Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





1997 Jurgens Classique
Help asb! Ek het die wa tweedehands gekoop en daar is maar taamlik getjommel op dit.
Ek probeer om die water sisteem aan die gang te kry. Ek sien geen pomp nie en ook geen los drade nie daar is ook geen bedrading na die krane nie?
Enigeen dalk met 'n skets of iets dergeliks waarop ek kan gaan.
Baie dankie
Ronny.
Jong dit lyk vir my jy het n kat in die sak.
Ek het n 2019 classique en die model wat jy het sal Leon of Willem jou kan help wat sal weet.
Ek gee jou net gemoedsrus tot hulle jou post lees.
Sterkte, dis n lekker wa, en tog wil jy ook hom geniet.
Al weer oppad iewers heen.

Okay Ronny ek benodig 'die volgende inligting.
1. Is die krane die standaard krane wat in 'n karavaan gebruik word?
2. Of is dit krane soos binne 'n huis.
As dit krane is soos in 'n karavaan dan sal ek verduidelik hoe die stelsel werk en waar jy wat gaan vind en hoe om te maak.
As dit gewone krane soos in 'n huis is sal ek verdere aanduiding kan gee maar die res is vir jou om te soek.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Die feit dat jy noem daar is nie drade na die krane nie laat my die bogenoemde vrae vra.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Hi Leon, dankie vir die terugvoering. Hoop die fotos vertel jou meer.
Okay dit se vir my dat jy het nou 'n hoe druk tipe stelsel in die karavaan.
1. Onder die wa is 'n plastiek tenk op die laagste punt 'n plastiek pyp wat daar van af loop.
2. Volg die pyp en jy behoort by 'n redelike groot 12V pomp uit te kom.
3. Iets om te onthou van die pomp.
a. Hy het 'n druk skakelaar op wat as die kraan oopgedraai word die druk verlaag en die pomp dan automaties aanskakel.
b. As jy die kraan toe maak bou die druk op en hy stop weer automaties.
c. By die toevoer kant van die pomp is daar moontlik 'n fyn glas filtertjie. Maak dit gereeld skoon. Veral alge kan daar opbou.
4. Maak seker daar is iewers in die wa 'n skakelaar wat die pomp oorhoofs aan en af skakel. Die pomp trek redelike amps so kyk maar dat daar 'n 10Amp fuze in die kringloop is en dat die drade na die pomp nie te dun is nie.
5. Kyk dat daar 'n "Non return valve" tussen die pomp en die Geyser is. Want ek stel voor dat jy 'n aftap kraan met 'n T-stuk tussen die tenk en die pomp sit. Dit sal maak dat jy die kampwater (Boorgat water) uit die tenk kan dreineer na 'n kamp. Sou jy dit doen sonder die "Non return Valve" kan die geyser ook leeg loop.
Hoop die info help
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek het altyd vras water by die huis in die wa se tenk getap en dan vir 'n kort naweek kamp net die tenk opgevul by die oorde. Dit het gemaak dat ek so min as moontlik van die oorde se Boorgat water in die wa se stelsel gehad het.
Die enigste rede vir dit is die boorgat water het baie kalk in alhoewel die pype en krane nie 'n issue met dit het nie is dit nie goed vir jou Geyser nie. Die kalk pak aan binne die geyser en dan gaan jy met tyd probleme begin kry.
So ek se nie jy moet dit doen nie, maak maar met die info soos jy goed dink.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

As jou wa geen pomp het nie behoort daar iewers 'n pyp te wees wat die oord se kraan direk met die krane in jou wa verbind.
Gardena koppelings en hosepipe.
So maak jou wa gebruik van die oord se water druk om die krane te voer.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

So bek kort jam!!
Duisend dankies Leon, ek het hom!
Geen krag drade op dit nie, gaan pomp nou uithaal en toets.
Weereens baie dankie
Alles chapperig!
Hoop jy kry dit uitgesorteer.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Sal laat weet, dankie.
