Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21975 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17715 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6174 |
Bostoe | 5456 |
BrianB | 5260 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3220 |
mulderpm | 2603 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1996 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1762 |
steamer | 1698 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1454 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1242 |
Louvan | 1237 |
RichardJ | 1135 |
Gerden | 1135 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 847 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 771 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 432 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 393 |
LEEN | 382 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 183 |
BigG | 182 |





Aanbevole roete van Bronkhorstspruit na Phalabprwa
Watter roete word aanbeveel om te sleep van Bronkhorstspruit na Phalaborwa?
Die N1 is 100km verder dan die een oor Lydenburg.
Dankie by voorbaat

More Joos.
My skoonpa bly in Phalaborwa en ek het al beide roetes gery, op die Lydenburg pad buite Dullstoom is die pad in n BAIE slegte toestand ek sou jou aanbeveel om eerder die N1 te ry as jy kan.
Die laaste keer wat ek die Lydenburg-roete gery het was dit plek-plek skrikwekkend sleg. Ek ry baie eerder N1-langs. Vanaf Polokwane het jy twee opsies (eintlik drie), naamlik Magoebaskloof (die een wat ek graag ry) of Modjadjiskloof (voorheen Duiwelskloof) - en die derde opsie is George's Valley waar jy net anderkant Haenertsburg wegdraai.
Baie karavaanslepers verkies die Modjadjiskloof-roete omrede jy nie sulke steil afdraandes het soos Magoebaskloof nie. Ek het dit egter twee keer gery (met die afgaan) en tot 'n mate bloutjies geloop. Die eerste keer was daar protesaksie langs die roete en moes ons naby Munnik-stasie noord draai (op 'n swak stuk pad) en in Soekmekaar gaan draai voor ons weer uiteindelik naby Mooketsi op die gewone roete kon aansluit. Die tweede keer was daar padwerke en moes ons 'n hele paar kilometer gruis-ompad ry.
Die George's Valleypad het ook nie sulke steil afdraandes soos Magoebaskloof nie, maar die padoppervlak laat plek-plek veels te wense oor. En sit jy daar agter 'n hout-vragmotor, is verbykomplek maar skaars.
Magoebaskloof is 'n pragtige roete wat onlangs grootliks herbou is met heelwat dubbellane om by stadige verkeer verby te gaan. Ja - dit is steil en jy moet maar jou ratte gebruik, maar dit is "scenic".
Van Tzaneen tot Gravelotte is die R71 'n lekker breë pad. Die laaste end tussen Gravelotte en Phalaborwa is dit 'n smaller, maar goeie pad.

Magoebaskloof is beslis die mooiste, maar die baie draaie en steil hellings is dalk nie die ideaal vir karavaansleep nie, afhangende natuurlik hoe swaar jou karavaan en hoe sterk jou sleepvoertuig is. Ons het dit menigmaal met 'n 2.1liter Kombi en 'n Sprite Supersport gesleep, maar alle voertuie sleep natuurlik nie so goed nie?. Ons kinders het so 'n week gelede die Modjadjiskloof roete gery en het gesê die pad was goed en maklik om te ry. Betogings kan enige tyd en enige plek voorkom, so doen maar plaaslik navraag.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
