Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21200 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17198 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5606 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4786 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 921 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 580 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |





Roes ...............
Ek is nou al raadop ..... my "Awol" se wieletjie voor op die A-raam se pyp (die een wat op en af skuif om die wieletjie af te neem grond toe of op te skuif wanneer ek ry) ROES.
Ek het die ding nou al hoeveel keer skoongemaak, olie opgesmeer (lok stof), ligte ghries opgesmeer (lok ook stof) ek kan dit nie verf nie, dus .... behalwe "Spray and Cook", opspuit ð§ wat kan ek doen??
Nico, verstaan ek jou reg? Is dit die PYP-gedeelte waarvan jy praat?
AS dit is waarvan jy praat : Shoe, dis nie heeltemal normaal nie, daardie pyp behoort gegalvaniseerd te wees. Ek het absoluut geen roes op myne nie. Ek sou die pyp maar afhaal en laat "sandblast" en hom dan laat galvaniseer. Die koste mag dalk van so n aard wees dat n nuwe pyp se aankoop dalk die oplossing sal wees.
You'll never never know if you never never go
Hier is Krugersdorp is ‘n plek wat, as ek reg onthou, galvinising teen R8.00 per kilogram doen.

Ek is nou al raadop ..... my "Awol" se wieletjie voor op die A-raam se pyp (die een wat op en af skuif om die wieletjie af te neem grond toe of op te skuif wanneer ek ry) ROES.
Ek het die ding nou al hoeveel keer skoongemaak, olie opgesmeer (lok stof), ligte ghries opgesmeer (lok ook stof) ek kan dit nie verf nie, dus .... behalwe "Spray and Cook", opspuit 🧐 wat kan ek doen??

Ek doen dit gewoonlik met "Disc Pads", ek smeer die agter kant met Golden Ghries om die skreeu geluit te demp

Maak dit mooi skoon en smeer " (Copper Slip), Golden Ghries".
Ek doen dit gewoonlik met "Disc Pads", ek smeer die agter kant met Golden Ghries om die skreeu geluit te demp

Terug by wa, skuur ek roes af en doen Å MPI (Multiple Primary Inspection) om te kyk vir kraake.
Nadat ek tevrede was met geen kraake het ek Copper Slip opgesit.

Nico, verstaan ek jou reg? Is dit die PYP-gedeelte waarvan jy praat?
AS dit is waarvan jy praat : Shoe, dis nie heeltemal normaal nie, daardie pyp behoort gegalvaniseerd te wees. Ek het absoluut geen roes op myne nie. Ek sou die pyp maar afhaal en laat "sandblast" en hom dan laat galvaniseer. Die koste mag dalk van so n aard wees dat n nuwe pyp se aankoop dalk die oplossing sal wees.

Danie, jip, einste. Die pyp roes dat dit vrek, en ja, ek glo galvanisering (nie oorspronklik daaraan gedink nie) of 'n nuwe een is seker maar die antwoord.
Dem!
Anders, ja Dennis, sal ek maar "CopaSlip" probeer. Probleem is ons doen wel redelik baie ritte in stof so, glo die produk sal ook maar stof aantrek ....... sal kyk
So van die os op die jas ......... tydens my tyd by SKF kom ek op 'n mekeniek af wat so 'n groot geloof in Copaslip gehad het dat hy 'n laer wat baie moeilik bekombaar was om te kan smeer, met dié goed "gesmeer" het. Hierdie arme ding het só gegly weens die geen wrywing dat dit wraggieswaar aan die brand geslaan het ..... kon nie glo dat koper smeer só kon brand nie. GROOT skade aangerigð
Myne roes maar ook waar die galvanising beskadig is. Ek spry hom so nou en dan met Q20 of WD40.
Groete,
Paul

Byvoeging: Vandag in die dorp merk ek ń roes plek op my sleepstang.
Terug by wa, skuur ek roes af en doen ń MPI (Multiple Primary Inspection) om te kyk vir kraake.
Nadat ek tevrede was met geen kraake het ek Copper Slip opgesit.

"Othou ek is ook nou al 2-jaar met aftrede en die brein verroes (LOL).
Die benoeming van MPI Toets is verkeerdelik geplaas.
Dit moet lees:- Magnetic Particle Inspection ipv Multiple Primary Inspection.
Ek gebruik chain grease op my steadies, werk goed en trek nie stof aan nie.
So baie roes klink nie reg nie. Kry ander een by n plek soos Roadque....onder R500 en probleem is uitgesort
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek sukkel weer met Å Jockey Wiel Meganisme wat geroes het.
Die op en af draai is Å erg probleem en verg baie krag.
Ek wat die skaal slegs 50kg trap sukkel erg en kyk met verlee oê na ouens met arms.
My goeie vriend, Tjaart het Å jaar gelede vir my Å nuwe dubbel wiel meganisme met wiele gegee terwyl ons by Klein Paradys gestaan het en is nogsteeds in my "Nose Cone".
Op die einde sal ek die bestaande meganisme in "Flarde" moet sny om die nuwe in te kry omrede dit nou Å probleem raak om die wa ordentlik gelyk te kry na al die reen.
In die nabye toekoms het ons geen planne om te verhuis nie agv Diesel prys.
Gevolgtrekking:- Ek kan dit op my tyd en rustig vervang.

Ek sukkel weer met ń Jockey Wiel Meganisme wat geroes het.
Die op en af draai is ń erg probleem en verg baie krag.
Ek wat die skaal slegs 50kg trap sukkel erg en kyk met verlee oê na ouens met arms.
My goeie vriend, Tjaart het ń jaar gelede vir my ń nuwe dubbel wiel meganisme met wiele gegee terwyl ons by Klein Paradys gestaan het en is nogsteeds in my "Nose Cone".
Op die einde sal ek die bestaande meganisme in "Flarde" moet sny om die nuwe in te kry omrede dit nou ń probleem raak om die wa ordentlik gelyk te kry na al die reen.
In die nabye toekoms het ons geen planne om te verhuis nie agv Diesel prys.
Gevolgtrekking:- Ek kan dit op my tyd en rustig vervang.

Roes is een van die uitdagings wat altyd deel sal wees van karavaan meganismes. Die klamp wat die pyp van die neuswiel vas klem gaan verseker die galvaniseringslaag beskadig. Die moer wat daardie pyp vas klem gaan ook sy beskerming verloor. Die voetstukke se skroefdraad en boud-koppe gaan slytasie ervaar en roes toon.
Die slegste is wanneer 'n karavaan altyd op 'n porieuse oppervlakte soos gras gestoor word. Vog val die onderkant aan, en roes tree in.
Roes is deel van karavaan veroudering - soos plooie op 'n ouer mens. Ons ouens wat naby die see woon ervaar meer daarvan, en smeer maar aan wat ons sal laat beter voel, maar daar is nie wegkruip kans vir roes nie, tensy jy in plekke soos sê maar Karibib woon, waar biltong droog maak 'n plesier is en roes 'n ongekende ding is.
Selfs aluminium oksideer by die see, en vlekvrye staal het nie noodwendig die sterkte wat vereis word vir konstruksie nie. Waarom word skepe dan nie van vlekvrye staal gebou nie?
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
