Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5599 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |

ATKV Natalia
Ek verkies die bos, maar vroulief se sy wil vir n verandering see toe. Ek is nou al 25 jaar (plus) lid van die ATKV, maar het laas in 2009 by Natalia gekamp. Ek het die draad gelees oor die see uitsig staanplekke, maar dit was lank terug....soek vars inligting.
Ons gaan in die eerste week van Oktober. Sal dit waardeer as iemand wat onlangs daar was kan raad gee. Ek het solank staanplek 127 bespreek, hy is teen die muur en lyk of hy bietjie skuiling teen die wind sal gee....maar dit help veel as daar bosse voor jou is en jy nie die see kan sien nie (vereiste van vroulief).

Geen bosse by daai staanplekke nie, net die treine wat daar ry.
As jy see uitsig soek sal ek liewer plekke soos Rocky baai, Scottburgh, Saltrock aanbeveel. Natalia se see uitsig is nie veel om oor huistoe te skryf nie. 127 is teen grensmuur van Karridene, treinspoor loop paar meter voor jou staanplek verby en jy sien net die agterste gedeelte van see oor die bosse oorkant die treinspoor....jy sien nie die strand en golwe oorslaan op strand nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Guarantee the trains are diesel powered.
No doubt the overhead cables have been stolen!!
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!

Om beste see uitsig te he kyk of jy staanplekke 111,114 of 117 kan kry.
114 en 117 is ook so half onder 'n groot boom.
As dit ek was het ek 114 probeer kry.
Geniet dit.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dankie, gaan kyk of ek dit kan verander na 114 of 117.

Ai jy maak my vreeslik lus om weer daar te gaan kamp.
Moenie worry oor die windjie nie dis deel van kamp. As jy 'n stormnet of strap het behoort alles OK te wees.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Die 1st foto is vanaf nr 108 en die 2de een van 115. Die foto vanaf 108, sien jy nommer 114 aan die regterkant, die een met die boom.

Die 1st foto is vanaf nr 108 en die 2de een van 115. Die foto vanaf 108, sien jy nommer 114 aan die regterkant, die een met die boom.

Dis net hy daai. Wat ekstra lekker is van 114 is daai ekstra spasie vir die parkeer van die sleep voertuig. Presies waar daai Landie staan. Die ander staanplekke het nie dit nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Piet 127 laaste staanplek bo terras teen muur jy sal see hoor maar nie sien tensy gras / riete weg gevat is ons kamp al 25 jaar by Natalia die swembad was toe ons daar was warm gemaak terwyl dit innie somer is dit was nie lekke nie maar steeds n puik oord see uitsig nommers is heelvoor terras 121 122 dan ook 117 114 tussen die bome
Haak daai wa kamp bly koning

Ek verkies die bos, maar vroulief se sy wil vir n verandering see toe. Ek is nou al 25 jaar (plus) lid van die ATKV, maar het laas in 2009 by Natalia gekamp. Ek het die draad gelees oor die see uitsig staanplekke, maar dit was lank terug....soek vars inligting.
Ons gaan in die eerste week van Oktober. Sal dit waardeer as iemand wat onlangs daar was kan raad gee. Ek het solank staanplek 127 bespreek, hy is teen die muur en lyk of hy bietjie skuiling teen die wind sal gee....maar dit help veel as daar bosse voor jou is en jy nie die see kan sien nie (vereiste van vroulief).

Ek lees dat jy lid is van ATKV en wil lidmaatskap gebruik, maar jy noem ook dat see uitsig baie belangrik is vir jou vrou. Natalia se "bietjie see uisig in die verte" is nie vergelykbaar met plekke soos Scottburgh, Rocky Bay, Salt Rock, Untu Palms ensovoorts nie. Jou lidmaatskap maak nie dat Natalia goedkoper is as die ander oorde met lekker see uitsig nie.
Natalia: R 260 deur die week en R 340 oor naweek {Dis vir ATKV lede}
Scottburgh: R 270 per dag - naweek ingesluit
Rocky bay: R 254 - Naweek ingesluit
So as jy oor n naweek ook gaan bly kan jy baie lekkerder uitsig kry vir minder geld
Maar net my insig....elkeen het sy eie voorkeure
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dankie vir al die advies. Wil net byvoeg dat ons baie lanklaas gekamp het by die see (laas in 2009). Wonder net oor sekuritiet in die kamp en op die strand. Kan onthou dat Natalia se sekuritiet baie goed was.

Daar is altyd n kamp met sy gunsteling plek, net jammer die een voor jou verniel hom.
Al weer oppad iewers heen.

Maroela media

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons het nou vroeer die maand n midweek by Natalia gekamp.....Sondag tot Donderdag. Die kamp geriewe en ablusies was baie aangenaam, maar solank bestuur nie hul reels op sekere mense wil afdwing by die gemeenskaplike areas nie, sal ek nie weer terugkeer na hierdie oord nie en kan ook nie aanbeveel nie. Daar is baie meer plesieriger oorde in die omgewing.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dankie Relaxed Camper. Ek het amper daar geboek vir lang naweek in Maart, my seun het n rugbytoer in daai omgewing. Baie bly ek het dan nou nie by Natalia geboek nie. Ons het vandag by Villa Spa geboek. Sien nou al weer uit!
If its worth doing, its worth doing well.

Ek dink langnaweke is dit seker nog erger
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons het nou vroeer die maand n midweek by Natalia gekamp.....Sondag tot Donderdag. Die kamp geriewe en ablusies was baie aangenaam, maar solank bestuur nie hul reels op sekere mense wil afdwing by die gemeenskaplike areas nie, sal ek nie weer terugkeer na hierdie oord nie en kan ook nie aanbeveel nie. Daar is baie meer plesieriger oorde in die omgewing.

Ek lees Natalia kry nuwe oord bestuurder....hopenlik is dit iemand wat sy voete neersit en oordreels afdwing sodat almal dit daar kan geniet
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek sien op facebook brag hulle oor die verskeie groot groepe wat hulle daar huisves. Nou nie juis n aantrekkingspunt in my oë nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons is huidiglik by Natalia. My seun het weer sy rugbytoer gehad by Glenwood so ons kamp hier vir naweek. Ons is baie beindruk met die plek. Plaveisel staanplekke..badkamers baie netjies en skoon. Swembad vermaak ens baie goed. Hek beheer baie goed en streng. 1ste keer dat ek n staanplek het met n drein. Hul kan n bq verbeter op hul kommunikasie maar verder baie goed!
If its worth doing, its worth doing well.

Ek lees heelwat van klagtes van bestuur wat nie reels kan afdwing op sekere mense wat suip by swembad en boombokse daar gebruik nie, ekself het persoonlik onaangename ervaring daar laas Januarie gehad. Staanplekke en badkamers is baie nice, maar jammer mens kan nie lekker van gemeenskaplike fasilitiete gebruik maak nie. Almal kry reels by hek, maar word nie afgedwing deur bestuur nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ