroor gekla- ons ook! Oppad na die een skool moes ek telkens in een rigting dertien spoedbulte trotseer.
Daar is ook verskeie regtig lekker restaurante. As julle nie Siggies ken nie, probeer dit gerus. Ook die Saterdag en Sondag Boeremark op die R102 in Umhlali. Hulle het die lekkerste kosstalletjies, onder ander uit-die-boek Bryani.
Maar by sentiment is steeds ek sal nie daar wil bly nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Nee ek sal ook nie hier wil aftree .Ek sal dan liewer Kaapse kant toe gaan, alhoewel ek meer daarvan sal hou om in die Bosveld aftetree.Ek wil defnitief daai Boeremark Sondag gaan besoek, was nog nie daar .Die N3 pad is net n riller ,met n groot karavaan,veral hier by Pietermatrizburg waar hulle so werk, al seker vir 3 jaar besig, groot gemors, veral met al die groot vragmotors .Ek kamp baie lekker in Dolphin ,en soos ek sê die see vog laat nie jou goed so roes omdat die park so baie bome het.Ek sê mos as jy die see kan sien dan sien die see jou .

Ja, die N3 weerskante van Pietermaritzburg oppad Durban toe is vir my die skrikwekkendste pad in ons land wat ons moet ry. Ons was gelukkig nog nie in 'n ongeluk betrokke nie maar die geweldige aantal vragmotors teen die afdraende met sommige bestuurders wat duidelik nie die gevaar verstaan nie, gee my hoendervleis.
En kyk gerus na Stilbaai as julle aftrede oorweeg. Ons bly in die Bosveld en dis lekker, maar alles loop net reg in die Suidkaap. Geniet die verblyf.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Miskien is ek so opgewonde as ek in Ballito is dat ek die potholes mis kyk
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Vir my is Balito soos Geert sê. As ek daar aankom is die vakansie koors so hoog dat ek die slaggate sal mis kyk. Dan glo ek Balito is nie die enigste dorp met 'n slaggate probleem nie. Dit gaan seker maar oor die miss management van fondse.
Verlang erg daarna om weer bietjie daar 'n draai te maak.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Daar is beslis baie dorpe met slegter paaie as Ballito. Ballito is egter 'n baie ryk dorp so 'n mens verwag meer van hom. Dit is seker ook so dat daar nie altyd baie slaggate is nie, miskien was die van November as gevolg van onlangse kwaai reën, maar soos ek genoem het dink die inwoners meer kon vinniger gedoen gewees het. Maar die vieslike spoedbulte kan ek nie verskonings voor vind nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die spoedwalle is vir al die Gautengers wat daar gaan vakansie hou.
Hulle het nog nooit geleer dat jy binne 'n woongebied nie vinniger as 40kpu moet ry nie.
Moeg geploeg.
